Plaasaanvallers by Memel vasgetrek

Vier swartes is in hegtenis geneem na ‘n mislukte plaasaanval op ‘n egpaar by Memel in die Vrystaat. Die Maritz-egpaar kon daarin slaag om hulself te bevry en het dadelik hulp ontbied. Hulle is ongedeerd.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê Jacob en Bessie Maritz het Sondag na kerk tuisgekom waar die vier gewapende swartes die egpaar ingewag het.

Hulle is vasgebind deur die aanvallers wat met vuurwapens, juweliersware en ‘n skootrekenaar in die egpaar se Toyota Hilux-bakkie op die vlug geslaan het.

Volgens Kareli het die boere in die omgewing en die polisie die verdagtes agternagesit.

Een het glo te voet gevlug, terwyl die ander drie saam met ‘n vyfde verdagte in ‘n Toyota Yaris wat hulle ingewag het, verder gevlug het.

Die polisiebeamptes het op die aanvallers losgebrand en een verdagte is in die been getref. Die ander drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Kareli het gesê al vier verdagtes, tussen 24 en 61 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn. Die gesteelde goedere is teruggevind. Die polisie soek intussen na ‘n vyfde verdagte.

8 thoughts on “Plaasaanvallers by Memel vasgetrek”

    1. Hier kom die groot probleem nou in.Eers gaan die polisieman wat die terroris gewond het van poging tot moord aangekla word en tweedens binne ‘n japtrap is al die terroriste uit op borg en maak hulle presies net weer so.Dis tyd dat die huidige stelsel van borgtog voorsiening in heroorweging geneem moet word.

  1. Derick daar stem ek met jou saam maar mens skiet hom tog in nog ‘n been – ‘n kopbeen!!Ai ons mense sal paraat moet raak.’n Mens is ‘n baie sagte teiken as jy van die kerk af kom want mens se gedagtes is dan nie naastenby ingestel op geweld of ‘n aanval of so iets nie maar ons sal net MOET ons gedagte gang verander en aanpas by die oorlog teen ons witmense en veral wit boere.Wonder hoeveel sogenaamde swart boere loop deur?Glo nie daar is so iets onder hulle nie.

Maak 'n opvolg-bydrae