Brand naby Vrymesselaarsperseel in Bloemfontein

‘n Brand naby die Vrymesselaarsperseel in Sterling Small Holdings in die omgewing van Horizon Stables and Guest House, het Maandag in Bloemfontein uitgebreek.

Die oorsaak van die brand wat by die spa van ‘n gastehuis naby Langenhovenpark in Bloemfontein gewoed het, sal na verwagting Dinsdag ondersoek word.

Afdelingsoffisier van die Mangaung-brandweer-en-reddingsdiens, Braam van Zyl, sê hulle is gisteraand omstreeks 20:00 na die Horizon Stables en Gastehuis by die Sterling-kleinhoewes ontbied.

Vlamme het gewoed in losstaande houthuisies naby die gastehuis. Van Zyl sê die brand het vermoedelik in een van die houthuisies wat as ‘n spa ingerig is uitgebreek en na ander houtgeboue versprei.

Van Zyl sê die brand is omstreeks 23:00 gisteraand onder beheer gebring. Niemand is in die voorval beseer nie.

Tertia de Bruin, wie se man Johan die eienaar van Horizon Stables is, sê hulle is baie dankbaar die vlamme het nie versprei na die gastehuis nie.

2 thoughts on “Brand naby Vrymesselaarsperseel in Bloemfontein”

  1. Weet u daardie 2 km stukkie pad buite Bloemfontein verby Spitskop is MI verseker van die mees dramatiese en gelaaide simbole in ons ganse geskiedenis..

    Aan die noordekant van diie pad begin dit by die groot pragtige Bybelhuis.
    Daarna volg die Dal vanTrane waar die grafte van de reuse Spitskop konsentrasiekamp is Getuienis van die volksmoord van Vrymesselaar Kitchener etal se misdaad teen die mensdom.

    Nadat die nuwe N1 gekruis is volg die grooot nuwe Baptiste kerk regs van die pad

    Aan die linkerkant is Spitskop Wat aan die suidekant die reuse konsentrasiekamp uitgelê was .Dis die koudste area van die hele omgewing. – tot minus 30 grade C aanvoelbare temp. en ook die warmste.

    Dan volg die Vrymesselaars se eiendom ‘SterlingnSmall Holdings” ens

    Hierdie eindomme lê almal langs mekaar.

    Juslaaik…

Maak 'n opvolg-bydrae