Zuma geboe ná Bafana-neerlaag teen Brasilië

President Jacob Zuma is gisteraand weereens geboe toe hy op die sokkerveld van die ENB-stadium stap na afloop van die wedstryd tussen die SA span en Brasilië. Zuma is uitgejou en geboe toe sy naam aangekondig is tydens die seremonie ná die wedstryd. Brasilië het die wedstryd teen Bafana Bafana maklik met 5-0 gewen. Zuma

Lees verder: Zuma geboe ná Bafana-neerlaag teen Brasilië

Reusegrondeis kom teen Pretoria

Meer as 700.000 swartes wat beweer hulle is afstammelinge van ‘n Ndebelekoning Tshwane sê die eienaarskap van Pretoria – waar die setel van die regering, die Uniegebou geleë is – kom hulle toe. Die stad van 687.54km² en setel van nasionale staatsdepartemente, is die Afrikanererfenishoofstad met die Voortrekkermonument wat daaroor uittroon. Een van die grootste

Lees verder: Reusegrondeis kom teen Pretoria

Koeberg toets noodplan

Die Kaapstadse Nooddienste het inwoners wat in die omgewing van die Koebergkernkragsentrale woon gemaan dat noodoefeninge gehou gaan word. Inwoners is gewaarsku dat die kernkragsentrale se noodsirenes Woensdag getoets sal word. ‘n Woordvoerder, Wilfred Solomons-Johannes van die Nooddienste het ‘n beroep op inwoners gedoen om nie paniekerig te raak nie. Die noodsirenes sal teen omstreeks

Lees verder: Koeberg toets noodplan

Brandstofprys skiet die hoogte in, voedsel sal volg

Petrolpryse sal vandag weer styg. Motoriste word opnuut gestraf deurdat brandstof nou byna R15 per liter petrol sal kos. Alle grade petrol het om middernag met 36 sent ‘n liter die hoogte in geskiet. Diesel kos nou tussen 27 en 28 sent meer. Die impak op motoriste sal onmiddellik gevoel word, maar die styging sal

Lees verder: Brandstofprys skiet die hoogte in, voedsel sal volg

Durban middelpunt van dwelmhandel

Georganiseerde misdaadsindikate wat Durbanse hawens gebruik, gaan beteken dat die stad die middelpunt van dwelmhandel in Suider-Afrika word, het RSG berig. Die direkteur van die Internasionale Narkotika Beheerraad, Lochan Naidoo, het die organisasie se jaarverslag in Durban bekendgemaak. Dagga, heroïen, crack, tik en kokaïen is die dwelmmiddels wat die meeste in Suid-Afrika gebruik word. Dit

Lees verder: Durban middelpunt van dwelmhandel

Geert Wilders droomt van Vlaams-Nederlandse unie

In gesprek met het maandblad van het Vlaams Belang zegt Geert Wilders dat hij droomt van een Vlaams-Nederlandse unie, of in ieder geval ‘nauwe samenwerking’: “We dromen allemaal wel eens van een Vlaams-Nederlandse unie of nauwe samenwerking. Maar de eerste stappen zullen door de Vlamingen zelf gezet moeten worden. Zij zullen er eerst voor moeten

Lees verder: Geert Wilders droomt van Vlaams-Nederlandse unie

Bodem boek II, 1: Die roeping

‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Lees eers die volledige Bodem I. Nou goed, kom ons kry die gereelde vrae agter die rug. Ek het hierdie afgelope paar maande soveel keer met die pers gepraat, soveel onderhoude gevoer, selfs lesings gegee en ʼn paar praatjies by ons nuwe skole. Daar is vrae wat ek altyd gevra

Lees verder: Bodem boek II, 1: Die roeping

Withuis probeer Oekraïne-krisis de-eskaleer nadat China Rusland steun

Die Withuis het ‘n amptelike foto vrygestel van Barack Obama waar hy telefonies met Wladimir Poetin gesels oor die krisis in die Oekraïne. Die gesprek het 90 minute geduur. Die Amerikaanse president het verkies om met sy naweek-uitrusting van denim heel loslit te poseer. Ontleders meen die foto van die ontspanne das- en paklose leier

Lees verder: Withuis probeer Oekraïne-krisis de-eskaleer nadat China Rusland steun

Taalgestremde SA-reg op eerste dag van Oscar-verhoor

Suid-Afrika spog met 11 landstale wat blykbaar daagliks in geen hof tot hul reg kom nie en regspleging benadeel. Dié opspraakwekkende leemte in Maandag tydens die Oscar Pistorius-moordverhoor aan die wêreldmedia ontbloot. Die gehalte van tolkwerk in howe is van kardinale belang, aangesien stemming en inhoud wat oorgedra word hoogsgespesialiseerde taalvaardige tolke vereis en hul

Lees verder: Taalgestremde SA-reg op eerste dag van Oscar-verhoor

Hoof van ANC-politieke skool weer voor vir dronkbestuur

Tony Yengeni, oud-MK en lid van die ANC se uitvoerende komitee, sal Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof tereg te staan op ‘n aanklag van dronkbestuur. Yengeni is op die oomblik uit op R500 borgtog. Hy is in Augustus verlede jaar in Groenpunt in hegtenis geneem. Yengeni is hoof van die ANC se politieke skool Dit

Lees verder: Hoof van ANC-politieke skool weer voor vir dronkbestuur