Moedertaalonderrig en -afrigting

Image

Ek het my seuntjie na Toyota se Pa’s en Seuns-krieketdag by Supersportpark in Centurion geneem. Dit was ‘n heel aangename dag waartydens die kannetjies in groepe opgedeel is en krieketafrigting ontvang het van nasionale en provinsiale spelers. Die dag was goed georganiseer en dinge het heel professioneel afgeloop.

Met die heel eerste oefening het ek en ‘n paar van die ander pa’s gestaan en kyk hoe ‘n speler van die Titans die kinders leer hoe om die kolwe ordentlik vas te hou en hoe om die aflewerings te ontvang. Dié afrigting, soos al die ander, het egter in Engels plaasgevind. Bykans al die Afrikaanse kinders (en synde die Pretoria-omgewing en te oordeel aan die taal op die veld was die meerderheid van kinders ongetwyfeld Afrikaans) het met wisselende grade van verbystering en onbegrip na die afrigters gestaar.

Krieket in Engels

Krieket

Dis nie asof Engels vreemd is vir hulle nie, inteendeel. Hierdie is kinders wat Engels op skool as vak het. Hulle kyk TV-programme in Engels. My seuntjie kan Engels heel goed praat, lees en skryf vir sy ouderdom. Ek en die ander pa’s het egter telkens nodig gehad om te vertaal en aan hulle te verduidelik wat die afrigter gesê het. (Ek is juis van plan om ‘n skrywe aan Toyota Suid-Afrika te rig wat hulle daarop wys dat ‘n groot deel van hul kliënte Afrikaanstalig is.)

Ekstrapoleer nou die situasie op die krieketveld na ‘n swart skool, waar die ouers aandring daarop dat hulle Xhosa-, Zoeloe- en Sothosprekende kinders in Engels onderrig moet word. Dis een ding om ‘n kolf te moet leer vashou, maar iets heeltemal anders om algebra te moet leer in ‘n taal wat vreemd is vir jou. Die kinders en selfs die onderwysers in swart skole is waarskynlik Engels swakker magtig as die kindertjies op Supersportpark. Die pa’s op Supersportpark het almal self krieket gespeel, maar hoeveel swart pa’s wat deel was van die “no education before liberation” geslag, kan inspring en aan hulle kinders verduidelik wat ‘n veranderlike of ‘n vektor is?

Swartes se aandrang op onderrig in Engels is ‘n selfmoordstrategie in opvoedkundige terme. Sommiges is verbaas dat Mzansi se skooluitslae jaar na jaar verswak. Mamphele Ramphele sug dat Bantoe-onderwys beter was, en die owerhede tas rond na allerhande verduidelikings. (Apartheid is natuurlik ‘n gunstelingsondebok, soos vir vele ander dinge wat skeefloop.) Ons word dikwels vertel hoe moeilik omstandighede in die townships is, hoe kinders met kerslig huiswerk moet doen.

Die groter probleem, ‘n gesukkel om selfs die basiese konsepte baas te raak, omdat die onderwysers en die kinders nie die taal waarin dit aangebied word behoorlik magtig is nie, word egter dikwels oor die hoof gesien.

Onlangs deur Anton Barnard op sy woernaal, oor Jonathan Jansen: Die verskil tussen kak en modder

самовсасывающий насос для скважинылобановский александр игоревич харьков

Ras en taal volgens prof, Jansen

Image

Prof. Jonathan Jansen, wie se omstrede uitlatings dat hy nie na "kak oor kultuurverskille" gaan luister nie en Kovsies summier gaan transformeer onlangs in die nuus was, het reeds in 2005 by die Afrikaanse Taalberaad op Stellenbosch sy anti-Afrikaner-houding op 'n kenmerkend vulgêre manier getoon. Onderstaande rubriek deur Dan Roodt het kort ná die Afrikaanse Taalberaad op die Praagwebwerf verskyn.

Die swak beriggewing in die hoofstroompers oor verlede week se Taalberaad op Stellenbosch het soos gewoonlik 'n skewe beeld gegee van wat daar werklik gebeur het. Dit was drie dae van verskeie laagtepunte met weinig hoogtepunte. Uiteindelik het die beraad onverrigter sake geëindig, met slegs die vae belofte van 'n tweede beraad aanstaande jaar sonder enige wesentlike aksieplan.

Een rede waarom daar geen konsensus bereik kon word nie, was die teenwoordigheid van 'n aantal bruin intellektuele soos drs. Christa van Louw, Neville Alexander en prof. Jonathan Jansen van die UP. Van Louw het op die laaste dag 'n vloermoer gegooi uit vrees dat sy nie langer voorsitster sou wees van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans nie, terwyl Jansen op dag een aanbeveel het dat ek "seksuele omgang met 'n swart persoon behoort te hê sodat ek kan regkom".

Wat hierdie soort vulgêre uitlatings met 'n bespreking oor die Afrikaanse taal te make het, weet nugter. Maar dit is kennelik die vlak waartoe regstellende aksie-akademici aan Afrikaanse universiteite deesdae besig is om te daal. Trouens, die aand ná die fameuse onderonsie tussen my en Jansen, het ek in prof. Christa van Louw van die US en prof. Hein Willemse van die UP vasgeloop en sy het Jansen se uitspraak smalend teenoor Willemse herhaal, en nog iets bygevoeg in die trant van, "maar hy moenie slaap nie, hy moet wakker bly."

Wat Jansen veral omgekrap het, is dat ek na myself as 'n Afrikaner verwys het. Die meeste bruin intellektuele verkeer onder die indruk dat drie miljoen Afrikaners in 1994 verdwyn het of ten minste een of ander kontrak ten gunste van hul eie ondergang onderteken het. Terwyl Jansen Woensdag sy vuige kommentaar teenoor my betuig het, het Neville Alexander reg langs my gesnou: "Die Afrikaner is 'n lyk. Dis net jy wat nog daaraan glo omdat jy oningelig is."

Ek moet sê dat die sogenaamde bruin intellektuele nogal 'n bron van vermaak kan wees. Vier of vyf jaar gelede reeds het prof. Hein Willemse in 'n internetdebat rondom die einste taalkwessie teenoor my beken dat hy swart is, maar dat swartheid vir hom geen rassekategorie is nie, maar 'n "analitiese konsep".

Tussen akademikaans, engfrikaans en die ANC-bargoens wat oor die afgelope tien jaar ons taal besoedel het, gaan dit maar swaar met Afrikaans. 'n Woord wat my die horries gee, is "bemagtiging" en dit is oor en oor op die Taalberaad gebesig. As die woord bemagtiging nie deur die KGB uitgedink is nie, kom dit ten minste van Kuba of Noord-Korea.

Maar terug by die begrip "swart", ekskuus, die analitiese konsep. Toe die Xhosas begin het om die Universiteit van Wes-Kaapland te oorstroom in die vroeë tagtigerjare onder die rektorskap van Jakes Gerwel, was al antwoord wat die bruin intellektuele kon vind om hulself insgelyks as "swart" te beskryf. Dit verklaar moontlik Jansen, wat wel baie donker van kleur is, se obsessie met swart wat naderhand so erg geraak het dat ek hom moes betig oor sy onbetaamlike rassetrots.

Byna erger as die kroeggrap-redenasies van Tukkies se dekaan van opvoedkunde, is die neo-Marxistiese taalkunde van sy blanke kollega, prof. Vic Webb. Laasgenoemde het 'n pleidooi gelewer dat die Afrikaner alles moet aanvaar wat die ANC-regering op hom afdwing. Benewens sy neo-Marxisme en die feit dat hy sy grys haardos in 'n poniestert vasbind, vermeld die Taaloudit wat voor die beraad uitgedeel is dat "kruisbestuiwing met Indië" een van Webb se navorsingsareas is.

Twee weke gelede het ek reeds verwys na dr. Gerrit Brand as 'n akademiese hanswors. Vergeleke met Jonathan Jansen, Hein Willemse en Vic Webb kan 'n mens hom amper ernstig opneem. Die ironie van die saak is natuurlik dat hierdie kreature wat uit die UP se sirkus onsnap het, deur Naspers opgehemel word as die profete van ons tyd.

Volgens Rapport het ek vir "vermaak" op die Taalberaad gesorg. Veel eerder het ek die rol van narretemmer gespeel, want vermaak was daar genoeg sonder dat ek daartoe hoef by te dra. Benewens prof. Jonathan Jansen se seksuele fantasieë – hy het behoorlik begin kwyl toe hy die gehoor vertel het van sy pogings om die blanke skoolmeisies van Pretoria Girls High te breinspoel om van taal- en rasse-segregasie ontslae te raak deur minnaars uit 'n ander etniese kategorie te neem – was daar die bespreking oor Afrikaans en die media waaroor hieronder meer.

Terloops, 'n mens wonder hoeveel ouers van dogters by Pretoriase meisieskole daarvan bewus is dat 'n swart Humbert Humbert die blanke Lolitas bekruip en hulle boonop toespreek by skoolbyeenkomste. (Vir my lesers wat nie weet nie, het Wladimir Nobokof 'n roman oor 'n middeljarige man se verhouding met 'n dertienjarige meisie genaamd Lolita geskryf, iets wat in die vroeë sestigerjare 'n skandaal veroorsaak het.)

Hier gaan dit egter nie om fiksie nie, maar om die werklikheid. Is prof. Jansen se invloed op ons jeug in die vorm van seksuele innuendo en rasse-ideologie heilsaam? Behoort Tukkies so 'n man aan te hou as opvoedkundige dekaan? Wat kan ons van hom leer in verband met die handhawing van Afrikaans?

Dat ras, taal en seks egter 'n gewilde tema by die Taalberaad was, is gewis. Onder andere het mnr. Theo Erasmus van die betaalkanaal KykNET 'n beleidstuk versprei waarin die volgende vermeld word: "Die kanaal mag nooit gesien word as een wat eksklusief op 'n wit mark gerig is nie. Die persentasie bruin mense wat DStv besit en dus toegang tot KykNET het, is bitter klein, maar die kanaal moet ook toekomstige gehore teiken – nie net in sy eie belang nie, maar in belang van Afrikaans."

Die enigste afleiding wat 'n mens hieruit kan maak, is dat KykNET nie van sy huidige kykerspubliek – blanke Afrikaners – hou nie. Daar is min sakeondernemings ter wêreld wat soveel minagting teenoor hul eie kliënte koester soos KykNET.

Dié beleidstuk is versprei tydens die sessie wat gewy is aan Afrikaans en die media. Onder andere is Magdaleen Kruger deur die digteres Lina Spies ingevlieg oor die swak taalgebruik op Radio Sonder Grense, oftewel Radio Sonder Mense. Ook Tim du Plessis van Rapport moes erg deurloop oor sy redaksionele beleid wat neerkom op ANC-sikofansie en Afrikaner-verguising.

Ná so 'n Taalberaad voel mens dat jy jou pêrels voor die swyne gewerp het. Afrikaans baat kwalik by besprekings waar rassepropaganda die botoon bo taalkundige kwessies voer.

КонструкторыАлександр Фильчаков Васильевич

Mandela het elekrisiteitskrisis veroorsaak

BHP Billiton se Hillside- en Mozal-aluminumsmelters is van die grootste ter wereld, en wanneer op vol kapasiteit, verbruik 10% van Suid-Afrika se krag.

Meneer Mandela het die openingstoespraak van die Hillside-smelter gelewer, en ook die uitvoer van goedkoop krag na die daaropvolgende aluminiumsmelter in Mosambiek, sy vrou se tuisland, moontlik gemaak.

Aangesien die smelt van aluminiumerts groot hoeveelhede elektrisiteit verbruik, maak sulke smelters grotendeels gebruik van "gratis" hidro-elektiese krag, of alternatiewelik spotgoedkoop gaskrag in Midde-Oosterse lande.

Australië wek soos Suid-Afrika 90% van sy krag met steenkool op, maar nogtans is dit vir BHP Billiton beter om hulle Australiese aluminiumerts na die anderkant van die aardbol, na Hillside en Mozal te stuur, eerder as om dit in Australië waar die erts gemyn word, self te smelt. Vanaf Suid-Afrika en Mosambiek word die meeste van die Australiese aluminium dan weer terug versend na die anderkant van die aardbol, en in China en Suidoos-Asië verkoop.

Die rede vir bogenoemde is dat die gesofistikeerde elektrisiteitskontrakte vir aluminiumsmelters van ingevoerde Australiese erts, gebasseer is op kommoditeits-marksiklus-klousules, wat die gemiddelde langtermynkoste van die krag goedkoper maak as die produksiekoste daarvan. Vandag is daardie kontrakkrag selfs goekoper as die materiaalkoste van steenkool uit nuwe myne, wat benodig word om meer krag op te wek. Waarde word dus vernietig, soos weerspieël in die onlangse R9,5 miljard-verlies deur Eskom.

Meer krag en nuwe kragstasies is nodig om Suid-Afrikaners se lewenstandaard te verbeter, en veel meer van Suid-Afrika se eie inheemse chroom-, mangaan- en platinumertse op plaaslike bodem te smelt, sodat die waardetoevoeging van ons plaaslike primêre mynprodukte ter plaatse plaasvind. Tans word miloene tonne Suid-Afrikaanse chroom- en mangaanerts jaarliks uitgevoer, weens 'n tekort aan krag. Suid-Afrika beskik oor ongeveer 80% van die aarde se ekonomies ontginbare chroom en mangaan, genoeg om aan elke Suid-Afrikaner 'n permanente en formele werk te verskaf, sou meer waarde tot hierdie plaaslike primêre produkte voor uitvoer bygevoeg word. 

Dit was presies die versiende meneer Mandela se uitgesproke bedoeling met die opening van Hillside, Mozal in Mosambiek, en die omstrede komende Coega-aluminiumsmelter in die Oos-Kaap: "By using energy generated from our abundant supplies of coal to produce aluminium, the smelter will contribute to the drive to add more value to our primary products before export."

Die vraag moet dus nou gevra word: is meneer Mandela mislei? Meneer Mandela is nie 'n myner nie. Is hy eerlik ingelig dat Suid-Afrika glad geen aluminiumerts het nie, en dat die miljoene der miljoene tonne uitheemse aluminiumerts al die pad van ver, van die Engelse Australië ingevoer sou word? Om daarna weer weggeneem te word vir werkskepping in China en ander mededingerlande?

Dít terwyl Australië genoeg steenkool het om sy eie aluminiumerts te smelt, maar dit nie doen nie, omdat Suid-Afrika se steenkool vir die smelt van Australiese aluminium, benede Eskom-produksiepryse verbrand word, sodat arm Suid-Afrikaanse verbruikers en voorheen benadeelde belastingbetalers die verliese moet betaal. Vergelyk dit – Suid-Afrika se armoede – met die mens Marius Kloppers se BHP-Billiton-salaris en ryk Australië se Bruto Binnelandse Produk, wat danksy aluminiumsmeltery deels ry op die rug van 'n arm Suid-Afrika se ontginbare hulpbronne.

Bobby Godsell van Eskom gaan nou met BHP-Billiton, Mitsubishi en die Mosambiekse regering gesels oor hulle geldige dog sondige kragkostekontrakte. As vakbonde van steenkoolmyne en Eskom beloof om Bobby by te staan met 'n nasionale regstellende aksie indien nodig, sal die oorsese aandeelhouers van Hillside en Mozal dadelik redelik wees en hulle hoogs intelligente Londen-Metaal-Beurs-gekoppelde kontrakte wettig en vrywillig opskort.

Dis beter dat twee smelters verliese maak of ly, as 'n hele land. Tans is 10% van elektrisiteitsverbruik verantwoordelik vir 90% van Eskom en die Suid-Afrikaanse belastingbetaler-verbruiker se verliese. Dié mensgemaakte situasie is wettig en regsgeldig, maar in die geheel gesien nie volhoubaar en moreel nie. Meneer Mandela se goeie bedoelings met plaaslike primêre mynprodukte, sowel as sy Mosambiekse bande, is miskien in die verlede misbruik. Die gebore Suid-Afrikaner Marius Kloppers kry nou die geleentheid om die openbare persepsie reg te stel, maar sonder die ondersteuning van Suid-Afrikaanse vakbonde gaan hy selfs as genie sukkel om Suid-Afrika se landsbelang bo dié van BHP-Billiton te stel.

посуда для детейФильчаков прокурор

Zuma en Mugabe kuier lekker saam

Image

Jacob Zuma… staan saam met Mugabe teen apartheid en kolonialisme

Die Zimbabwiese politieke leierskap is gereed om politieke en maatskaplike uitdagings die hoof te bied, het president Jacob Zuma by 'n staatbanket gister in Harare gesê.

Die dinee is deur die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, aangebied en onder die gaste was die eerste minister, Morgan Tsvangirai.

"Ons bring broederlike groete van Suid-Afrika se mense wat met gespitste aandag die positiewe ontwikkelings in dié land in onlangse tye gevolg het," het Zuma gesê.

Zuma het erken dat die land se prestasies aan die plaaslike inwoners en aan die wêreld 'n sein uitgestuur het dat Zimbabwe se politieke leierskap "gereed was om die politieke en sosio-ekonomiese uitdagings trompop te loop".

"Ons is almal baie bemoedig deur die manier waarop die drie partye hul geskille in belang van die land bygelê het.

"Dis inderdaad baie bemoedigend om te sien dat merkbare vooruitgang onder beskerming van dié inklusiewe regering gemaak is."

Zuma het gesê die SAOG bly beskikbaar om hulp aan te bied.

"Die oorblywende kwessies is nie onoorkomelik nie en kan te bowe gekom word.

"Die moeilikste pad is reeds afgelê… die bande wat ons aan mekaar verbind het toe ons die onmenslike stelsels van apartheid en kolonialisme beveg het, rig ons steeds vandag waar ons poog om 'n beter lewe vir al ons mense te skep."

Klik hier vir die volledige toespraak in Engels.

become an instagram modelлобановский александр дети

Wie gaan eer kry en wie gaan seerkry?

Image

Dié naweek se rugby en wat die Blou Bulle en die Leeus aan mekaar gaan doen

Cobus Grobbelaar glo die Leeus gaan aansit vir blou biefstuk dié naweek. Hy’s oortuig sy trop gaan wen. Hy’s áltyd oortuig sy trop gaan wen. Dié keer kan hy reg wees, en dit nie in die minste mate omdat hy sy terugkeer maak na ‘n besering nie. Baywatch is een van daardie eerlike hardwerkende baljagters – hoewel die gedagte aan ‘n “eerlike baljagter” so oksimoronies blyk te wees as “eerlike dief” of doeltreffende ANK-staatsamptenaar. Hy is een van daardie amper-amper spelers wie se naam al in ‘n paar vroegseisoen skadu-Springbokspanne ingepotlood is. Hierdie jaar was dit weer so, en dit was net daardie natuurfrats van ‘n losbalmagneet, Heinrich Brüssouw, wat hom voorgespring het. So, Grobbelaar stort al sy hartstog in die Leeu-span in. En dis juis sy passie, en die desperaatheid van sy hele span wat my laat glo dat hulle gaan wen.

Die ideale span is een waarvan die breër spelmetodiek en bemanning so gevestig is dat die span selde, en net as hulle in ‘n onverwagse verknorsing is, in hulle emosionele voorraad gaan delf. Ander spanne, minder voortreflik bedeel in sekere afdelings, middelmatig om die minste te sê, kan net op passie reken om wedstryde te beklink. Die probleem is dat hartstog en durf sulke vervlugtende elemente is. Dit kan die een minuut daar wees, en die volgende oomblik het dit verdamp, en dan het hulle nie strukture, tegniek en krag om hulle deur te trek nie. Maar ‘n sielsgedrewe span kan vir die regte tagtig minute enige span se lewe versuur. Gewoonlik het so ‘n span net een so ‘n wedstryd per jaar in hulle. En ek reken hierdie Saterdag is dit die Leeus se wedstryd van die jaar. Hulle is net desperaat genoeg om die Bloues se bulkalfies plat te trek.

Die Blou Bulle se instaanspelers maak hulleself gaandeweg in die dodelike, doodsmoorpatroon waarvan bekersukses gemaak word. Maar dis te betwyfel of hulle genoeg geduld en teenwoordigheid van gees het  om ‘n vasgekeerde Leeu vasgekeer te hou. Terwyl die voorpak, met ‘n bosbrekervoorry van Kruger, Kuun en Engels en Flip van der Merwe op slot, lyk al hoe meer soos die geestelike afstammelinge van die Noord-Transvalers van ouds en Dewald Potgieter gaan beslis vir Grobbelaar al die pad bal toe jaag.

Agterlangs is waar dit kan lol, met te min terugvalplanne vir rou spelers soos Burton Francis en Francois Hougaard om verbete teenaanvalle te smoor. En aangeval gaan hulle aangeval word, en dit nie net deur die nuwelingsenter Pieter Engelbrecht en buitesneller Hollenbach nie, maar deur die venynige Jano Vermaak en die rammelende Willem Alberts van agsteman af. Voorts kan die Bloues maar vra wie de joos is Earl Lewis. Die antwoord is dat hy nie die ander een, Earl Rose, is nie. Hierdie jaar kon die Leeus se opponente deurgaans staatmaak dat wanneer hulle in die knyp teen die rooibontes is, Rose iewers ‘n geskenk vir hulle sal opdiep. Maar Pieter de Villiers se gunsteling “X-faktorspeler,” Rose, is uit die laaste vesting verwilder en, hoe of wat Lewis ook al is, so totaal selfvernietigend soos Rose kan hy nie wees nie.

Die wedstryd word op die Stadion-Voorheen-As-Ellispark-Bekend beding en hoewel tuisvoordeel nie soveel vir die Leeus beteken nie, is dit darem stukke beter as die teendeel: Om die Blou Bulle tussen die horings te kyk  op Fort Loftus.

Tuisveld, hartstog, desperaatheid en die afwesigheid van Earl Rose. Hierdie een is die Leeus s’n. Dis hulle Groot Wedstryd vir die jaar.

печи длялобановский александр игоревич харьков

SANW laat rooi ligte flikker

Die onwettige SANW-betoging op Woensdag 26 Augustus, is kommerwekkend. 'n 'Weermag' wat die staatsgesag (wat hy veronderstel is om te beskerm) uitdaag, laat rooi ligte flikker. En dit nogal teen 'n Hooggerregshofbevel. Om nie te praat van die ongelooflike gebrek aan dissipline nie – waar was die militere polisie?

Gelukkig is dit nie soldate in die ware sin van die woord wat die Uniegebou bestorm het nie; die SANW se MK-kern se "krygsondervinding" is beperk tot lafhartige sluipaanvalle op sagte, nie-terugvegtende teikens. Toe die handjie vol SAPD-lede op hulle skiet, het hulle weggehol soos wat mens sou kon verwag.

Dit word al duideliker dat die SANW 'n Vigs-besmette, ongedissiplineerde gewapende gepeupel is wat nie die naam van weermag werd is nie.

купить готовую банюДанильченко Юрий Харьков

Vlak van debat op Beeld en op Praag

Ek kyk na Praag se webblad en daar is benewens die jongste nuus oor 'n wye verskeidenheid sake, ook 'n interessante en inligtende debat tussen Johann Wingard en Buks van Rensburg oor biotiese en abiotiese olie en die moontlikheid van verdere ontdekkings.

Ek kyk na Beeld  en die hoofdebat gaan oor Habana 'n verraaier is of nie oor hy glo WP toe skuif. En al die foto's en feitlik al die berigte op die eerste drie bladsye gaan oor swartes.

Een raai na watter nuusblad ek my eerder wend. 

Ns, Hierdie brief is onveranderd na sowel Praag as Beeld gestuur.

печиФільчаков прокурор

ANC-haatspraak teenoor blankes wek kommer

Ek vind dit verstommend hoe openlik en met hoeveel oortuiging funksionarisse van die swart regime haat teen blankes aanblaas.

Leonard Chuene, voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA), maak ongegronde aantygings dat blanke Suid-Afrikaners vir die debakel rondom Caster Semenya se seksualiteit verantwoordelik is. Tydens die ontvangs van Semenya op die Jan Smuts-lughawe (sg. “O.R. Tambo-lughawe”) val Julius Malema, voorsitter van die ANC-jeugliga, blankes aan omdat hulle nie ook in groot getalle opgedaag het nie. Blankes word dus allerweë verdag gemaak as die vyande van Semenya en dus alle swart (sport-)helde.

Intussen dreig die sogenaamde "minister van arbeid", Membathisi Mdladlana, blankes met totale uitwissing. Die sogenaamde "arbeidsminister" dreig werkgewers om van blanke werknemers ontslae te raak, so nie sal "alle swartes" oorgaan tot rewolusie. Dit moet gelees word as Dank blankes af, of ons maak julle vrek! soos Anton Barnard skryf.

Dat blankes en Afrikaners spesifiek reeds soos vlieë uitgemoor word, in wat duidelik swart-op-wit-haatmisdaad is, is reeds ‘n kruipende genoside. Dit is die biologiese komponent van volksmoord. Terselfdertyd kom die wyse waarop ons taal uit die openbare lewe verban word, sowel as die vele ander vorme van rassistiese wetgewing, in die werksplek en elders, op niks minder as etnoside neer nie. Dit is die kultuurkomponent van volksmoord en gaan dikwels massagenoside vooraf.

Dus hang ons bestaan reeds aan ‘n dun draadjie. Chuene, Malema en Mdladlana se anti-blanke haatspraak en verdagmakery kan net vet op die vuur wees.

Die gemak en sukses waarmee die ANC duisende swartes op die ingewing van die oomblik kan mobiliseer, soos nou weer gesien is met Semenya se verwelkoming, ná haar prestasie in Berlyn, bly kommerwekkend. Sou Membathisi Mdladlana se “rewolusie” met net soveel sukses gereël kon word? Stellig reken ek: “Ja”.

Mdladlana se uitspraak dat dit die “rewolusie van alle swartes” sal wees laat my dink dat ‘n volskaalse volksmoord op Afrikaners op die hoogste vlak van die regime begeer word.

Die Suid-Afrikaanse media en veral die Afrikaanse media (Naspers/Media24) ontken die gevaar waarin ons leef. Enkele internetwebwerwe, waaronder Perspektief, PRAAG, Censorbugbear en enkele ander stel die alternatiewe mening aan die Afrikaner en blanke Suid-Afrikaner.

Dit wil voorkom asof die ANC se haatspraak jeëns blankes toeneem en selfs meer blatant raak. Mdladlana, Malema en Chuene se uitsprake herinner aan die haatspraak wat in Rwanda bedryf is tot en met die volskaalse volksmoord waartydens 1 miljoen Toetsis binne drie maande uitgemoor is.

Dit is egter die plig van diegene onder ons wat besef hoe benard die situasie is om ons volksgenote in te lig. As volk moet ons ingelig en weerbaar wees.

sponsor a postФильчаков

Meer as miljoen misdade per jaar nooit opgelos

Image

Slegs 10,3% skuldigbevindings

Meer as 'n miljoen van die twee miljoen misdaadsake wat elke jaar in die land geopen word, word nooit opgelos nie, berig die Mercury.

"Die sake gaan iewers verlore – hulle val deur die krake in die stelsel. Ons moet seker maak dat sake nie wegraak nie," het Willie Scholtz, hoof van die Suid-Afrikaanse Strafregstelselwerkgroep, gesê.

Scholtz het verlede week 'n toespraak by Universiteit van Kaapstad se Nagraadse Bestuurskool gelewer.

Hy blameer die onbevredigende ondersoeke na misdaadgevalle, verhore wat vir 'n baie lang tyd aanhou, asook ondoeltreffende hofprosedures, vir die land se 10,3 persent skuldigbevindingskoers in strafsake.

Aanklaers en Regshulpraadprokureurs speel ook 'n rol by die "oneindige uitstel van sake".

Scholtz is hoof van 'n span wat behulpsaam is by 'n hersiening van die strafregstelsel.

10 gamesданильченко юрий брониславович прокурор

Polisie gaan soldategeweld ondersoek

Image

Die polisie skiet met rubberkoe?ls op die weermag

Die polisie ondersoek die onwettige betoging deur soldate by die Uniegebou wat gister gewelddadig geraak het toe honderde lede van die getransformeerde SANW (SA Nasionale Weermag) chaos gesaai het.

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa het in 'n verklaring die geweld "sterk veroordeel".

"Terwyl lede van die SANW het die reg om vrylik te vergader en te betoog, maar daar kan geen regverdiging vir hul gedrag wees wat hul status as beskermers van die nasie weerspreek nie," het Mtethwa gesê.

'n Loonbetoging van ongeveer 1 000 soldate, wat almal lede van die SA Nasionale Weermagvakbond is, het in chaos verval toe die groep gepoog het om op die perseel van die Uniegebou te kom.

Die polisie het rubberkoeëls en traangas gebruik om die skare uiteen te jaag. Die soldate het die polisie uitgejou, 'n petrolbom op 'n motor gegooi en ander motors gevandaliseer.

Methethwa het gesê hy het die staking met die minister van verdediging en oorlogsveterane, Lindiwe Sisulu, bespreek en dat 'n ondersoek aan die gang is.

Diegene wat aan wetsoortredings skuldig bevind word, sal gestraf word, het hy gesê.

внутреннее освещение помещенийДанильченко Юрий Брониславович компромат

Ku?n en Hougaard in Blou-Bulspan

Image

Derick Ku?n

Die afrigter van die Vodacom Blou Bulle Frans Ludeke het heelparty van sy groot kanonne insluitende Derick Kuün, Werner Kruger en Wilhelm Steenkamp vir Saterdag se wedstryd in Johannesburg teen die Leeus nadergetrek. 

Kuün en Kruger gaan die skrum aan die sy van Jaco Engels anker met Steenkamp wat terug is in die tweede ry langs Flippie van der Merwe. 

Ludeke het sy ervare lostrio onveranderd gelaat, maar agterlangs sal Marius Delport in die plek van die beseerde Akona Ndungane diens doen met Jaco Pretorius en Stefan Watermeyer wat hul kombinasie in die middelveld hervat. 

Ludeke het besluit om vier voorspelers en drie agterspelers op die bank te kies maar hoewel daar nog ‘n bietjie twyfel oor die enkelbesering van Frik Kirsten is, is die afrigter sowel as Dr Org Strauss optimisties dat die groot stut betyds sal herstel. 

Ludeke sê hy is redelik tevrede met hoe die Blou Bulle se seisoen in die eerste ronde verloop het, maar daar is steeds verskeie aspekte waarin hy wil hê die span moet verbeter. 

“Ons moet in die tweede ronde in elke wedstryd vir die volle 80 minute speel en ek sal wil sien dat ons voortaan beter afrond. 

“Ons moet ook al hoe meer driedruk-geleenthede skep en baie klem sal in ons vaste fasette gaan, want alles was nie honderd persent in dié afdeling van ons spel nie.” 

Vodacom Blou Bulle: Zane Kirchner; Gerhard van den Heever, Jaco Pretorius, Stefan Watermeyer, Marius Delport; Burton Francis, Francois Hougaard; Dewald Potgieter , Pedrie Wannenburg, Deon Stegmann, Wilhelm Steenkamp, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Derick Kuün (kaptein), Jaco Engels. Reserwes: Bandise Maku, Frik Kirsten/Dean Greyling, Fudge Mabeta, Jacques Burger, Heini Adams, Francois Brummer, Tiger Mangweni.

 

погружной дляФільчаков прокурор

Toerisme daal met 40 persent

Image

Europese toeriste het SA versaak…

Die aantal oorsese vakansiegangers wat Suid-Afrika besoek – besoekers vanuit Afrika uitgesluit – het met 40 persent afgeneem, berig Sake24.

Die Suider-Afrikaanse Toerismediensvereniging se hoof van toerismedienste, Michael Tatalias, het gesê dat "ontspanningstoerisme" – buitelanders wat Suid-Afrika op vakansie besoek – met 40 persent in die jaar tot einde Mei afgeneem het.

In die geheel het die aantal buitelandse besoekers, wat besoekers uit ander Afrikalande uitsluit maar sakebesoekers, sportbesoekers en familiebesoekers insluit, het met 110 000 oftewel 11,7 persent, gedaal.

Matsatsi Marobe, die uitvoerende hoof van die Toerismesakeraad van SA, het die syfers bevestig en gesê dat die persentasie buitelandse vakansiegangers met tussen 30 en 40 persent afgeneem het.

free videoАлександр Фильчаков прокурор

Wapenvergoedingsaak hof toe

'n Eis om vergoeding vir wapens wat onder die wet op vuurwapenbeheer ingehandig is, gaan aanstaande week in die Kaapse Hoë Hof beredeneer word, het die Geregtigheidsalliansie van Suid-Afrika gister gesê.

Die organisasie sê hy het hom by die Valsbaaiskietklub gevoeg deur te eis dat die minister van polisie binne 60 dae riglyne opstel vir vergoeding soos dit deur artikel 137 van die Vuurwapenbeheerwet vereis word.

Die staat se weiering om tot dusver vergoeding te betaal was strydig met sy grondwetlike verpligtinge wat verband hou met die beginsels wat openbare administrasie reël.

Die Geregtigheidsalliansie het gesê dat sowel individue as wapenhandelaars finansiële verliese deur dié weiering gely het.

In een van die ondersteunende verklarings wat by die hof geliasseer is, het 'n handelaar gesê dat sy 'n verlies van meer as R2 miljoen gely het omdat sy haar voorraad wapens moes inhandig.

купить игрушкуАлександр Фильчаков прокурор

Nuwe presidensi?le vlie?nier uit plakkerskamp

Image

Die presidensiële vliegtuig gaan dalk eersdaags deur 'n werklose swart man uit Orange Farm gevlieg word.  Hierdie moontlikheid word sterk in ANC-kringe oorweeg en die aanstelling van 'n swartman uit die Orange Farm-plakkerskamp, Samuel Ramogothi, as presidensiële vlieënier, is al in 'n gevorderde stadium.

Hierdie verwikkeling aangaande wie die president se vliegtuig moet vlieg, is teweeggebring deur die nuus dat 'n blanke man, luitenantkolonel Glen Warden, een van die vlieëniers van die president se vliegtuig is. Volgens die ANC is dit uiters rassisties dat 'n blanke man dié pos beklee en voldoen dit ook nie aan die vereistes van regstellende-aksie- en SEB-programme nie.

Luitenantkolonel Glen Warden is 'n vlieënier van die Mirage III Cz, wat vroeër vanjaar met dié vliegtuig by die Durbanse lugskou deur die klankgrens gebreek het. Luitkol. Warden is 'n veteraanvertoonvlieënier in die lugmag. Sy onlangse verbreking van die klankgrens in 'n eiesoortige Mirage was die eerste keer in 45 jaar; die vorige keer het in 1964 plaasgevind toe die Mirages aan Suid-Afrika gelewer is. Die soniese knal wat deur luitkol. Warden met die 'Black Widow' teweeggebring is, was so ver as Van Reenenspas hoorbaar.

Byna net so ver as die politieke gevolge van sy historiese en supersoniese vlug.

Warden het die Vrydag uit Pretoria vertrek en sowat 16 minute tot in Durban gevlieg, in die Mirage wat bekendstaan as die "Black Widow".

Die groot mediadekking wat die aangeleentheid geniet het as deel van die Durbanse lugskou van 11 tot 12 Julie, en die feit dat die "Black Widow" deur 'n blanke vlieënier gevlieg is, het die ANC klaarblyklik rasend gehad.

Daar is onmiddelik begin soek na 'n werklose swartman wat aangestel kan word as vlieënier van die president se vliegtuig. En in die Orange Farm-plakkerskamp kry hulle toe vir Sam Ramogothi. Sam Ramogothi het al van kleintyd af draadkarre gebou met politoerblikke vir wiele. En nou bou Sam draadvliegtuie met roomysstokkies vir skroewe. Sam het ook al 3 plakkershutte gebou, waarvan die eerste een met plastiek aanmekaar gesit was en in die eerste sterk wind weggewaai het.

Met Sam se tweede en derde plakkershutte het hy gaatjies in die sinke ontdek, en dit toe met draad in die gaatjies aanmekaar gebind. Hierdie gevorderde Afrika-meganiese vermoeëns, asook die feit dat hy swart is – en boonop werkloos – het hom toe volgens die ANC 'n ideale kandidaat gemaak om die ANC se program van regstellende aksie tot sy logiese konsekwensies deur te voer tot by die vlieëniers van die presidensiële vliegtuig.

Hierdie verwikkeling is wyd deur sommiges veroordeel, veral vanuit die kringe van die internasionale lugvaartowerheid, asook regerings van Europese, Skandinawiese, en Amerikaanse lande, waarheen die presidensiële vliegtuig moet vlieg. Volgens hierdie kritici is dit 'n roekelose en gevaarlike besluit.

Die ANC self het kritiek in eie geledere teen die besluit. Sommiges meen dat Sam nie vir die taak is nie opgelei is nie en dat die vliegtuig kan neerstort.

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, die SAKP, asook die vakbondbeweging COSATU, meen dat pogings om Sam uit die vlieënierskring van die president te hou, rassisties is, op werkreservering neerkom en dat Sam bloot daarvan weerhou word om ook 'n leefbare salaris te verdien, net omdat hy 'n swart werklose plakker in Orange Farm is.

En ek stem persoonlik saam met die ANC  se nasionale uitvoerende komitee, die SAKP en COSATU. As 'n beginsel soos "regstellende aksieAffirmative Action" so weldeurdag is dat dit in wetgewing vervat is, waardeur honderde duisende Afrikaners uit die werkplek verban is, moet die wetgewing ook op die presidensiële vlieëniers van toepassing gemaak word. En sodoende behou die ANC konsekwentheid en geloofwaardigheid.

As die koor van die kritici uit Westerse lande dalk 'n punt beet het, moet daarna gekyk word. Maar is regstellende aksie nie dalk 'n argetipe van intellektuele denke wat ver bo kritiek verhewe is nie ?

Moet 'n vlieënier opgelei wees om 'n land se staatspresident rond te vlieg ?

Die program van regstelling sê: "nee". Jy moet net swart wees en by die ANC-beweging ingeskryf wees.

Maar moet 'n vlieënier nie soms noodlandings op riviere kan uitvoer, soos die vlieënier onlangs in New York nie? Moet 'n vlieënier nie soms 'n vliegtuig kan land terwyl storms op 'n aanloopbaan heers nie? Moet 'n vlieënier nie soms  in staat wees om op 'n aanloopbaan vol sneeu te land nie? Vlieëniers van die SAL vlieg met miljoene rand kontant rond om op die snaaksste plekke in Afrika brandstof te kan koop. As die SAL-vlieëniers die kontant steel, styg die vliegtuig nie op nie. Klaar. So die vlieëniers moet nie korrup en omkoopbaar wees nie, anders word daar nie gevlieg nie. In stormweer in die groot internasionale lugruimtes val passasiersvliegtuie maklik 'n honderd meter of meer in lugleegtes. Die vlieëniers van ander Westerse lande moet  in so 'n geval weet wat om te doen.

Maar nie volgens die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, of die SAKP, of COSATU nie.

En ek stem saam met die SAKP, COSATU en die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee: – die program van regstellende aksie moet tot by sy logiese uiteinde gevoer word. Geen ANC regeringsamptenaar mag ooit weer in 'n vliegtuig vlieg wat deur blanke vlieëniers beheer word nie. Geen ANC-regeringsamptenaar mag ooit weer deur mediese spesialiste behandel word wat blank is nie. Indien 'n opehartoperasie uitgevoer word, of wanneer 'n leweroorplanting moet geskied, soos in die geval van me Msimang, moet dit deur plakkers uit Orange Farm uitgevoer word. Geen swartman met 'n mediese fonds mag ooit weer 'n Medicross-kliniek besoek en hom deur blanke dokters laat ondersoek en behandel nie.

Want as die kritici teen Sam as presidensiële vlieënier dalk reg is en Sam 'n gevaar vir hulle burgers verteenwoordig omdat hy dalk die vliegtuig bo-op hulle burgers in 'n veraf land kan laat neerstort, begin ek wonder…

Ek wonder wat die verskil is om die vlieënier van 'n presidensiële vliegtuig te wees, of die regering van 'n land in al sy fasette. Volgens die internasionale kritici,kan onoordeelkundige besluite of gebrekkige opleiding in beide gevalle tot lewensverliese ly. In beide gevalle is die DNS en 'n swart velpigment nie die enigste faktor wat sukses waarborg nie. In beide gevalle word duisende mense se lewens deur onnadenkende en oppervlakkige ideologiese standpunte nadelig geraak. Hospitale in Suid Afrika wat dokters en verpleegsters in diens neem wat 'n "Afrika-mediese opleiding" by instellings soos Medunsa ondergaan het, kan die lewens van duisende onskuldige mense kos. Dis benewens die honderde duisende wat verkeerde operasies, amputasies en verkeerde, of te laat behandelings ondergaan. Die eise teen die departement van gesondheid, weens mediese wanpraktyke, kos die staat en die belastingbetalers jaarliks honderde miljoene rande.

En die ligte gaan stadig maar seker aan vir my. Die regstellendeaksieprogram maak honderde duisende swartmense dood, op 'n skaal waaraan die konserwatiewe, godvresende en piëtistiese Afrikaners nog nooit gedink het nie. En ek begin vermoed daar is groter denke verborge agter die program van regstellende aksie as wat ek tot nog toe besef het. As ek by die begraafplaas naby Lenasia wat so groot soos 'n woestyn is, verbyry, besef ek dit weereens. En 'n mediese verteenwoordiger wat by die Chris Hani Baragwanath se lykshuis verbyloop en sien dit is tot teen die dak oorvol, en wanneer sy 20 minute later weer daar verbyloop is dieselfde lykshuis dolleeg, begin ek 'n nuwe en meer volledige prentjie in my kop vorm oor wat in Suid-Afrika aan die gang is.

Uiteindelik mag regstellende aksie vernietigend inwerk op dieselfde bevolking as wat dit veronderstel is om begunstig. Dit mag 'n ietwat siniese gedagte wees, maar dalk is Sam Ramogothi en sy eweknieë my en my mede-Boere se beste vriend!

En ek ry in Soweto rond en skree hardop van blydskap: Viva Sam! Viva Affirmative Action! Viva!

online casino games to play for freeпрокурор харьковской области