praag.co.za

Tag: moedertaal

  • Danie Goosen: Oor Afrikaans buig universiteitsbesture agteroor

    Danie Goosen: Oor Afrikaans buig universiteitsbesture agteroor

    Die FAK wil hiermee sy diepe afkeur uitspreek oor die valse en diep misleidende standpunte wat
    die afgelope tyd ten opsigte van Afrikaans aan universiteite ingeneem word. Veral die volgende
    kwessies is ter sake:

    1. Tydens die afgelope dekades het die een na die ander universiteitsbestuur plegtig belowe dat
    universitêre Afrikaans nie in gevaar verkeer nie. Ter ondersteuning is talle mooiklinkende
    taalbeleide in dié tyd voor die neuse van die Afrikaanse taalgemeenskap geswaai. Daarin word
    plegtig belowe dat Afrikaans se plek aan die universiteite veilig is.

    Vandag blyk hierdie beloftes toenemend niks anders te gewees het as ’n paaiboelie-strategie en
    ten diepste ’n leuenagtige voorstelling van sake. Universiteitsbesture het oor jare openlik vir die
    Afrikaanse taalgemeenskap gelieg.

    Universiteitsbesture moet nie verontwaardig reageer as die Afrikaanse wêreld hul voortaan met
    die grootste denkbare minagting hanteer nie. Dit sal enkel en alleen hul eie skuld wees.

    2. Daar word tot vervelens toe aangevoer dat die getal Afrikaanssprekende studente afgeneem
    het, en dat Afrikaans daarom afgeskaf moet word.

    Die werklike toedrag van sake is dat die absolute getalle van Afrikaanse studente nie dramaties
    afgeneem het nie, en dat hulle steeds ’n betekenisvolle aanwesigheid op kampusse soos die US,
    die UP en die NWU is.

    In hierdie verband mag nie vergeet word nie dat toe Engelssprekende studente slegs 14% van
    die totale bevolking by UP uitgemaak het, was die aanbod van klasse in beide tale klaarblyklik
    “ekonomies regverdigbaar”. Noudat Afrikaanssprekendes 30% van die totale bevolking van
    dieselfde universiteit uitmaak, is dit skielik nie meer haalbaar nie.

    Hierdie feit skep by Afrikaanssprekendes onwillekeurig die indruk dat daar met twee maatstawwe
    gewerk word. Van ’n sin vir regverdigheid is daar, ondanks mooi klinkende beloftes, kennelik
    geen sprake nie.

    3. Die afgelope jare het dit ook mode onder universiteitsbesture, hulle akademiese meelopers en
    raserige populiste geword om aan te voer dat Afrikaans op ons kampusse uitsluitend werk.
    Inderwaarheid bestaan daar nie ’n enkele bewys daarvoor dat Afrikaanse klasse aan “ons”
    universiteite per definisie teen enige anderstalige student diskrimineer nie. Inteendeel, eertydse
    Afrikaanse universiteite het bykans tot die dood toe (blyk dit nou) agteroor gebuig om
    anderstaliges (lees: veral Engelssprekendes) ter wille te wees.

    Hoe is dit moontlik dat dié agteroorbuig ten gunste van anderstaliges nou met diskriminasie téén
    hulle gelyk gestel word? Enigeen wat dit doen, ly aan kwaadwilligheid, misplaaste haat,
    kollektiewe selfontkenning, werklikheidsvreemde denkbeelde oor ’n wêreld sonder taalgrense of
    al hierdie patologieë tegelyk.

    4. Tydens die afgelope dekades het dit mode in veral die geesteswetenskappe geword om aan
    te voer dat daar nie iets soos die “werklikheid” is nie, maar dat alles deur ons “gemaak” of
    “geskep” word.

    Ironies hiervan is egter dat verskeie akademici wat so dink, baie gou is om aan te voer dat ons
    onsself wat Afrikaans betref by die sogenaamde harde werklikheid van getalle moet neerlê.

    Skielik vergeet hierdie einste akademici dat daar (ingevolge hul eie denke) planne gemaak en
    nuwe uitweë gesoek kan word om die agteruitgang van Afrikaans te verhoed.

    ’n Tweede ironie wat hieraan knoop, is dat dit ook hierdie einste akademici is wat so graag na
    buite voorgee om in opstand teen “die bestaande ordes” te wees, terwyl hulle inderdaad die
    eerstes is wat hulle by die diktate daarvan neerlê. Van opstand is daar hoegenaamd geen sprake
    nie.

    5. Een van die grootste gekhede van vandag is die verwagting by populistiese groepe (nagepraat
    deur leunstoel-akademici) dat die verwydering van Afrikaans uiteindelik daartoe sal bydra om hul
    ekonomiese en sosiale nood te verlig.

    Die tragiese ironie hiervan spreek vanself: die grootse prestasie wat universitêre Afrikaans is, is
    juis ’n voorbeeld wat deur dié groepe nagevolg en nie afgebreek behoort te word nie. Afrikaans
    se ontwikkeling tot op die hoogste vlak het daartoe meegewerk dat talle Afrikaners in staat gestel
    is om ook ekonomies suksesvol te wees. Indien universitêre Afrikaans afgebreek word, word ’n
    belangrike voorbeeld en selfs bondgenoot vernietig.

    6. Afrikaanssprekendes word tot vervelens toe daaraan herinner dat Afrikaans nie sal uitsterf
    solank as wat ons dit praat nie. Hieruit word die gevolgtrekking gemaak dat ons moet ophou om
    oor die stand van Afrikaans aan ons universiteite te kla.

    Ook hierdie punt is ongegrond. Afrikaans sal inderdaad, soos beweer word, nog lank sonder
    universitêre Afrikaans kan oorleef. Maar blote oorlewing is juis nie waaroor dit in die taalgesprek
    gaan nie. Die vraag is eerder “hoe” Afrikaans in die toekoms sal oorleef.

    Sonder haar aanwesigheid op universiteit loop Afrikaans die wesenlike risiko om haar status as
    taal van die intellek, die verbeelding en die morele bewussyn prys te gee. En tot ’n informele
    taaltjie van die sypaadjie en die kombuis gereduseer te word.

    7. Apologete vir Engelse eentaligheid voer dikwels aan dat die beskerming van tale (en kulture)
    nie die taak van ’n universiteit is nie. Ook hierdie stelling is louter bog. Dit strook eenvoudig nie
    met die werklikheid nie.

    By verre die meeste universiteite in die moderne ontwikkelde wêreld is nie net tot stand gebring
    om studente vir die beroepslewe voor te berei nie, maar ook om hulle in die breë sin van die
    woord op te voed. En ’n onlosmaaklike deel daarvan is dat studente eers werklik as opgevoed
    (of gekultiveerd) beskou is as hulle hul wêreld met behulp van ’n veelheid van tale (ook en veral
    hul moedertale) oop kan maak.

    Die kultivering van moedertale aan universiteite staan nie in spanning met die akademiese lewe
    nie, maar verteenwoordig eerder ’n onontbeerlike deel daarvan. Die oppervlakkige Engels wat
    vandag as normatief aan ons universiteite beskou word (en op ’n ondemokratiese wyse aan almal
    opgedwing word), verteenwoordig ’n ernstige verskraling van dié opvoedingsideaal. Die volle
    ontwikkeling van ons moedertale op universiteit kan help om dié ideaal weer sy regmatige plek
    aan ons universiteite te gee.

    Afrikaanssprekendes het by ’n skeidingsoomblik aangekom. Indien daar voortgegaan word om
    universitêre Afrikaans af te breek, sal groot getalle van ons mense slegs een gevolgtrekking
    daaruit maak: dat ons nie welkom is aan die bestaande universiteite nie, en dat ons voortaan vir
    Afrikaans ’n eie universitêre toekoms sal skep.

    Prof. Danie Goosen
    Voorsitter van die FAK-direksie

  • Afrikaans verjaar!

    Afrikaans verjaar!

    Die amptelike tale-wet van die Unie van Suid-Afrika is 90 jaar gelede – op 8 Mei 1925 – by ‘n gesamentlike sitting van die nasionale vergadering en die Senaat aanvaar.

    Die wet het voorsiening gemaak vir Afrikaans as amptelike taal naas Engels. Die wet het Nederlands met Afrikaans vervang.

    Dit word beskou as ‘n belangrike mylpaal in die onwikkeling van Afrikaans.

    Vandag word Afrikaans verwerp as een van die elf amptelike tale weens “skuld van die verlede”, wat klaarblyklik nie van toepassing is op Engels, die koloniale “killer language” nie.

    Talle mense asook groepe beywer hulle tans vir die beskerming en behoud van Afrikaans want daarsonder sal die taal nie as amptelike en onderrigtaal kan oorleef teen die internasionale aanslag van Engels nie.

    Afrikaans is nie die enigste klein taal wat onder druk verkeer weens Engels se dodelike tentakels nie.

    Praag doen ‘n beroep op alle Afrikaners om vandag spesiaal moeite te doen om hulle moedertaal skoon te hou!

  • ‘Alle tale behalwe Engels moet uitgefaseer word’

    ‘Alle tale behalwe Engels moet uitgefaseer word’

    Patrick Fitzgerald
    Patrick Fitzgerald

    Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad se uitvoerende hoof, Daniel Thokoane wil hê dat leerders tot op tersiêre vlak in hul moedertaal onderrig word.

    Hy het tydens ‘n seminaar vir die bevordering van inheemse tale by die Universiteit van Venda gepraat. Hy het die Universiteit van Zoeloeland geloof omdat Zoeloe ‘n verpligtende vak vir alle eerstejaar-studente is.

    Thokoane meen alle ander universiteite moet dié voorbeeld navolg.

    Die voormalige administrateur van die Universiteit van Limpopo, Patrick Fitzgerald het in teenstelling hiermee gesê alle Afrika-tale by die universiteit moet uitgefaseer word omdat dit nie bemarkbaar is nie.

    Fitzgerald was vir ‘n tydperk van aanhouding onder die voormalige regering, en in ballingskap as ‘n ondergrondse lid van die ANC. Hy beklee tans ‘n hoë posisie by die Universiteit van die Witwatersrand as vise-kanselier.

    Hy het binne die ANC-strukture in Botswana, Zambië en elders die stryd teen Afrikaners gevoer. Gedurende hierdie tyd het die ANC hom na Liverpool Universiteit gestuur om sy meestersgraad te doen in Openbare Administrasie en Bestuur.

    Fitzgerald is ‘n geswore Afrikanerhater en ‘n vertroueling van die Brits-gesinde Pallo Jordan asook Tokyo Sexwale. Hy spits homself toe op skakeling tussen die ANC en groot sakeondernemings.

  • Moedertaalonderrig en -afrigting

    Met die heel eerste oefening het ek en ‘n paar van die ander pa’s gestaan en kyk hoe ‘n speler van die Titans die kinders leer hoe om die kolwe ordentlik vas te hou en hoe om die aflewerings te ontvang. Dié afrigting, soos al die ander, het egter in Engels plaasgevind. Bykans al die Afrikaanse kinders (en synde die Pretoria-omgewing en te oordeel aan die taal op die veld was die meerderheid van kinders ongetwyfeld Afrikaans) het met wisselende grade van verbystering en onbegrip na die afrigters gestaar.

    Krieket in Engels

    Krieket

    Dis nie asof Engels vreemd is vir hulle nie, inteendeel. Hierdie is kinders wat Engels op skool as vak het. Hulle kyk TV-programme in Engels. My seuntjie kan Engels heel goed praat, lees en skryf vir sy ouderdom. Ek en die ander pa’s het egter telkens nodig gehad om te vertaal en aan hulle te verduidelik wat die afrigter gesê het. (Ek is juis van plan om ‘n skrywe aan Toyota Suid-Afrika te rig wat hulle daarop wys dat ‘n groot deel van hul kliënte Afrikaanstalig is.)

    Ekstrapoleer nou die situasie op die krieketveld na ‘n swart skool, waar die ouers aandring daarop dat hulle Xhosa-, Zoeloe- en Sothosprekende kinders in Engels onderrig moet word. Dis een ding om ‘n kolf te moet leer vashou, maar iets heeltemal anders om algebra te moet leer in ‘n taal wat vreemd is vir jou. Die kinders en selfs die onderwysers in swart skole is waarskynlik Engels swakker magtig as die kindertjies op Supersportpark. Die pa’s op Supersportpark het almal self krieket gespeel, maar hoeveel swart pa’s wat deel was van die “no education before liberation” geslag, kan inspring en aan hulle kinders verduidelik wat ‘n veranderlike of ‘n vektor is?

    Swartes se aandrang op onderrig in Engels is ‘n selfmoordstrategie in opvoedkundige terme. Sommiges is verbaas dat Mzansi se skooluitslae jaar na jaar verswak. Mamphele Ramphele sug dat Bantoe-onderwys beter was, en die owerhede tas rond na allerhande verduidelikings. (Apartheid is natuurlik ‘n gunstelingsondebok, soos vir vele ander dinge wat skeefloop.) Ons word dikwels vertel hoe moeilik omstandighede in die townships is, hoe kinders met kerslig huiswerk moet doen.

    Die groter probleem, ‘n gesukkel om selfs die basiese konsepte baas te raak, omdat die onderwysers en die kinders nie die taal waarin dit aangebied word behoorlik magtig is nie, word egter dikwels oor die hoof gesien.

    Onlangs deur Anton Barnard op sy woernaal, oor Jonathan Jansen: Die verskil tussen kak en modder

    самовсасывающий насос для скважинылобановский александр игоревич харьков