Mag ons leiers mekaar vind

Te danke aan Beeld se volkstaatmeningspeiling het hierdie gesprek weer momentum gekry. Die volkstaat is en moet ons belangrikste oogmerk bly en daarom is hierdie nuwe lewe wat die debat ontvang het van kardinale belang.

Hoewel Beeld se meningspeiling nie wetenskaplik is nie, dui dit tog dat daar geweldige steun onder Afrikaners (en miskien veral noordelike Afrikaners) vir ‘n eie staat is. Vir seker moet Afrikanerleiers ag hierop slaan en selfs organisasies wat tradisioneel nie van ‘n volkstaat gepraat het nie, bv die FAK en Afriforum, sal ten minste moet kennis neem hiervan.

Dit is verblydend dat hierdie gesprek juis nou nuwe lewe gekry het, reg voor die PRAAG-OB-FAK-Afriforum-beraad vanaand by die Diamantvalleilandgoed. Ek hoop van harte dat die volkstaatideaal hoog op hul agenda mog wees.

Wat na vore kom in vele insette van die baie deelnemers op verskeie internetforums en opiniewerwe is die gevoel dat die tyd vir die Afrikaner vinnig aan die opraak is. Die feit dat meer as ‘n derde van Afrikaners (meestal die room van ons gemeenskap) reeds sedert 1994 ge-emigreer het, bevestig hierdie krisis. Ook die regime se doelbewuste vernietiging van ons volk se ekonomiese toegang sowel as die aftakeling van ons taal en kultuur, bevestig dat ons op ‘n vinnige afdraande pad is en dit raak nou geheel realisties om die einde van die Afrikanervolk voorsien.

Die vyande wat ons in ons huidige magtelose situasie ondergrawe is velerlei. Vanaf die swart regime tot hul lakeie tussen ons eie mense, soos Naspers, sien met groot afwagting uit na die dag wanneer ons nie meer daar is nie. Die tyd vir aksie het voorwaar gekom. As ons nie nou optree nie, sal die geskiedenis ons beskryf as ‘n volk wat ondergegaan het omdat hulle nie om oorlewing wou veg nie.

Dit is nou in hierdie gevorderde uur van kardinale belang dat Afrikanerleiers van die onderskeie splinterbeweings mekaar moet vind. Ons kan nie meer teen mekaar werk nie. Die ongeregtigheid van ons verdeeldheid is net so ‘n groot misdaad teen ons volk as wat die vyand teen ons pleeg. As ons sg leiers nie mekaar vinnig gaan begin vind nie, sal die vernietiging van ons volk ook voor hulle deur gelê moet word.

Ek wil ‘n beroep doen op alle Afrikanerleiers, wat besef dat ons in ‘n krisis verkeer, om van hier af aan emosionele intelligensie aan die dag te lê. Laasgenoemede blyk vir my altyd ‘n eienskap te wees waarmee ons ou volkie baie swak bedeeld is. Eeue se stryd om oorlewing op hierdie ongenaakbare kontinent sowel as die onbuigsaamheid wat dikwels deur enge Calvinistiese waardes van geslag tot geslag oorgedra word, het gemaak dat ons dikwels nie vir mekaar wil toegee nie.

Indien ons onsself wil red uit die krisis waarin ons verkeer, sal ons móét saamstaan. Om mekaar te vind, sal ons moet bereid wees om aan mekaar toe te gee. Geen eenheid sal bereik word sonder kompromievorming nie. Om iets te kry, moet jy iets afstaan. Sonder opoffering is daar geen wins nie. Mag ons leiers hierdie wysheid verwerf voordat dit heeltmal te laat is.

games play newФильчаков прокуратура харьков

ANC-haatspraak teenoor blankes wek kommer

Ek vind dit verstommend hoe openlik en met hoeveel oortuiging funksionarisse van die swart regime haat teen blankes aanblaas.

Leonard Chuene, voorsitter van Atletiek Suid-Afrika (ASA), maak ongegronde aantygings dat blanke Suid-Afrikaners vir die debakel rondom Caster Semenya se seksualiteit verantwoordelik is. Tydens die ontvangs van Semenya op die Jan Smuts-lughawe (sg. “O.R. Tambo-lughawe”) val Julius Malema, voorsitter van die ANC-jeugliga, blankes aan omdat hulle nie ook in groot getalle opgedaag het nie. Blankes word dus allerweë verdag gemaak as die vyande van Semenya en dus alle swart (sport-)helde.

Intussen dreig die sogenaamde "minister van arbeid", Membathisi Mdladlana, blankes met totale uitwissing. Die sogenaamde "arbeidsminister" dreig werkgewers om van blanke werknemers ontslae te raak, so nie sal "alle swartes" oorgaan tot rewolusie. Dit moet gelees word as Dank blankes af, of ons maak julle vrek! soos Anton Barnard skryf.

Dat blankes en Afrikaners spesifiek reeds soos vlieë uitgemoor word, in wat duidelik swart-op-wit-haatmisdaad is, is reeds ‘n kruipende genoside. Dit is die biologiese komponent van volksmoord. Terselfdertyd kom die wyse waarop ons taal uit die openbare lewe verban word, sowel as die vele ander vorme van rassistiese wetgewing, in die werksplek en elders, op niks minder as etnoside neer nie. Dit is die kultuurkomponent van volksmoord en gaan dikwels massagenoside vooraf.

Dus hang ons bestaan reeds aan ‘n dun draadjie. Chuene, Malema en Mdladlana se anti-blanke haatspraak en verdagmakery kan net vet op die vuur wees.

Die gemak en sukses waarmee die ANC duisende swartes op die ingewing van die oomblik kan mobiliseer, soos nou weer gesien is met Semenya se verwelkoming, ná haar prestasie in Berlyn, bly kommerwekkend. Sou Membathisi Mdladlana se “rewolusie” met net soveel sukses gereël kon word? Stellig reken ek: “Ja”.

Mdladlana se uitspraak dat dit die “rewolusie van alle swartes” sal wees laat my dink dat ‘n volskaalse volksmoord op Afrikaners op die hoogste vlak van die regime begeer word.

Die Suid-Afrikaanse media en veral die Afrikaanse media (Naspers/Media24) ontken die gevaar waarin ons leef. Enkele internetwebwerwe, waaronder Perspektief, PRAAG, Censorbugbear en enkele ander stel die alternatiewe mening aan die Afrikaner en blanke Suid-Afrikaner.

Dit wil voorkom asof die ANC se haatspraak jeëns blankes toeneem en selfs meer blatant raak. Mdladlana, Malema en Chuene se uitsprake herinner aan die haatspraak wat in Rwanda bedryf is tot en met die volskaalse volksmoord waartydens 1 miljoen Toetsis binne drie maande uitgemoor is.

Dit is egter die plig van diegene onder ons wat besef hoe benard die situasie is om ons volksgenote in te lig. As volk moet ons ingelig en weerbaar wees.

sponsor a postФильчаков

Mzanzi-simbole

Hiermee reageer ek op Hennie van der Walt se skrywe oor die kwessie van die volkslied en vlag. Oor die NSA-vlag sê hy:

"Ek het weer 'n broertjie dood aan die nasionale vlag. Dit het 'n pragtige ontwerp; 'n gulde geleentheid het egter verbygegaan om nasiebou te bevorder indien die huidige rooi baan in die vlag oranje van kleur was. Indien daar 'n nuwe volkslied sou kom, moet die vlagkwessie ook aandag geniet."

Ek stem saam met hom oor beide die vlag en die volkslied, maar nie om dieselfde redes nie. Ten eerste sou ek verkies dat  "Nkosi Sikelel' iAfrika" die ekslusiewe volkslied van die Mzanzi-staat word, aangesien die onheilige huwelik met hierdie terroristeliedjie ons lieflike "Die Stem" brutaal verkrag.

Wat die NSA-vlag betref, sou ek verkies dat die ANC-vlag die amptelike vlag word, want die Mzanzi-staat is bowenal 'n ANC- eenpartystaat en so 'n simbool sal 'n eerliker weergawe van die waarheid wees. Van der Walt reken ook dat die rooi in die die Jockey- (onderbroek-)vlag van Mzanzi met oranje vervang moet word. Nie net sal dit heraldies ten hemele skree, soos die ganse gebroedsel wat hierdie vlag reeds is nie, maar dit sal weereens 'n totale mismaking en vernedering van 'n lofryke Afrikaner- em Dietse simbool, naamlik die kleur oranje, wees. Gelukkig het die ANC 'n kleintjie dood aan enigiets oranje en sal dit dus nooit gebeur nie.

Afrikaners soos Van der Walt moet besef dat die Reënboognasie finaal misluk het. Om aan te hou met opregte pogings van versoening blyk 'n ekslusiewe Afrikaneroefening te wees. Dit het nou reeds die punt bereik waar sulke pogings nie net die reeds skreiende beskaming van ons volk in hierdie swart rassebestel verdiep nie, maar waar dit ook skree van desperate witvoetjie soek by 'n regime wat ons ten diepste verag. Wil ons werklik aanhou om onself so te verneder? Het ons geen trots nie?

Hierdie is dieselfde debat as die sogenaamde "Vryheidsmuur" wat die naam van elke terroris wat die ANC-bende in hul sg. "stryd" verloor het, vertoon. Dank die Vader die ANC wou nie gestorwe lede van die SAW se name daarop aanbring nie. Dit sou 'n totale belediging wees om ons eerbare jong Afrikanersoldate se name op die ANC se grafittimuur te plaas.

Gelukkig gaan ons helde se name nou eerbaar op 'n muur by die Voortrekkermonument vertoon word. Daar kon seker nie 'n meer paslike toedrag van sake wees nie. Dit was egter hoogs vernederend hoe die Afrikanerbond, Solidariteit en ander Afrikanersentriste en links-sentriste by die ANC gesmeek het dat ons helde ook op die ANC se skandmuur moes verskyn.

Afrikaners moet trots raak op hul eie simbole en ophou om aan Mzanzi-simbole lof toe te swaai. Ons eie simbole is heraldies verhewe bo die Mzanzi-mismaaksels en beskik oor 'n ryke en trotse geskiedenis. Dit is om hierdie rede dat ons by Perspektief aktief die Afrikanervlag, wat reeds wyd aanklank geniet, en wat heraldies die mees volledige Afrikanersimbool is, as ons volk se nasionale vlag bevorder.

светильники для подвесноголобановский александр фото

Stamkultuur vernietig SA

Een van die hoofartikels in verlede Sondag se Rapport eindig met die sin: “Suid-Afrika is in die grootste bestaanskrisis sedert 1994 – en leierloos”. Hierdie is vir seker een van die meer relevante stellings wat uit die Media24-stal in ‘n lang tyd gekom het. Hoewel die artikel die situasie in die land reg opsom, toon dit net so min begrip vir die toedrag as almal wat tot die Suid-Afrikaanse liberale dampkring behoort.

Regdeur die liberale denksool word daar toenemd gehoop dat “nuwe leierskap” die land uit sy krisis sal ruk. Sommiges soos Tim du Plessis reken ‘n verkiesing sal ons op ‘n ander koers plaas terwyl ander, soos Koos Kombuis, glo dat die herlewing van ‘n soort UDF-beweging die land in die regte ringting sal stuur. In die algemeen heers die geloof dat die een of ander vernuwing by die uitvoerende arm van die staat Suid-Afrika en spesifiek die konsep “Nuwe Suid-Afrika” weer op die suksespad gaan plaas.

Die gebrek aan insig in die Suid-Afrikaanse werklikheid en daarby die Afrikawerklikheid word vertoon deur die geloof in die hedendaagse post-apartheidsbestel sowel as die relatiewe “sukses” daarvan tot onlangs. Om te glo dat die Nuwe Suid-Afrika ‘n sukses kan wees, vereis dat mens glo dat die liberale demokrasie binne die Afrikaverband kan funksioneer. Om te glo dat die Nuwe Suid-Afrika tot onlangs ‘n suksesverhaal was, is om te ontken dat die land op die momentum van die  staatstruktuur wat deur die jare van blanke regering neergelê is, gestu was en dat dit net kon werk solank daardie struktuur nog volgens Westerse logika bly funksioneer het. Dit ontken dat die transformasie-ideologie hierdie struktuur van ‘n nuwe logika sou voorsien en dat die nuwe staat, in daardie sin, dus getransformeer word/is. 

Volgens die nuwe logika is die staat wel suksesvol, al is dit nie volgens die norme van Westerse sukses nie. In ‘n bestel en kultuur waar meriete nie tel nie en waar individuele verantwoordbaarheid nie vooropgestel word nie, moet daar noodwendig ander uitkomstes verwag word. Die moderne staat wat Suid-Afrika geword het kon alleen volgens die riglyne van ‘n beskawing ontwikkel wat ‘n bepaalde peil van rasionele kulturele ontwikkeling bereik het. Dit is my mening dat die Afrikakultuur nie oor die meganismes beskik om dié tipe rasionaliteit, wat die funksionering van ‘n modern staat vereis, vol te hou nie. Dit sal onvermydlik tot degenerasie en disintegrasie van die staat lei.

Volgens die liberale uitkyk is so ‘n oorweging op die minste rassisties.  Dit is die probleem. Die liberalisme neem nie antropologiese getuienis betreffende die daarstelling van ‘n samelewingsbestel in ag nie. Volgens die liberalisme, maar ook sosialisme, moet die werklikheid begryp word in terme van die gelykheidsideel. Individue beskik nie bloot oor gelyke regte nie, maar moet ook in alle opsigte gelyk raak of gelykgestel word.

Die subteks van die gelykheidsideaal is dat mense ook “dieselfde” is, soos die leuse van die Pretoriase stadsraad aan ons voorhou: “Tshwane – we are the same.” Antropologiese verskille tussen mense behels grootliks aksentverskille wat hoogstens geringe nuanse-onderskeidings in waardes en gedrag meebring. Die moontlikheid dat kultuurverskille sulke dramatiese verskille mag meebring dat dit ook die samelewingsvorm of selfs beskawingspeil kan bepaal, mag eenvoudig nie oorweeg word nie. So ‘n oorweging sou outomaties die gelykheidsbeginsel in die gedrang bring. Indien dit die geval is, sal die gelykheidsideaal irrelevant wees en die samelewing wat daarvolgens ingerig word onhaalbaar wees, nie weens ‘n tydsgreep van swak leierskap nie, maar bloot omdat die einste samelewing nie daardie ideaal kán verwesenlik nie.

Dit verteenwoordig ‘n groteske krisis want dit sou betken dat die bestel waarin die Afrikaner alle mag prysgegee het en waarin sy “ideologiese leierskap” hulself met oorgawe gewerp het – volgens dit wat Afrikaners as ‘n sukses kan beskou – misluk het. Die liberale denkers wat die postapartheid-Suid-Afrika in die vorige eeu bedink  het, sou nie kon voorsien dat die liberale gedagte van multikulturalisme nie alleen in Suid-Afrika totaal sou misluk nie, maar dat dit ook in die geboorteplek van liberalisme, nl. Europa, in ‘n bestaanskrisis sou beland nie.

Die gebrek aan antropologiese begrip te midde van die huidige krisis staan sentraal by ons onvermoë en verlamming daarteenoor. Onlangs het Jaap Steyn na die pre-nasiestaat verwys waar die nie-politieke en nie-morele natuurwesens gewoon het. Hierdie tipe eerlikheid is noodsaaklik om ons huidige situasie te verstaan. Die anargie wat ons vandag die “Nuwe Suid-Afrika” noem, is vir seker die resultaat van die Afrikaan wat nie eensklaps binne die moderne fenomeen van liberale demokrasie  ‘n sinvolle beskawingsvorm  kan daarstel nie. Alle pogings om by die skepping van so ‘n beskawing betrokke te wees, moet deur die katalisator van verafrikanisering of “transformasie” gaan. Dit is nie net ‘n ideologiese voorvereiste nie, maar  ook ‘n praktiese een, want daarsonder sou daar geen deelname vir die Afrikaan in die bedeling wees nie. Daar kan egter geen deelname sonder die uitdrukking van kultuur plaasvind nie.

Die nasiestaat vereis die betstaan van individualiteit. ‘n Samelewing wat so geografies wyd en institusioneel gediversifiseerd soos die nasiestaat is, vereis dat die inwoners  self verantwoordelikheid neem  oor  moraliteitskeuses.  Die instellings wat die samelewing reël, kan nie daagliks by die inwoner se lewe ingryp nie, wat beteken dat die individu self moraliteit en dus ‘n wettige lewenstyl moet kan handhaaf. Die stamkultuur daarenteenoor is institusioneel ongediversifiseer en die fisiese lewensruimte is nou en beperk. Die stamlid ontglip nooit aan die konstante inmenging van die gemeenskap of die ongediversifiseerde instellings nie.  Deels omdat dit dus nie nodig is om self moralitietsbesluite te neem nie, maar ook deels omdat individualistiese gedrag in so ‘n noue bestaansvorm problematies kan raak, versaak die lid hierdie verantwoordelikheid grotendeels en dra dit aan sy sosiale omgewing oor.

Die Afrikaan moet sosiaal-sielkundig as stamkultuurmens verstaan word. By die Westerling lê die morele lokus van kontrole, normaalweg, by die individu self.  By die stamverbonde mens lyk dit anders. In die stamverband verskuif die lokus meer na die kollektiewe bewussyn en selfs na die stamhoof. (Max Weber het uitvoerig geargumenteer dat die kollektiewe bewussyn help om moraliteit in stand te hou. Volgens Weber se begrip van samelweingsrasionalisering is dit redelik om te verstaan dat die kollektiewe  bewussyn in stamkultuurgemeenskappe ‘n baie sterker invloed sou uitoefen as in moderne samelewings soos die nasiestaat.) In stamkultuurgemeenskappe bestaan merendeels ‘n eksterne lokus van morele kontrole wat slegs binne beperkte institusionele en geografiese vestigingsverband uitgeoefen kan word. Die ontwortelde stamlid kan dus nie morele ekwilibrium bereik binne ‘n samelewing wat institusioneel en ruimtelik nie vir ‘n eksterne lokus van kontrole voorsiening maak nie. Die stamlid moet vervang word deur ‘n moreel verantwoordbare individu binne die sosiaal losser en meer onpersoonlike vestigingspatrone van moderne verstedeliking. Indien hy dit nie kan doen nie, ontwikkel ‘n moraliteitskrisis.

In die stamverband bestaan die individu dus nie. Die individu kom eers tot stand wanneer die inwoner self die verantwoordelikheid van moraliteit opneem. Dit vereis dus ‘n hoër beskawingsvorm as die stamkultuur. Die liberalisme behandel nogtans almal as individue.Die vraag is nou of mense binne een of twee geslagte vanaf stamlid tot individu kan vorder? Is die verwydering van die kraal en die stamhoof ‘n voldoende vereiste om van die verstedelikte Afrikaan ‘n moreel verantwoordbare individu te maak? Kan sy tradisionele sielkundige logika so vinnig ongedaan gemaak word?  Kan die lokus van kontrole binne ‘n generasie of twee geïnternaliseer word? Ek wil argumenteer dat daar slegs negatief op elk van hierdie vrae beantwoord kan word.

Ek gaan verder om die voorafgaande te demonstreer: Indien die blote verwydering van die eksterne lokus van kontrole (nl. die stam en gepaardgaande kollektiewe bewussyn, die hoof ens.) geskied en nie onmiddellik deur ‘n interne lokus van kontrole vervang word nie, sal die premoderne mens vir seker in ‘n morele krisis verkeer. Verklaar dit waarom swart verstedeliking en misdaad onlosmaaklik verbind te blyk? Is dit waarom korrupsie op alle vlakke gedy en waarom geweld seëvier? Is dit die rede waarom geen Afrikastaat ‘n Westerse suksesverhaal is nie? Het die polisiestaat wat apartheid  in sy latere jare geraak het tot groot mate kunsmatige orde in SA afgedwing? My gevoel is dat die antwoord op die voorafgaande vrae ‘n onbetwisbare “Ja” is.  Die gedragsbepaler raak die uitvoerbare moontlikhede eerder as die morele moontlikhede. Moraliteit bestaan as’t ware nie meer nie, want die stammens het nie ‘n individu geword nie. Publieke teregstellings deur lokasie-inwoners kan ‘n voorbeeld wees  van waar kollektiewe ingryp desperaat, hoewel te laat,  uitgeoefen word, weens orde wat geheel en al hand uitruk.

Morele kontrole in die stam is direk tussen die lid en stam en daarby ook wederkerig. Die krisis van die stamkultuur mens, binne die moderne samelewing , is nie alleen dat sy eie morele lokus van kontrole (nl. die stamverband) weg val en daarby sy morele aanspreeklikheid beindig nie, maar ook dat die nuwe verstedelike sosiale omgewing nie op dieselfde wyse teenoor hom aanspreeklik is as wat in die stamverband was nie. Die probleem is net so erg wanneer mense wat nog nie ‘n morele kokus van kontrole geinternaliseer het nie die bestuur van ‘n modern staat oorneem. In hierdie geval verkeer die staat in ‘n krisis aangesien die leierskap ditself nie aanspreeklik teenoor die burgers voel nie, aangesien daar geen direkte verhouding met die burgery, soos in die geval van stamverband, bestaan nie.

Om voort te hamer dat die NSA volgens die liberaal-demokratiese ( en dus Westerse) model ‘n sukses sal word, d.m.v kosmetiese veranderinge soos nuwe leierskap is om die totale antropologiese struktuur van Suid Afrika te negeer. Hierdie droom wat konstant nagejaag word deur die liberale dampkring stuur die land bloot ‘n dieper krisis binne. Maar, miskien is hierdie krisis die nodige katalisator wat die liberale houvas op die land en op die Afrikaner sal breek. Miskien is die totale ineenstorting van die Nuwe Suid-Afrika noodsaaklik woordat dit deur ‘n sinvolle bedeling, wat die werklikhede van Afrika in ag neem, vervang kan word.

Die rol van groot kapitaal om die huidige bestel in stand te hou, mag egter nie geïgnoreer word nie. Enige omwenteling wat tot die finale ineenstorting van die huidige orde mag lei, skep die tipe onstabiliteit wat groot kapitaal sal wil vermy. Groot kapitaal het ‘n belang in die handhawing van die huidige bestel. Die Afrikaner kan nie bloot wag vir die huidige bestel om in duie te stort nie aangesien groot kapitaal se invloed aansienlik is en dus so ‘n ineenstorting ten volle sal probeer teenwerk deur die huidige bestel kunsmatig aan die gang te hou. Die Afrikaner sal aktief en selfs revolusionêr by die aftakeling van die huidige orde betrokke moet raak.

no depositФильчаков прокурор харьков

Die ANC het volksmoord vervolmaak

Verlede jaar reeds het oud-minister Pik Botha daarop gwys dat misdaad in SA eintlik ‘n vorm van oorlogvoering is. Dit was nogal verbasend om so ‘n nugter stelling van ‘n liberalis van Botha se kaliber te hoor. Botha is egter persoonlik geraak in dié sin dat ʼn jarelange goeie vriend van hom wreedaardig deur swartes vermoor is. Dit wil voorkom asof party mense nie die werklikheid wil aanvaar en dit noem wat dit is voordat dit hul eie wereldjie wreedaardig binnedring nie. Vandeesweek het die hoof van  TLU SA, wat tot dusver geen radikale stellings wou maak nie ook bevestig dat daar ʼn oorlog in SA heers. Weereens het die stelling gekom eers nadat mnr Van Zyl en sy vrou ʼn huisaanval oorleef het.

Interessant was die amptelike stelling, ook vandeesweek, van die Afrikanerbond dat minderheidsregte in SA verontagsaam word deur die regering en dat menseregte dus niks in SA beteken nie. As hierdie groterwordende eenstemmigheid oor die drukkende aard van die situasie  gepaargaande met Jan Alleman se belewenis van die NSA in ag geneem word, dan is dit ongetwyfeld duidelik dat ons deur die ANC onderdruk word en selfs die slagoffers van ‘n stadige volksmoord is.

Die ANC is ‘n Afrikanisties-Marxistiese organisasie. Dit vermeng Marxisme en rassisme op dieselfde wyse as wat Stalin gedoen het. In die Sowjetunie was alle etniese groepe veronderstel om op Marxistiese grondslag gelyk te wees, maar in der waarheid het Stalin Russiese oorheersing bevorder. Die ooreenkoms tussen Stalin se regeringstyl en dié van die ANC strek ook na die geweldsdimensie. Stalin het die Sowjetunie d.m.v. geweld gevorm soos hy dit wou hê. Stalin het egter voor die inligtingseeu geleef en omdat die KPSU d.m.v. ‘n geweldsrewolusie die bewind oorgeneem het kon dit sonder enige teenstand alle inligting beheer. Met geen vrye pers wat die regering kon kritiseer nie het die staat dus direk geweld teen etniese minderhede en ander teenstanders gepleeg.

In SA is dit ietwat anders. Die ANC regeer in die era van die internet, waar inligting vrylik vloei. Daar bestaan ook  internasionale uitsaaikorporasies wat geduring in mindere of meerdere mate ontbloot wat regoor die wereld gebeur. Boonop het die ANC die heerskappy op onderhandelde wyse verkry, wat beteken dat dit die werklikheid van persvryheid (al is die SA pers relatief onkrities teenoor die regering) d.m.v. instemming geërf het. Die staat is dus beperk in die mate waartoe dit openlik etniese suiwering kan uitvoer of politieke teenstand kan neutraliseer, aangesien geheimhouding bykans onmoontlik sou wees.

Die ANC moet gevolglik in sy Stalinistiese strewe om Afrikaner-etniese suiwering uit te voer van indirekte metodes gebruik maak. Behalwe die enorme hoeveelheid diskriminerende wetgewing teen blankes, skep die regering ‘n toestand waarin haatmisdaad teen blankes floreer. Deur konstant die SABC en ander forums te gebruik om die Afrikaner te demoniseer en deur nie op te tree teen moorbendes wat wit gesinne aanval nie, bereik die ANC dus sy doel. Daardie blankes wat nie uit vrees die land verlaat nie, is so gedemoraliseer dat hulle maar die kop in die sand steek en sodoende net wag vir hul kans om uitgewis te word. Hierdie is volksmoord “op ʼn afstand” (genocide by proxy). In die moderne tyd is dit ‘n gewilde metode vir diktature om “onafhanklike” milisies aan te moedig om volksmoord te pleeg. Die diktator verseker hierdeur dat die vinger nooit na hom gewys kan word nie. Of altans, so hoop die diktator. Iemand anders doen die diktator se vuilwerk. In Darfoer is dit die Janjaweed, in Rwanda was dit die Interahamwe, in Suid Afrika is dit “misdadigers”. Die ANC se taktiek om misdaad aan te blaas troef sekerlik alle vorige volksmoordpogings i.t.v. die onherleibaarheid daarvan terug na die bron, nl. die regime (ANC). Die ANC se volksmoordapparaat is wel stadiger as die ander, waarskynklik grootliks omdat dit  selfs meer indirek gedoen word as in die ander gevalle, maar die ANC se volksmoordapparaat is baie moeiliker om te definieer.  Skynbaar is hier nie ‘n georganiseerde struktuur nie en so bly dit geheel en al gesigloos. Weens die onherleibaarheid tot die oorsprong (nl. die ANC) kan mens amper sê dat, ten spyte van die relatiewe langsaamheid daarvan, die ANC volksmoord  vervolmaak het.

Die dinamika van die ANC-regime se volksmoord is heel eenvoudig. Die regering skep  ‘n magsvakuum in blanke gebiede d.m.v. die doelbewuste onderpolisiëring van hierdie gebiede, sowel as ‘n poging om blankes te ontwapen. Die doelbewuste aard van onderpolisiëring waar aanvalle op blankes plaasvind is onlangs bewys toe 20 polisiebeamptes aangewend is om ‘n enkele blanke jeugdige (wat 4 swart mense doodgeskiet het)  by sy ouerhuis te arresteer, ten spyte van die feit dat hy geen weerstand gebied het nie. Nogtans, as blanke oorlewendes plaas- of huisaanvalle rapporteer, word dit bykans glad nie opgevolg met aksie nie en somtyds word die slagoffers selfs onmenswaardig behandel.

Die historiese haat wat die swarte teen die blanke koester, word deur die regime aangeblaas. Dit word bereik deur openbare apparatuur (soos die SABC, pers, ens.) aan te wend om haat te stook teen blankes, deur blankes konstant te demoniseer. Gereelde verwysings na “injustices of the past”,  “the oppressive apartheid regime”, “white minority rule”, “the evil of apartheid” en ”white oppressor”  is net geringe voorbeelde. So word ʼn teelaarde vir haat teen blankes geskep. Die gevolg is haatmisdaad teen blankes.

Omdat jong swart mans neig tot geweldsmisdaad, is die lokasies nog altyd daardeur geteister. Laasgenoemde is egter gemeenskapsgeweld. Gemeenskapsgeweld is waar lede van ‘n gemeenskap misdaad pleeg teenoor hul medegemeenskapslede, vir materiële of watter gewin ook al. Dikwels hou dit insgelyks verband met bendebedrywighede, waar sekere territoriale aansprake ‘n rol speel. In blanke gemeenskappe word egter bloedweinig gemeeskapsgeweld gepleeg omdat blanke mans nie daartoe geneig is om medeblankes aan te val nie. Die misdaad wat in blanke buurtes gepleeg word, word ook deur swartes uitgevoer. Tog bly blanke aanvalle op swart gemeenskappe ‘n rariteit (Mog dit ook so bly.) Die besonderse wrede aard van swart-op-wit aanvalle, tesame met die oortreders se verbale rassisme, maak dit duidelik dat selfs waar items gesteel word ons hier met ‘n ander tipe misdaad te make het. Laasgenoemde is dus nie gemeenskapsgeweld nie, maar ongetwyfeld haatmisdaad.  Die ANC-regime fasiliteer hierdie verskynsel doelbewus.

Geen regdenkende Afrikaner kan meer ontken dat die situasie in die land benard is nie. Deurdat die ANC ‘n horde diskriminerende wetgewing teen blankes geïmplementeer het, belastings teen blankes hef waarvoor bitter min in ruil gegee word, die ineenstorting van staatsdienste en infrastruktuur ontketen het,  die ooreenkoms van 1994 verbreek het deur op Afrikanerregte te trap oral waar hulle kan en deur ‘n haatmisdaadveldtog teen die Afrikaner aan te hits, pleeg die ANC ongetwyfeld volksmoord teen die Afrikaner. Die ANC het dus geen legitimiteit as ‘n regering oor die Afrikaner nie. Die wetlikheid van ‘n ANC-regering is reeds onklaar gemaak deur die verbreking van die 1994-ooreenkoms, sowel as die verbreking van die sosiale kontrak teenoor die belastingbetaler, nl. dienste en veiligheid in ruil vir belastings.

Die ANC-staat is nou bloot ‘n dodelike parasiet wat soos meeste parasiete besig is om sy gasheer tot niet te maak.

Dit is egter nou duidelik dat daar groeiende konsensus onder Afrikaners vanuit uiteenlopende oorde is dat bg. min of meer die werklikheid is. Die vraag is dus of dit voldoende is vir Afrikaners om hulself langer bloot teen misdaad te beveilig? Is slegs die misdadigers die probleem? Moet die saak nie by die oorsprong aangespreek word nie? Ons almal weet dat die ANC homself afvee aan blanke klagtes oor misdaad. Dit is ook te verstane. Misdaad is immers hul perfekte wapen teen die blanke. Dit is tyd dat die Afrikaner die werklike vyand identifiseer. Dit is ook tyd dat die Afrikaner besef dat hierdie vyand daarop uit is om ons uit te wis op velerlei maniere. Hierdie vyand is die ANC, die regering van die dag.

Die vyand het reeds begin met die oorlog teen die Afrikaner sonder om ooit ‘n oorlogsverklaring uit te reik. Inteendeel, dit kruip agter die misdaadmasker weg. Is dit nie tyd dat die Afrikaner die stryd opneem nie? Val daar nie nou ‘n morele plig op ons om die vyand wat verantwoordelik is vir die verkragting en uitmoor van ons volk uit te wis nie?

Die Britse ryk het gedink dit kan korte mette maak met die Afrikaner. Toe die Afrikaner die Khaki-mag op hul knieë gehad het, het hulle hulself tot die verskroeideaardetaktiek gewend om die oorhand te verkry. Ten spyte daarvan dat die Britte die oorlog gewen het, was hul ryk na die oorlog finansieel geruïneer en het die finale ineenstorting daarvan gevolg. Die Afrikaner het die rug van die Britse ryk gebreek. Boonop het die Afrikaner binne minder as tien iaar vandat hy die AOB verloor het die Unie van SA geregeer (insluitende die twee Engelse kolonies van Natal en Kaapland). Uiteindelik het ons dus nie net op die lang duur die oorlog gewen nie, maar ons het ook korte mette gemaak met die magtigste ryk wat hierdie planeet ooit gesien het. Die ANC is nie eers ‘n skaduwee van wat die Britse ryk was nie…Vryheid is ons voorland!

насос консольный ценаданильченко юрій броніславович

Twee minute oor twaalf: Weereens Pioniers

As ek in die hedendaagse sg. “Gauteng’’ sou woon met ‘n gesin en kinders sou ek sekerlik in ‘n konstante angstoestand wees, te midde die “oorlog” (Pik Botha se woorde) wat op blankes in hierdie streek (e.a.) gevoer word. Andersins moet mens óf heeltemal jou kop in die sand steek óf sekerlik ‘n psigopaat wees met geen morele beginsels en dus geen bekommernisse oor wat met jou geliefdes kan gebeur nie.

Die feit dat so baie blankes uit hierdie streek migreer na die buiteland en die Kaap is sekerlik getuienis daarvan dat darem genoeg van ons mense nie psigopate is of so verblind is deur die materialistiese voordele van die Goudstad en omgewing (insluitende Pretoria) nie.

Bo en behalwe die huidige geweldstoestand, sou die moontlike ontstaan van ‘n swart burgeroorlog, weens die tweestryd in die ANC, wat nou oor twee magsentra beskik, my erg bekommer. As hierdie tweestryd gewelddadig gaan raak sal Gauteng en bykans die hele SA ‘n baie gevaarlike plek wees om in te bly. Ons het so pas gesien wat in Kenia gebeur het, om nie te praat van al die ander Afrikastate wat op die burgeroorlogashoop lê nie.

Baie Transvalers wat Kaap toe vlug, ontdek dat daardie gebied die Transvaal maar net sowat tien jaar agter is en dat dieselfde stel probleme daar aan’t onwikkel is soos wat die swart vloedgolf die Kaap van Goeie Hoop tref. Van die Transvaal na die Kaap is maar net om van die boeg na die agterstewe van die Titanic te skuif.

Die stel probleme wat voornemende emigrante na die buiteland kan verwag het ek reeds in ‘n vorige aflewering gestel. Tog mag dit vir sekere enkelinge en gesinne wel ook die regte uitweg wees, maar moenie te optimisties wees nie, die toelatingsvereistes vir daardie lande is so streng dat ek twyfel of meer as sowat 15% tot 20% van Afrikaners daarvoor sal kwalifiseer. Aanvaar maar die feit dat sekerlik sowat 80% persent in hierdie Afrikascenario, wat al meer soos Nigerié begin lyk, sal sterf of probeer oorleef.

As jy dink dat jou wêreld van DSTV, Supersport, die “Bulls” of  “Lions” en luukse winkelssentrums jou van hierdie sinkgat gaan red dan is jy te bedwelm deur die materialistiese euforie wat eendag wreedaardig van jou ontneem gaan word.

Onwillekeurig moet ek myself die vraag stel of sulke ondenkende mense enigsins verdien om te oorleef. My gevoel is dat daar tye in ‘n volk se bestaan kom waar sy wil om te oorleef getoets word. Soos die Romeine is die Afrikaner verslaaf aan die dekadensie van die lekker lewe. Ons weet wat met die Romeine gebeur het en ek is bereid om daarop te wed dat meeste Afrikaners dieselfde paadjie gaan loop. ‘n Dekadente volk, wat al sy kultuurskatte aan ‘n barbaarse horde oorhandig het, om tog net die lekker materialistiese lewe te lei en hul sportafgode te aanbid, verdien vernietiging.

Vir my gaan dit nie meer oor die oorlewing van die Afrikaner in die breë nie. Dit het vir my reeds duidelik geword dat die meerderheid van veral voorstedelike Arikaners so vasgevang is in die internasionalistiese verbruikerskultuur dat hulle geen opoffering sal maak om daarvan af te sien nie. Slegs die dood sal hulle daarvan skei… Vir my gaan dit oor die behoud van daardie morele of ideologiese elite wat die draers is van die kultuur in die post-Bantoe-Suid-Afrika. Noag het die ark gebou; in die Middeleeue het monnike kloosters op bertoppe gebou, sommige gemeenskappe het veilige burge met stadsmure opgerig. Dit het die oorlewing van beskawing in tye van chaos en verwoesting moontlik gemaak.

In die postmoderne wêreld en in Suid-Afrika spesifiek is die nasionale staat van kleiner belang as ooit. In SA se geval is die situasie so geaksentureerd dat mens die ineenstorting van staatsdepartemente kan waarneem. Soms wonder ek of daar enigsins werklik nog iets soos ‘n SA staat bestaan. Te midde van die pandemiese korrupsie, wanbestuur, totale gebrek aan bestuur in baie gevalle, en ‘n regerende party wat staatsapparaat gebruik om sy eie huishoudelike skeuring te vergroot, dink ek dat ons in ‘n sekere sin reeds ons bevryding tegemoet gaan.

 In die Middeleeue, toe nasionale state nog nie bestaan het nie, kon burgers dit nie te ver waag van die burge nie aangesien struikrowers hulle sou uitwis. In die post-apartheid-Suid-Afrika met sy skimstaat, het die effek van staatkundige bestuur so gedisintegreer dat moderne swart struikrowers ons oral uitwis. Inderdaad is SA ‘n staat wat besig is om in duie te stort. Die swart misdadigers is nou selfs verkies tot die hoogste amp in die “regerende” party. Name soos Winnie Mandela, Tomy Yengeni , Jacob Zuma en ander is so korrup dat hulle vir seker met hul oorname die ineenstorting sal versnel. Dan is daar ekstremiste soos Fikile Mabula e.a. wat die bitterste haat teen die blanke koester. Nogtans dink ek dat die magsentrum in die Uniegebou nie vrywillig die mag gaan afstaan aan die magsentrum in Luthulihuis nie. Dit voorspel uiteindelike wydverspreide chaos en bloedvergieting.

Terwyl ons dun versprei is deur voorstede en plase regoor die land, sal die ideologiese Afrikanerkern (ongeag nuanseverskille) sukkel om hulself in so ‘n krisis te handhaaf of selfs te oorleef.  Dink u werklik as die ANC se stryd met koevoet- en pangaswaaiende hordes deurslag gaan vind tot voetsoolvlak dat hulle ons, die blankes, in ons “veilige” woonbuurtes gaan ontsien? Net onlangs het daardie swart veiligheidswagte van Chubb, ADT e. a. tydens stakings mense vermoor en van treine afgegooi. Sal hulle vir my en u te hulp snel in die uur van nood? Ek wed u dat meeste Afrikaners reeds van hierdie onlangse episode vergeet het, maar dat hulle alle besonderhede van die 1995 wêreldrugbyeindstryd onthou. Nee wat, as die ANC/Bantoe-onderlingestryd handuit ruk gaan ons nie net toeskouers wees nie. Ons voorstede gaan niks meer wees nie as blanke ghetto’s waaruit hulle ons maklik gaan haal om hul frustrasies “uit te druk”. U veiligheid is ‘n illusie.

Oor die sportfanatiese verbruikerskultuurzombies, kan ek my nie die minste bekommer nie. Wat my wel bekommer, is dat die Afrikanerideologiese kern (ongeag onderlinge verskille) behoue bly. Hierdie kern benodig dringend ‘n veilige burg. ‘n Afrikanerterritorium wat geografies relatief geïsoleerd is en tog steeds met die buitewêreld in kontak en handel verkeer. Nee, ek bedoel nie dat ons op bergtoppe gaan sit, of ‘n ark ter water laat nie, maar ‘n realistiese oplossing vir ons eie realitiet. As daar ‘n onbewoonde eiland naby aan SA was, was ek vooraan die koor om te sê “kom ons trek soontoe”.

So kom ons aanvaar vir ‘n oomblik daar bestaan so ‘n denkbeeldige eiland iewers aan ons Weskus. Miskien is dit so groot soos die Kaapse skiereiland of dalk die PWV-gebied. Daar is ‘n klein bevolking van meestal navorsers (weerkundiges, ens.) en ons kan wettiglik toegang daartoe verkry. Wat sou die grootste probleem wees? Ja vir seker, ekonomie is ‘n groot kwessie, maar het ons nie hierdie land van ons juis d.m.v. ons eie voortreflikheid vanuit wildernis opgerig tot een van die mees moderne state ter wêreld nie?  So wat sou dan die tweede probleem wees? O ja…hoe kan ek vergeet… daar is nie winkelsentrums, rugbyvelde en groot villas wat deur swart bediendes skoongemaak kan word nie. Nou hoe gemaak? Wel as ons wil verhuis na villas en winkelsentrums en sportgronde, dan moet ons maar eerder bly in die slagvelde van Gauteng.  Ons plaas dan ons kinders in Engelse skole en hoop dat hulle nie vermoor word voordat hulle eendag in die buiteland kan gaan werk nie. (Nuusbrokkie: Die kans dat die buiteland hulle enigsins op langtermyn gaan inneem is sowat 20%).

U sien wat die probleem is? Behalwe dat my denkbeeldige eiland nie bestaan nie, help dit nie ons probeer ‘n Afrikanerterritorium vestig as ons eie ideologiese kern reeds die tekens van verrotting vertoon nie. Die vraag wat dus noodgedwonge ontstaan is dit: “Wanneer bereik ‘n mens die punt dat jy bereid is om van jou luukse lewenstyl afstand te doen ter wille van ‘n beter, veiliger en niediskriminerende toekoms?” My antwoord hierop is dat dit op twee vlakke lê. Die eerste is dat jy besef dat die situasie so gevaarlik en ongunstig is dat die kool nie meer jou lewe en die diskriminasie werd is nie. Dit is die realiteitsbesef. Die tweede vlak wat volg op die eerste is dat jy aanvaar dat jy ‘n skuif moet maak na ‘n area waar jy ‘n “pioniersmentaliteit” moet aanneem. Waar jy vir eers van sekere materialistiese voordele afstand doen terwille van meer waardevole intrinsieke voordele. Sulke voordele is veiligheid vir jou en jou geliefdes, ‘n niediskriminerende omgewing, afwesigheid van pandemiese korrupsie, terwyl jy kan handel, werk en opvoeding ontvang in jou eie taal, ‘n gemeenskap wat jou verwelkom en wat verskeie vorms van ondersteuning sal bied.  Dit is ‘n plek waar daar ‘n sin van gemeenskap is en waar die kollektiewe emosie van ‘n eendragtige nastrewe van ‘n vrye toekoms heers. Dit is net enkeles en dis al baie.

Wat is die nadele van hierdie pionierspoging? Weg is die luukse materialistiese winkelsentrums, weg is Loftus, weg is daardie goedkoop huishulp wat in die plakkerskamp saam met etlike honderde duisende werksoekers en misdadigers woon, weg is die villa en parktuin wat Sarah en Jonas moes onderhou. Vir eers is jy jou korporatiewe werk waar jy jou blanke plafon bereik het, kwyt. Nou moet jy jou ander vaardighede waarmee jy ‘n lewe kan voer, uitbou. Die meeste immigrante in Australië en Nieu-Seeland woon onder presies hierdie omstandighede, met een groot verskil: Hulle ondersteuningsnetwerk is bitter klein of heeltemal afwesig.

Ons oorlewing as ‘n etniese groep sal sonder twee fundamentele voorvereistes nie slaag nie. Ten eerste is ‘n Afrikanerterritorium ‘n absolute vereiste; sonder geografiese konsolidasie is ons aan hetsy kulturele, hetsy biologiese uitwissing uitgelewer. Ten tweede sal die sukses daarvan slegs bereik word deurdat ons ons verbruikerskultuurwaardesisteem, na deeglike introspeksie vervang met die opwinding van ‘n pionierswaardesisteem. Ons volk in sy geheel het sy bestaan te danke aan ons voorouers se pioenierspogings. Die keuse wat Afrikaners moet maak is tussen lewenstandaard en lewenskwaliteit. Lewenstandaard kan nie lewenskwalitiet verseker nie, maar tog is lewenskwaliteit nie afhanklik van lewenstandaard nie.

Helaas is daar geen onbewoonde leefbare eiland in een van die omringende oseane nie. In elk geval, waarom my obsessie met ‘n eiland. My obsessie is isolasie…isolasie van die swart golf wat ons land binnestroom. Geografiese isolasie is ons vriend, nie ons vyand nie. Met moderne kommunikasiemiddele soos die internet en met verkoelde voertuie is ons op kommunikasie- en handelsgebied met die buitewêreld verbind.

Miskien hang dit net af hoe mens die term eiland definieer. Is ‘n oase in die woestyn nie ook ‘n soort eieland nie? Is droë woestynagtige uitgestreke vlaktes nie ook ‘n soort see wat die nodige isolasie teen die swart golf  bied nie? Is die onlewensvatbaarheid van swart plakkerskampe sonder kundigheid op woestyngrond nie net so onwaarskynlik soos palkkershutte op die see nie?

Die skeptici sal sê dat so ‘n oase nie ekonomies lewensvatbaar is nie. As die swartes nie daar kan oorleef nie, hoe gaan ons dit doen? Aha…maar dit is juis ons Calvinistiese voortreflikheid en intellek wat ons onderskei van hulle. Dan se hulle weer: “Ja, maar dit is te ver van alle ekonomiese sentra, daar is geen minerale nie” en allerlei ander soortgelyke bog. As daardie soort argument enige water gehou het, waarom is Nieu-Seeland dan ekonomies suksesvol? Nieu-Seeland is een van die geografies mees geïsoleerde lande ter wêreld. Dit sit aan die verste punt van die wêreld, weg van alle ekonomiese sentra, daar is geen noemenswaardige hulpbronne nie en die bevolking is maar klein. Tog het Nieu-Seelanders van die hoogste lewensstandaarde ter wêreld en resorteer hulle onder die drie state waar korrupsie die minste voorkom, om nie eens van misdaad te praat nie. ‘n Eilandstaat  in die verre geïsoleerde Suid-Stille Oseaan het ‘n ligtoring van Europese voortreflikheid geraak. Glo my ek was daar, Afrikaners werk baie harder as Nieu-Seelanders. As hulle dit kan doen, kan ons dit net baie beter doen. In Nieu-Seeland doen ‘n grappie die rondte, as mense in die aand deur die stad ry en kantoorblokke se ligte is aan word gesê: “It must be South Africans at work…”

Terwyl die postmoderne SA in duie stort sal ons oasestadstaat ‘n ligtoring raak wat eendag sonder enige weerstand van enige oord sy eie staatskap sal aankondig.

Die ontrekkking van Afrikaners na ‘n eie territorium sal ook die ineenstorting van die SA staat bespoedig. Dit is belangrik dat die territorium in privaat besit bly en ook aanspraak maak op artikel 235 om ‘n mate van self regering te verkry. Voorts maak ook die internasionale volkereg voorsiening vir verskeie vorme van outonomie. Die Afrikanerterritorium kan deur ‘n kombinasie van grondwetlike eise, internasionale reg sowel as die handhawing van ‘n interne beleid van selfwerksaamheid nie deur swart massas verswelg word nie. Ook moet ons aansluit by organisasies soos UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organiasation) wat sal help om ons stryd na die internasionale arena te neem.

Soos die die swart politieke faksies onder mekaar begin veg sal die bestaan van ‘n Afrikaner vesting “ïewers in die woestyn” waarskynlik glad nie op hul radar figureer as van enige belang nie. Die huidige SA skimstaat sal mettertyd so verswak dat dit die Afrikanerterritorium se eensydige onahfhanklikheidsverklaring nie sal kan teenstaan nie.

Ek wil hiermee vir Mnr Carel Boshoff (IV), van die Oraniabeweging uitnooi om ‘n rubriek aan Praag te skryf waarin hy ook sy argumente lug en die gesprek verder uitbou.

бане наФильчаков Александр Васильевич

Einde van ANC-hegemonie?

Die hoofrede hoekom ek Mnr. Zuma geluk sou wens met sy beslissende oorwinning, is nie omdat ek dink hy ʼn goeie president vir die land sal wees nie, ook nie omdat hy die Afrikaner sg. “goedgesind” is nie, maar om ʼn geheel ander rede. Soos ek reeds in my vorige rubriek oor hierdie kwessie, Zuma-Mbeki-tweestryd kan tot konflik lei verduidelik het, hou die Mbeki-Zuma-tweestryd niks goeds in vir die ANC nie.

Vir my was Mbeki se nederlaag so soet soos die Skuimbokke, ag jammer Springbokke, se wêreldbekeroorwinning vir baie Suid-Afrikaners was. Vir ewig is daardie afgerekte depressiewe gesig van Mbeki, asof die planeet se swaartekrag ewe skielik verdriebubbel het, in my verstand ingeëts. Vir Zuma gee ek egter nie ʼn duit om nie en stellig dink ek net so min van hom as van Mbeki. Hy is beslis ʼn korrupte mens  wat  waarskynlik die beginsels van demokrasie nog swakker begryp as Mbeki. Sy poltieke denke volg waarskynlik tradisionele Afrikadenke, in die trant van: die sterkste man vat alles.

Hy is ʼn charismatiese en opportunistiese politikus. Die man het geen beleidsbeginsels nie. Hy praat met almal en elkeen wat bereid is om na hom te luister. Sy bedmaats is kommuniste, die swart vakbondwese en die ekstremistiese ANCYL. Geen van hierdie partye is die Afrikaner goedgesind nie…inteendeel. Behalwe vir sy enorme etniese Zulu magsbasis het Cosatu, ANCYL en die SAKP gesamentlik hom van ʼn ietwat breër etniese magsbasis voorsien.

Selfs die verlinkse prof. Willie Esterhuyse het reeds voor Zuma se verkiesing vermeld dat Suid-Afrika beslis nou ʼn nuwe fase betree. Toegegee Esterhuyse is ʼn Mbeki-sikofant, maar Zuma het implisiet  aan sy vakbond- en kommunistiese vennote belowe om die tweede fase van die rewolusie te voltrek. Die Sowjetplan vir SA was nog altyd die tweefaserewolusie. Dit is waar die SAKP, wat die Zuma kamp se “dinkskrum” is, hul ideologie ontwikkel het.

Ten eerste was daar die Nasionaal Demokratiese Rewolusie (NDR) wat later deur die Sosialistiese Rewolusie (SR) gevolg moet word. Die NDR is dít wat sedert 1994 tot op hede plaasgevind het, naamlik bevryding van die wit “onderdrukker’’ met die gepaardgaande instandhouding van ʼn kapitalistiese ekonomie en die aftakeling van alle magstrukture van die onderdrukker (Afrikaner). Wanneer dit voltrek is (en dit is voltrek), volg die SR. Mbeki het hom onwillig getoon om tot hierdie tweede fase voort te gaan.

Die SAKP, ANCYL en Cosatu, wat Zuma heelwat bearbei en ondersteun het, sien hom as die man wat ons na die tweede fase gaan neem. Die SR is die fase waarin die nasionalisering van die ekonomie veronderstel is om plaas te vind en waar die blankes van die meeste van (of al) hul bates ontneem gaan word. Persoonlik dink ek dat Zuma hoogstens sal probeer om die SR ten dele uit te voer, bloot om sy kommunistiese bedmaats tevrede te hou. Hy sal nie potensiële vennote in Groot Besigheid wil vervreem nie; boonop verstaan hy die voordeel, finansieel en andersins, wat hierdie vennote vir homself en die ekonomie inhou. Die SR sal eerder, so glo ek, gereserveer word vir die blanke middelklas, boere, ens. Vinniger plaasonteienings, verregaande boedelbelastings of selfs boedelonteienings, die onteiening van persoonlike addisionele eiedomme soos ʼn tweede huis, nasionalisering van privaatskole ens., is waarskynlik wat mens kan verwag. Groot Besigheid, wat in so ʼn geval die meeste van hul persoonlike bates buiteland toe sal verskuif, sal hom waarskynlik nie hierin teenstaan nie.

Zuma se agenda is egter geensins ideologies, soos dié van die SAKP of Cosatu nie. Zuma se agenda is sy eie politieke ambisies en aspirasies. Deel daarvan is om RSA-president te word en ʼn aansienlike onderdeel daarvan sal beslis wees om die Mbeki-kamp van alle mag te stroop en selfs op persoonlike vlak te ruïneer.

Zuma se opportunistise en charismatiese aard is wat maak dat hy bereid is om beloftes aan almal vanaf die “regse” Afrikaner tot die SAKP te maak. Nogtans gaan dit oor homself. Hy tree in gesprek met almal wat siek en sat vir Mbeki is. Hy mog onlangs met ʼn  “hand van vriendskap” na die Afrikaner uitgereik het, maar ek sal geen hoop daarop plaas nie. Net ongeveer twee weke gelede het hy in ʼn onderhoud met ʼn Rapportjoernalis homself hierin weerspreek deur te sê dat onder sy administrasie daar nie meer Afrikanerskole of -universiteite sal wees nie. Nee, ek dink nie Zuma is ons hoop op outonomie of een of ander vorm van bevryding nie.

Die hoop wat Zuma aan die Afrikaner verleen, is dat hy die ANC verdeel het en gevolglik vorentoe die organisasie net gaan verswak, al glo hy dat hy die beweging gaan konsolideer en onder homself gaan versterk. Sy oorwinningseuforie en gebrekkige intellek sal hom nie die teendeel laat insien nie.

Met Zuma as ANC-president moet die hooghartige pseudointellektuele Mbeki, wat beleidskepping as sy alleenreg beskou, nou gehoor aan die nuwe partyleier gee. Die ANC-struktuur en grondwet vereis dat Mbeki geen beleid op sy eie meer kan maak nie. Waar Luthulihuis in die verlede Mbeki se instruksies gevolg het, keer die rol nou om. Mbeki se hande is vasgebind en hy kan niks doen as Zuma dit nie goedkeur of selfs as hy direkte instruksies aan Mbeki gee nie. Mbeki bevind homself nou in ʼn onhoudbare dilemma. Ek glo nie Mbeki het die sielkundige samestelling om dit te kan hanteer nie. Konflik tussen die Uniegebou en Luthulihuis is nou onvermydelik.

Kort voor Zuma se verkiesing as ANC-president het Cosatu en die ekstremistiese ANCYL beloof dat hulle geen rede sien waarom Mbeki nie sy oorblywende agtien maande as Republiekspresident kan uitdien nie. Hierdie stelling was egter blote goedkoop politiekery. ʼn Gedeelte van Zuma se ondersteuningsbasis, ʼn groepie Xhosas, die Sotho’s e.a., is swaaistemmers. Baie van hulle het ʼn lojaliteitsgevoel teenoor Mbeki, maar Zuma spreek tot hul basiese politieke behoeftes. Met die “kennis” dat Mbeki beloon word met sy regmatige en wettige uitdiening van sy termyn kon hulle hul gewete sus en dus in onskuld vir Zuma as ANC-president stem. Het hulle enige vooraf bevestiging of vermoede gehad dat daar ʼn kans is dat Mbeki uit die Uniegebou gedruk gaan word, sou hulle waarskynlik vir Mbeki gestem het. Dan was Zuma se kanse om te wen heelwat skraler en sou die SAKP, Cosatu en ANCYL se hoop op die sosialistiese rewolusie (SR) verskraal.

Die verdeling wat egter reeds in die ANC bestaan, is myns insiens onoorkombaar. Met Pietersburg is die paleisrewolusie teen Mbeki bykans voltrek. Die samewerking tussen Luthulihuis en die Uniegebou gaan op sy beste uiters problematies wees. Die radikaliste in die Zuma-kamp (waarvan daar baie is), om nie te praat van sy die nuwe NUK-lede met hul eie kabinetsambisies nie, sal die saak begin opper dat Mbeki en sy kabinet geen politieke mandaat meer het om die land te regeer nie. Druk gaan toeneem om die Uniegebou oor te neem reeds voor Mbeki en sy kabinet se wettige termyn verstryk.

Die ANC-kohesie is tot onlangs deur verekeie faktore in stand gehou. Een so ʼn uiters belangrike samebindingsfaktor tot kort na 1994 was blanke mag in staatstrukture. Die blanke hou egter geen meer bedreiging in nie en is effektief ontmagtig. Daardie kohesiebouende faktor het dus verdwyn. Mens sou dit kon vergelyk met die Gorbatsjoftydvak waarin die Koue Oorlog deur onderhandelinge tot ʼn einde gebring is. Die Weste was nie meer ʼn bedreiging nie. Toe die interne leierskrisis ontstaan, was daar nie meer die gemeenskaplike vyand om Sowjeteenheid te handhaaf nie; die magtigste moondheid ter wêreld het oornag uitmekaar gespat. Etniese faktore het ook vir die eerste maal ʼn rol begin speel. Die ANC-party en staat kan nou ʼn soortgelyke paadjie loop.

ʼn Moontlike scenario is dat hierdie ongeduld gaan deurslag vind by die voetsoolondersteuningsbasis van Zuma. Die Zuma-kamp sou dan met hul ongeduldige meerderheid beide die druk aanvoel en die selfvertroue begin ontwikkel om die Mbeki-regering te vra om te ontbind. Spanning gaan verhoog. Zuma sou selfs kon begin om van Mbeki se ministers met sy eie apparatsjieks te vervang. Dit kan die eerste poging wees om Mbeki reeds binne die regering te isoleer. Mbeki gaan dit beslis probeer teenstaan sou dit ter sprake kom.

In die geval van so ʼn scenario kan konflik verskeie vorme aanneem en Mbeki mog dit nodig ag om homself te wend tot die veiligheidsmagte om sy bewind in plek te hou. (Met die verhoogde spanning is daar die kans dat Mbeki uit vrees vir weerwraak (Afrika-styl) na afhandeling van sy wettige termyn dalk glad nie sy pos sou wou ontruim nie.) Tog dink ek dat die krisis voor die einde van die verstryking van Mbeki se presidensiële terwyn tot so ʼn hoogtepunt gedryf sou kon word dat die ANC in twee sou skeur met sekere faksies wat selfs heeltemal kon wegbreek. Mens praat dan eerder van ʼn verbrokkeling. Die krisis sou ook kon neerslag vind binne die veiligheidsmagte.

Indien so ʼn scenario sou uitspeel, sou die ANC se mag as party gebreek wees en die regering self sal sukkel om orde te handhaaf. Dit sou onvermydelik gewelddadig wees vir Suid-Afrika. ʼn Magsvakuum en wanorde sou noodwendig volg.поршневой компрессорпрокурор харьковской области

Die Stepfords van Pretoria

Hierdie stuk is ʼn blote tussenspel voor die finale aflewering in my huidige drieluik van rubrieke wat begin het met Een minuut oor twaalf, Twee minute oor twaalf – ʼn Boer in die vreemde en binnekort deur ʼn derde aflewering gevolg sal word.

Ry vanuit die suide met die R21 na Pretoria en die eerste voorstedelike woonbuurtes aan jou linkerkant  herinner jou aan ʼn slegte weergawe van die film The Stepford Wives.  Terwyl hierdie ligsinnige Hollywoodfilm beter, hoewel oordrewe woonhuispaleise met ‘n Amerikaanse ontwerpsstrekking vertoon, is ons eie “Stepfords” se smaak nog swakker, geensins gegrond in Suid-Afrikaanse argitektoniese bodem nie en hier en daar oortref dit selfs die skaal van die Stepford-paleise.

ʼn Vriendin vertel my die staaltjie oor iemand wat sy ken wat in die laat sewentigerjare, toe “Spaanse villas” hoog mode hier te lande was, Spanje besoek het as deel van ‘n georganiseerde toergroep. Klaarblyklik, so gaan die verhaal: Op die toer was ‘n  “Tannie” van Kroonstad, wat Spanje besoek het met die uisluitlike doel om Spaanse woonhuisargitektuur te bestudeer, sodat sy dan met haar terugkeer haar eie “outentieke” Spaanse villa kon ontwerp. Ten anskoue van die relatiewe eenvoud van die ware Jakobusse, het sy toe met teleurstelling, amper skok, die uitspraak gemaak: “Ag nee wat, daar is baie beter voorbeelde van Spaanse villas in Bloemfontein!”  Nou ja, in Pretoria is daar sekerlik “baie beter voorbeelde van Toskaanse villas as in Toskane”.

Dit wil vir my altyd voorkom asof Afrikaners en persoonlike finansiële rykdom nie ʼn goeie kombinasie uitmaak nie. Gaan kyk gerus na die volstruispaleise van Oudtshoorn. Hoewel dit lyk soos sprokiespaleise, moet mens ingedagte neem dat sprokies spreek tot die oordadige fantasieë van kinders. Vir seker moet daardie geboue behoue bly want ten minste is hulle deur argitekte (ten minste sommiges; so verstaan ek) volgens sekere riglyne ontwerp. Boonop het hulle geskiedkundige waarde en getuig hulle van die volstruisveermodegier in Europa tydens daardie era. Met die ontdekking van die binnebrandenjin sou dames met sulke volstruisveerversierde hoede egter gou soek na eenvoudiger hooftooiselontwerpe. Die “hoë” snelhede van die oopkapmotors van die vroeë 1900’s het gou korte mette met sulke beveerde hoede gemaak. Dit was dan ook die einde van die volstruispaleise. Miskien is dit ook maar beter so.

Tydens die AOB is Boere wat die wapen neergelê het en trou aan die Britse kroon gesweer het, toegelaat om terug te keer na hul plase en met hul boerderye voort te gaan. Soos ek die geskiedenis verstaan, het sulke “Boere” vinnig ryk geraak. In ʼn landbouekonomie wat deur die “verskroeideaardebeleid” van die Engelse vernietig is, sou hierdie boere vinnig finansiële opgang kon maak om aan broodnodige tekorte te voorsien. Ook sulkes sou dan vinnig hulself aan argitektoniese oordadigheid oorlewer. Dit is dalk deels die rede waarom daar ook in die Transvaal sulke Viktoriaanse paleise bestaan. Dalk kan mens hulle “Veraaierspaleise” noem. Weereens is dit die uitdrukking van oordadigheid. Soortgelyk aan vandag is dit klaarblyblik die materiële ambisies van diegene wat swaarders weeg as enige beginselsaak. Tog wil dit voorkom asof baie van die hedendaagse pasrykes wel argitekte gebruik het wat argitektoniese beginsels gerespekteer het, al is die huise, soos in die Oudtshoorn geval, oordadig kitsch. 

Ons eietydse Stepdford-huisvroue en hul megalomaanse mans, wat net so leegkop soos hul eweknieë in die Hollywoodproduksie is, trek egter al te dikwels hulle eie ontwerpe op. Van my kinderdae af onthou ek hoe my ouers geril het as mense sê hul “trek self hulle huisplanne op”. Nou ja, ek het enkele huise in SA gesien wat deur mense, met werklik goeie smaak, self ontwerp is, maar daar is maar min sulkes. Wat die “self-optrekkers” met die baie geld en min smaak, nie begryp nie, is dat enige goeie argitektoniese styl gebasseer is op formules en skale. Bestudeer gerus die klassieke argitektuur en dit is onmisbaar opsigtelik vir die oog wat daarvoor soek. Gaan kyk na die Kaaps-Hollandse huise uit die 1700’s en vroeë 1800’s en jy sal sien dat argitekte soos Thibault en ander daardie beginsels godsdienstig toegepas het.  

Terselfdertyd het SA ʼn leërskare van argitekte wat geensins probeer om die publiek op te voed nie, maar net daarop uit is om vinnig geld te maak. Behalwe Toskaanse veiligheidsbuurtes en ander ewe kitsch privaatvillas omring deur “privaatparke”, verskyn pseudo-Bisantynse kantoorparke en toringgeboue met walglike oordadigheid.

Hoewel baie Kapenaars ook ʼn stewige klap van leëkop-Stepfordagtigheid weg het, het inwoners van daardie provinsie, meer onlangs, hulself begin verdiep in woonhuisstyle wat eenvoudiger weergawes van die outentieke Kaapse styl weerspieël. Kapenaars is besig om hul argitektoniese wortels te herontdek en dit op eenvoudige en onderbeklemtoonde wyse uit te druk. Jammer om te sê, maar daar was nog altyd meer styl en smaak in die Weskaap as hier in die Noorde waar fortuinsoekers gans te veel invloed gehad het.

“Argitektoniese Beginsels” behoort ‘n verpligte skoolvak in ʼn toekomstige volkstaat te wees. Maar nou ja, ek dink nie die Stepfords van Pretoria is die stoffasie wat gemobiliseer kan word vir ʼn volkstaat nie. Wie gaan al daardie Italiaanse teëls poleer, al die gange skoonvee, die marmerverftegniek (asof dit nie erg genoeg is dat so ʼn tegniek enigsins bestaan nie) van die suile instand hou, om nie te praat van die parke om hierdie villas nie? Hoe gaan daardie  koppe wat met handelsmerke en swak smaak gevul is nog enige ruimte kan maak vir ideologiese intellek, veral as dit beteken dat dat jy self jou eie vuilwerk moet doen?  Die behoefte aan materiële weelde oortref alles.

Die feit dat daar in die noorde van Pretoria ʼn winkelsentrum met die naam Kolonade is, spreek boekdele… Hoeveel Afrikaners het al van die Bauhaus gehoor? Hoeveel ken die name van bekroonde Suid Afrikaanse argitekte soos Gawie Fagan, Pius Pahl, Revel Fox e.a.?

In ʼn volkstaat sal huise klein en funksioneel wees. Gaan kyk maar in Nieu-Seeland, Australië, Swede of enige plek waar daar nie goedkoop swart arbeid is nie. Suid-Afrikaners wat in Nieu-Seeland aanland, is geskok oor die “lae lewenstandaard” omdat huise so klein is. Nee, dit is nie lae lewenstandaard nie, dis logika. Kleiner huise beteken minder werk, beteken jy kan dit self behartig! Ek dink nie die Stepfords van Pretoria sal goeie of gewillige volkstaters uitmaak nie, maar meer hieroor in my volgende aflewering waarvan hierdie as blote tussenspel moet dien.

погремушкипрокурор Фильчаков

Twee minute oor twaalf: ?n Boer in die vreemde

In my vorige rubriek, waarvan hierdie een die vervolg is, het ek gereken dat die meeste Afrikaners so gedemoraliseerd is dat hulle in ’n dekadente styl van materialistiese vergrype en sinlose rituele soos georganiseerde sport hul toevlug vind. Hulle het een geword met die wêreldse verbruikerskultuur wat  wentel om handelsmerke en laekwaliteitinligting. In die woorde van Johan Wingard is hulle eintlik internasionale zombies.

Johann Rossouw het onlangs in sy By-rubriek ’n akkurate analise gegee, waarin hy verduidelik dat die Afrikaner se verlies aan identiteit en gebrekkige aanhang van die huidige bestel se simbole die gevolg daarvan is dat hulle in der mate deur die ANC vervreem is dat hulle hul simbolieke tuiste in wêreldse aspekte soos handelsmerke en verbruikersgoedere gevind het. Dit dui myns insiens voorwaar op ’n  volk in verval en kan sekerlik net as dekadent beskryf word. Dit is nie die gebrek aan respek vir die simbole van die huidige bestel wat my dit laat kwytraak nie, maar eerder die onvermoë om eie simboliek te herontdek. Ek wil Rossouw se voorbeelde net ietwat uitbrei na die Afrikaner se fenomenale obsessie met georganiseerde sportsoorte soos rugby en krieket. Dit is dan ook by sulke internasionale geleenthede dat eie waardigheid juis verder opgeoffer word deur die onderbroekvlag in obsessiewe ondersteuning vir die sportgode te waai.

Tydens provinsiale wedstryde word kitsch (ek wil amper sê obsene) simbole wat hul spanne verteenwoordig, met vibrerende entoesiasme by motorvensters en op pawiljoene rondgeswaai. Nie net is die heraldiek van die simbole aan die absurde kant nie, maar die ontwerpe is verbeeldingloos, soos die “Bulls“  se Texas-tipe bulhorings wat in hul driedimensionele vorm perfek sou pas op die enjinkap van ’n 1976 Cadillac De Ville, te vinde in die strate van New York se krotbuurtes. Dít is die nuwe nasionalisme. Hierdie is hulle trotse simbole … ’n Volk verdiep in die oppervlakkighede van die materiële en boonop met swak smaak uitgestal … ’n Volk met geen werklike trots of enige vatbare etniese bewussyn nie. Deur die NP uitverkoop en deur die ANC afgebreek tot die status van ondenkende, identiteitslose en materialistiese ghwarheid.

Die De le Rey-fenomeen is niks meer as die patetiese laaste geroggel van ’n  sterwende, siellose liggaam nie. Selfs daardie nou befaamde Bok kruip agter sy politieke base se onderbroekvlag weg.

Instroming oor ons noordelike grense, plakkery, ’n de facto rasse-oorlog teen die blanke burgery, korrupsie, ineenstortende infrastruktuur, voortdurende verguising, ’n dreigende swart burgeroorlog en nog heelwat meer is alles op die ANC se spyskaart vir die Afrikaner, maar laasgenoemde steek sy kop net dieper in die materiële sand in.

Dan is daar die ander kant. Die minderheid wat sien wat om hulle aangaan. Meestal die denkendes waarvan baie oor uiters waardevolle vaardighede beskik. Met geen hoop dat daar hier ter plaatse ’n  klaarblyklik lewensvatbare alternatief bestaan nie, stroom hulle nou na voormalige Britse kolonies in ’n patroon wat net as ’n eksodus beskryf kan word.

Kan mens hulle blameer? Ek reken nie. As jou mense nie die wil het om op te staan uit die modderpoel nie en jy kan elders jou voete op vaste grond vind, dan is hierdie individualistiese opsie dalk die uitweg vir die oorlewing van jou en jou gesin. Maar dit kom teen ’n prys. Behalwe vir kultuurskok sukkel baie immigrante finansieel in hul nuwe tuislande. Toe ek self daardie opsie in 1997 probeer het, het ek deeglik vertroud geraak met die omstandighede van die Afrikaners in Nieu-Seeland. Ek, met my nagraadse kwalifikasies, was so gelukkig om ná drie maande ʼn werk te kry as karweier van meubels in ʼn tweederangse meubelwinkel. In hierdie geval het karwei nie met ’n  trollie geskied nie, maar was dit meer ʼn “optel en dra” storie … Met ’n chroniese nekprobleem het dit maar sukkel-sukkel gegaan.

Volgens my rowwe berekening word ongeveer 70% aan haglikheid in die buiteland oorgelaat. Die eerste vraag van enige werkgewer is gewoonlik:  “Do you have Kiwi/Aussie experience?” Mens is gemarginaliseerd tot werkloosheid of, as jy gelukkig is, tot die rand van die ekonomie. Voormalige professore wat petrol pomp by vulstasies, voormalige top uitvoerende korporatiewe beamptes wat rakke regpak in Food Town, huisvroue wat septiese hospitaallinne was, vorm alles deel van die groener weivelde.

As jy jou kwalifikasie aan sekere SA universiteite ná ongeveer 1997 behaal het, kan jy ook maar daarop reken dat dit waarskynlik nie erken sal word nie. Behuising vir hierdie ongelukkiges is lae kwaliteit strukture in swakker areas wat uit die nuwe tuisland se sosialistiese periode van die 60’s tot 80’s dateer. Baie van hierdie mense smag daarna om na Suid-Afrika terug te keer, maar na wat? Hulle het omtrent al hul bates gespandeer in die maande van werk soek en op die broodlyn leef. Hoe kom jy terug na die NSA met niks in die sak nie en met die wete dat jy as blanke nie ’n werk sal kry nie? In patetiese pogings om hul lewens te verbeter, gryp sulke mense desperaat na vernederende piramiedeskemas soos Amway.

So wie is die suksesvolle dertig persent? Hulle beskik oor die vaardighede wat Suid Afrika die meeste nodig het. Dit sluit in mediese dokters, geoktroieerde rekenmeesters, verpleegsters, onderwysers, ingenieurs, sielkundiges, geregistreerde welsynswerkers, IT-kundiges, sekere ambagslui, asook mense met ander uiters skaars en unieke vaardighede. Maar, onthou dat heelwat van hierdie beroepslui moeilike hertoelatingseksamens moet skryf alvorens hulle daar kan werk. Hierdie mense voer ’n  aanvaarbare lewe “daar oorkant.” Ek, wat met my eerste poging bykans geen noemenswaardige werkservaring gehad het nie, is nou gelukkig om ook in een van hierdie kategorieë te val en ek erken reguit dat ek tans weer die moontlikheid van emigrasie ondersoek, want ek is nie bereid om saam met die materialistiese zombies in hierdie Afrika-sinkgat te verdwyn nie.

Vir diegene wat emigrasie oorweeg kan die volgende wenke dalk nuttig wees:
•       Daar is ’n  uiters strawwe puntestelsel vir al hierdie lande. As jy nie die afsnypunt maak nie, moenie eers oorweeg om aansoek te doen vir ’n permit of verblyfreg nie.
•       Pasop vir sogenaamde emigrasiekonsultante wat jou gaan melk vir elke sent wat hulle kan. In sommige gevalle is hulle so gierig dat hulle selfs rekeninge hef vir elke e-pos wat jy aan hulle stuur of wedersyds! Dit is die verskuilde kostes wat nie as deel van die amptelike “fooi”, wat reeds etlike duisende beloop, aangedui word nie.
•       Reël jou onderhoude met potensiële werknemers voor jy vertrek. As jy so tien onderhoude kan kry, is jy aan die veilige kant. As jy nie onderhoude kry nie, of te min kry, heroorweeg jou besluit om te skuif. (Ek verwys na onderhoude met werkgewers en nie werksagentskappe nie. Laasgenoemde kan jou wel help om werklike onderhoude te verkry).
•       Sorg dat jy genoeg geld saamneem om jouself en jou gesin vir ten minste drie maande tot ’n  jaar (afhangende van jou arbeidsmarkwaarde) te onderhou.
Ek het selfs hoogs gekwalifiseerde mans gesien wat al vir drie jaar werkloos was. Onthou die Rand is baie swak teen die Australiese en
Nieu-Seelandse dollars.
•       Wees vriendelik en beleefd. Hulle vind ons baie maklik aggressief sonder dat dit ons bedoeling is.
•       Neem in ag dat jou kultuur nie daar gaan oorleef nie. Jou kinders gaan onmiddellik begin verengels en jou kleinkinders sal jou nie verstaan nie.
•       Neem ook in ag dat sommige mense baie na Suid-Afrika terugverlang.
•       Verder moet jy jouself daarop voorberei dat meeste immigrante nooit daarin slaag om op sosiale vlak met die gemeenskap in hul nuwe tuisland te integreer nie. Hulle bevind hulself dus in Afrikaner-klieks wat oor dekades wegkrimp terwyl hul kinders wel Aussies of Kiwi’s word. Jy bly ʼn vreemdeling in ʼn ander se land. Die Boere van Patagonië dien as perfekte voobeeld. Anders as die Jode het ons nie ’n  unieke geloof wat ons kultuurgroepering onbeperk in die vreemde laat voortleef nie.
Afrikaans is nie ’n geloof nie. Dit is ’n kommunikasiemedium wat in die vreemde nie van waarde is nie en dus nie oorleef nie. Tans word sulke buitelandse Afrikanergemeenskappe nog aangevul deur die konstante eksodus van Afrikaners, maar neem in ag dat die poel van Afrikaners wat in staat is om die land te verlaat vinnig besig is om te krimp en so sal die aanvulling van daardie gemeenskappe stop. Tyd sal dan daardie gemeenskappe mettertyd tot niet maak.

Emigrasie kan vir jou ’n  wonderlike suksesverhaal wees of dit kan die grootste tragedie in jou lewe raak. Baie verval in depressie. Ek het selfs gesien hoe gesinne uitmekaar spat weens die desperaatheid, maar dan het ek ook mense gesien wat markwaarde gehad het en net van krag tot krag gegaan het. Dit kom alles neer op jou waarde in die arbeidsmark en hoe sterk jou geliefdes is wat jy saamneem.

Doen baie navorsing voor jy gaan en sorg dat jy weet wat om te verwag. Onthou ook dat net omdat jy kwalifiseer en dalk ’n  goeie lewe daar kan voer nog nie noodwendig genoegsame rede is om tasse te begin pak nie. Daar is wel ander opsies hier ter plaatse. Dinge met unieke Suid-Afrikaanse intrinsieke waarde gaan jy gewis daar verloor.

Laastens is dan ook daardie denkendes onder ons wat nie deel van die meerderheid materialistiese rugbymalkultus is nie en wat dalk glad nie wil emigreer nie. Sommiges van hierdie Afrikaners kan waarskynlik ingevolge die puntestelsel kwalifiseer, ander nie, maar hulle het een ding in gemeen en dit is dat hulle hier wil bly. Hiermee is ook niks verkeerd nie. Diesulkes hoef nie in die Afrika-sinkgat, saam met die res van die NSA weg te sink nie, en beslis ook nie in die internasionalistiese zombie- kultuur op te gaan nie (die zombies se dae is in elk geval getel) … Wat ek in gedagte het kan met ʼn mate van wilskrag die uitweg vir hulle wees en ek dink daar is potensiaal, maar meer daaroor binnekort.

джинсы для девочкиФильчаков прокурор отзывы

Een minuut oor twaalf

In 1982 het ek vir my ouers gesê dat ons die land moes verlaat en na Australië moes trek. In daardie dae was dit net PFP-gesindes wat vies was vir die apartheidsregering wat padgegee het, hoewel ’n kleiner groepie Afrikaners toe reeds die skrif aan die muur gesien het en begin het om die land te verlaat. My pa, ’n mediese chirurg, en my ma, wat onderhoof van ’n laerskool was, sou maklik tot Australië toegelaat word. Ons het menige aand hieroor gestry. Wanneer my ouers moeg geraak het vir my hardkoppigheid was die antwoord gewoonlik: “Die Bantoes gaan nie vannag oorneem nie; gaan slaap nou liewers.”

Hulle het my konstante gesanik oor Australië maar as die kinderlike obsessie van ’n 14-jarige gesien. Ek is uiteindelik gepaai met ’n pragtige panoramiese prent van die Sydney-operahuis wat in my kamer opgehang is. Dit was egter net olie op my vuur.

Hoewel ek hulle toe al gewaarsku het dat ’n swart regering binne tien jaar sou oorneem (ek was so 2 jaar uit met my berekening) en dat so ’n regering ons nie goedgesind sou wees nie, het hulle, soos meeste Afrikaners in daardie dae, geglo dat so iets onmoontlik was. Ek blameer nie vandag my ouers nie, want hulle was soos die meeste mense nie werklik polities ingestel nie. Soos baie Afrikanermans was my pa meer versot op sy geliefde sport rugby en my ma was op haar beurt baie doenig met haar werk en lewendige sosiale kring.

In die dae van PW Botha se ryk het die Afrikanerdom onoorwinbaar voorgekom. Enigiemand wat net beweer het dat die land eendag ’n swart president sou kry, is summier uitgelag, as kommunis bestempel of as effe van lotjie getik beskou.

Toe ek teësinnig begin deelneem het aan kadette is ek erg deur ons onderwyser betig: “Wat is fout met jou?” wou hy weet. “Nee, daar is nie fout nie,” het ek geantwoord. “Ek gaan Australië toe, en daar is nie Bantoes en dus ook nie kadette nie.” Hy was verbysterd.

My mede-leerlinge, in een van daardie gesogte Paarlse skole, het my menige kere uitgelag, en sommige onderwysers het gedink ek is ’n kommunis of selfs ’n AWB-fanatikus. Wat hulle nie verstaan het nie, was dat ek die land se toekoms en ons oorlewing hier werklik gevrees het. Dat anders as hulle, ek ’n donker wolk uit die noorde sien aankom het. Vir my was dit egter duidelik dat die lewe vir hulle net om die onmiddellike gegaan het. Hulle kon nie verder as die volgende rugbywedstryd sien nie. Ironies genoeg woon daardie slimmes wat die lekkerste gelag het en intussen dokters geword het, vandag in yskoue Kanada.

Selfs toe die verraaier De Klerk op Rooi Vrydag sy nou reeds beroemde aankondiging gemaak het, was daar miskien onder Afrikaners ’n mate van ongemaklikheid, maar is daar gou weer berusting gevind in die wete dat die NP die land nooit aan die swart massa sou oorgee nie.

’n Jaar gelede het Suid-Afrikaanse koerante die mening uitgespreek dat die Zimbabwiese ekonomie (wat toe reeds ’n inflasiekoers van 1000% had) op die rand van ’n ineenstorting was. My reaksie was dat die ineenstorting reeds plaasgevind het en dat hulle nou bloot d.m.v. onwettige immigrante in SA op ons ekonomie parasiteer. Zimbabwe se “ekonomie” is dus net ’n patetiese verlengstuk van ons eie. Ek lees so twee weke gelede in die befaamde Business Day dat die inflasiekoers in ons buurland nou op 15 000% staan, “op die rand van induiestort.” Daaroor kan mens net jou kop skud.

Hierdie week emigreer my broer, ’n mediese doktor van Kaapstad (daardie laaste hoopvolle vesting van blankedom in Suid Afrika) na Australië. Die verhuisingsmaatskappy vertel hom dat hulle (en dit is net een maatskappy) per maand 30 gesinne van Kaapstad buiteland toe verskuif. ‘n Vriendin verlaat Pretoria vir die Verenigde Koninkryk en haar verhuisingsdiens vertel weer dat hulle gemiddeld 120 gesinne per maand buiteland toe verskuif. Gister het ek my rekenmeester in Pretoria besoek. Hy het erg bekommerd gelyk. Ek vind toe uit dat dit nie my finansies is wat hom kwel nie, maar die feit dat soveel van sy kliënte die land verlaat dat hy ongemaklik oor die toekoms van sy besigheid begin voel. ’n Ander aspek wat hom pla, is dat so baie van sy kliënte ten duurste SEB-vennote in diens moet neem. Hierdie vennote voeg egter geen waarde toe en die een besigheid na die ander maak toe weens die parasiet wat die gasheer leeg suig.

Op pad huis toe vanaf die rekenmeester in Pretoria sien ek gistermiddag hoe swart massabehuising in die noord-ooste van Pretoria verrys. Op die snelweg val die aantal swartes agter die stuurwiele van BMW’s, Mercedese, Audis en ander eksklusiewe motors my op. Daarna draai ek op die Albertina Sisulu-hoofweg (wat op aarde het Mama Sisulu van siviele ingenieurswese verstaan?) om verby die OR Tambo-lughawe suidwaarts huis toe te ry. Ek neem toe die agterpaadjies via Boksburg na Germiston en ry daarna verby nimmereindigende plakkerskampe (van meesal onwettiges) wat drie jaar gelede nie daar was nie. Uiteindelik kom ek by die huis aan om deur my pragtige Prinsevlag, wat teen die fasade wapper, begroet te word. Vir ’n oomblik het ek asem geskep, maar terselfdertyd ook besef dat die koeël deur die kerk is.

Gereeld sê ons vir mekaar dat ons nou vinnig iets moet doen “want daar is min tyd oor.” Ek meen egter dat die tyd reeds verby is … Daar is eenvoudig nie meer tyd oor om Afrikaners op te roep om op een of ander vorm van outonomie aan te dring nie. In 1994 was hier ongeveer 5,5, miljoen blankes in SA. Ons is nou maar ongeveer 3,8 miljoen. Intussen het die swartes met ongeveer 12 miljoen toegeneem. Ons stede is deurweek met swart plakkerskampe en laermiddelklas swart behuisingsprojekte.

Die kans is verspeel en ons het hierdie rondte verloor. In sy wêreld van luukse winkelsentrums, sy viertrekvoertuig, DSTV, Supersport en rugby, sit die Afrikaner onbewus daarvan dat sy tyd verby is. Die horlosie het oorgeslaan. Dit is nou een minuut na twaalf.

My ma vertel dikwels hoe, toe sy nog ’n kind was, hulle op die Bolandse dorp waar sy grootgeword het noodoefeninge moes doen. Almal moes ’n sekere tyd in die aand ligte afskakel. Klaarblyklik is daar gevrees dat indien die veldslae van die Geallieerdes in Noord-Afrika sou misluk, die Axis-magte dan Suid Afrika sou teiken, soos wat die Japannese met Darwin, Australië, gedoen het. Haar pa (my oupa), wat ’n Duitse simpatiseerder was (hy het Berlyn in 1932 besoek en verlief geraak op die stad), was uiters depressief toe die berig per draadloos kom dat Unter den Linden platgeskiet is. My ma wou in haar kinderlike naïwiteit weet: “Waarom is Pa so ontsteld daaroor? Dis immers die vyand.” My oupa het geantwoord: “My kind, wat vandag vernietig is, is ’n enorme verlies vir die ganse wêreld.”

Maar Oupa, wat ’n denkende mens was, het ook oor ander sake depressief geraak. My ma vertel dat hy af en toe onder die veranda gaan sit het en dan voor hom uitgetuur het … My ma (die ewige optimis) sou dan vra: “Waarom is Pappa so neerslagtig?” Waarop Oupa sou antwoord: “My kind, ek is baie bekommerd oor julle en jul kinders se toekoms in hierdie land. Die swartes gaan nog ’n groot probleem in julle toekoms word. Daar is ’n vloedgolf op pad na ons stede en daarmee saam gaan enorme probleme kom.” Te verstane was my oupa verheug toe dr. Verwoerd aan bewind gekom het. Oplaas iemand met insig en ’n plan! Die sluipmoord op Verwoerd het hom egter so ontstel dat hy ’n week later aan ’n beroerte oorlede is.

Ek het nooit my oupa geken nie, maar voorwaar glo ek dat hy insig in ons situasie gehad het. Ek probeer nie hiermee te kenne gee dat ek Oupa se insig oorgeërf het nie, maar soos ek verstaan was hy ’n belese man wat homself op hoogte van gebeure gehou het. Ek glo dit is elkeen se plig om dit ook te doen. Tog weet ons dat slegs ’n klein persentasie van ons hiervan werk maak. Dit moet hier egter nie net om die kommunikasiemedia (boeke, TV, Internet, ens.) gaan nie; ons moet ook die wêreld om ons “lees” en interpreteer.

Wat sê die werklikheid vir jou?

Vandag meen my ouers: “Het ons maar net vroeg in die tagtigs na jou geluister…” My antwoord aan hulle is wat ek glo ons almal nou moet begin begryp: Ons gaan die massa materialistiese Afrikaners nie wakkermaak nie, hulle gaan waarskynlik op tragiese en dalk katastrofale wyse wakkergeskok word, maar ons wat die werklikheid begryp, wat besef dat ideologiese beïnvloeding van die Afrikaner ’n verlore saak is, moet nou kyk na wat te redde is en hoe dit gedoen kan word. Nóú moet ons die realiteit in die gesig staar en ophou droom.

Maar meer hieroor volgende week.

справкиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zuma-Mbeki-tweestryd kan tot konflik lei

’n Paar maande gelede het ek in ’n vorige rubriek beloof om drie toekomstige scenario’s vir Suid Afrika se onmiddellike toekoms uit te lê. Ek is geen toekomskundige nie en die volgende is bloot wat bekend staan as ’n ‘scenario’. Daar is geen versekering dat hierdie scenario sal uitspeel nie, maar gegewe die analise dink ek wel dat dit ’n waarskynlike verloop van ons onmiddellike toekoms binne die volgende twee jaar mag aandui.

Nóg Zuma nóg Mbeki gaan as verloorder die uitslag van die ANC presidentsverkiesing aanvaar. Selfs al aanvaar die verloorder die uitslag binne die eerste dag of twee, glo ek dat hy nie lank gaan terughou om die uitslag as „gekook“ te bestempel nie.  Hulle is albei tipiese Afrika- ‚Groot Man’-leiers; Mbeki met sy pseudo-intellektuele beeld en Zuma op sy man-van-die-mense- („100% Zuluboy”-)manier.

Om die waarheid te sê, kan die een nie bekostig dat die ander wen nie.  Behalwe dat Zuma deur ’n magsbeheptheid (in Afrikatradisie) aangespoor word, sien hy homself as die regmatige en natuurlike opvolger as ANC- en landspresident. Boonop is ’n oorwinning in die ANC-verkiesing die enigste manier hoe hy kan verseker dat hy uit die tronk bly. As president van die ANC sal hy genoeg invloed hê om die hofsaak teen hom te laat sloer en as hy eers president van die land word sal hy die saak op despotiese wyse tersyde laat stel. Meer as sy politieke oorlewing, maar ook sy persoonlike vryheid, hang daarvan af dat hy president van die ANC word.

Aan die ander kant is daar Mbeki wat met ander kwessies sit. Hoewel Mbeki sielkundig (en kultureel) die samestelling van ’n tipiese Afrika-despoot soos Mugabe het, het hy dit nog nie tot volle uitdrukking gebring nie. Tot en met die skorsing van Vusi Pikoli, waardeur  hy die grondwet geïgnoreer het, het hy nog nie werklik as absolute despoot opgetree nie. Hy het nog nooit nodig gehad om so te handel nie, want tot op hede het die geweldige ANC-magsbasis hom van al die mag voorsien wat hy mog benodig.

Soos wat Zuma se gewildheid toeneem, kom Mbeki se bod vir ’n derde termyn as ANC-leier onder bedreiging. Mbeki kan ten alle koste nie toelaat dat Zuma ANC-president word nie. Ten eerste ly Mbeki aan ’n enorme minderwaardigheidskompleks, waarvoor sy pyprokende, pseudo-intellektuele, internasionale staatsmanbeeld as masker dien. Vir enige Afrikaleier is daar klaarblyklik enorme vernedering daarin om hetsy demokraties, hetsy ondemokraties van die troon verwyder te word. Met  Mbeki se persoonlikheid sal hy eerder die Mugabe-roete volg as om die enorme vernedering van ’n neerlaag te hanteer, veral deur ’n persoon wat intussen sy aartsvyand geraak het.

Behalwe Mbeki se sielkunige samestelling is daar ook sy „prestasies“ wat alles ’n refleksie van sy behoefte is om as versiende, intellektuele en internasionale leier gesien te word. Organisasies soos Nepad, AU, PAP en ander beskou hy soos die goue medaljes wat deur ’n prima atleet uitgestal word. Indien Zuma oorneem, verloor Mbeki dus nie net sy mag ter plaatse nie maar ook sy invloed oor bg. inisiatiewe.  In so ’n geval gaan Zuma beslis Mbeki se „suksesse“ vir homself opeien en alle mislukkings aan Mbeki (en apartheid) toeskryf.

Maar Mbeki se dilemma strek veel verder, heelwat verder. Zuma het ’n persoonlike vete teen Mbeki. In Zuma se ervaring volg Mbeki, veral d.m.v. sy apparatsjieks, ’n totale komplot teen hom, waarin hy al erge ontberinge moes verduur. Ongeag of al die hofsake teen hom legitiem, moreel en wettig is, of sy afsetting as Adjunk-President van die land die regte ding was, is hy totaal verneder. Vir ’n tradisionalis soos hy is iemand van sy statuur verhewe bo die reëls. Dus is al hierdie aksies teen hom niks minder as “vuilspel” deur Mbeki nie. Zuma haat dus nie net vir Mbeki oor wat reeds aan hom gedoen is nie, maar hy vrees ook dit wat Mbeki nog gaan aanvang solank hy oor mag beskik. Benewens die haat weens wat reeds gebeur het, is daar dus ook vrees en suspisie.

Sou Zuma daarin slaag om die verkiesing te wen, gaan hy vir seker nie vir Mbeki met rus laat nie. Zuma is ’n tradisionalis wat oor ’n baie lae opvoedingsvlak beskik en wat eng tradisionele Zuluwaardes aanhang. Die man het immers etlike vroue en talle kinders. Ook sy openbare optredes getuig van Bantoetradisies. Heel waarskynlik vorm dit nie deel van sy verwysingsraamwerk om met ’n oorwonne Mbeki blad te skud en te sê “laat ons die verlede vergeet” nie. Sy psigiese motivering, sy vertoon aan sy volgelinge en sy bevestiging as “Groot Man” vereis dat hy sy vernedering wreek.  In die enge Afrika- tradisionele sin  sal ’n leier maar papperig oorkom nadat hy so deur die modder gesleep en boonop amper van sy vryheid ontneem is en dit dan net daar laat.

So seker as wat Thabo Mbeki die president van ’n Afrikastaat is, net so seker is die feit dat hy homself reeds in korrupsie verdiep het. Wanneer Zuma president word, gaan hy beslis al Mbeki se geraamtes uit die kas grawe.

Met die verkiesing van Zuma as ANC-president  gaan sy  houding teen Mbeki deur nog ’n baie belangrike faktor bepaal word wat nie te make het met sy tradisionele waardes of psige nie. Daar is nog twee jaar tot die volgende algemene verkiesing. Dit wil sê terwyl Zuma dan president van die ANC is, is Mbeki president van die land. Twee jaar van ”oorvleueling” of “kohabitasie” soos die Franse dit noem; die situasie gaan onhoudbaar raak. In sy uiters invloedryke posisie as president van die ANC sal Zuma dit maksimaal moet benut om Mbeki te neutraliseer. Die teenoorgestelde geld ook.

Wanneer Zuma uiteindelik oorneem as president van die RSA eindig die vete nog nie. Dan sal hy uit sy pad gaan om elke struktuur en persoon wat Mbeki goedgesind was en nog mog wees, polities te neutraliseer. Maar, om dit te vergemaklik sal hy ten eerste die finaal onttroonde Mbeki van alle statuur, invloed en aansien stroop.

Beide Zuma en Mbeki het dus werklik rede om mekaar nie net te haat nie, maar ook om mekaar intens te vrees. Indien Mbeki ’n derde termyn as President van die ANC kon behaal, sou hy een van sy lojaliste as sy opvolger in die Uniegebou kon aanstel. Daardie persoon, iemand soos Phumzile Mlambo-Nguka, sou hy dan vanuit Luthuli-huis kon beheer. Hy sou kon sorg dat die NV Zuma agter tralies kry en hy sal in vrede, met die Zuma-faktor uitgewis, sy pyp kan rook.

Sou Zuma ná die Pietersburgkongres die ANC-presidentskap verkry, dan waai Thabo se pyprokend-rustig-agteroor-op-die-leuenstoel-met-rooi-telefoon-na-die-Uniegebou-droom, soos ’n wasige tabakwalm by die venster uit. Dit is my mening en ek mag verkeerd wees, dat hy nie die uitslag in so ’n geval gaan aanvaar nie. Hy gaan beweer die uitslag is gekook en dan gaan hy outokraties beheer oor die ANC en die land oorneem. Hiervoor gaan hy veral sy lojaliste, soos die Selebi’s wat hom baie skuld, in die veiligheidsmagte gebruik.

In so ’n geval gaan Zuma  se gewildheid met rasse skrede vermeerder. ’n Populêre opwelling is dan onvermydelik. Die veiligheidsmagte gaan nie die situasie kan afdwing soos in die Zimbabwe-geval nie. Die wiggies wat  „100% Zulu Boy“  nou reeds in die etniese krake van die groter beweging geplaas het, sal dan met mening ingedryf word. Die ANC as politieke entiteit sal aan skerwe spat en die samewlewing van die RSA gaan gewelddadig oopbars. Selfs die veiligheidsmagte sal na alle waarskynlik na gelang van etniese affiliasies opbreek. Die totale ANC-staat sal summier in duie stort en chaos sal heers.

Die blankes sal onvermydelik hierby ingesleep word. Selfs al sou ons aanvanklik as toeskouers op die rand probeer bly, is die kanse goed dat elemente binne die strydende faksies sou hoop dat, deur die klem na ons, die paaiboelie, te verskuif, dit die ANC en swart beweging in die algemeen weer sou verenig. Indien dit sou gebeur, sal ons nie ongedeerd daarvan afkom nie, maar die chaos sal te groot wees vir so ’n poging om swart eenheid, om nie eens te praat van swart hegemonie nie, te herstel.

In hierdie situasie sal iemand wat oor die organisatoriese middele en vermoë beskik om die magsvakuum te gryp en orde te herstel, na vore moet tree. Maar, soos ek dit reeds gestel het, hierdie is slegs ’n analise van ’n moontlike scenario.  Om te weet wat werklik vir ons voorle, sal ons maar moet wag en sien.

мозаика для хамамаФильчаков прокурор харькова

Vlae skep grense

Van kindsbeen af was ek gaande oor vlae. Veral Europese en Noord-Amerikaanse vlae. (Ek moet tog byvoeg dat die Kanadese vlag vir my baie mooier as die Amerikaanse vlag is.) Ek het nooit van enige Afrika-vlae gehou nie; die kleure was net eenvoudig te dof, net soos die mense wat hierdie donker kontinent bewoon.

ImageOor die ou Republieksvlag, wat eers die Unievlag was, het ek gemengde gevoelens gehad. As kind het ek nie die ideologiese afskuwelikheid van die Union Jack daarop begryp nie. Ek is nie ideologies grootgemaak nie, dus sou dit by my verbygaan. Nogtans het ek altyd gevoel dat die Union Jack die hele vlag se balans opvoeter. Eerstens is die blou in die klein Union Jack nie dieselfde as die blou op die basisvlag (Prinsevlag) se onderste baan en dus ook nie dieselfde blou as wat op die klein Vierkleur of die kleiner ‚Prinsevlag’ op die OVS-vlaggie is nie. Verder bestaan die basisvlag (Prinsevlag) sowel as die Vrystaatse vlag en Vierkleur uit horisontale en vertikale lyne. Dit vorm ʼn estetiese konsolidasie. Die Union Jack met sy diagonale lyne het weereens hierdie konsolidasie verbreek. Vir my het die Union Jack altyd gelyk soos ʼn septiese oog op ʼn andersins baie mooi vlag. My liefde vir die ou vlag was dus my lojalitiet teen die ou republiek en nie soseer die vlag met die seer oog nie.

Met my besoeke aan Europa het ek opgelet hoe trots daardie volke op hul vlae is. Wat my veral deesdae opval, is hoe daardie trotste van trotse nasies, die Amerikaners, by amper elke huis hul vlag vertoon.

Meer onlangs het die vlagverskynsel by provinsiale rugbywedstryde my aan die dink gesit. Die trots en fier waarmee ondersteuners hul onderskeie spanne se vlae vanuit motorkarre en op pawiljoene laat wapper het weereens vir my gewys dat ons mense ʼn besonderse liefde vir hierdie kategorie van simbole, nl. vlae, koester.

Vlae kom reeds in vroeë samelewings en van regoor die wêreld voor. Strydvlae, territoriale vlae, vorstevlae, familievlae, nasionale vlae en nog baie meer is alles deel van die geskiedenis van die vlag as identiteitsimbool. Ek sou sê dat ʼn eie vlag kultureel deel is van mens- en nasiewees. ʼn Nasie sonder ʼn vlag is soos ʼn mens sonder ʼn gesig.

Met die ANC se „Y-front“-vlag het alle trotse Afrikaners belangstelling in die idee van ʼn Suid-Afrkaanse vlag verloor. Dit is waarskynlik ook reg so want Suid Afrika as ʼn politieke eenheid is net so onvanpas as die  „Y-front”.

Nogtans is daar binne ons trotse en behoudende Afrikanergeledere ʼn gewoel met die strewe na ʼn Afrikanervlag. Dit is natuurlik blymoedig. Die pogings wissel vanaf die obskure Brawoland-vlag tot die AWB-besoedelde Vierkleur, tot die mees erkenbare Prinsevlag. Daar is natuurlik ook ʼn hele rits ander obskure aanpasings op hierdie vlae. Mees onlangs het ʼn onafhanklike vlagkomitee ʼn baie interessante vlag geloods waar die Union Jack bloot  verwyder is van die ou Republieksvlag en die gaping is toegewerk met die vlag van die Kaapse Rebelle. Klink vir my na ʼn baie pragmatiese poging en, wie weet, dalk is dit uiteindelik die vlag wat alle Afrikaners simbolies gaan saamsnoer? Dit is natuurlik as die vlagkomitee nie so ʼn aktiewe poging aanwend om die vlag vir die publiek weg te steek nie. Ek verstaan nie die doel van ʼn vlag wat niemand mag sien nie. In weerwil van die vlagkomitee se suksesvolle verberging van ʼn simbool wat andersins veronderstel is om aan ʼn paal te wapper vir die wêreld om te sien, het ek onlangs (elders op hierdie webwerf, nadat ek met PowerPoint en Paint rondgespeel het, die vlag gereproduseer en geplaas).

Intussen is ek heeltemaal tevrede met die Prinsevlag. Dit is ongetwyfeld esteties die sterkste van alle Afrikanervlae en het ook die meeste strategiese waarde (less gerus Prinsevlag is ʼn wapen!)

Maar nou laat die hele Afrikanervlagstrewe my ook kop krap oor ʼn ander saak. Almal woel rondom vlae, maar waar is die vlae? Is ʼn vlag nie ʼn ding wat veronderstel is om aan ʼn paal te hang nie? Iets vir die wêreld om te sien nie? ʼn Sterk en kleurvolle simbool wat se: „Dit is wie ons is, hierdie plek is ons s’n!“ In vorige gesprekke op die ou Praagforum het dit aan die lig gekom dat heelwat deelnemers „bang“ is hulle word deur swartes geviktimiseer en daarom wil hulle nie Afrikanervlae by hul huise vertoon nie. Sies! Papbroeke! Ek vermoed dat deel van die probleem is dat hulle skaam is om voor hul bure en liberale vriende hul volksidentiteit op te eis. Pateties!

Wel, ek is nie iemand wat deur ʼn Bantoe, Essa of ander lamsakkige liberaal geïntimideer word nie. Inteendeel, as intimidasie moet plaasvind, sal ek die een wees om dit te doen. En, dit is presies wat ek gedoen het. Ek het my pragtige Prinsevlag geneem en ʼn stewige kort vlagpaal aan die straatkant teen my huis aangebring. Die oranje-blanje-blou wapper elke met trots en fier tot amper binne in die straat en omdat ek weier om dit ooit af te haal, skyn ʼn lig snags daarop.

Die Bantoes, wat al ewig straat op en af drentel, loop nou nie meer op die sypaadjie aan my kant nie. Hulle hou maar aan die ander kant van die vlag… Maar behalwe dat ek duidelik ʼn hele paar Bantoes gewys het dat hier ʼn Boer met mening bly, merk ek ook op, die kere as ek straat se kant toe stap, hoe die blanke motoriste uit verbasing amper die pad byster raak… mooi!

Gegewe hoe die sg. „black diamonds“ ons buurtes indring, weet ons wat volg. Oormore trek oupa en ouma ook in. Dan volg die werklose broers en susters en al hul buite-egtelike kinders. Dan begin die vrinne saamdrom, die ghetto-blasters kom uit, die kaste en kaste quarts, die gehoer en rumoer, uiteindelik die bees wat geslag word en in die vroeë oggend, ʼn paar messteke later, mag dit dalk stiller raak. Dit is waarheen ons buurtes op pad is.

Die simbole wat in ʼn streek vertoon word sê iets oor die mense wat daar woon. Dit dui op hul ideologiese oriëntasie, waarvan hulle hou en nie hou nie. Dit is ook ʼn manier om te sê: hierdie is óns plek. As jy nie hier hoort nie, gee pad of ten minste voel onwelkom. Die grootste bevrediging is natuurlik as ek laat middae van die werk af kom. Die pragtige kleure van die Prinsevlag begroet my en ek is oortrek met hoendervleis. Die Oranje-blanje-blou sê vir my: „Hierdie is joune, jy is deel van ʼn trotse volk.“

Soos alle „black diamonds“ gaan Mnr. Xolela (ʼn fiktiewe karakter), wat deur een of ander groot maatskappy toegegooi is met geld, byvoordele en ʼn luukse Mercedes, vir seker sy nuwe status afrond deur na ʼn wit woonbuurt te verhuis.  Stel jou egter voor as meneer Xolela een Sondag besluit om bietjie woonbuurte, argumentsonthalwe in Pretoria, te besigtig. In hul pragtige blinkswart Mercedes ry die Xolela-„gesin“. Mnr en mev Xolela het op ʼn padatlas ʼn buurt geïdentifiseer. Op die agtersitplek sit hul vier kinders (Zodwa, Sandile, Thabo en Thembu). Zodwa (7) en Sandile (6) is mev. Xolela se buite-egtelikes. Zodwa se pa is mev. Xolela se vorige kêrel, maar sy weet nie wie Sandile se pa is nie. Die derde spruit is die kleine Thabo (4) en hy is mnr. Xolela se buite-egtelike kind by sy houvrou. Mnr Xolela is egter nie seker of hyself werklik die pa is nie. Die vierde en jongste is die kleine Thembu (3) en is mnr en mev Xolela se eie kind… Thembu het egter geen van sy vader se gelaatstrekke nie en die gesiggie trek baie sterk op die bure se agtienjarige seun wat tans te C-Max woonagtig is.

Sodra die Xolela’s die woonbuurt van hul keuse, wat op die padkaart geëien is, bereik, word hulle begroet deur huise en vlagpale wat lustig wapper met Prinsevlae, Vierkleure, OVS-vlae, Ou Republieksvlag (en dalk die vlagkomitee se nuwe Afrikanervlag as hulle intussen besluit het dat die geheim nou uit is en dat dit nie meer help om dit te weg te steek nie). Mnr Xolela gooi net daar ankers en die MB se ABS-remme spring met Duitse presisie (‚n gevolg wat mnr Xolela met onbegrypbare verbasing begroet) in werking. ʼn Spoedige ommeswaai en die Xolela’s bevind hulle 40 minute later terug in Soweto. Nadat hulle menige heftige woorde oor die gesig wat hul in die Pretoriase woonbuurt begroet het, geuiter het, besluit die Xolela’s dat Soweto net die plek vir hulle is.

Simbole en vernaam vlae maak ʼn baie sterk stelling. Dit bevestig nie net jou eie trots en selfvertroue nie, maar dit wys ook aan die onwelkomes dat hier ʼn kulturele en sigbare grens loop.  As indringer weet jy dat, as jy daardie grens nie respekteer nie, dinge dalk net vir jou baie moeilik kan raak…

Kom mense! Gaan hys daardie vlae!

справка 86Фильчаков прокуратура харьков

Lynnwood wys stedelikes h?t ruggraat

Skaars was my rubriek Bantoe-bewind moet onmiddellik eindig geplaas of daar was reaksie op die Praagforum. Die mening is geopper dat my analise oor stedelikes se onvermoë om teen  die regime te mobiliseer verkeerd is. Ook is gese dat my siening dat die Boere die Afrikaneradel verteenwoordig nie korrek is nie.

Nou ja, al is mens nie altyd gaande oor kritiek nie moet sulke insette verwelkom word.  Dit mag immers nie oor die skrywer se ego gaan nie, maar wel oor die waarheid. Hoe beter ons ons werklikheid begryp, hoe meer mag plaas dit in ons hande.  Waarskynlik was my analise naïef, maar terselfdertyd dink ek dat my verklaring beter gekontektualiseer behoort te word.

Soos in ’n vorige skrywe, is dit my mening dat landelike Afrikaners oor ’n beter sin van gemeenskap as stedelikes beskik. Ook hul grondeienaarskap, wat nou bedreig word, maak dat Boere ’n besonderse realiteit het wat daadwerklike handeling gaan vereis. Diegene wat my kritiseer, verstaan ook verkeerdelik dat my siening van die boeregemeenskap as onderskrywing vir georganiseerde lanbou dien. Dit is natuurlik nie waar nie; meermale het ek al die standpunt geuiter het dat landbou-organisasies in eie belang tot nadeel van die boeregemeenskap optree.

Nogtans verdien my kritici se argumente lof. My negatiewe beoordeling van stedelikes se morele vermoë om teen die regime te mobiliseer, is tereg gekritiseer. Binne dieselfde week wat ek hierdie oordeel gefel het, is my analise ten opsigte van stedelikes ten minste ten dele verkeerd bewys, en dit is verblydend.

Die Lynnwood-gemeenskap se eensydige padblokkades kom as ’n verfrissende gebeurtenis in ’n tyd wat mens bitter min rede het om positief oor ons volk se toekoms te voel. Amper ’n jaar gelede het Bok van Blerk die gevoel van ’n nuwe Afrikanerselfversekerdheid  uitgedruk, maar ongelukkig het Bok se eie gebrek aan selfversekerdheid die opwinding wat gevolg het sonder verdere uiting gelaat. Bok wat nie die moed gehad het om die liedjie „De La Rey“ se nasionalistiese strekking gestand te doen nie het onder die eerste druk, wat veral deur die media toegepas is, gou die bewering dat sy „De la Rey“-liedjie na die Afrikaner se huidige situasie verwys, verwerp en agter die NSA-vlag gaan wegkruip. Die ruggraatlose Bok se koue-pampoen-vrees het die volksgevoel onder sy ondersteuners in ’n mate laat taan, terwyl Bok se gierigheid hom baie gou genoop het om nog ’n „Afrikaner-nasionalistiese“ liedjie die lig te laat sien. Bok is ’n groot teleurstelling, maar wat belangriker is, is dat dit blyk dat ons mense ten einde laas deur realiteite gemobiliseer word eerder as deur onegte en geldgierige „kustenaars“.

Vandeesweek het Lynnwood se handeling teen die wense van die  Bantoe-bestuurde „metroraad“ as ’n welkome  aanmoediging vir alle blankes gedien. Hierdie was nie die emosiebelaaide euforiese handeling van ‚’n kamma-nasionalistiese kunstenaar se openbare optrede nie. Nee. Uit die geledere van welgestelde hoër-middelklasvoorstedelikheid het ’n selfversekerde teenkanting teen die regime opgeklink. Geen trompetgeskal of leuenagtige nasionalistiese brawade nie, net ’n omomwonde selfversekerde „nee“. „Nee, ons sal nie die blokades wegneem nie en as julle (polisie) daaraan raak sal ons julle die stryd aansê van die howe tot die strate.“ Dit is magsvertoon! „Julle los dit, of…“ ’n Stelling gevolg deur ’n dreigement van handeling. En, wat gebeur? Die polisie is druipstert daar weg. ’n Groep voorstedelike blankes ontwikkel die moed om te sê „Nee!“ en die magtige ANC-polisie verkrummel in die aangesig van blanke selfversekerdheid.

Hoewel ek geweldige bewondering vir die boere se „groenlig“-inisiatief het, sowel as hul meer onlangse pogings om onwettige immigrante te arresteer, moet hulle nog die durf toon wat hierdie groepie voorstedelikes bewys het en sê: „Raak julle net aan ons plase, dan…“ Die Lynnwooders het in die aangesig van moontlike arrestasie weens ’n onwettige handeling (die blokkade is nie goedgekeur nie) gesê: „Raak net daaraan…“

Dit is werklik my hoop dat dat ander buurte in Pretoria (en sommer landwyd) dieselfde eensydige handeling sal volg. Smee die yster terwyl dit warm is! Laat die Bantoes verkrummel…

Dit is belangrik dat Lynnwood sal moed hou en nie ingee nie.

Ek sê dankie Lynnwood! Baie, baie dankie! Julle het bewys wat vele van ons nog altyd geweet het, nl. dat die Bantoe geen werklike mag het nie.

Lank lewe Lynnwood!

Lank lewe Pretoria!

clue freeалександр лобановский харьков класс

Bantoe-bewind moet onmiddellik eindig!

Beide Anton Barnard en Gustav Venter se mees onlangse bydraes tot hierdie webkoerant het my weereens laat besin oor die ondraaglike situasie waarin ons verkeer. Terwyl Barnard die swarte se onvermoë om te beplan korrek opsom, is ek bevrees dat Venter se verklaring van die Afrikaners se sportbeswyming en ons gevolglike gebrek aan aksie ook enorme waarheid inhou.

Geruime tyd al verlekker ek my in sportkwotas en die Bantoe-burokratisering van ons sport. Dit het by my die hoop laat ontstaan dat die dopamienbeswyming waarvan Venter skryf ten einde sou loop. Nogtans merk ek op hoeveel Afrikaners geskok is wanneer ek  die hoop uitspreek dat  die Springbokke hierdie en daardie wedstryde verloor. Miskien moet dit nog slegter gaan en miskien moet al die spelers swart wees… Maar kan ons nog meer foltering verduur? Wil ons?

Teen hierdie agtergrond kon ek met ’n redelike gevoel van tevredenheid aan myself erken dat daar gelukkig darem heelwat Afrikaners is wat so siek en sat vir die NSA is dat geen hoeveelheid kitsch silwer bekers hulle hoop vir die toekoms van die  NSA sou gee nie. My gevoel is dat behalwe vir die anomalie van Naspers se personeel en die malste van die sportfanatici die meeste Afrikaners nou werklik keelvol is. Nogtans word byna geen teenstand gebied nie…

Die situasie in die land is tans so erg dat ek meermale voel asof ek in ’n tipe omgedraaide werklikheid leef waar nog net die wette van die natuur wag om ook omgekeer te word.  Moorde, verkragtings, aanrandings Afrikaner-verguising, die instroming van honderde duisende onwettiges per maand (200 duisend? 300 duisend? Hoeveel?!), blanke ekonomiese ontmagtiging, riool in drinkwater, konstante kragonderbrekings, wydverspreide korrupsie, dreigende plaasonteinings, uitbarstende plakkerskampe, verkrotting van ons middestede, astronomiese belastings wat geen voordeel vir die betalers inhou nie, verregaande arbeidswetgewing en vele meer is alles deel van die absurditeit van die ANC-orde.

As mens mooi daaroor dink het die hele situasie die blote werklikheid van ’n ANC-regering opsigself ’n absurditeit gemaak. Die idee van hierdie regime oor ons mense het nou so geklik geraak dat dit vergelykbaar is met ’n malhuis waar die sielsiekes die psigiatriese personeel bestuur in stede van andersom. Dit is pandemonium… Of dalk sou die beskrywing van ’n barbaarse kriminele regering oor ’n Westerse minderheid volstaan. Hierdie selfde absurditeit  het onder Zanu PF gelei tot die totale vernietiging van die eens florerende Rhodesië/Zimbabwe. Indien ons met hierdie kennis nie die huidige toestand in ons land probeer omkeer nie, maak ons onself sekerlik skuldig aan ’n vorm van immoraliteit.

’n Tipiese voorbeeld van hierdie soort absurditeit (waarvan daar nimmereindige voorbeelde is) is die Departement van „Korrektiewe“ Dienste wat R35 000 per dag aan restaurant-uitgawes bestee! Die mees onlangse geval, wat die diefstal van welsynsgeld deur 21 000 welsynsamptenare behels, bewys onteenseglik die huidige bestel se korrupte en kriminele aard. (U het reg gelees: dit die getal is 21 000!) Hierdie situasie getuig van totale disfunksionaliteit in die huidige staatsbestuur. Vanaf die polisiehoof tot die laagste welsynsamptenaar bedryf misdaad op die rekening van die oorwegend blanke belastingbetaler.

Vir praktiese doeleindes is die ANC-staat die grootste misdaadsindikaat in die land. Terwyl amper elke amptenaar (wat meesal swart is) gedurig staatsgelde vir persoonlike verryking probeer aanwend, staan ons magteloos om van hierdie regime by die stembus ontslae te raak. Die diktatuur van die Afrika-meerderheid is absoluut en d.m.v. staatkundige prosesse staan ons magteloos jeens hierdie oorheersing. Nogtans word daar aan ons voorgehou dat ons in ’n demokrasie leef. Hier bestaan geen demokrasie nie! Hierdie is ’n rassebestel van swart oorheersing. In die afwesigheid van die demokrasie en ’n verantwoordelike staat het Afrikaners geen plig om gehoorsaam aan hierdie staat te wees nie.         

Onvermydelik moet ek myself afvra waarom ons langer hierdie absurditeit duld. Miskien is dit omdat ons aan die wanpersepsie ly dat hulle mag oor ons uitoefen. Goed, ek erken daar is ’n beperkte mate van mag, maar selfs dit is grotendeels ’n situasie wat deur ons geskep word. Ja, dit is waar. Deurdat ons hulle foutiewelik as magtig waarneem, is ons onderdanig. Die werklikheid is egter dat hul ‚mag’ slegs waargenome mag is wat herhaaldelik deur die media aan ons as werklike mag uitgebeeld word. Ons word gebreinspoel.

Die enigste blankes wat uit hierdie regime voordeel trek, is groot besigheid en ook hierdie vyande sal tydens ’n Afrikanerrewolusie geëlimineer moet word. Die ANC het ons met behulp van groot besigheid en staatsmedia sielkundig gekoloniseer. As ons daardie sielkundige juk sou afgooi is die ANC-regime in groot moeilikheid.

Binne die huidige politiek korrekte kultuur is ons mense gans te verlam om enigsins te mobiliseer. Om die beperkinge van hierdie toestand te verbreek, het ons ’n krisis nodig. Alleen ’n nasionale krisis (waar oorlewing die sentrale kwessie is) sal daarin slaag om die kettings van politieke korrektheid te breek. Wanneer ons van daardie gevangenis ontglip, sal ons die sielkundige beweegruimte hê om die regime op elke denkbare gebied die stryd aan te sê.

Ek glo dat die regime reeds vir ons die aanvoorwerk vir so ’n krisis in veral die landbousektor gedoen het. Deur te dreig om ons boere te onteien het die boere die morele reg om hul tot alle middele te wend om hul posisie te verdedig.

Soos ek reeds voorheen aangevoer het, sal mobilisering nie vanuit die geledere van die stedelike Afrikaner kom nie. Daarvoor is lg. heeltemal te gedemoraliseer. Die Boere verteenwoordig die adel van ons volk, die mense met die morele ruggraat om standpunt in te neem. Waarop die Boere wel kan vertrou, is dat indien hul tot aksie sou oorgaan die oorgrote meerderheid stedelike Afrikaners daadeur geïnspireer sou word en hul op verskeie wyses sal ondersteun.

Sodoende sal die ideologiese beweegruimte geskep word om die regime se beheer oor ons te vernietig. Die sielkundige houvas van die ANC sal gebreek word. Die juk van sielkundige kolonisering deur die regime moet afgegooi word. Die huidige absurditeit waarin ons leef mag nie langer voortduur nie. Die ANC het die speelveld nou so gemanipuleer dat ons algehele ekonomiese, kulturele en waarskynlik biologiese uitwissing in die gesig staar. Hierdie ondraaglike situasie moet onmiddellik verander word en ons alleen kan dit bewerkstellig.

гидроаккумулятор купитьДанильченко Юрий Харьков