Die polisie in Pretoria ondersoek ‘n skelmstreek deur swendelaars wat hulle as tweedehandse motorverkoopsmanne voordoen. Kapt. Collette Weilbach, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê vyf sake word by die Villieria-, Pretoria-Sentraal en Sinoville-polisiekantore ondersoek. Die swendelaars wag by die motorhandelaars en oortuig potensiële kopers om geld aan hulle te gee in ruil vir afslag op die motor
Veiligheidsraad verdeel oor Egipte
Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het ‘n beroep op die Egiptiese regering en die Moslembroederskap gedoen om hulle van geweld te weerhou en versoening na te streef. Die Raad het na ‘n noodsitting Donderdagnag egter nie ‘n konsensus-verklaring kon uitreik oor die hernieude geweld in Egipte wat reeds meer as 600 lewens geëis het
R33 steeds gesluit weens sianied-ongeluk
Die R33 tussen Piet Retief en Amsterdam in Mpumalanga is steeds gesluit ná ‘n toksiese chemiese storting op die pad. Die roete is sedert Maandag vir verkeer afgesper. Volgens ‘n woordvoerder van die Mkhondo-munisipaliteit het ‘n vragmotor met natrium-sianiedbrikette omgeslaan. ‘n Spesiale span werkers moet die brikette glo met die hand verwyder. Die vragmotor was
NUM, Solidariteit sal nie Marikana-slagting herdenk nie
Duisende mense sal na verwagting opdaag vir die herdenkingsdiens op Wonderkop by Marikana waar 34 mynwerkers ‘n jaar gelede gedurende onwettige stakings in ‘n polisielokval omgekom het. Vakbonde, waaronder NUM en Solidariteit, het Amcu se uitnodiging om deel te neem van die hand gewys. President Jacob Zuma het intussen om kalmte gepleit nadat nog sterftes
Lees verder: NUM, Solidariteit sal nie Marikana-slagting herdenk nie
SA polisie verkoop hul uniforms, ammunisie aan skelms
Daar moes onlangs dringend opgetree word om te verhoed dat polisieklere en -wapens in die verkeerde hande beland, het die Bellvillese Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof Maandag in Kaapstad aangehoor. Kaptein Cathline Jephta van die polisie se taktiese reaksie-eenheid het aan die hof gesê: “Toe ons hoor dat ‘n polisiebeampte by die onwettige verkoop van polisie-uniforms betrokke was,
Lees verder: SA polisie verkoop hul uniforms, ammunisie aan skelms
Uitspraak in MDC-aansoek voorbehou
‘n Zimbabwiese Hoërhof het uitspraak voorbehou in ‘n aansoek van die opposisieleier, Morgan Tsvangirai, om die land se verkiesingliggaam te dwing om materiaal oor verlede maand se presidensiële verkiesing bekend te maak. Tsvangirai voer aan dat die materiaal noodsaaklike getuienis sal voorsien in sy hoof regsgeding om die presidensiële uitslae nietig te verklaar omdat dit
Arrestasie in Kaapse babaverkragtingsaak
Volgens die Wes-Kaapse polisie, sal ‘n man Donderdag in die Ceres-Landdroshof verskyn in verband met die verkragting van ‘n vier-maande oue baba en ‘n sewe-jarige seun. Lt-Kol Andre Traut sê die 25-jarige man, wat ook ‘n lokale plaasarbeider is, is Woensdag gearresteer. Hy sê: “Kriminele oortredinge teenoor kinders word deur ons as topprioriteit beskou. Ons
Egipte, nog ‘n beleidsramp vir Obama
Met nog ‘n bloedbad in die strate van Kaïro, het Egipte se regerende generaals bo enige twyfel gewys en blykbaar min belang daarin het om nie ‘n junta te lei nie. Nieteenstaande toon hulle egter min aanleg daarvoor. Die politieke rigting waarin genl Abdul Fattah-el-Sisi, – Egipte se de facto-leier – tans met die wrede onderdrukking
Polisie kan nie misdadigers in hul eie geledere uitken nie
Ten minste 1 448 polisiebeamptes in die polisie het vorige veroordelings, en ten spyte daarvan tree die SAPD nie teen hulle op nie. Meer as 300 offisiere in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, van wie 11 senior offisiere is, het ’n misdaadgeskiedenis gehad voordat hulle by die diens aangesluit het. Die veroordeeldes is versprei oor die land
Lees verder: Polisie kan nie misdadigers in hul eie geledere uitken nie
Polisiebeampte stuit gewapende rowers
‘n Vrystaatse polisiebeampte het met drie rowers afgereken, het ‘n polisiewoordvoerder gesê. Ao. Zweli Mohobeleli het gesê die drie mans het probeer om ‘n afleweringsvoertuig by ‘n spaza in Grasslands naby Bloemfontein te beroof. Die voorval het omstreeks 10:00 plaasgevind. Die broodafleweringsvoertuig het stilgehou by die winkel toe die drie mans die bestuurder met ‘n
