NUM, Solidariteit sal nie Marikana-slagting herdenk nie

wonderkopDuisende mense sal na verwagting opdaag vir die herdenkingsdiens op Wonderkop by Marikana waar 34 mynwerkers ‘n jaar gelede gedurende onwettige stakings in ‘n polisielokval omgekom het.

Vakbonde, waaronder NUM en Solidariteit, het Amcu se uitnodiging om deel te neem van die hand gewys.

President Jacob Zuma het intussen om kalmte gepleit nadat nog sterftes onlangs by Wonderkop aangemeld is en daar daar sprake van hernude geweld tussen die twee strydende vakbonde NUM en Amcu was.

Hy het die land gevra om 16 Augustus as ‘n dag van gebed en verootmoediging te beskou.

Die NUM en Solidariteit sal aan die herdenking by Marikana deelneem nie. Solidariteit se adjunk-hoofsekretaris – Gideon du Plessis – sê sy vakbond is nie bereid om die verhoog met Lonmin te deel nie.

Die Metodiste Kerk van Suid-Afrika sê intussen geleenthede om die slagting te herdenk, moet met waardigheid plaasvind. Biskop Ziphozile Siwa sê die onderskeie seremonies wat gehou word mag nie politieke ondertone hê nie.

Siwa het ook ‘n pleidooi gelewer vir finansiële ondersteuning vir die Marikana kommissie.

Op 16 Augustus verlede jaar is 34 mynwerkers dood en 78 beseer toe die polisie met skerppunt-ammunisie op onwettige stakers geskiet het.

Familielede en naasbestaandes van die slagoffers sal na verwagting die eerste herdenking van die slagting in Rustenburg bywoon.

Die ANC in Noordwes het by die mynwerkersvakbond, NUM aangesluit en boikot die herdenking omdat dit volgens hulle nie die Marikana-ondersteuningsgroep ondersteun wat die geleentheid georganiseer het nie.

Die ANC sê hulle beskou dit as immoreel en onaanvaarbaar dat ‘n traumatiese voorval die politieke speelveld van sommige partye word.

Die Grondwethof sal vandag ‘n beslissing maak oor of die Staat die regskostes van die mynwerkers moet betaal wat tydens die Marikana voorval gewond of in hegtenis geneem is.

Indien die Marikana kommissie wat die dood van die slagoffers ondersoek nie staatsbefondsing ontvang nie, loop dit die gevaar om uitmekaar te val. Advokaat Dali Mpofu verteenwoordig die mynwerkers.

Hy het die Staat hof toe geneem en gevra dat sy regspan vir hul dienste betaal word, aangesien die privaat instansies nie langer hul weg oopsien om die slagoffers se regspan te ondersteun nie.

6 thoughts on “NUM, Solidariteit sal nie Marikana-slagting herdenk nie”

  1. Gee vir hulle genoeg, ek bedoel genoeg drank en wapens, omtrek die polisie en kom ons kyk wat gebeur.
    Weereens bakhande gaan staan en die belastingbetaler se geld gebruik vir iets wat niks met ons te doen het nie? Nee magtig dit is mos nie die belastingbetaler se verantwoordelikheid nie. Indien ek nie iets kan bekostig nie moet ek daarsonder teen wil of dank.

    Indien die hof teen hulle besluit kan ek julle ‘n brief gee, gaan hulle weer betoog en geweldadig raak. Mens lees hierdie gemors al soos ‘n boek.

  2. Gister was daar op CNN gebeeldsend hoe net blanke
    polisie die onskuldige werkers by Marikana doodskiet soos vliee – as nogsteeds
    die “aftermath of Aparthaid” .

    Vandag is Pik verraaier Botha saam met Solidariteit
    op die voorblad van die Beeld oor hoe goed die blankes daaraan toe is (in plek
    van die verraaier FW de Klerk en in samewerking met) om te pleit vir
    samewerking om die reenboognasie te red. Waarskynlik omdat Pik na twintig jaar
    vir n slag nugter geskrik is en nou weer moet gaan onderhandel in opdrag van
    sy mede Afrikanervolk ondergrawer en bloedbroer Kissenger om die blankes verdere
    verraad mak te hou. Natuurlik nogsteeds verbeel Pik hom dat hy nog die reg het
    om namens ons Afrikaners te praat. Vermoedelik asgevolg van geinduseerde
    breinskade? saam met hulle protege Flip Buys?

    Eintlik goeie nuus – want ek vra die vraag hoekom
    nou na twintig jaar? Waarvoor is julle verraaiers bang?

  3. My gevoel oor hierdie saak is dat die polisie en die regering hulle hand lelik oorspeel het in hierdie geval. Nou weier die regering om die mense met finansiële hulp by te staan sodat die ondersoek behoorlik afgehandel kan word. Wat het die regering om weg te steek?

    Ek weet op die ou end is dit ons as belastingbetalers wat weer die spit gaan afbyt maar hulle kan miljarde op allerhande ander snert mors maar hier waar hulle eie oordadigheid uitgewys kan word nou is daar nie geld nie? Ek ruik lont.

  4. Kom nou Skolliedariteit – julle kan nie die ‘game’ halfpad speel nie – as julle saam met die groot honde van Azania wil blaf, moet julle dit voluit doen! Stel sommer kwota’s in Skolliedariteit se bestuur ook in! Of is julle wit wanneer dit julle pas (wanneer julle geld invorder) en veelrassig as dit julle pas (as julle geld uitdeel)?

Maak 'n opvolg-bydrae