Die polisie in Pretoria ondersoek ‘n skelmstreek deur swendelaars wat hulle as tweedehandse motorverkoopsmanne voordoen.
Kapt. Collette Weilbach, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê vyf sake word by die Villieria-, Pretoria-Sentraal en Sinoville-polisiekantore ondersoek.
Die swendelaars wag by die motorhandelaars en oortuig potensiële kopers om geld aan hulle te gee in ruil vir afslag op die motor waarin hulle belangstel.
Weilbach het voornemende kopers aangeraai om direk met die handelaars in verbinding te tree om te verseker die transaksie is wettig. – Sapa
