Die polisie in Pretoria ondersoek ‘n skelmstreek deur swendelaars wat hulle as tweedehandse motorverkoopsmanne voordoen.
Kapt. Collette Weilbach, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê vyf sake word by die Villieria-, Pretoria-Sentraal en Sinoville-polisiekantore ondersoek.
Die swendelaars wag by die motorhandelaars en oortuig potensiële kopers om geld aan hulle te gee in ruil vir afslag op die motor waarin hulle belangstel.
Weilbach het voornemende kopers aangeraai om direk met die handelaars in verbinding te tree om te verseker die transaksie is wettig. – Sapa

Wat nog?
Ag nee wat, indien jy so onnosel is om geld aan ‘n wild vreemde te gee, hulle boonop nog glo, moet jy maar daardie skoolgeld betaal vir domheid. Geen simpatie.
STEM
Die swendelaars wag by die motorhandelaars! Kan die motorhandelaars nie sien daar is vreemde skelm elemente op die perseel nie?
Hulle deel die “Buit” natuurlik.
Another one better fit for The Daily Icelander. How stupid do you have to be to fall for this in 2013??