‘n Vrystaatse polisiebeampte het met drie rowers afgereken, het ‘n polisiewoordvoerder gesê.
Ao. Zweli Mohobeleli het gesê die drie mans het probeer om ‘n afleweringsvoertuig by ‘n spaza in Grasslands naby Bloemfontein te beroof. Die voorval het omstreeks 10:00 plaasgevind.
Die broodafleweringsvoertuig het stilgehou by die winkel toe die drie mans die bestuurder met ‘n vuurwapen gedreig het. Die rowers het die man van geld beroof.
Die polisiebeampte, wat nie ten tye van die voorval aan diens was nie, het ingegryp, waarna die verdagtes op hom begin skiet het.
Die beampte het hulp ontbied en sy kollegas by die nabygeleë Bloemspruit-polisiekantoor het hom gehelp om twee mans in hegtenis te neem. Die polisie het beslag gelê op ‘n vuurwapen en geld. Een verdagte is nog op vrye voet.
Die twee mans sal binnekort op aanklag van gewapende roof in die Bloemfontein-landdroshof verskyn. – Sapa

Goeie nuus vir ‘n verandering. Ek dink indien die polisie, of vir wat dit werd is, enige persoon wat deur hierdie gemors aangeval of op geskiet word en jy is gewapen om die gemors vrek te skiet mens moet nie sulke geleenthede mis nie.
Hiemee my opsomming:
1. Die “rowers” het die poliesman geken en hy moes plan maak.
2. Die “rowers” het hom nie ingesluit in hul planne dus het hy geld verloor…
Ek is oop vir nog voorstelle…