Polisie kan nie misdadigers in hul eie geledere uitken nie

saps5Ten minste 1 448 polisiebeamptes in die polisie het vorige veroordelings, en ten spyte daarvan tree die SAPD nie teen hulle op nie.

Meer as 300 offisiere in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, van wie 11 senior offisiere is, het ’n misdaadgeskiedenis gehad voordat hulle by die diens aangesluit het.

Die veroordeeldes is versprei oor die land en in die Wes-Kaap.

Lt.genl. Nkrumah Mazibuko, waarnemende adjunkkommissaris vir menslike hulpbronne, het gister aan lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie-aangeleenthede gesê daar is polisiebeamptes wat selfs ander mense se vingerafdrukke op hul aansoekvorms gebruik.

Selfs psigometriese toetse word namens applikante gedoen. Meer as ‘n duisend lede het ‘n misdaadrekord ná indiensneming gekry. Van hulle het reeds veelvuldige oortredings begaan.

Alhoewel sulke lede onderworpe is aan ’n tugproses kan hulle appèl aanteken en  word hulle weer in diens geneem.

Die tugproses gaan glo hersien word . “Ons is besig om die tugstelsel te hersien om te verseker tugprosesse word behoorlik uitgevoer,” het Mazibuko gesê.

Annelizé van Wyk, komiteevoorsitter, het gevra hoe dit moontlik is dat die polisie nie weet dat een van hul lede in die hof verskyn vir ’n misdaad nie: “Hoe is dit moontlik in hul eie omgewing?”

Mazibuko het ontken dat polisie-beamptes se agtergrond nie meer nagegaan word nie.

Hy het gesê dit is moeilik om agter te kom of ’n polisiebeampte ’n misdaadrekord het as die misdaad nie in die provinsie gepleeg is waarin hy werk nie.

6 thoughts on “Polisie kan nie misdadigers in hul eie geledere uitken nie”

  1. Die hele indiensneming en werwingsbeleid moet opgeskeur en ‘n nuwe een opgestel word deur dié wat meer sense tussen die ore het as die huidiges. Maar soos ek die getalle in hierdie berig lees twyfel ek of daar beter kandidate is. Lyk my die grootste gedeelte in die SAPD is ‘n misdaad nes.

  2. Ontbind die hele SAPD. Gaan terug na die ou stelsel se werwing en opleiding metodes en begin heel van voor met die basiese polisie werk as begin punt. Soos die Ingelse seg “back to basics”
    Soos ek al geseg het, mens kan nie meer die polisie vertrou nie, alhoewel daar nog is wat wel hulle werk onder moeilike omstandighede doen. Die woorde wat ons nie meer wil hoor nie of bang is voor is “ons is van die regering en hier om jou te help” vreesaanjaende woorde.

  3. Bla bla bla. Vertel my een ding asb. Hoekom was misdaad in die tyd van die 2010 bolskoppery nul?

    Ek het twee verduidelikings, en ek glo altwee geld
    1. Die rampokkerbende (lees Polisie) was besig gehou deurentyd met watookal hul besig gehou was. Dus kon hul nie plaasmoorde uitvoer ens..ens.. nie
    2. Daar is ‘n boodskap uitgestuur vanaf die anc regering dat plaasmoorde (en misdaad) eers bietjie moet wag totdat die bolskoppery klaar is, met ander woorde, todat die wereld se oe van ons af is.

    Maklik soos dit….

Maak 'n opvolg-bydrae