Die Springbokkaptein, Jean de Villiers het sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig nadat hy sy kakebeen beseer het. Hy keer vandag na Suid-Afrika terug en sal waarskynlik ‘n operasie aan sy kaak moet ondergaan. Suid-Afrika het hul sokkies opgetrek in die Rugby Wêreldbekerkragmeting teen Samoa met ‘n oorwinning van 46-6, maar die 34-jarige De Villiers,
Afrikaanse sakeman terug in SA na nagmerrie in EG-tronk
Die Suid-Afrikaanse sakeman, Daniel Janse van Rensburg is met sy familie by die George-lughawe herenig, nadat hy vir twee jaar in Ekwatoriaal Guinee aangehou is. Janse van Rensburg, van Hoekwil naby Wildernis, het vroeër uitgeput op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in Suid-Afrika aangekom. Die gesin se nagmerrie het twee jaar gelede begin,
Lees verder: Afrikaanse sakeman terug in SA na nagmerrie in EG-tronk
Bloedmaan ontstig Mormone
Sterrekykers in Suid-Afrika kon vroeg Maandagoggend ‘n skaars hemelverskynsel gadeslaan. Suid-Afrika was slegs een van ses plekke in die wêreld waar die gebeurtenis te siene was. ‘n Maansverduistering tesame met ‘n sogenaamde super-maan, bloedmaan of rooi maan was in die hemelruim sigbaar. Dit was die eerste maal in 33 jaar wat die verskynsel voorkom, terwyl
Zuma, Merkel bameer NAVO vir vlugtelingkrisis
President Jacob Zuma het herhaal dat die aanval op Libië deur ‘n NAVO-geleide koalisie in 2011 tot die huidige vlugtelingkrisis in Europa bygedra het. Hy het by ‘n funksie by die Verenigde Nasies se hoofkantoor in New York gepraat, waar Suid-Afrika as gasheer opgetree het Vrydag. Die byeenkoms is gehou om Suid-Afrika se leierskap van
Leon Lemmer: Max du Preez en die HAT
Max du Preez moet elke week ‘n hele aantal skrywes vir publikasie lewer om sy lewenstandaard te handhaaf. Dit is nie altyd maklik om ‘n onderwerp te kry wat nuwerig lyk nie. Onlangs het hy byvoorbeeld gevra: “Wat is jóú vooroordele?” (Die Burger, 19 deser, p 11). Du Preez vertel van ‘n swart “jappie” wat
EFF wil Die Stem uit nasionale volkslied
Die EFF het ‘n beroep gedoen dat Die Stem uit die nasionale volkslied verwyder word, het RSG berig. ‘n Woordvoerder van die EFF, Mbuyiseni Ndlozi het in ‘n erfenisdag-verklaring gesê dat Nkosi Sikelel’ iAfrika gesing moet word soos dit tydens die koloniale- en apartheidsjare gesing is, sonder die vers wat uit die voormalige volkslied, Die
Onrus by Bloemfontein bedaar
Die situasie in Heidedal by Bloemfontein waar chaos Woensdag geheers het, blyk terug na normal te wees. Dit volg na ‘n beweerde bendegroep genaamd die AmaRomans, amok veroorsaak het en skole op hol gehad het en met geweld gedreig het. Skole is ontwrig toe bendelede net na 08h00 Wonesdagoggend skole in Heidedal probeer binnegaan het
Moslems vertrap mekaar by pelgrimsbyeenkoms
Dit is steeds nie duidelik of Suid-Afrikaners dood of beseer is tydens ‘n stormloop by ‘n Moslembyeenkoms in Mekka nie. Meer as 700 mense is dood en sowat 800 is beseer in die stormloop tydens die Hajj-pelgrimstog in Saoedi-Arabië. Dit is die ergste ramp tydens die pelgrimstog in 25 jaar, ten spyte van miljarde dollar
Pous pleit vir afskaffing van doodstraf, oop grense
Die Pous het ‘n oproep ter afskaffing van die doodstraf wêreldwyd voor die Amerikaanse Kongres gedoen. Hy het ook ‘n pleidooi vir oop grense geloods. Dit is die eerste keer dat die leier van die Rooms-Katolieke kerk ‘n gesamentlike vergadering van Kongres toespreek. “Die Goue Reël herinner ons ook aan ons verantwoordelikheid om menslike lewens
Lees verder: Pous pleit vir afskaffing van doodstraf, oop grense
Johannesburgse stadsraad beplan ‘ekomobiele’ Oktobermaand
Die Johannesburgse stadsraad maak gereed vir ‘n “ekomobiele wêreldfees” tydens aanstaande maand wat op die sakesentrum Sandton sal fokus. Die fees is deel van ‘n wêreldwye poging om meer ekovriendelike en gesonde vervoermiddels soos fietsry en stap, asook openbare vervoer, aan te moedig. Tesame met ekomobiliteit sal besoekers en pendelaars egter ook ‘n goeie dosis
Lees verder: Johannesburgse stadsraad beplan ‘ekomobiele’ Oktobermaand
