Bloedmaan ontstig Mormone

Sterrekykers in Suid-Afrika kon vroeg Maandagoggend ‘n skaars hemelverskynsel gadeslaan.

Suid-Afrika was slegs een van ses plekke in die wêreld waar die gebeurtenis te siene was.

‘n Maansverduistering tesame met ‘n sogenaamde super-maan, bloedmaan of rooi maan was in die hemelruim sigbaar.

Dit was die eerste maal in 33 jaar wat die verskynsel voorkom, terwyl die maan ook op sy naaste aan die aarde verbybeweeg.

Sterrekundiges sê die volgende keer wat dit gebeur sal in 2033 wees.

Apokaliptiese voorspellings het vrese onder Mormoonse volgelinge oor die dreigende eindtyd, het dié kerk genoop om lidmate in ‘n verklaring gerus te stel.

Dit is onduidelik hoeveel lede ingekoop het in die voorspelling, maar Mormoonse leiers was bekommerd genoeg dat hulle het die seldsame stap hierdie week het om ‘n openbare verklaring uit te reik waarin hulle waarsku dat lidmate nie op loop moet gaan met visioene van die apokalips nie.

Leiers van die kerk het sy 15 miljoen lede wêreldwyd aangemoedig om nie voor wilde spekulasie oor onlangse politieke gebeure te swig nie.

Die vlugtelingkrisis in Europa, globale ekonomiese verlangsaming, vulkaanuitbarstings, die vertrapping van Moslempelgrims in Mekka, ‘n verwoestende 8,3-aardbewing in Chili, massiewe brande in Kalifornië en elders, verhoogde konflik in die Midde-Ooste, asook ongure weerstoestande, het glo daartoe bygedra dat lidmate die eindtye vrees.