Bloedmaan ontstig Mormone

Sterrekykers in Suid-Afrika kon vroeg Maandagoggend ‘n skaars hemelverskynsel gadeslaan.

Suid-Afrika was slegs een van ses plekke in die wêreld waar die gebeurtenis te siene was.

‘n Maansverduistering tesame met ‘n sogenaamde super-maan, bloedmaan of rooi maan was in die hemelruim sigbaar.

Dit was die eerste maal in 33 jaar wat die verskynsel voorkom, terwyl die maan ook op sy naaste aan die aarde verbybeweeg.

Sterrekundiges sê die volgende keer wat dit gebeur sal in 2033 wees.

Apokaliptiese voorspellings het vrese onder Mormoonse volgelinge oor die dreigende eindtyd, het dié kerk genoop om lidmate in ‘n verklaring gerus te stel.

Dit is onduidelik hoeveel lede ingekoop het in die voorspelling, maar Mormoonse leiers was bekommerd genoeg dat hulle het die seldsame stap hierdie week het om ‘n openbare verklaring uit te reik waarin hulle waarsku dat lidmate nie op loop moet gaan met visioene van die apokalips nie.

Leiers van die kerk het sy 15 miljoen lede wêreldwyd aangemoedig om nie voor wilde spekulasie oor onlangse politieke gebeure te swig nie.

Die vlugtelingkrisis in Europa, globale ekonomiese verlangsaming, vulkaanuitbarstings, die vertrapping van Moslempelgrims in Mekka, ‘n verwoestende 8,3-aardbewing in Chili, massiewe brande in Kalifornië en elders, verhoogde konflik in die Midde-Ooste, asook ongure weerstoestande, het glo daartoe bygedra dat lidmate die eindtye vrees.

4 thoughts on “Bloedmaan ontstig Mormone”

  1. Dit verbaas my altyd hoe die mens die eindtyd wil voorspel. Hierdie mense wat maak asof hulle die Bybel ken, en dan die uitspraake maak, word telkens “teleur gestel”. Die Bybel se dan self dat Niemand weet wanneer die oordeelsdag kom nie, nie eers die Seun weet dit nie , net God alleen. So miskien die wat altyd die oordeelsdag verkondig ken hulle bybel dalk nie so goed nie………..mmmmmmmmmmm……..

    1. Jy is heeltemal reg, maar het god ook in Esegiel, Jesaja, Daniel en Openbaring gesê dat daar wel verskynsels sal wees wat die mens sal waarneem en dan sal hy weet dat die einde in sig is, maar niemand, soos jy tereg sê weet wanneer nie. Daarom, moet ons almal maar soos die vyf wyse en dwase meisies wees, maar ons moet soos die vyf wyses wees. Reg, as jou tyd kom, moet jy reg wees. Elkeen wat hier lees, IS JY REG OM TE GAAN AS DIT JOU TYD IS????. Ken jy God, ken jy Sy seun, Christus Jesus.? Het jy ‘n verhouding met Hom.? Is jy gedoop? Vra net, laat elkeen wat hier lees net wonder en dit oordink. Ek dlo die Heilige Gees sal jou oortuig van jou lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae