‘n Vragmotor wat sianied vervoer het op die R33 tussen Amsterdam en Piet Retief in Mpumalanga omgeslaan. Die hoofbrandweerbeampte van die Mkhondo plaaslike munisipaliteit, Anton Nortje, sê die pad sal tot môre gesluit word vanweë die gevaar om die gifstof te verwyder. Hy het motoriste versoek om van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Klipgooiers versper pad, brand voertuig in Limpopo
Inwoners van Ha-Bungeni buite Makhado in Limpopo het ‘n voertuig van die Departement van Watersake aan die brand gesteek en ‘n sjebeen afgebrand. Die inwoners het die Bungeni-Mashau-pad ook versper en voertuie beskadig uit woede nadat die liggaam van ‘n verstandelik gestremde man gevind is. Intussen is die situasie kalm by Tshisaulu naby Thohoyandou waar
Lees verder: Klipgooiers versper pad, brand voertuig in Limpopo
Boer beswyk ná plaasaanval
‘n Bejaarde boer het die naweek aan sy beserings beswyk nadat hy verlede week op sy plaas buite Vanderbijlpark aangeval is. Die hoofstroommedia probeer die aanval as ‘n “roof” voorhou en die aanvallers as “rowers”. Aanvallers het die drie-en-sewentigjarige Hennie Bentley Dinsdag in die bors geskiet. Sy seun, George, is in dieselfde aanval beseer, en
Word ‘n PRAAG-vrywilliger!
PRAAG is op soek na vrywilligers om op verskeie van ons komitees te dien: Menseregte: ons kom al hoe meer menseregtevergrype teen Afrikaners/blankes teë wat aandag verg. Ekonomie: ons ondersoek tans verskeie ekonomiese geleenthede en projekte wat werk en welvaart vir Afrikaners kan skep. Onderwys: daar heers steeds verskeie bedreigings vir Afrikaanse onderwys en ons
Turok hou vol dat doodsdreigemente ernstig is
Professor Ben Turok, voorsitter van die parlementêre etiekkomitee, het volgehou dat doodsdreigemente teenoor hom ernstig opgeneem moet word. Die komitee het bevind dat Dina Pule, minister van kommunikasie, haar skuldig aan opsetlike leuens aan die parlement gemaak het het tov haar finansiële belang mbt die 2012 ICT Indaba. Die polisie hou vol dat die oudminister
ANC-raadslid doodgeskiet na oorlopery
Die ANC in KwaZulu-Natal het bevestig dat een van sy raadslede op Ulundi doodgeskiet is. Die skietvoorval het gebeur ure nadat die ANC drie raadslede en 700 nuwe lede in sy midde verwelkom het wat van die IVP en NFP in die Nongoma-gebied na die party oorgeloop het. ‘n ANC-woordvoerder, Senzo Mkhize sê die raadslid
Regering sal Marikana-slagting gedenk
Verskeie geleenthede om die Marikana-slagting te gedenk word beplan deur die regering, geaffekteerde gemeenskappe, mynmaatskappye en vakbonde, het die nasionale kommissaris van polisie Riah Phiyega gesê. “Ek vra dat ons ernstig bid vir die familie, vriende en kollegas van die sekuriteitswagte, polisiebeamptes, werkers en vakbondamptenare wat hul lewens verloor het. “Baie van diegene wat geraak
Opstande eis lewe van een in Fochville
Sowat 26 oproeriges van Kokosi by Fochville aan die verre Wes-Rand verskyn vandag in die landdroshof op die dorp op aanklagte wat verband hou met openbare geweld. Een persoon is dood tydens die opstande. Drie huise wat aan ANC-raadslede behoort én winkels wat deur buitelanders bedryf word, is geplunder en aangeval. Die sekretaris-generaal van die
Twee verdrinkings tydens langnaweek
‘n Man is dood nadat sy voertuig van die oostelike landingshoof by die V & A Waterfront in Tafelbaaihawe in Kaapstad afgeloop het. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê die passasier kon dit regkry om uit die voertuig te ontsnap en self aan wal te gaan. ‘n Werker in die gebied het
Boendoegeregtigheid: beweerde inbreker in KZN gedood
Vier mense is in hegtenis geneem vir die beweerde moord vanoggend op ‘n vermoedelike inbreker in Panorama-tuine, Pietermaritzburg, sê die polisie van Kwazulu-Natal. ‘n 27-jarige man is met veelvuldige beserings is in ‘n afloop gevind waar hy blykbaar gepoog het om by ‘n huis in die buurt in te breek, sê kolonel Jay Naicker. “Ons
Lees verder: Boendoegeregtigheid: beweerde inbreker in KZN gedood
