Joodse ANC-lid Turok pleit vir opstand teen Zuma

Die Joodse anti-apartheidsaktivis en ANC-lid, Ben Turok, sê ‘n landwye optrede deur ANC-lede wat openlik vra vir ‘n nuwe leier is nou nodig.

‘n Mislukte poging om president Jacob Zuma te kry om te bedank, is Maandag opnuut van stapel gestuur deur ‘n faksie in Gauteng by name “Occupy Luthuli House”. George Soros is klaarblyklik betrokke by die befondsing daarvan.

Maar die groepie lawaaimakers is uitgehou deur MK-veterane in kakie-klere wat gewapen was met stokke. Die optoggangers kon nie naby Luthulihuis kom nie.

Hulle moes hulle memorandum van griewe aan ‘n verteenwoordiger by Beyers Naudé-plein oorhandig.

Die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het Maandag die memorandum ontvang van die “Beset Luthulihuis” groepie wat eis dat Zuma en die hele Nasionale Uitvoerende Komitee bedank.

Turok het sy diep ontevredenheid uitgespreek oor die rol van die MK-veteranevereniging in die situasie gespeel het om die optog te fnuik.

Die veterane asook ander ANC-lede het Maandag opgeruk om Luthulihuis te verdedig teen die aanslag op Zuma wat volgens Turok “partydige” optrede was om die president te beskerm.

Turok het die veterane daarvan beskuldig dat hulle bevooroordeeld is teenoor diegene wat die ANC kritiseer. Hy sê hy steun die groepie se griewe maar hulle moet nie “wetteloos” optree nie.

‘n Optog-organiseerder vir die faksie, Bonolo Ramokhele, het gesê busse van Limpopo en Mpumalanga moes omdraai weens dreigemente van geweld.

Hy het gesê die organiseerders het oor die naweek verslae ontvang dat daar dreigemente van ernstige geweld is en net daar en dan besluit dat dit onveilig vir lede sal wees.

“Jy kan nie jou soldate uitstuur om te veg wetend dat hulle maklike teikens gaan wees nie.”

Turok hou vol dat doodsdreigemente ernstig is

Ben Turok
Ben Turok

Professor Ben Turok, voorsitter van die parlementêre etiekkomitee, het volgehou dat doodsdreigemente teenoor hom ernstig opgeneem moet word.

Die komitee het bevind dat Dina Pule, minister van kommunikasie, haar skuldig aan opsetlike leuens aan die parlement gemaak het het tov haar finansiële belang mbt die 2012 ICT Indaba. Die polisie hou vol dat die oudminister nie met die dreigemente verbind kon word nie.

Turok voer aan dat Pule se vriend, Phosane Mcebisa, nie vertrou kan word nie. Turok het gesê dat die parlement se voorlopige ondersoek aangedui het dat die dreigemente nie geignoreer kan word nie.

Pule is aan wangedrag skuldig bevind en is die maksimum straf deur die parlement opgelê. Sy is in die parlement aangespreek en sal ook ‘n maand se salaris moet inboet.

Verder sal sy ook nie toegelaat om vir twee weke aan parlementêre debatte deel te neem nie.

Pule is verlede maand deur President Jacob Zuma, met die vierde kabinetskommeling sedert 2009, uit haar pos ontslaan.

Wit ANC-lid ontvang doodsdreigemente oor Pule se skuldigbevinding

Dina Pule
Dina Pule

Die voorsitter van die parlement se etiekkomitee en verbete wit ANC-lid, Ben Turok het doodsdreigemente ontvang, ná die komitee die voormalige minister van Kommunikasie, Dina Pule daaraan skuldig bevind het aan oortredings van parlementêre reëls.

Pule het doelbewus leuens aan die parlement vertel het oor haar finansiële belange. Turok het daarna aan die media laat blyk dat Pule nie swaar genoeg gestraf is nie.

Die parlementêre etiese komitee het bevind dat Pule nie die sakebelange van haar minnaar verklaar het nie. Hy het geldelike voordeel getrek uit die borgskap van verlede jaar se inligtingstegnologie-indaba van haar departement in Kaapstad.

Turok sê die dreigemente is reeds by die minister van Polisie, Nathi Mthetwa en die polisiekommissaris, Riah Phiyega aangemeld. Max Sisulu, die Speaker is ook ingelig.

Turok sê hy is gewaarsku om nie in die parlement te eet nie omdat die kos vergiftig kan wees, en ook om nie alleen rond te beweeg nie.

Hy word tans deur twee lyfwagte van die BBP-beskermingseenheid oral vergesel.

Volgens Turok, was Pule se vennoot en minnaar, sakeman Phosane Mngqibisa vergesel deur ‘n lyfwag na een van die vroeë verhore.

Hoewel die lyfwag buite die kamer waar die verhore plaasgevind het gewag het, was sy blote teenwoordigheid teen parlementêre protokol, het Turok gesê.

“Ek was vertel hy was die lyfwag van ‘n getuie, mnr Mngqibisa.” Turok het gesê dit was duidelik daar Pule en haar kêrel hom wou intimideer.

“Ons was ongelukkig daaroor, maar ons was so besig met die ondersoek dat ons nie dit opgevolg het nie,” sê Turok. “Daar was iets onsmaakliks oor die hele ding.“