Wit ANC-lid ontvang doodsdreigemente oor Pule se skuldigbevinding

Dina Pule
Dina Pule

Die voorsitter van die parlement se etiekkomitee en verbete wit ANC-lid, Ben Turok het doodsdreigemente ontvang, ná die komitee die voormalige minister van Kommunikasie, Dina Pule daaraan skuldig bevind het aan oortredings van parlementêre reëls.

Pule het doelbewus leuens aan die parlement vertel het oor haar finansiële belange. Turok het daarna aan die media laat blyk dat Pule nie swaar genoeg gestraf is nie.

Die parlementêre etiese komitee het bevind dat Pule nie die sakebelange van haar minnaar verklaar het nie. Hy het geldelike voordeel getrek uit die borgskap van verlede jaar se inligtingstegnologie-indaba van haar departement in Kaapstad.

Turok sê die dreigemente is reeds by die minister van Polisie, Nathi Mthetwa en die polisiekommissaris, Riah Phiyega aangemeld. Max Sisulu, die Speaker is ook ingelig.

Turok sê hy is gewaarsku om nie in die parlement te eet nie omdat die kos vergiftig kan wees, en ook om nie alleen rond te beweeg nie.

Hy word tans deur twee lyfwagte van die BBP-beskermingseenheid oral vergesel.

Volgens Turok, was Pule se vennoot en minnaar, sakeman Phosane Mngqibisa vergesel deur ‘n lyfwag na een van die vroeë verhore.

Hoewel die lyfwag buite die kamer waar die verhore plaasgevind het gewag het, was sy blote teenwoordigheid teen parlementêre protokol, het Turok gesê.

“Ek was vertel hy was die lyfwag van ‘n getuie, mnr Mngqibisa.” Turok het gesê dit was duidelik daar Pule en haar kêrel hom wou intimideer.

“Ons was ongelukkig daaroor, maar ons was so besig met die ondersoek dat ons nie dit opgevolg het nie,” sê Turok. “Daar was iets onsmaakliks oor die hele ding.“