Regering sal Marikana-slagting gedenk

Marikana-slagting
Marikana-slagting

Verskeie geleenthede om die Marikana-slagting te gedenk word beplan deur die regering, geaffekteerde gemeenskappe, mynmaatskappye en vakbonde, het die nasionale kommissaris van polisie Riah Phiyega gesê.

“Ek vra dat ons ernstig bid vir die familie, vriende en kollegas van die sekuriteitswagte, polisiebeamptes, werkers en vakbondamptenare wat hul lewens verloor het.

“Baie van diegene wat geraak word deur die tragedie is nog steeds hartseer. Sommige is nog steeds kwaad as ‘n gevolg van hul verlies,” het sy gesê in ‘n voorbereide toespraak.

“Ek voel die pyn wat hulle ervaar … Ek leer om vrede te maak met dit.“

Sy het Suid-Afrikaners gevra om die tragedie verantwoordelik en sensitief te onthou en gesê sy wil die kloof tussen die polisie en die gemeenskap herstel, veral in die platinumstreek.

Phiyega het gister by ‘n kerkdiens in Langa wat deur lede van die SA Metodiste Kerk gehou is in die Kaapse Skiereiland gesê sy hoop daar is nie verdere vertragings met die ondersoek nie.

Sy sê daar sal waarskynlik baie lesse te leer wees uit die bevindings van die kommissie.

Die kommissie is verlede jaar aangestel ná 44 mense by die Lonmin myn in Marikana dood is tydens ‘n onbeskermde staking.

Die sittings van die kommissie is etlike kere vertraag weens onder meer probleme met die befondsing van mynwerkers se regsverteenwoordigers. – RSG/Sowetan

6 thoughts on “Regering sal Marikana-slagting gedenk”

  1. Les wat geleer moet word. Moet nie luister na ‘n sangoma se raad nie. Onderhandel vreedsaam oor salarisvehoging en byvoordele. As dit so was, word al hierdie geld nie gemors op hierdie ondersoeke nie. Voor die hand liggend. Die polisie het uit selfverdediging opgetree.
    Dis ‘n goeie gebaar dat dit herdenk gaan word, weer ‘n lekker vakansiedag. Wel ek hoop so.

    1. Met ‘n groeiende ekonmie, tekort aan werkers en ‘n bloeiende Suid Afrika, WOW, mense dit gaan voorspoedig, ons het nog ‘n vakansie dag nodig. Die mense is uitgeput, het rus nodig.. Doen WEG met ALLE vakansie dae, selfs Kersfees en Goeievrydag. Die hindu, moslems en jode het hul vakansiedae. Hulle sluit hul besigheid vir die tydperk, hoekom kan die christen dit nie ook doen nie. WEG MET ALLE VAKANSIE DAE.

  2. Van watse slagting praat die mense. ‘n Paar van Suid Afrika se kroon wild wat vrek geskiet is? Noem mens dit ‘n slagting? Hulle teel erger as konyne aan en hier is klaar ‘n oorbevolking. Kan nie help ek voel so nie. Ek het ‘n ewige, intense haat aan die goed wat die Blankes onskuldig uitmoor en verkrag. As dit rassisties is, is ek ‘n self erkende rassis.

Maak 'n opvolg-bydrae