‘n Vragmotor wat sianied vervoer het op die R33 tussen Amsterdam en Piet Retief in Mpumalanga omgeslaan.
Die hoofbrandweerbeampte van die Mkhondo plaaslike munisipaliteit, Anton Nortje, sê die pad sal tot môre gesluit word vanweë die gevaar om die gifstof te verwyder.
Hy het motoriste versoek om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Gevaarlike vrag wat per pad vervoer word in die hande van sommige vragmotorbestuurders. Maar ja die spoorvervoer is ook al oor die afgrond gery daarom so baie vragmotors op die paaie.
Ek het ‘n vriend wat met ‘n oplossing vorendag gekom het waar hy sianied op die terrein by die goudsuiweringsaanlegte kon vervaardig teen ‘n billike prys. Hy is egter nie in die posisie om die regte mense by die myne te “ken” om hierdie aan hulle verkoop te kry nie (Hy het ‘n werkende loodsaanleg by ‘n myn gehad). Met die “verskafferspolitiek” moes hy toe maar tou opgooi met die idee.