Die sinode van die NG Kerk in Namibië het Saterdag ’n buitengewone vergadering gereël om die wysiging van artikel 1 van die Kerkorde te bespreek én om daaroor te stem. Dié wysiging is egter nie deur die sinode aanvaar nie, het die Republikein berig. Die voorgestelde wysiging van artikel 1 is daarop gemik om die
Poetin vra dat internasionale gemeenskap Krim erken
Die leiers van Frankryk en Duitsland is werklik op soek na ‘n skikking wat sal help om ‘n einde aan die konflik in die ooste van die Oekraïne te bring, het die Russiese president Wladimir Poetin gesê in sy jongste onderhoud. Tydens ‘n onderhoud met Rossiya 1 TV-kanaal oor die deurbraak van die Minsk-ooreenkoms waarvan
Lees verder: Poetin vra dat internasionale gemeenskap Krim erken
TUT gee R60 miljoen aan oproerige studente
Die Tshwane Universiteit van Tegnologie het 60 miljoen rand bewillig vir studentehulp om sodoende om ‘n einde te bring aan betogings by al sy kampusse, het RSG berig. Studente het verlede maand met gewelddadige betogings begin toe daar aangekondig is dat staatsubsidies uitgeput is. Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema het vanjaar 463-miljoen rand aan die
Balju lê beslag op 30 munisipale voertuie
Daar is op 30 munisipale voertuie van die Ngaka Modiri Molema distriksmunisipaliteit in Mafikeng beslag gelê deur die balju van die Noordwes hooggeregshof. Die munisipaliteit skuld diensverskaffers miljoene rand. Die beslaglegging volg nadat twee kontrakteurs regstappe gedoen het teen die munisipaliteit weens sy versuim om te betaal vir dienste wat gelewer is. Die munisipaliteit is
Motors: klasbestes 2015 (deel 3): viertrekdubbelkajuitbakkies
Vandag is die dubbelkajuitbakkie amper meer van ‘n status simbool as ‘n Mercedes-Benz. Ons het na al die handrat- viertrekdubbelkajuitbakkies in die plaaslike mark gaan kyk. Van die vervaardigers se produkte is nou al lank in die tand terwyl ander baie onlangs plaaslik bekend gestel is. Daar is 11 verskillende bakkies om van te kies
Lees verder: Motors: klasbestes 2015 (deel 3): viertrekdubbelkajuitbakkies
Plan om selfoonseine in tronke te versper
Planne deur die Departement van Justisie om selfoonversperrings in Suid-Afrikaanse tronke te installeer, is, na wat berig word, in ‘n gevorderde stadium. Dit SABC berig dit sal gevangenes verhinder om selfone wat ingesmokkel word, in die gevangenis te gebruik. Die Departement het die aankondiging gedoen tydens die besoek van die Minister van Justisie, Michael Masutha,
Wie het Zuma probeer vergiftig?
President Jacob Zuma se kantoor het ‘n Sunday Times-berig dat sy vrou Nompumelelo Ntuli-Zuma hom vergiftig het, as skinderpraatjies afgemaak. Mac Maharaj, die presidensiële woordvoerder, sê die berig is gebaseer op totale spekulasie en skinderpraatjies en hy sal nie kommentaar lewer daarop nie. Die Sunday Times het berig dat drie “anonieme bronne” bevestig het
Spinnekopsy of klipmosseltande?
Spinnekopsy mag dalk sy aanspraak verloor dat dit die sterkste natuurlike materiaal bekend aan die mensdom is, nadat wetenskaplikes bevind het dat die tande van klipmossels nóg sterker is, het Reuters berig. Spinnekopsy word hoog geag deur wetenskaplikes op grond van sy krag en struktuur, maar wetenskaplikes in Brittanje het vasgestel dat klipmossels se tande
Mosambiekse staatsamptenaar dood aangetref in Durbanse hotel
‘n Beampte van die Mosambiekse regering is dood aangetref in ‘n hotel in Durban, het die polisie in KwaZulu-Natal Sondag gesê. Hy was glo werksaam by die Mosambiekse departement van omgewingsake en landelike ontwikkeling. Hy het ‘n konferensie in Durban bygewoon. “Hy is dood aangetref in sy hotelkamer,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die
Lees verder: Mosambiekse staatsamptenaar dood aangetref in Durbanse hotel
Lüderitz ontstoke oor naamsverandering
“Hulle kan die dorp se naam verander soos hulle wil; ons sal ‘Buchters’ bly,” was die algemene gevoel oor die moontlike naamsverandering wat Lüderitz mag tref. Wit en swart inwoners wat met Republikein gesels het, is uiters ongelukkig oor die nuwe poging vir ’n naamsverandering en sê hulle was nie deur die dorpsraad oor die
