Vyf verdagtes met onwettige vuurwapen vasgetrek

Die Vrystaatse polisie het vyf verdagtes tussen Kroonstad en Welkom met ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem. Die vuurwapen is opgespoor nadat die polisie ‘n voertuig voorgekeer en deursoek het, het RSG berig. Hulle het ‘n vuurwapen, ‘n magasyn en ses rondtes ammunisie gevind. Die polisie het ook op ses selfone beslag gelê.

Lees verder: Vyf verdagtes met onwettige vuurwapen vasgetrek

Minister sê SA se soewereiniteit onaangetas na spioenasiedebakel

Die Minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat die land se onafhanklikheid en soewereiniteit behoue gebly het. In ‘n skokonthulling wat deur die nuusagentskap Al Jazeera gelek is, het Suid-Afrika se intelligensiediens hul agterdog met Israel se betrokkenheid in Afrika te kenne gegee en hul samewerking beperk. Volgens die verslag probeer

Lees verder: Minister sê SA se soewereiniteit onaangetas na spioenasiedebakel

Griekeland kry nog 4 maande

Ministers van finansies van die Euro-­sone het Dinsdag hul steun toegesê­ aan nuwe hervormings wat deur Griekeland­ voorgestel is in ruil vir ’n vier maande verlenging van die finansiële­ reddingsboei wat die land tydelik­ aan die gang sal hou. Sowel die internasionale monetêre fonds (IMF) as die Europese­ Sentrale Bank (ESB), het egter hul bedenkinge

Lees verder: Griekeland kry nog 4 maande

Begroting teiken wit belastingkoeie

Die regering het in sy begrotingsrede die bekommernisse van die gewone belastingbetaler herbevestig. Staatskuld wat in 2017 tot ‘n enorme R2,3 triljoen gaan styg, was een daarvan. Reeds R153 miljard word begroot net om die rente op staatskuld vir 2015 te dek. Die grootte van hierdie bedrag is nie onbenullig nie, veral in die lig

Lees verder: Begroting teiken wit belastingkoeie

E-tol hier om te bly

Die Gautengse premierskantoor het Dinsdag berigte in die Sowetan ontken wat sê dat die premier aangekondig het dat die e-tolstelsel in die provinsie geskrap gaan word, het Sapa berig. “Die storie is heeltemal verkeerd,” het Makhura se woordvoerder, Thabo Masebe, gesê. Hy het gesê die premier provinsiale rede van Maandag bly onveranderd. “Daar is nêrens

Lees verder: E-tol hier om te bly

Metrobus jaag van brug af

‘n Metrobus het Woensdagoggend deur ‘n brugreling in die Johannesburgse middestad gebars en neus eerste in ‘n pad onder die brug te lande gekom. Die busbestuurder is beseer, maar nie ernstig nie. Volgens ER24 het die bestuurder matige beserings opgedoen nadat die bus van die Queen Elizabeth-brug af gery het. Daar was geen passasiers in

Lees verder: Metrobus jaag van brug af

Jaar van die skaap of Eeu van die draak?

Die vieringe van die Chinese nuwe jaar wat die jaar van die skaap inlui, het pas tot ‘n einde gekom. Fortuinvertellers in Hongkong sê die jaar van die skaap sal kalmer wees as die vorige jaar van die perd wat gekenmerk is deur katastrofiese lugrampe, wrede terreuraanvalle, globale politieke onstabiliteit, die Ebola-virus en oorloë. Rusland,

Lees verder: Jaar van die skaap of Eeu van die draak?

Pagad ontken bande met Iran

Pagad, People Against Gangsterism and Drugs, sal aanstons ‘n mediakonferensie in Kaapstad hou oor bewerings dat hy bande met Iran het. Sekere intelligensie-agentskappe het dié organisasie sowel as skynbaar ander onverwante Suid-Afrikaanse organisasies genoem as fasiliteerders vir Iranse intelligensie-aktiwiteite. Pagad en die Ahl ul-Bait Foundation, ‘n Sjia-instituut, het die bewerings ten sterkste ontken. Al Jazeera

Lees verder: Pagad ontken bande met Iran

Australië verskerp anti-immigrasiebeleid

Australië gaan sy immigrasiewette verskerp en toeslaan op groepe wat haat aanhits ingevolge ’n rits teen-terrorisme maatreëls wat gister ingestel is om die bedreiging van plaaslike terrorisme die hoof te bied. Eerste minister Tony Abbott het die maatreëls in die nadraai van Desember se dodelike aanslag op ’n kafee in Sydney se besige Martin Place

Lees verder: Australië verskerp anti-immigrasiebeleid

Grondgryp teen wittes tref Zim opnuut

‘n Nuwe vlaag van grondgryp teen wittes in Zimbabwe dreig. Daar is hernieude druk om wit Zimbabwiërs gewelddadig van hul grond te vervreem, het Sapa berig. Ten minste 20 wit grondeienaars is die afgelope weke aangesê om hul plase te verlaat, het die Zimbabwiese Commercial Farmers’ Union (CFU) aan Sapa gesê. Boere word ‘n maand

Lees verder: Grondgryp teen wittes tref Zim opnuut