praag.co.za

Begroting teiken wit belastingkoeie

Written by

in

,

Die regering het in sy begrotingsrede die bekommernisse van die gewone belastingbetaler herbevestig.

Staatskuld wat in 2017 tot ‘n enorme R2,3 triljoen gaan styg, was een daarvan. Reeds R153 miljard word begroot net om die rente op staatskuld vir 2015 te dek.

Die grootte van hierdie bedrag is nie onbenullig nie, veral in die lig gesien van ontwikkelende lande soos Griekeland wat tans ten gronde gaan weens skuld.

Vrese groei dat die regering met ‘n ekonomiese groeikoers van 2% nie in staat sal wees om Suid-Afrika op die lang termyn uit ‘n skuldput te kry nie.

Die ANC moes daarbenewens vir die eerste keer in twintig jaar die persoonlike belasting met een persentasiepunt opstoot.

Brandstofheffings sal ook aansienlik verhoog word binne die volgende twee maande om die sukkelende Padongelukfonds (RAD) te red.

BTW, ‘n baie meer regverdige belasting wat op alle Suid-Afrikaners gehef kan word, is egter nie verhoog nie. Twee persentasiepunte sou ten minste ‘n deel van die nypende tekorte aangespreek het, te wete byna R40 miljoen.

Die klem bly egter om die die krimpende groepie wit belastingbetalers te straf vir die ANC se spandabele landsbestuur.

Persoonlike belastingbetalers word geteiken om die las van wanbesteding, korrupsie en gebrek aan bestuur te dra.

Die deurlopende hulp aan openbare ondernemings soos Eskom en SAL, sonder planne om dié instellings na behore te reg te ruk, is net nog geld in die water.

Die regering het pas aangekondig dat die aankope van skoolboeke gesentraliseer sal word is ‘n poging om korrupsie hok te slaan.

Die staatsdiens beskik egter reeds nie oor die administratiewe vaardighede om so ‘n aankoopproses suksesvol te implementeer nie.

Die enigste goeie nuus is dat klein sakeondernemings ‘n aantal belastingvrystellings kan verwag.

Rokers en drinkers sal moet hoes en proes, met whiskey wat byna R4 per bottel duurder sal word en ‘n pakkie sigarette met byna R1.

Comments

4 responses to “Begroting teiken wit belastingkoeie”

  1. Ak en Betaal Beer Avatar
    Ak en Betaal Beer

    Vraag: Waarom moet ons die gemors se agterstallige en bedrog betaal?
    Die super rykes word geteiken……… neeee, dis die middelklas, witte.
    Nader sluip die NWO
    Hulle jaag akkies aan en ons moet betaal.
    middelvinger!!!

  2. Ak en Betaal Beer Avatar
    Ak en Betaal Beer

    SAAMSTAAN, Jy het n goeie punt. Enige voorstelle?
    Maar korrek, is jy beslis, hulle moor ons met ons eie geld. Wanneer die Sjinese n persoon teregstel laat hulle die familie betaal vir die koel, wat is die verskil hier?, geen of min.
    Wat vir my hond snaaks is, is die feit dat die swape op radio se die belasting teiken die super rykes!!!! Goeie bliksus, skielik is ek super ryk!!, my geld le seker en wag erens.
    Wanneer gaan die regeringloos besef dat ons nie almal dom is nie?

  3. Ak en Betaal Beer Avatar
    Ak en Betaal Beer

    Nico, is dit nou met die tolgeld vir die roetes ingesluit?

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    700 miljard geblaas op korrupsie in 20 jaar – en steeds is die die klein minderheid van omtrent 4miljoen wat moet hoes. As mens die 2% groeikoers wat hulle van praat glo dan dink ek kersvader en die tandmuis is jou beste vriende.

Leave a Reply