Merkel se steun neem af

Kanselier Angela Merkel se gewildheid is besig om te taan weens haar tegemoetkomende houding teenoor die instroming van Moslemimmigrante. Horst Seehofer, die leier van die Beierse sustersparty van die CDU, stamp reeds ’n geruime tyd koppe met Merkel oor hoe Duitsland die invloei van hoofsaaklik jong mans moet behartig. Terwyl Merkel ’n oopdeurbeleid voorstaan en

Lees verder: Merkel se steun neem af

PRAAG-onderhoud met Kylie Thomas van Open Stellenbosch: ‘Ons daag blanke Afrikaneroorheersing uit’

Dr. Thomas, dit lyk asof u die ideologiese leidster van die “Open Stellenbosch”-beweging is wat, as ons dit reg verstaan, die universiteit heeltemal wil verengels? Kylie Thomas: Ek moet ten eerste sê dat ek nie die ideologiese leidster van Open Stellenbosch is nie, maar saamwerk met vele merkwaardige studente wat wel ter tale is. Meeste

Lees verder: PRAAG-onderhoud met Kylie Thomas van Open Stellenbosch: ‘Ons daag blanke Afrikaneroorheersing uit’

Twee mortiere land op Russiese ambassade in Damaskus

Twee mortiere het Dinsdag die Russiese ambassade in Da­maskus getref en paniek gesaai onder honderde mense wat daar byeengekom het om hul steun vir Moskou se lugaanvalle in Sirië te betuig. Volgens ooggetuies het ongeveer 300 mense buite die Russiese ambassade vergader om Rusland te bedank vir die onlangse ingryping in die oorlog in Sirië,

Lees verder: Twee mortiere land op Russiese ambassade in Damaskus

Vrystaatse onderwys gee miljarde onregmatig uit

Die Vrystaatse onderwysdepartement het meer as R2,3 miljard se onreëlmatige uitgawes aangegaan en die meeste daarvan hou verband met die toekenning van tenders. Dit is volgens die ouditeur-generaal se verslag vir die 2014/2015 boekjaar wat vandag tydens ‘n sitting van die staande komitee vir openbare rekeninge in die provinsiale wetgewer bespreek word. Die verslag het

Lees verder: Vrystaatse onderwys gee miljarde onregmatig uit

Wits-betogers dreig met geweld oor klasgeld

Studente by die Universiteit van die Witwatersrand het Woensdagaand gewelddadig geraak tydens ‘n betoging oor klasgelde. Die bestuur van die universiteit het gedreig om die polisie in te roep as orde nie herstel word nie. Prof. Adam Habib, vise-kanselier het voorheen gepleit vir groter staatsubsidies om die verhoging in klasgelde te verhoed. Maar Mcebo Dlamini,

Lees verder: Wits-betogers dreig met geweld oor klasgeld

NG Kerk Otjiwarongo staak finansiële bydraes aan SA NGK oor gays

Die Nederduits Gereformeerde kerk Otjiwarongo het Woensdagaand ná ʼn buitengewone kerkraadvergadering besluit om alle bande met die Algemene Sinode in Suid-Afrika te verbreek. Die gemeente het alle finansiële bydraes aan die NG Kerk in Suid-Afrika gestaak, maar sal voortgaan om bydraes te lewer aan die Namibiese sinode, op voorwaarde dat dié bydraes nie aan die

Lees verder: NG Kerk Otjiwarongo staak finansiële bydraes aan SA NGK oor gays

Ivoorkus se verbod op velbleikmiddels afgelag

‘n Groot en groeiende swart bevolking van “tchatchos”, ‘n onvertaalbare term in die Ivoorkus vir mense wat hul donker velle met produkte soos Fair and White, Glow en Nature White bleik, sê hulle sal aanhou ondanks ‘n verbod. Die Ivoorkus se regering het vroeër hierdie jaar met goeie bedoelings velbleikmiddels verbied, maar swart verbruikers ignoreer

Lees verder: Ivoorkus se verbod op velbleikmiddels afgelag

Brug stort in duie oor besige Johannesburgse snelweg

Ten minste drie mense is dood en 17 beseer as ‘n gevolg van ‘n brug oor een van Johannesburg se besigste snelweë wat in duie gestort het. Duisende motoriste is in verkeersknope van kilometers lank opgehou deur die ineenstorting. “Ons is baie bekommerd oor die beseerdes. Dit is ‘n baie besige snelweg en dit was

Lees verder: Brug stort in duie oor besige Johannesburgse snelweg

Phiyega geskors hangende ‘n ondersoek

President Jacob Zuma het aangekondig dat die Nasionale Polisiekommissaris, Riah Phiyega geskors is met volle vergoeding. Haar skorsing is hangende ‘n raad van ondersoek wat haar geskiktheid om die pos te beklee sal bekyk. ‘n Aanbeveling van die Marikana Kommissie het tot die ondersoek gelei . Phiyega se rol in die dood van 44 mense

Lees verder: Phiyega geskors hangende ‘n ondersoek

Reform PUK betoog teen Afrikaans

Nagenoeg 150 studente het op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit het Dinsdag betoog om ‘n memorandum van griewe aan die universiteitsbestuur te oorhandig. Reform PUK, wat die belange van swart studente wil bevorder, het egter gesê dat indien hul klagtes nie aandag kry nie, hulle die kampus onregeerbaar sal maak. Hul klagtes sluit onder meer

Lees verder: Reform PUK betoog teen Afrikaans