Oproeriges het verkeer op die R36 tussen Tzaneen en Hoedspruit Woensdagoggend ontwrig. Die polisie is in die gebied ontplooi om die situasie onder beheer te probeer kry. Dié pad in Limpopo is deur swart oproermakers onbegaanbaar gemaak met brandende voorwerpe. Die oproeriges eis lopende water en beter paaie. Die inwoners van Mokgolobotho het sowat twee maande gelede ‘n griefskrif aan die
Oud-Springbok met rots deur kapers aangeval
In nog ‘n voorval van guerilla-oorlog op straat, is die oud-Springbok Hannes Strydom eergister op straat in Waterkloofrif deur ses motorkapers met ‘n rots aangeval. Onlangs is mev. Irene Myburg vermoor toe ‘n groot klip vanaf ‘n snelwegbrug af gegooi is. Die klip het deur die motorruit gedring, haar op die keel getref en sy
Eskom-raad baklei soos kat en hond, o.a. oor R43m vir New Age-koerant
Eskom is die jongste semistaatsinstelling waarvan die raad dalk binnekort weens onbekwaamheid en binnegevegte vervang sal moet word. Die minister van openbare ondernemings, Lynne Brown, sal by die volgende kabinetsvergadering aanstaande week so ‘n voorstel indien. Volgens die New Age-koerant van gister het die voorsitter van die Eskom-raad, Zola Tsotsi, ‘n brief aan Brown geskryf
Lees verder: Eskom-raad baklei soos kat en hond, o.a. oor R43m vir New Age-koerant
Omstrede wetenskaplike wil Nobelprys laat opveil
Een van die wêreld se groot wetenskaplikes, die genetikus James Watson, is uit die openbare lewe verstoot na kommentaar oor swart IK in 2007. Hy wil nou sy 1962-Nobelprys vir die ontdekking van die struktuur van DNS op ‘n veiling verkoop. Dit sal na verwagting meer as $3 miljoen haal. “Omdat ek ‘n ‘onpersoon’ is, is ek afgedank van
Lees verder: Omstrede wetenskaplike wil Nobelprys laat opveil
Universiteit van Stellenbosch wys blanke rektor aan
Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het gisteroggend vir prof Wim de Villiers, Dekaan van die Universiteit van Kaapstad (UK) se Fakulteit Gesondheidswetenskappe, as nuwe Rektor en Visekanselier van die US aangewys. Dit is die eerste keer oor die afgelope dekade dat ‘n blanke rektor by een van die vyf universiteite wat voorheen Afrikaans
Lees verder: Universiteit van Stellenbosch wys blanke rektor aan
Die boek wat van lesers in Suid-Afrika weerhou word
Twee jaar gelede het PRAAG ‘n boek uitgegee wat in skokkende besonderhede die krisis van Amerikaanse rasseverhoudinge uitbeeld: White Identity: racial consciousness in the 21st century deur Jared Taylor. Die voorwoord is deur dr. Dan Roodt van PRAAG geskryf, waarin hy o.a. sê: “The USA is to South Africa what the USSR was to Cuba.
Lees verder: Die boek wat van lesers in Suid-Afrika weerhou word
DA-pot skel ANC-ketel
Die DA wat op kamera vasgelê is waar hulle aan ‘n vuisslanery met die polisie in die parlement deelneem, het president Jacob Zuma een uit tien gegee vir sy jaarlikse telkaart. Dié telkaart is opgestel om die werksaamhede van die regering te beoordeel. Die DA se anti-wit parlementêre leier, Mmusi Maimane sê die president en talle ministers
Standardbank in NY vir prysmanipulasie aangekla
Standard Bank word tans aangekla omdat hulle glo met twee ander groot internasionale banke saamgesweer het om die prys van platinum en palladium in die VSA te manipuleer. Rusland en Suid-Afrika, hou ongeveer 80 persent van platinum-groep metale se reserwes. Dié twee lande het ooreengekom om saam te werk om gemeenskaplike kwessies te ondersoek. Die Russiese owerhede het aan Bloomberg gesê die
Lees verder: Standardbank in NY vir prysmanipulasie aangekla
Sunday Times kerm dat ras van misdadigers ontbloot word
Buurtwagte wat rasse-profilering gebruik, is skerp deur die Sunday Times gekritiseer. “Die gebruik van rasse-kodes, insluitend om glo na swartmense as bravo (black) en bruin mense as charlie (coloured) te verwys in kennisgewings op sosiale media neem toe,” het William Bird, direkteur vir Media Monitoring Africa, gesê. “Dit sal regtig nie help om die persoon as
Lees verder: Sunday Times kerm dat ras van misdadigers ontbloot word
Winnie se eis op Qunu kry wind van voor
President Jacob Zuma het ‘n kennisgewing ingedien wat Winnie Madikizela-Mandela se beweerde aansoek teenstaan om inligting oor Mandela se grond te bekom. Madikizela-Mandela wil toegang tot staatsdokumente kry wat inligting bevat oor oud-president Nelson Mandela se eiendom op Qunu in die Oos-Kaap. Die presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj het bevestig dat die kennisgewing ingedien is. Maharaj het
