Die DA wat op kamera vasgelê is waar hulle aan ‘n vuisslanery met die polisie in die parlement deelneem, het president Jacob Zuma een uit tien gegee vir sy jaarlikse telkaart.
Dié telkaart is opgestel om die werksaamhede van die regering te beoordeel.
Die DA se anti-wit parlementêre leier, Mmusi Maimane sê die president en talle ministers het “klaaglik misluk” in hulle taak, maar nie na sy party se ontwrigting van die Nasionale Vergadering saam met die EFF verwys nie.
Die parlementêre orde het intussen in ‘n klugspel ontaard weens die opposisie se aapstreke.
Maimane het Zuma se onwilligheid om parlementêre vrae te beantwoord; sy onbevredigende reaksie op die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag, die energiekrisis, die swak ekonomie en korrupsie as redes vir Zuma se punt aangevoer.
Die DA ondersteun egter presies dieselfde beleidsrigtings as die ANC, te wete Regstellende Aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging. Dié beleidsrigtings is vir die treurige stand van die ekonomie verantwoordelik.
Die ministers van Kommunikasie, Faith Muthambi; Ekonomiese Ontwikkeling, Ebrahim Patel; en Energie, Tina Joematt-Pettersson het ook een uit tien gekry.
Maimane sê net een minister, verdien lof en dit is die minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor wat agt uit tien gekry het.
Suid-Afrika vaar juis besonder swak met Wiskunde en Wetenskap in internasionale ondersoeke oor die stand van opleiding.
