Annatjie Myburgh se vermeende kaper voor

Die vermeende swart aanvaller wat verbind word met die moord op die sakevrou Annatjie Myburgh, verskyn vandag in die landdroshof op Witrivier in Mpumalanga.

‘n Polisiewoordvoerder sê die verdagte sal aangekla word van kaping en ontvoering.

Haar lyk is in ‘n veld in die Numbi-area, onderweg na die wildtuin se Numbi-hek, gekry.

Verdere klagtes sal waarskynlik bygevoeg word nadat ‘n nadoodse ondersoek op die vermoorde vrou uitgevoer is.

Die ses-en-twintigjarige het vermoedelik nog drie helpers gehad.

Die polisie het die liggaam van die 58-jarige Myburgh Sondagoggend opgespoor na ‘n uitgebreide soektog deur boere en veiligheidsinstansies.

Haar seun Wendell het oor haar dood aan die Laevelder gesê: “Sy was so saggeaarde mens. Ek sal die Here tog wil vra as Hy voor my staan: Hoekom my ma?”

Sy is Woensdag by haar kleinhoewe deur vier swartes gekaap en ontvoer.

Intussen is ‘n tweede verdagte Sondag in verband met Myburgh se ontvoering en dood in hegtenis geneem.

Ondersoekbeamptes en sekuriteitsmanne het nie gerus voordat hulle nié ook dié vermoedelik skuldige aan die pen laat ry het nie.

Hoe hy met die misdaad verbind word, is nog nie duidelik nie.

Hy sal na verwagting saam met ‘n verdagte (26) in die landdroshof op Witrivier verskyn.

Laevelder het betroubaar verneem dat die swart verdagte wat weens haar dood in hegtenis geneem is, beweer sy het ‘n hartaanval gehad.

Haar lyk het ‘n veld gelê. Haar handsak is glo naby haar gekry.

Haar Pajero is in Kabokweni gevind waar dit naby beeskrale versteek was. Die wiele is almal na bewering afgesteel.

Oud-Springbok met rots deur kapers aangeval

In nog ‘n voorval van guerilla-oorlog op straat, is die oud-Springbok Hannes Strydom eergister op straat in Waterkloofrif deur ses motorkapers met ‘n rots aangeval. Onlangs is mev. Irene Myburg vermoor toe ‘n groot klip vanaf ‘n snelwegbrug af gegooi is. Die klip het deur die motorruit gedring, haar op die keel getref en sy is op slag dood.

Volgens berigte het mnr. Hannes Strydom, 49, hard op hulp geskree en ook die Here aangeroep, “God, help my! God, help my!” Hierna het sy aanvallers weggehardloop.

Hy is egter erg in die aanval beseer en is tot gister nog in die intensiewesorgeenheid van die Little Company of Mary-hospitaal in Pretoria behandel.

Vanuit sy hospitaalbed vertel Hannes Strydom:

“Ek was so rondom 15:00 op pad na een van my apteke in Irene toe ek drie mans voor my in die straat sien staan. Een het aangedui ek moet stop en ek het gedink iets is fout en het stadiger gery.

“Die volgende oomblik het ’n klip so groot soos ’n rots deur die venster aan die passasierskant gevlieg. Die tweede klip het my aan die linkerkant teen die kop getref.”

Hannes Strydom in sy rugbydae
Hannes Strydom in sy rugbydae

Ten spyte van sy beserings, het hy hom teen die ses motorkapers verset en hulle met die vuis toegetakel. Hy is egter wel met ‘n skroewedraaier en ‘n mes onder sy regterblad gesteek. Ook is sy skedel  rondom sy linkeroogkas gekraak waar die rots hom getref het.

Die voorval het in Ariesstraat, Waterkloofrif, plaasgevind. Die ses kapers is met sy motorsleutels vort maar het die motor na die vuisgeveg gelos.

Strydom sê: “Ek het al erger gelyk op die rugbyveld, maar ek wil asseblief nie afgeneem word nie. My gesig lyk erger as wat dit voel.”

Hy was lid van die Springbokrugbyspan wat in 1995 die Wêreldbeker gewen het, asook van die Goue Leeusspan wat in 1999 die Curriebeker gebuit het. Tans is hy ‘n sakeman en eienaar van die Pharma Value-apteekgroep. Hy was juis op pad na een van sy apteke toe, toe hy aangeval is.

Weens sy beserings, kon die voorval nog nie by die polisie aangemeld word nie. Geen polisieman het Strydom boonop in die hospitaal kom besoek om ‘n verklaring af te neem nie. Dus verkeer al ses aanvallers nog op vrye voet.

Kapers gooi ma en kleuter uit kar

hijacking‘n 31-Jarige wit vrou is Vrydagoggend deur drie kapers by n huis in Brakpan-Noord ingewag, waar sy elke oggend n persoon wat saam met haar ry, oplaai

Die vrou het versoek dat haar naam nie gepubliseer moet word nie.

Volgens haar man ry sy elke oggend min of meer dieselfde tyd vanaf hul huis in Brakpan-sentraal na Malanstraat, waar sy die ander persoon oplaai.

“Ek glo die kapers het haar al n rukkie lank fyn dopgehou, want dit is asof alles net mooi volgens hul plan verloop het”, het haar man gesê.

Die vrou het voor die huis stilgehou en die passasiersdeur oopgessluit.

Die oomblik toe sy dit doen het n man dadelik die deur oopgepluk, in die voertuig gklim en n vuurwapen teen haar kop gedruk.

‘n Tweede kaper het haar deur oopgemaak en haar veiligheidsgordel self losgemaak.

“My vrou het op dié stadium gevra of sy net ons seuntjie (2), wat in sy karstoeltjie op die agtersitplek was, kon uittel.”

Die kapers het haar toegelaat om dit te doen en toe sy die kind in haar arms het, het hulle haar en die kind uit die voertuig gepluk en op die sypaadjie neergestamp.

Die twee kapers het in haar Citi Golf weggejaag.

‘n Derde boosdoener, wat in n ligkleurige voertuig gewag het, het saam met hulle weggery.

Al die vrou se persoonlike besittings, soos haar handsak en selfoon, was ook nog in die motor.

“Ek is baie dankbaar dat my vrou en kind ongedeerd hiervan afgekom het”, het haar man gesê.

“Dit is belangrik dat mense weet dat dit op enige tyd en op enige plek kan gebeur.”

Die voorval word deur die SAPD ondersoek. – looklocal.co.za