Oud-Springbok met rots deur kapers aangeval

In nog ‘n voorval van guerilla-oorlog op straat, is die oud-Springbok Hannes Strydom eergister op straat in Waterkloofrif deur ses motorkapers met ‘n rots aangeval. Onlangs is mev. Irene Myburg vermoor toe ‘n groot klip vanaf ‘n snelwegbrug af gegooi is. Die klip het deur die motorruit gedring, haar op die keel getref en sy is op slag dood.

Volgens berigte het mnr. Hannes Strydom, 49, hard op hulp geskree en ook die Here aangeroep, “God, help my! God, help my!” Hierna het sy aanvallers weggehardloop.

Hy is egter erg in die aanval beseer en is tot gister nog in die intensiewesorgeenheid van die Little Company of Mary-hospitaal in Pretoria behandel.

Vanuit sy hospitaalbed vertel Hannes Strydom:

“Ek was so rondom 15:00 op pad na een van my apteke in Irene toe ek drie mans voor my in die straat sien staan. Een het aangedui ek moet stop en ek het gedink iets is fout en het stadiger gery.

“Die volgende oomblik het ’n klip so groot soos ’n rots deur die venster aan die passasierskant gevlieg. Die tweede klip het my aan die linkerkant teen die kop getref.”

Hannes Strydom in sy rugbydae
Hannes Strydom in sy rugbydae

Ten spyte van sy beserings, het hy hom teen die ses motorkapers verset en hulle met die vuis toegetakel. Hy is egter wel met ‘n skroewedraaier en ‘n mes onder sy regterblad gesteek. Ook is sy skedel  rondom sy linkeroogkas gekraak waar die rots hom getref het.

Die voorval het in Ariesstraat, Waterkloofrif, plaasgevind. Die ses kapers is met sy motorsleutels vort maar het die motor na die vuisgeveg gelos.

Strydom sê: “Ek het al erger gelyk op die rugbyveld, maar ek wil asseblief nie afgeneem word nie. My gesig lyk erger as wat dit voel.”

Hy was lid van die Springbokrugbyspan wat in 1995 die Wêreldbeker gewen het, asook van die Goue Leeusspan wat in 1999 die Curriebeker gebuit het. Tans is hy ‘n sakeman en eienaar van die Pharma Value-apteekgroep. Hy was juis op pad na een van sy apteke toe, toe hy aangeval is.

Weens sy beserings, kon die voorval nog nie by die polisie aangemeld word nie. Geen polisieman het Strydom boonop in die hospitaal kom besoek om ‘n verklaring af te neem nie. Dus verkeer al ses aanvallers nog op vrye voet.

23 thoughts on “Oud-Springbok met rots deur kapers aangeval”

    1. Ons gaan ons taktieke moet herbedink. Hierdie voorval het nie in die boendoes plaasgevind nie, maar in ‘n gegoede woonbuurt van PRETORIA. ‘n Vuurwapen is nie meer ‘n stuk yster om iemand soos Takoeza te laat voel nie; dis so essensieel vir uitgaan as jou motor se sleutels. En hou dit byderhand as jy bestuur. Oefen totdat jy spiergeheue opgebou het om uit die bestuurdersposisie te skiet. Vuur na die borskas totdat jy die geleentheid en tydruimte het om vir die gesig te skiet. Bel dan onmiddellik jou prokureur. As jy in Pretoria-omgewing is, bel vir Carel Taute, 0823716808, ‘n prokureur wat sal weet hoe om jou te help. En hoop die polisie arresteer jou onregmatiglik sodat hy vir jou honderde duisende rande in kompensasie kan kry.

      1. Dankie Gustav vir die naam en telefoon nommer ek het dit gebere. Ons moes al lankal begin standpunt inneem het. Swartes kom voordurend al vir 20 jaar weg met moord – en glo my dit is nie net ek wat nou keelvol is vir hierdie swartes se barbaarse gedrag nie.
        As hulle nie instaat is om hulle soos beskaafde wetsgehoorsame burgers te kan
        gedra nie moet hulle die prys daarvoor betaal. Enig iemand wat my huis geweldadig betree sonder my toestemming of my lewe en eiendom bedreig sal ek skiet om dood te skiet voor hulle my kan skiet of doodmaak.

    2. Soos ek voorheen gemeld het, as jy meer as een armlengte van jou vuurwapen in hierdie land is, is jy nie ernstig oor jou en jou geliefdes se veiligheid nie. Verder meer, mens stop nie as ‘n swarte vir jou sê om te stop nie. Hy is nie ‘n speedcop nie!

  1. “In nog ‘n voorval van guerilla-oorlog op straat”

    Dis niks minder as dit nie – DANKIE Praag dat julle dit by die naam noem. Ons is in ‘n oorlog gewikkel.

    Ek wil nog iets byvoeg wat my al lank op die hart lê… As ons Boerevolk ons nie “bekeer” nie, gaan ons einde soos ons begin wees… Ons sal vlug, soos ons na Afrika toe gekom het – as familielose Verstrooides…

  2. “Luidens ‘n verklaring deur die SAPD, word daar gesoek na ses bejaarde blanke dames. Die polisie het ‘n beroep op die publiek gedoen om op die uitkyk te wees vir gevaarlike tantes, aangesien hulle verantwoordelik is vir ‘n groot persentasie misdaad en kapings.”

  3. Kobus Wiese het vir die eerste keer agtergekom daar is misdaad in SA nadat sy bal maatjie aangeval is. LYk my dis ‘n rugby ding. Wiese het nogtans nie teleurgestel nie. Hy het dadelik getwiet dat die aanvallers nie swart is nie, want hulle is nie-rassig. Dis vreeslik wat soveel kopbeserings aan rugbyspelers doen! So dis ‘n span nie-rassige ou tannies wat uit die NG-kerk se ouetehuis ontsnap het. Wees op die uitkyk vir hulle. Hulle word gelei deur ‘n pokgesig Trotskis wat sy brein in ‘n kolostomie sak dra en onder die indruk verkeer dat dit sy pop is.

Maak 'n opvolg-bydrae