Tutu wou Afrikaans hoor by Mandela-roudiens en begrafnis

ngkEmeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het in ’n verklaring sy spyt uitgespreek oor ’n gebrek aan inklusiwiteit by Mandela se begrafnis.

Volgens Tutu was daar ‘n “skreiende uitsluiting was dié van die Afrikaner-gemeenskap.

Hy het Afrikaners en, in die besonder die NG Kerk, om verskoning gevra omdat hulle uitgesluit was by die roudiens en begrafnis.

Tutu het die ANC-leierskap se hantering van Nelson Mandela se begrafnisdiens ook gekritiseer omdat hulle nie Afrikaans toegelaat het nie.

Volgens hom moes die NG Kerk ook deel van Mandela se afskeid gewees het omdat Mandela moeite gedoen het om te verseker dat Afrikaners deel van die nuwe Suid-Afrika word.

Die NG Kerk het ontken dat hy uitgesluit was en gesê dat danksy die kerk se betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, hulle wel deel van die verrigtinge was.

“Ons kon ’n meer verteenwoordigende groep geloofsleiers gewees het by die roudiens in die ENB-stadion en die begrafnis in Qunu, indien ons die NG Kerk ook ingesluit het – ons het ook nie Afrikaans gepraat nie, behalwe ’n paar sinne.

“Dit sou Madiba ontstel het, omdat hy so vasberade was om inklusief te wees.”

 

Derby-Lewis kan ‘n martelaar word

Derby-Lewis
Derby-Lewis

Adjunk-president Kgalema Motlanthe voel “gefolter” deur die vraag of Clive Derby-Lewis vrygelaat behoort te word.

Motlanthe het gesê dat indien Derby-Lewis in die tronk doodgaan, kan hy ‘n martelaar vir sekere mense word.

Derby-Lewis is gevonnis tot 25 jaar in die tronk vir sy rol in die moord van SA Kommunistiese Party se algemene sekretaris Chris Hani in 1993.

“Ek dink dit is een van die kwessies wat pla in ons verbintenis tot ‘n samelewing wat omgee, ‘n samelewing wat nie gedryf deur die begeerte om wraak te neem nie, ” het Motlanthe aan Beeld gesê by die Nelson Mandela-sentrum in Houghton, Johannesburg.

“Die land moet die kwessie van Derby-Lewis se vrylating te bespreek, want geregtigheid kan nie selektief wees nie. Dit moet konsekwent wees, selfs met mense wat ons beskou as teenstanders. “

Motlanthe het gesê die kwessie rondom sy vrylating was ‘n toets van hoe ver die land in terme van ‘n ware kultuur van menseregte gekom het.

Derby-Lewis het gereël vir ‘n vuurwapen vir die skieter Janusz Walus wat ook tans 25 jaar tronkstraf uitdien.

Hulle is albei aanvanklik tot die dood gevonnis, maar dit is tot lewenslange tronkstraf verander toe die doodstraf afgeskaf is .

Mediese parool is in 2012 van die hand gewys, sowel as ‘n ander aansoek in 2011. Derby-Lewis, wat nou 77 is, is terminaal siek.

Tydens ‘n seremonie vroeër vanjaar ter herdenking van die 20ste herdenking van Hani se moord, het die SAKP se hoofsekretaris Blade Nzimande gesê Derby-Lewis en Walus moet die waarheid openbaar oor wie anders betrokke was by die misdaad of vrot in die tronk.

“Ons wil nie hê dit moet weer gebeur nie,” het Nzimande toe gesê.

Derby-Lewis behoort op grond van die gelykheidsbeginsel voor die reg parool te kry.

 

Kommentaar voortaan net vir betalende lede

disqusTot dusver het praag deur middel van die Disqus-kommentaarafdeling by artikels ‘n ruimte probeer bied vir lesers om op intelligente en beredeneerde wyse kommentaar te lewer en kwessies te debatteer. Ongelukkig is ons kommentaarafdeling toenemend misbruik deur buitestaanders wat daarop uit is om onmin te saai, lasterlike bewerings te maak, te vloek en te skel, en dies meer.

Tans lui ons kommentaarbeleid só:

U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en praag, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene “trol”-gedrag. Enigeen wat só ‘n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.

Kennelik het vele gebruikers nie hierop ag geslaan nie, want ons ontvang steeds klagtes van lesers en ons modereerders dat dié beleid daagliks geskend word.

Daarom word ons verplig om deelname aan die kommentaafafdeling voortaan slegs vir betalende praag-lede of intekenare beskikbaar te stel. Die stelsel sal oor die volgende paar dae in werking gestel word.

Die minimumbydrae per maand wat nodig is om aan Disqus deel te neem, is R30 per maand per debietorder of PayPal-subskripsie. Mense sonder PayPal kan steeds via hul kredietkaart ‘n PayPal-subskripsie betaal, aangesien PayPal daarvoor voorsiening maak.

Sluit hier aan.

Nie-intekenare sal steeds briewe aan PRAAG kan rig om hul menings te lug.

– Die redaksie

Pretorianers aangeraai om middestad te vermy

Deel van die roete in Vermeulenstraat, nou Madibastraat
Deel van die roete in Vermeulenstraat, nou Madibastraat

Pretorianers is aangeraai om die volgende drie dae die middestad te vermy nadat die presidensie die publiek genooi het om ‘n erewag langs die roete te vorm.

Nelson Mandela se liggaam sal aanstons vanaf Een Militêre hospitaal na die Uniegebou vervoer word.

Die liggaam sal van Woensdag af tot Vrydag toe in staatsie lê.

Die Ou Pretoriapad, Kgosi Mampurustraat, of Potgieterstraat, en Madibastraat, voorheen bekend as Vermeulenstraat is sowat ‘n uur gelede gesluit.

Dit behoort teen nege-uur vanoggend weer vir verkeer oopgestel te word.

Eeufeesweg tussen die Ou Johannesburgpad en die N14, sowel as strate aangrensend tot die Uniegebou sal ook gesluit wees.

Die Tshwane Metropolitaanse Raad het verdere maatreëls aangekondig rakende die eerbetoning van die ontslape leier.

Die stad sê straatsmouse sal nie die volgende drie dae toegelaat word om tussen sewe en tien in die oggend langs die roete wat handel te dryf nie.

Winkeleienaars word ook aangeraai om hulle winkels tydelik te sluit wanneer die stoet verby beweeg.

‘n Woordvoerder van die stad, Blessing Manale, sê diegene wat die liggaam wil sien, sal die parkeer en rygeriewe moet gebruik.

Die busse sal by drie punte beskikbaar wees, by die Fonteinedal langs UNISA, die skougronde en die LC De Villlers-sportterrein by die Universiteit van Pretoria.

Mandela sal die eerste Suid-Afrikaner wees wie se liggaam in staatsie sal lê. Die gebruik dateer terug tot die tydperk voor die Christendom om aan die publiek te toon dat ‘n leier inderdaad dood is.

‘n Professor in Antropologie aan die Universiteit van die Witwatersrand, David Caplin, sê “in die moderne tyd is dit ‘n eer en teken van respek”.

Dié grillerige gebruik is deur die ou Sowjet-Unie gewild gemaak wat die liggaam van Lenin uitgestal het.

Flip Buys val ‘rassistiese Afrikaners’ aan

Flip Buys
Flip Buys

In ‘n meningsartikel op Maroelamedia loods Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, ‘n aanval op Afrikaners wat “rasse-argumente gebruik”. Hy vergelyk hulle met Julius Malema en sê:

Maar hierdie verskynsel is ook algemeen onder Afrikaners, wie se goeie naam en mooi ideale al dikwels beswadder is deur sommige ‘Afrikaner-leiers’ se swak gedrag of dom optredes. Die jongste voorbeeld hiervan is Dan Roodt se gebruik van rasse argumente, skynbaar in ‘n lomp poging om die Afrikanersaak te bevorder deur te probeer ‘bewys’ hoe dom swartmense nou regtig is, veral gemeet teen geleerde wit rassiste.

Al wat sulke mense en hul argumente regkry, is om nog meer verbete vyande vir Afrikaners te maak, en om talle gematigde Afrikaners te vervreem van enige iets wat Afrikaans is. Deur swak argumente te gebruik, word ‘n goeie saak polities verder besoedel en vernietig. Sulke argumente bevestig al die vooroordele wat daar teen Afrikaners bestaan, en gee gratis kanonkoeëls vir ons teenstaanders wat ons reeds niks gun nie. Dis vir Afrikaners nou ‘n goeie tyd om eerder vriende as nog vyande te maak. Ons is reeds een van die mees gehate groepe in die land, en daar is geen rede om onsself nog verder te verneder en ongewild te maak nie. Daar is ‘n baie groot verskil tussen ‘n pro-Afrikaner standpunt en ‘n anti-swart houding, ek kon nog nooit begryp hoekom daar mense is wat dit wil vermeng nie.

Dit wil voorkom asof Buys beswaar het teen ‘n vorige artikel van dr. Dan Roodt wat op Maroelamedia en op praag.co.za verskyn het en waarin hy dr. Piet Croucamp se stelling dat alle “rassiste” noodwendig dom is, weerlê.

Buys meen dat dit “onchristelik (is) om haat tussen rassegroepe aan te wakker” en noem “5 redes hoekom (hy) teen rassistiese argumente is, veral as dit gebruik word om die Afrikanersaak te ‘bevorder’”:

1. Dit is verkeerd
Die wetenskaplike hoofstroom se gevolgtrekking is al dekades lank dat daar nie biologiese verskille bestaan wat een ras minderwaardig maak nie. Klein groepies afvalliges se menings verander niks hieraan nie. Die verskille in kultuur, ideologie, tradisies, instellings, geografie, omstandighede en geleenthede wat verskillende prestasies tot gevolg het, het niks met ras te doen nie.

2. Dis moreel tereggestel
Rasbegronde argumente is moreel tereggestel deur gebeure in Nazi-Duitsland. Wie hierdie spook weer probeer oproep, vernietig sy eie saak. The moral high ground is the best place to site your artillery.

3. Dis onsinnig en nutteloos
Rasargumente is ‘n politieke doodloopstraat, sonder enige sin of nut. Dit maak wêreldwyd vir Afrikaners nog vyande, en is ‘n verleentheid vir die oorgrote meerderheid Afrikaners wat rassisme soos ‘n aansteeklike siekte wil vermy.

4. Dit kan die Afrikaner vernietig
Afrikaners is ‘n krimpende en ongewilde minderheid in ‘n al vyandiger omgewing. Rasse-argumente wek net verdere haat en woede aan, en speel in die hand van die Malemas wat ‘n rasse-oorlog aanhits om hulle politieke doelwitte te bevorder.

5. Vryheid teenoor Apartheid
‘n Geregverdigde vryheidstrewe wat op die regte manier bevorder word, is internasionaal aanvaarbaar en kan bykans onoorkomlike struikelblokke oorkom. Maar haatpolitiek wat die indruk probeer skep dat Afrikaners wat na Vryheid streef, maar net rassiste is wat wil terugkeer na Apartheid, is gedoem tot wêreldwye teenstand en ondergang.

Blouligbestuurder skuldig op alle aanklagte

bluelightDie bloulig-bestuurder, Joseph Semitjie, wat Thomas Ferreira omgery het nadat hy ‘n rooi verkeerslig verontagsaam het, is in die Krugersdorpse landdroshof aan die Wes-rand skuldig bevind op alle aanklagte teen hom.

Semitjie het Thomas in 2011 by ‘n kruising omgejaag en daarna geweier om die erg beseerde seun te help.

Hy was die bestuurder van die destydse Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, Humphrey Mmezi.

Hy het tereggestaan op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, opsetlike saakbeskadiging, versuim om bystand aan beseerdes te verleen nadat hy beserings veroorsaak het.

Matriekvraag oor babaverkragting uitgesluit

exam2Die departement van basiese opvoeding het uiteindelik geswig voor druk van ontstoke ouers, onderwysers en matrieks oor ‘n eindeksamenvraag wat as heeltemal onvanpas beskou word.

Die hoogsomstrede verkragting-vraag wat in die matriek dramakunde-vraestel gevra is, sal uitgesluit word, het die departement in ‘n verklaring gesê.

Die vraag het gehandel oor die drama Tshepang, wat geskoei is op die verkragting van ‘n baba in 2001, waarin grafiese besonderhede vervat is.

Die departement sê punte-aanpassings sal dienooreenkomstig gemaak word, aangesien die 15 punte van die vraag nie meer sal tel nie.

Die departement kon nie sê of die vraag matrieks se punte negatief geraak het nie. Daar is nietemin besluit om nie die punte in te reken nie.

Matrieks wat die vraestel geskryf het, het aan Praag gesê dat hulle nie die vraag wou beantwoord nie, en ten minste twee het dit so op hul antwoordstelle aangedui.

‘Stuur Groete aan Mannetjies Roux’ bekendgestel

mannetjiesrouxDie rolprent “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” is by ‘n glansgeleentheid in Pretoria bekendgestel.

Dit is geskoei op die Laurika Rauch liedjie “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” , wat ook later ‘n verhoogstuk geword het.

Die uitvoerende vervaardiger, Piet de Jager, sê hy het Rauch en die skrywer Chris Torr ontmoet toe hy jonk was, maar hy sou nooit kon raai dat hulle later ‘n rolprent daarvan sou maak nie.

Ian Roberts en Anna-Mart van der Merwe vertolk van die hoofrolle, terwyl Rauch die verteller is.

Die aktrise, Lizelle de Klerk, wat ook in die rolprent te sien is en wat vroeër vanjaar as beste aktrise by die silwerskermfees bekroon is, sê Rauch is net so groot ikoon as Mannetjies Roux. – RSG

Babaverkragtingsvraag in eindeksamen is ‘siek’

bread-white-loafOntsteltenis heers dwarsoor die land by leerlinge in Dramatiese Kunste wat Maandag tydens hul matriekeindeksamen ‘n vraag oor ‘n toneel met ‘n babaverkragting moes beantwoord. Volgens ‘n berig van Sapa, gaan ouers en leerlinge die departement van basiese onderwys versoek om die 15 punte aan alle leerlinge wat die eksamen moes aflê, toe te ken.

Die vraag in afdeling C van die vraestel, wat volledige hier onder weergegee word, was verpligtend. Daarin moet leerlinge kommentaar lewer op die simboliese uitbeelding van ‘n babaverkragting deur middel van ‘n brood en ‘n besemstok. Die toneel is afkomstig uit die stuk Tshepang deur Lara Foot Newton.

Omdat die vraag 15 punte uit ‘n totaal van 150 tel, verteenwoordig dit tien persent van die hele vraestel en sou dus die verskil tussen ‘n druip en ‘n slaag of ‘n onderskeiding en ‘n nie-onderskeiding kon bepaal.

“Ek kon amper nie verder skryf nie,” het een meisie in Johannesburg gesê. “Dit het my naar gemaak en ek moes net die trane wegsluk. Hoe kan hulle vir ons so iets in die eindeksamen gee? Ek weet daar is iets soos verkragting en daar gebeur vreeslike goed in ons land, maar hierdie is te erg! Ek het amper die vraag heeltemal uitgelos, maar ek het heel jaar nog onderskeidings vir Drama gehad en daarom moes ek dit maar beantwoord, teen my sin.”

Blykbaar word die memorandum vir die vraestel vandag in Pretoria bespreek.

Hier is die gewraakte vrraag 11 uit die vraestel:

Dramatiese Kunste DBE/November 2013

AFDELING C: PAS PERSOONLIKE HULPBRONNE TOE EN BESIN EN EVALUEER

AFDELING C is VERPLIGTEND.

VRAAG 11

Lees die uittreksel uit Tshepang deur Lara Foot Newton en beantwoord die vrae wat volg. Die toneelstuk is geïnspireer deur die brutale verkragting van die nege-maande-oue baba, Tshepang. Daar is twee akteurs in die produksie. Simon vertel die storie en vertolk verskeie karakters. Ruth is op die verhoog, maar praat nie.

SIMON:     Sy het die heeltyd geweet.
Sy was te bang om hulle te vertel, want sy was sy houvrou.
Nou praat die dorp! Waarom het sy dit geheim gehou? Waarom het sy nie enigiets gesê nie? …
Alfred was dronk. Hy wou seks gehad het. Ruth wou gaan drink en het nie
belanggestel nie. Sy het haar baba op die bed gelos en tavern toe gegaan.
Ruth plaas die brood op die klein bedjie.
Dit het gou donker geword. Die son het ondergegaan.
Hy beeld die verkragting uit deur die besemstok en dië brood te gebruik.
Later het Sarah, die een met die goue tand, na die_huis toe gekom om vir Ruth te soek. Sy het ingeloop, Siesie gehoor skree en ‘n vuurhoutjie getrek. Alfred het vir ‘n oomblik gestop. Sarah het na hom gekyk, na die baba, en toe die kamer verlaat … en niks gedoen nie. Toe het Alfred voortgegaan. Hy het later haar liggaam in die veld gaan gooi … waar Dewaal haar gekry het.

11.1 Verduidelik tot watter mate die karakter Simon ‘n verteller genoem kan word (2)

11.2 As die enigste praatrol in die toneelstuk is Simon se stemvertoning noodsaaklik vir die sukses van die toneelstuk. Beskryf hoe jy toon, tempo en volume in reël 1-8 sou gebruik om tot die hoogtepunt (klimaks) op te bou in hierdie uittreksel. (6)

11.3        Die verhoogaanwysings in reël 9 sê: ‘Hy beeld die verkragting uit deur die besemstok en die brood te gebruik.’

      11.3.1 Waarom het die dramaturg gekies om die simbool van ‘n brood te gebruik om die baba uit te beeld en die besemstok as die verkragterr? (3)

     11.3.2 Beskryf hoe jy die akteur wat Simon vertolk, reël 9 sou laat opvoer om die aakligheid van die verkragting vir die gehoor te vergroot. (4)

                                                                                                                                           [15]

DA sal op benadeling van net een rassegroep fokus

Lindiwe Mazibuko
Lindiwe Mazibuko

Leiers van die Demokratiese Alliansie het Sondag na sy beleidskonferensie die noodsaaklikheid vir rasbeleid beklemtoon ten einde die “nalatenskap van apartheid” reg te stel.

By ‘n perskonferensie in Kaapstad, het die DA -leier, Helen Zille gesê die party erken dat daar “beduidende korrelasie tussen ras en benadeling” is, en dat haar party “onomwonde” die behoefte aan “regstelling” ondersteun.

Zille en ander partyleiers, het gesê die beleidskonferensie die naweek het beklemtoon dat “ras ‘n grondige rede” vir benadeling is. Dit beteken die ras van die benadeeldes – waarvan almal swart is – kan vrylik erken word.

Die party het voorgestel dat die groeiende rassedruk van binne die party duidelik geïdentifiseer word en verteenwoordig word in beleid. Maar Zille het ontken dat die debat “rasgedrewe” was.

“Daar was nie onmin of rassepolarisasie oor die kwessies nie,” het sy gesê. Daarmee het Zille te kenne gegee dat wit DA-leiers nie beswaar gemaak het teen die swart rassebeleid wat die party tans omhels nie.

Die DA het tradisioneel staatgemaak op ‘n rasblinde benadering tot ontwikkeling, waar die regering se doeltreffendheid en ‘n kultuur van vrye onderneming benadruk is, en sou lei tot die opheffing van armes.

Terwyl Zille die dramatiese ommeswaai in die party se beleidsrigting probeer onderspeel het, het die parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko haar kans waargeneem om die belang daarvan te beklemtoon.

Sy het gesê die erkenning van “ras” as ‘n belangrike filter in die DA se benadering tot regstelling sal voortaan hul beleid bepaal.

“Ek dink die groot ding wat uit die Federale Raad gekom het het in terme van leierskap was die vraag of die DA ras as ‘n wettige plaasvervanger vir benadeling aanvaar … en die antwoord was ‘ja’.”

Daar was berigte in die aanloop tot die konferensie dat swart lede van die Swart Koukus ‘n rassebeleid voorstaan.

Dit is na dese nie meer duidelik waar die party se benadering verskil van die ANC s’n nie.

“Ons uitdaging is om die balans tussen die behoefte aan rasseregstelling en ons verbintenis tot nie-rassigheid te behou,” het Zille erken.

 

Was sluipmoorde op JFK en Verwoerd werk van dieselfde skadu-groep?

Verwoerd na Pratt se aanslag
Verwoerd na Pratt se aanslag

Verskeie meningsopnames wat vrygestel is hierdie week met die 50ste herdenking van die sluipmoord op president John F. Kennedy, toon dat die meerderheid Amerikaners nog steeds nie glo dat Lee Harvey Oswald die enigste sluipmoordenaar was nie en dat daar ‘n wyer sameswering was.

Byna tweederdes glo dat Oswald nie alleen opgetree het nie, en minder as ‘n derde glo dat hy wel het. Die res is onseker. Die Amerikaanse regering se amptelike Warren-kommissie van destyds, het Oswald as die enigste skuldige aangewys.

Amerikaners onder die ouderdom van 30, die internetgenerasie, is meer geneig as enige ander ouderdomsgroep om te sê dat Kennedy se sluipmoord ‘n sameswering was. Byna ‘n driekwart glo dit.

Na die moord, het 40 getuies beweer hulle het skote of rook van die berugte graskoppie in die noordwestelike hoek van Dealey Plaza gesien, wat beteken dat Oswald nie die enigste skieter kon gewees het nie.

Soos uiteengesit in Richard Belzar se boek Hit List, is 15 sulke getuies voortydig dood tussen die jare 1963 en 1967. Die kans dat dit weens natuurlike oorsake kon gewees het is dus honderdduisendtriljoen tot een.

Vyftig jaar later, is duisende JFK-sluipmoorddokumente nog steeds verseël, en sal die getuienis eers in 2017 beskikbaar gestel word, tensy die federale regering dit as ‘n potensiële veiligheidsrisiko beskou, en anders besluit.

Baie navorsers meen dit was die werk van ‘n skadu-regering wat Kennedy uit die pad wou hê omdat hy fel gekant was teen die toenemende mag van die Federale Reserwebank asook Israel se begeerte om ‘n kernarsenaal te bou.

Om daardie rede is sy broer Robert ook vermoor deur die “Palestynse” sluipmoordenaar Sirhan Sirhan, glo hulle.

Dr. HF Verwoerd se dood kon bes moontlik die werk van dieselfde skadu-groep gewees het wat twee sluipmoordenaars “geprogrammeer” het om die premier uit die pad te kry, te wete David Pratt en Tsafendas.

Dr. Verwoerd is geskiet tydens die Randse Paasskou in April 1960 deur David Pratt, maar die aanslag op sy lewe was onsuksesvol. Die tweede aanslag was egter geslaagd. Die twee moordenaars het toevallig “behandeling” ontvang van dieselfde Britse psigiater.

 

 

As Jy Sing: Afrikaanse lokettreffer

Leah
Leah

Die Afrikaanse rolprent, As Jy Sing, het die suksesvolste Afrikaanse rolprent vanjaar geword en het die beste openingsnaweek van enige Afrikaanse titel gehad.

Die nuwe musiekfilm met Bobby van Jaarsveld en Leah in die hoofrolle het vroeg beloof om een van die jaar se groot films te wees.

Die Suid-Afrikaanse verspreider van As Jy Sing en Khumba sê die rolprente het die naweek gesorg vir 27 persent van die verdienste van die top 10 rolprente.

Die rolprente was onderskeidelik tweede en derde by die plaaslike loketkantoor, net na Thor: The Dark World en net voor Tom Hanks se Captain Phillips.

As Jy Sing het sewe persent meer in sy openingsnaweek gemaak as verlede jaar se Afrikaanse treffer, Semi-Soet.

Massiewe kuberaanval op PRAAG-webblaaie

praagcoza_logoOor die afgelope paar dae vanaf Dinsdagoggend is ‘n massiewe kuberaanval teen die webwerwe en bedieners van PRAAG geloods. Die sogenaamde verspreide-diensweerhoudingsaanval (Engels DDOS) waarby potensieel tienduisende rekenaars betrokke was, het as oogmerk gehad om PRAAG en sy diensverskaffer bankrot te maak deur die verbruik van bandwydte en skade aan netwerkinfrastruktuur.

By tye het die verspreide-diensweerhoudingsaanval die PRAAG-bedieners buite werking gestel maar tans is beide die Afrikaans webwerf by praag.co.za en die Engelse blad by praag.org aanlyn.

Dr. Dan Roodt, direkteur van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) ‘n gemeenskapsnuusdiens en kultuurorganisasie, het in ‘n verklaring gesê: “Ons is heeltemal verbyster deur die vlak van kuberaktiwiteit wat daar tans deur ekstremistiese anti-Afrikaanse groepe in die land teen ons gemonster word. Daar bestaan ook verskeie Facebook-blaaie wat deur mense onder vals identiteite bedryf word wat ons wil vernietig, oënskynlik omdat ons betogings teen misdaad ondersteun, asook veeltaligheid in Suid-Afrika goedgesind is.”

Die kuberaanval het aansienlike skade aangerig, nie net aan PRAAG nie, maar ook aan sy diensverskaffers en hul netwerke, iets wat kragtens Suid-Afrikaanse wetgewing strafregtelike aanspreeklikheid skep. Hierby kan ook gronde vir ‘n siviele eis gevoeg word, indien die oortreders opgespoor word.

“Ons gaan klagtes by die SA Polisiediens indien kragtens die Wet op elektroniese kommunikasie en transaksies nr. 25 van 2002 rakende die verspreide-diensweerhoudingsaanval teen ons, asook daardie naamlose individue wat aanhou om ons op Facebook, sosiale media en teenoor potensiële adverteerders op ons blad belaster,” meen Roodt.

“Ons gaan beslis nie hierdie soort aanvalle met gelatenheid verduur nie,” sê Roodt. “Ons lesers en ondersteuners staan by ons en honderde het reeds as vrywilligers aangemeld om dié pogings om ons monddood te maak, te beveg. Ons sal egter nie van die onsmaaklike en onderduimse metodes van ons teenstanders gebruik maak nie, maar ons op ‘n oop, deursigtige en wettige manier verdedig.”

André Visagie skuldig aan onwettige besit van wapens

André Visagie
André Visagie

Die konserrwatiewe leier André Visagie is skuldig bevind aan die onwettige besit van wapens en ammunisie, het Beeld Saterdag berig.

Sy seun, Jan, 18, wat sy mede-aangeklaagde was, is in die Kimberleyse landdroshof vrygespreek.

Landdros Vernon Smith het gesê Visagie, leier van die Geloftevolk-Republikeine, het “geen vertroue” in die polisie nie en is ook bekommerd oor plaasaanvalle wat hom laat glo dat mense in staat moet wees om hulself te beskerm.

Visagie het vroeër aan die hof gesê dat ‘n trommel wapens wat in sy seun se kamer ontdek iss, daar geplant is.

Smith het Visagie skuldig bevind maar gesê dat daar geen getuienis is dat sy seun van die wapens in die instapkas in sy kamer bewus was nie.

‘n Vonnisdatum moet nog bepaal word. – Sapa