Blouligbestuurder skuldig op alle aanklagte

bluelightDie bloulig-bestuurder, Joseph Semitjie, wat Thomas Ferreira omgery het nadat hy ‘n rooi verkeerslig verontagsaam het, is in die Krugersdorpse landdroshof aan die Wes-rand skuldig bevind op alle aanklagte teen hom.

Semitjie het Thomas in 2011 by ‘n kruising omgejaag en daarna geweier om die erg beseerde seun te help.

Hy was die bestuurder van die destydse Gautengse LUR vir plaaslike regering en behuising, Humphrey Mmezi.

Hy het tereggestaan op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur, opsetlike saakbeskadiging, versuim om bystand aan beseerdes te verleen nadat hy beserings veroorsaak het.