Twee vermeende onwettige hengelaars wat twee weke gelede in hegtenis geneem is vir die verkragting van ’n Amerikaanse vrou in die Tsitsikamma Nasionale Park het dié week in die Stormsrivier-landdroshof skuld erken.
Die polisie se adjudant-offisier Gerda Swart sê Juame Thorne en Luwayne de Wee sal môre gevonnis word.
Die twee bruin mans is op 14 Junie binne enkele ure aangekeer nadat hulle die vrou oorrompel en verkrag het toe sy op ’n wandelroete in die park verby hulle gedraf het.

