Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het in ’n verklaring sy spyt uitgespreek oor ’n gebrek aan inklusiwiteit by Mandela se begrafnis.
Volgens Tutu was daar ‘n “skreiende uitsluiting was dié van die Afrikaner-gemeenskap.
Hy het Afrikaners en, in die besonder die NG Kerk, om verskoning gevra omdat hulle uitgesluit was by die roudiens en begrafnis.
Tutu het die ANC-leierskap se hantering van Nelson Mandela se begrafnisdiens ook gekritiseer omdat hulle nie Afrikaans toegelaat het nie.
Volgens hom moes die NG Kerk ook deel van Mandela se afskeid gewees het omdat Mandela moeite gedoen het om te verseker dat Afrikaners deel van die nuwe Suid-Afrika word.
Die NG Kerk het ontken dat hy uitgesluit was en gesê dat danksy die kerk se betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, hulle wel deel van die verrigtinge was.
“Ons kon ’n meer verteenwoordigende groep geloofsleiers gewees het by die roudiens in die ENB-stadion en die begrafnis in Qunu, indien ons die NG Kerk ook ingesluit het – ons het ook nie Afrikaans gepraat nie, behalwe ’n paar sinne.
“Dit sou Madiba ontstel het, omdat hy so vasberade was om inklusief te wees.”
