Die konserrwatiewe leier André Visagie is skuldig bevind aan die onwettige besit van wapens en ammunisie, het Beeld Saterdag berig.
Sy seun, Jan, 18, wat sy mede-aangeklaagde was, is in die Kimberleyse landdroshof vrygespreek.
Landdros Vernon Smith het gesê Visagie, leier van die Geloftevolk-Republikeine, het “geen vertroue” in die polisie nie en is ook bekommerd oor plaasaanvalle wat hom laat glo dat mense in staat moet wees om hulself te beskerm.
Visagie het vroeër aan die hof gesê dat ‘n trommel wapens wat in sy seun se kamer ontdek iss, daar geplant is.
Smith het Visagie skuldig bevind maar gesê dat daar geen getuienis is dat sy seun van die wapens in die instapkas in sy kamer bewus was nie.
Net dae na sy hofverskyning saam met sy pa, Andre Visagie, die leier van die Geloftevolk Republikeine, staar die 19-jarige Jan Visagie ‘n saak van aanranding en die rig van ‘n vuurwapen in die gesig.
Dit volg na ‘n oënskynlike padwoedevoorval in Langstraat, Kimberley, waartydens Jan Visagie na bewering ‘n vuurwapen uitgehaal het tydens ‘n argument, wat uiteindelik in ‘n volskaalse vuisgeveg geëindig het.
Andre en Jan Visagie het verlede week in die Kimberley-landdroshof op aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie verskyn ná ‘n klopjag by hul huis in die stad.
Jan was na bewering deur sy ma, Marietjie, ontbied nadat ‘n Volkswagenbakkie voor haar BMW ingedraai het in MacDougallstraat.
Volgens die bestuurder van die bakkie, GP Laubscher (21) het hy per ongeluk voor die BMW ingedraai maar het bygevoeg dat hy ‘n apologetiese handgebaar aan die bestuurder gemaak het. Dit was eers later dat hy opgemerk het dat die BMW hom volg.
“‘n Nissan Sentra het my voertuig van voor ( in die aankomende verkeer ) genader, en reg voor my motor gestop. Die BMW het agter my my gestop met die gevolg dat ek nêrens heen kon gaan nie.”
“Die bestuurder van die Sentra het toe uit sy motor gespring en my uit my voertuig getrek. ‘n Reuse- vuisgeveg het tussen ons uitgebreek, terwyl die vrou in haar voertuig bly sit het.”
Volgens Laubscher se pa, Pienaar Laubscher, het hy op die toneel aangekom en probeer om die geveg stop te sit, maar het ook betrokke geraak.
Die jong Visagie het na bewering gesê hy gaan die “kak” uit Laubscher skiet met ‘n vuurwapen wat sy ma uit die motor vir hom aangegee het.
Volgens Jan Visagie ( die bestuurder van die Sentra ) het Pienaar Laubscher hom na bewering tussen die bene tydens die rusie om die wapen af te vat, bygekom, wat aan hom het ses steke in die skrotum besorg het. Laubscher het dit egter ontken.
Pienaar het blykbaar ‘n elektriese prikstok uit sy voertuig gehaal en dit nege keer op Marietjie gebruik tydens die voorval, wat sigbare merke op haar liggaam gelaat het. Laubscher het dit bevestig, maar bygevoeg dat dit ‘n “goedkoop model is wat hy by ‘n straatverkoper gekoop het en nie van ‘n baie hoë sterkte is nie” en dat hy dit gebruik het nadat sy aan sy hemp geruk het en probeer het om hom te slaan.
“Ek is grootgemaak nie aan ‘n vrou te slaan nie, maar wanneer hulle my begin slaan, sal ek terugbaklei,” het Pienaar gesê.
GP Laubscher het beserings aan sy kop en gesig opgedoen en ‘n tand in die stryd verloor. Sy pa het ook beserings aan sy gesig en is ook na bewering geskop tussen die bene. Jan beserings aan sy gesig, asook steke tussen die bene opgedoen. Hy het ook berig dat sy horlosie en hemp beskadig is tydens die voorval .
Alle betrokke partye is daarna na die polisie. GP Laubscher het ‘n saak van aanranding en rig van ‘n vuurwapen aanhangig gemaak, terwyl Jan Visagie ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer laat open het.
‘n Woordvoerder van die polisie, luitenant Donald Mdhluli het dit bevestig.
Die AWB se sekretaris-generaal, is uit die ateljee van die eNews-program-Afrika 360 vergesel, nadat hy glo aanbieder en politieke ontleder Lebohang Pheko Woensdag gedreig het.
André Visagie, wat ‘n gas op die nuusprogram was, het sy mikrofoon afgeruk en dit op die vloer gegooi. Visagie het gekla dat die aanbieder hom nie die geleentheid gun om sy saak te stel nie.
Hy het het daarna in ‘n verbale geveg met Chris Maroleng getree wat Pheko verdedig het.
Pheko het aan Visagie gesê Afikaans en Afrikaanse kultuur bestaan net in sy verwysingsraamwerk en nie daarbuite nie. Visagie het in ongeloof geantwoord dat dit nie beperk is tot sy verwysingsraamwerk nie, maar ‘n doodgewone feit is.
Sapa het ‘n verwronge berig oor die insident geplaas waarin hulle beweer dat Visagie dreig om Maroleng “aan te raak”.
Die voorval is intussen op YouTube uitgesaai waarin dit duidelik is dat Visagie deur die nuusspan gedreig word en uiters onregverdig behandel is.
‘n Kyker het ná die relletjie gesê Pheko het Visagie openlik getart deur te veralgemeen oor die lot van plaaswerkers.
Die nuwe Social Movement Against Racist Tendencies (Smart), gestig deur, onder andere, onderwys-departement woordvoerder Panyaza Lesufi, het gesê hulle is nie verbaas oor die gedrag van Visagie nie.
“Die nuutste uitbarsting deur die Algemene Sekretaris van die AWB bevestig wat ons ‘n lang tyd glo, naamlik dat rassiste behandel word met handskoene (sic) in ons land; dink net as dit Julius Malema was, wat homself gedra het soos hierdie,” het hy in ‘n verklaring gesê.
Smart het gesê dat die media is “verheerlik rassiste”.
“Etv verheerlik rassiste sedert die afsterwe van Eugene Terre’Blanche en gevolge daarvan is duidelik.”
Lesufi sê Smart het reeds 5 000 lede, onder hulle “glanspersone, politici, musici, prokureurs en professioneles”.
Hy het gesê die Smart se regspan sal “dringend” aanklagte van intimidasie teen Visagie ondersoek, sowel as ‘n dringende interdik vra om die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag by Terre’Blanche se begrafnis in Ventersdorp Vrydag te stop.
Smart sou amptelik van stapel gestuur word op 16 Junie, het Lesufi gesê.