‘Chaos is fantasties’

Nathan Kirsh
Nathan Kirsh

Die omstrede Nathan Kirsh, die man agter Agang en die DA se Glynnis Breytenbach, is die grootste aandeelhouer van Magal Security Systems en ‘n direkteur van die maatskappy.

Magal Security Systems ontwikkel en lewer beheerstelsels en betredingsalarms. Dié maatskappy is die belangrikste verskaffer van elektroniese heinings vir die omstrede veiligheidsheiningprojek in die Wes-Oewer.

Die Israeliese Ministerie van Verdediging het 80% van die bod vir die installering van betredingsalarmstelsels langs die veiligheidsheining aan Magal toegeken.

Die veiligheidsheining is in Julie 2004 onwettig verklaar deur die Internasionale Hof van Justisie.

Daarbenewens het die twee Deense finansiële instellings, die Deense Bank ( Danske Bank ) en die pensioenaris Bank ( PKA ) al hul beleggings van Magal Security Systems onttrek aan die begin van 2010 vir hul rol in die die bou van die heining.

Vier dae nadat die orkaan Sandy New York getref het, was die tagtigjarige miljardêr persoonlik in sy pakhuis in Queens waar hy toegekyk het hoe kosvoorraad verkoop word.

Na die orkaan verwoesting gesaai het, en hy fabelagtige winste uit die verskaffing van noodvoorrade kon maak, het Kirsh aan Bloomberg gesê: “Chaos. Dit is fantasties!”

Kirsh het sy eerste fortuin in Afrika gemaak in 1958, toe hy ‘n graanmeul- en moutbedryf in Swaziland gevestig het. ‘n Saketransaksie met Sanlam wat uitgerafel het, het hom in 1986 permanent na Swaziland gedryf.

Twaalf jaar later het hy het ‘n Suid-Afrikaanse groothandelvoedselverspreidingbesigheid begin waar hy net aan winkels in die besit van swart winkeliers verskaf het.

Hy beheer ook Primedia, wat Radio 702 besit.

Behalwe vir Agang, gee Kirsh ook geld vir die DA se nuwe kandidaat Glynnis Breytenbach, wat deesdae beweer sy word bedreig.

Volgens Beeld ry Glynnis “na verskeie aanslae op haar lewe in ’n gepantserde BMW wat aan die miljardêr-eiendomsmagnaat ­Natie Kirsh behoort”.

FW de Klerk, ook ‘n ontvanger van Kirsh se geld, maak eweneens gebruik van ‘n gepantserde voertuig.

Kirsh het glo die pantserwa tot Breytenbach se beskikking gestel ná vyf voorvalle waarin daar na haar motor geskiet is, iemand haar van die pad gedwing het, haar agtervolg het en by ’n roltrap van die Gautrein-stasie in Sandton afgestamp het.

Nadat Breytenbach die BMW gekry het, is drie dooie katte glo teen die hek voor haar huis opgehang, maar Breytenbach het vreemd genoeg nog geen klagte by die polisie oor die beweerde voorvalle ingedien nie.

Dit het glo gebeur nadat Breytenbach besluit het om lt.genl. ­Richard Mduli, misdaadintelligensiehoof, weens bedrog en korrupsie te vervolg.

Kirsh het ook, volgens Beeld, skenkings aan die FW de Klerk-stigting gegee, onder meer die betaling van Breytenbach se regskoste, wat meer as R2 miljoen beloop.

Die NVG ondersoek tans Breytenbach se hegte verhouding met Kirsh en het aanbeveel dat sy weens bedrog en korrupsie aangekla behoort te word.

Adv. Mxolisi Nxasana, hoof van die NVG, het intussen Breytenbach se bedanking as aanklaer aanvaar nadat die partye ‘n skikking bereik het.

Breytenbach staan as ’n parlementêre kandidaat vir die DA.

Die Sunday Independent het Sondag berig dat Kirsh die buitlandse skenker is wat Mamphela Ramphele, Agang-leier, wou sien saamsmelt met die DA.

Verkiesing aangekondig vir 7 Mei

Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK
Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK

Die president, Jacob Zuma, het aangekondig dat die nasionale verkiesing op 7 Mei 2014 sal plaasvind.

“Hierdie is ‘n historiese verkiesing aangesien dit plaasvind op die 20ste herdenking van ons vryheid van apartheidsvedrukking,” het Zuma gesê.”Nadat ons die OVK geraadpleeg het, stel ek die mense van Suid-Afrika in kennis dat die vyfde algemene verkiesing in die Republiek van Suid-Afrika op 7 Mei 2014 dwarsdeur die land gehou sal word.”

Volgens Zuma het hy die OVK en die premiers van provinsies Donderdag ontmoet en hy was tevrede dat voorbereidings op ‘n gevorderde stadium verkeer.

Kiesers kan nog oor die naweek op 8 en 9 Februarie registreer.

Die regering se termyn sal op 22 April eindig.

Sunette Bridges noem Roodt-uitspraak oor selfbeskikking ‘n ‘infame leuen’

Sunette Bridges
Sunette Bridges

Op haar Facebook-blad en in ‘n privaatepos, het die sangeres en Rooi-Oktober-aktivis Sunette Bridges ‘n uitspraak van dr. Dan Roodt – waarin hy noem dat redelike steun selfbeskikking vir Afrikaners moontlik sal maak – as ‘n “infame leuen” verwerp.

Bridges skryf:

Hierdie is jou stelling: Dan Roodt: “Melville, as die Front Nasionaal / Front National net ‘n paar 100 000 stemme kan kry, kan ons somme binne enkele maande ‘n volkstaat kry, met ‘n baie groot stuk grond en dele van die stedelike gebiede daarby!”

Ek volstaan daarby dat dit ‘n infame leuen is.

Voer julle debatte op FN se webblad, BKA en Praag. Ek is nie te vinde daarvoor nie.

Groete

Sunette

Dr. Dan Roodt, wat saam met verskeie ander groepe en aktiviste op die bestuur van die nuwe politieke party, Front Nasionaal dien, het hierop soos volg gereageer:

Beste Sunette,

Dis nogal ongelukkige woordgebruik om dit ‘n “infame leuen” te noem. Ek het ‘n mening uitgespreek, gegrond op my interpretasie van die grondwet en die volkereg.

Indien daar beduidende steun vir selfbeskikking is, beskik ons oor al die regte om dit uit te oefen! Die syfer wat blykbaar deur die VN aanvaar word vir “beduidende steun” is 35% van die bevolking. Gestel daar is 2 miljoen Afrikaners en ongeveer 1 miljoen stemgeregtigdes. Dan, indien 350 000 vir die FN stem, het ons ‘n saak uitgemaak om tot die volgende stap oor te gaan, naamlik onderhandeling oor grondgebied. Ons kan ook ander lande of internasionale organisasies vra om hierby te bemiddel.

Indien daar geen vordering is nie, is daar ander remedies ook. Uiteraard sal ons met omsigtigheid moet handel, maar ons kan selfs soos Kosowo oorgaan tot ‘n eensydige onafhanklikheidsverklaring. Dit sal ń aantal hofsake in SA en internasionaal ontketen waartydens ons kan bewys watter dele van die land ons reeds jare lank bewoon, waar ons monumente, dorpe, ens, geleë is, waarna die hof geen keuse sal hê as om ons gelyk te gee nie.

Die Kosowo-uitspraak van 2010 het die sogenaamde uti possidetis-reël gewysig en voortaan mag geen staat ‘n volk met identifiseerbare grondgebied in sy midde daarvan weerhou om onafhanklikheid te eis nie. Ook die SA Grondwet maak daarvoor voorsiening in artikel 235, maar die Grondwet is ondergeskik aan die volkereg in dié geval. En die volkereg steun ons saak nog baie sterker as die grondwet. Dis waarop my uitspraak gegrond is. Nou kan jy my vertel waarom ek verkeerd is.

Oproermakers plunder winkels in Noordwes

Plunderaars takel buitelanders se winkels by Du Noon, in die Kaap
Plunderaars takel buitelanders se winkels by Du Noon, in die Kaap

Oproermakers in Majakaneng in Noordwes het twee winkels wat aan buitelanders behoort geplunder, het ‘n inwoner gesê.

“Toe die polisie op ons geskiet het, het lede van die gemeenskap kwaad geword en die winkels geplunder,” het Pule Rakomane gesê.

Betogers het ook drie voertuie aan die brand gesteek, het The Times berig.

“Hulle was ou motors wat nie meer gebruik word nie,” sê Rakomane.

Polisie het egter gesê hulle het weet niks van die plundering of verbrande motors nie.

“Ons het nie verslae van die voorvalle ontvang nie,” het kol Sabata Mokgwabone gesê.

“Wat ons wel weet, is dat die betogers ‘n vergadering gehou het en dat ‘n raadslid se huis gevandaliseer is. Die betogers het ook probeer om die N4 te versper, maar die polisie het hulle gekeer, ” het hy gesê .

Rakomane het gesê betogers het by die plaaslike taxi-staanplek saamgetrek om hul volgende plan van aksie te bespreek.

Polisie het gesê ‘n sementvragmotor is vroeër op die N4 aan die brand gesteek .

‘n Bus wat konstruksiewerknemers vervoer is ook beskadig … by Majakaneng,” het Rakomane gesê.

Inwoners is glo in oproer oor watertekorte, beter paaie en HOP-huise.

‘Derde Mag’ glo agter diensleweringsoproer

sebokengDie Times berig dat ‘n “Derde Mag” vermoedelik agter die dodelike betogings oor dienslewering in Gauteng sit, en ‘n hoë-vlak van ondersoek daarna is reeds geloods.

Bewerings het vore gekom dat politieke partye en ander groepe geïnfiltreer is deur mense wat geweldgeteisterde gemeenskappe verder destabiliseer.

Woensdag het mense met ANC T-hemde op betogers in Sebokeng, in die Vaaldriehoek, geskiet.

Dit het tot die dood van Lerata Rabolila, 26, gelei en ‘n 34-jarige man is beseer. Die oproeriges van die Boiketlong-plakkerkamp het die strate ingevaar oor ‘n gebrek aan behuising en grond.

Gauteng Gemeenskapsveiligheid LUR Faith Mazibuko het Donderdag beveel dat die polisie die “onsigbare hand” van ‘n vermeende “Derde Mag” ondersoek.

Mazibuko se woordvoerder, Thapelo Moila, het gesê: “Hierdie protes, veral in Sebokeng, het ‘n element van mense wat die gemeenskap aanhits.”

Boiketlong was Donderdag vir ‘n tweede dag afgesper, met inwoners wat ‘n spoorlyn oorgeneem het, brandende versperrings opgerig het en skole laat sluit het.

Hulle soek glo geregtigheid vir die dood van die jongste slagoffer van die oproer.

“Die ANC sit hieragter. Hul lede, geklee in ANC T-hemde, probeer om ons protes te stop. Toe hulle nie kon nie, het hulle op ons geskiet,” sê ‘n leier van die gemeenskap Elvis Motaung.

Ander glo weer dit is ‘n “ander mag” wat sit agter die geweld.

Sebokeng se onrus volg na dae van geweld in Bronkhorstspruit se lokasie by Ekangala, Zithobeni en Rethabiseng, naby Pretoria.

Tshwane se burgemeester Kgosientso Ramokgopa het Donderdag gesê die protes word deur mense wat nie van plan is om te betaal vir dienste nie, gedryf.

“[Die gebrek aan] dienslewering is wanneer daar geen elektrisiteit, paaie, sport- en gesondheidsfasiliteite bestaan nie. Dit is nie die geval hier nie,” het Ramokgopa gesê.

ANC belowe geen geweld by DA-protes

daprotestDie ANC het te kenne gegee dat hulle geen geweld verwag wanneer die DA ’n optog na die ANC se hoofkantoor in Johannesburg lei nie.

Die ANC het vroeër gesê die optog is aanhitsing wat geweld sal meebring. Die DA-leier, Helen Zille, het ontken dat dit aanhitsing is soos die ANC beweer.

Die party het Donderdag in Gauteng gesê ANC-lede sal “nie gewelddadig optree teenoor die opposisie nie”.

David Makhura, Gautengse ANC-sekretaris, aan verslaggewers in Johannesburg gesê: “Die ANC-lede in die provinsie weet hulle word nie toegelaat om fisiek met lede van die opposisie te baklei nie.

“Die stryd tussen ons en die DA handel oor wie die beste visie vir Suid-Afrika het, oor wie die beste beleidsrigtings het om Suid-Afrika vorentoe te neem. Ons sal daar wees om hulle te ontvang en hulle op te voed oor ons planne om die ekonomie te transformeer,” het Makhura gesê.

Die DA beplan om Woensdag na Luthulihuis in Johannesburg op te ruk as deel van die party se “stryd om werkskepping”.

Informante verraai mede-Afrikaners vir geld

spioenDit het tydens die hoogverraadverhoor in Bloemfontein aan die lig gekom dat Afrikanerr-informante wat deur die polisie gebruik word om op ander Afrikaners te spioeneer hoofsaaklik deur geld gemotiveer word.

Mnr. Jaco Scherman het vir die staat getuig dat sy “onderneming geldelike probleme ondervind en dat hy vir elke verslag wat hy vir sy hanteerder geskryf het, betaal is. Volgens hom “het hy nie baie geld ontvang nie, maar hoe meer inkriminerend die verslag is, hoe meer geld word ek betaal.”

Scherman getuig tans in die hoogverraadverhoor van mnr. Johan Prinsloo, wat na bewering deel van die “Bloemfontein-komplot” sou wees. Dié groep sou die ANC se nasionale kongres in Desember 2012 met mortiere en ander wapens aanval.

Volgens Scherman het hy “egter nie die groep vir die geld geïnfiltreer nie, maar omdat hy in reg en verkeerd glo”.

Prinsloo staan tereg op aanklagte van hoogverraad, sameswering om aan terreurdade deel te neem, asook die besit van onwettige ammunisie. Hy is in Desember tesame met Martin Keevy, Mark Trollip en Hein Boonzaaier in hegtenis geneem.

Die saak teen Boonzaaier is intussen teruggetrek en hy sy verhaal elders hier op praag vertel. Hy is besig om die staat vir miljoene rande weens wederregtelike arrestasie en gevangenskap te dagvaar.

Scherman het verder getuig dat hy Prinsloo in 2011 opgesoek het, nadat sy hanteerder hom aangesê het om ‘n organisasie genaamd die Vrye Burger-weerstandsbeweging binne te dring.

Die saak gaan eerskomende Maandag voort.

Binnelandse Sake oop vir registrasie-naweek

Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK
Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK

Die departement van binne­land­se sake sal die komende naweek alle kantore oopstel vir die publiek.

Voornemende Suid-Afrikaanse kiesers wat identiteitsdokumente nodig het om vir die 2014-verkiesing te registreer, sal gedurende die naweek ook daarvoor kan aansoek doen.

Die Onafhanklike Ver­kie­sings­kommissie (OVK) se laaste registrasieveldtog vind Saterdag en Sondag plaas.

‘n Woordvoerder van die OVK, Kate Bapela, het Donderdag gesê regi­s­­­trasienaweke word ter gerieflikheid van kiesers gehou.

Voornemende stemmers kan ná dié naweek nog steeds by munisipale kieskantore, wat in elke munisipali­teit beskikbaar is, regi­streer.

Die kieserslys sal om 17:00 op die dag wat pres. Jacob Zuma die verkiesing aankondig, eers sluit. Tot dan het stemmers die geleentheid om te registreer.

Die departement van binne­landse sake het gesê sy 403 kantore landwyd sal tussen 08:00 en 17:00 oop wees.

Smokkelsigarette onderskep

cigarettesSmokkelsigarette met ‘n geraamde straatwaarde van vyf miljoen rand is verlede by die Beitbruggrenspos in Limpopo onderskep, het RSG berig.

‘n Woordvoerder van die Valke, Dibero Molatjana, sê 38 buitelanders is tydens die maandlange operasie in hegtenis geneem.

Hy sê sindikate skep nou vals kompartemente in luukse voertuie, in plaas van swaar voertuie om opsporing te vermy.

Volgens die Tabakinstituut van Suider-Afrika het die staatskas oor die afgelope drie jaar sowat 12 miljard rand weens die wanpraktyke verloor.

Onwettige sigarethandel beloop 30 persent van die totale sigarettemark in Suid-Afrika, met die meeste van die produkte wat van Zimbabwe afkomstig is.

Mbeki wil Afrika se kapitaaluitvloei keer

Thabo Mbeki
Thabo Mbeki

Die voormalige president Thabo Mbeki is op ‘n besoek aan die Verenigde State van Amerika om kundigheid te werf vir die Afrika-Unie se paneel op Onwettige Finansiële Vloei.

Mbeki is die voorsitter van die paneel wat gestig is na ‘n besluit van die AU se ministers van Finansies, Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling in 2011.

Die paneel se missie is onder meer om aanbevelings te maak oor hoe om die onwettige uitvloei van multi- miljarde jaarliks uit die vasteland ​​te stuit.

Tussen 1980 en 2009 het Afrika glo ‘n verbysterende $1,2 triljoen dollar van die kontinent se rykdom verloor.

Mbeki het by die Verenigde Nasies in New York gesê die onwettige uitvloei van kapitaal uit Afrika kos die vasteland jaarliks sowat 600 miljard rand.

Hy sal ook vergader met die Wêreldbank, die Internasionale Monetêre Fonds en die Amerikaanse departement van buitelandse sake.

Die kapitaaluitvloei is die gevolg van foutiewe handels-fakturering, belastingontduiking en terreur-finansiering.

Die geld vloei na ontwikkelde lande en belastingparadyse.

Die VN se adjunk sekretaris-generaal, Jan Eliasson, het aangedui dat ‘n oplossing van die uiterste belang sal wees vir Afrika om sy Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte te haal.