Beskuldigde nommer 4: Ope brief deur Hein Boonzaaier

Hein Boonzaaier in Mississippi, tydens een van sy twee besoeke aan die VSA. Foto: Brenda Booker
Hein Boonzaaier in Mississippi, tydens een van sy twee besoeke aan die VSA. Foto: Brenda Booker

deur Hein Zaayman (alias Hein Boonzaaier)

Jy staan een oggend op met ‘n lied in jou hart, en gaan stap deur jou tuin met jou getroue ou boerboel aan jou sy. En ewe skielik sien jy voor jou omtrent dertig polisiebeamptes met masjiengewere op jou gerig. Jou boerboel se hare rys, sy begin vorentoe hardloop, en ‘n swart man met ‘n “hawk”-T-hemp aan rig sy pistool op haar en beveel jou om jou hond onder beheer te kry en weg te sit, anders word sy geskiet.

Sommige polisie rig hulle aanvalsgewere op die hond, ander hou dit op jou, nog ander het reeds jou vrou die voordeur laat oopmaak, en hou hulle gewere op haar gerig. Sy gee ‘n gil en vra vir jou wat aangaan. Die man met die “hawk”-hemp stel homself voor as kolonel So-en-so, en oorhandig twee hofbevele aan jou. Een is om jou huis te deursoek, en die ander is magtiging tot jou inhegtenisname vir hoogverraad. Hy vertel vir jou dat enige iets wat jy sê of doen teen jou in die hof gebruik kan word, en dan word jy geboei. Alles binne twee minute. Jou lewe het ewe skielik verander en jy weet nie hoekom nie, en só begin ‘n agt maande lange “komedie” van skokke, vernedering, onthullings en soms komiese oomblikke, wat verreikende gevolge vir jou en jou geliefdes bring.

Dit is, kortom, hoe hierdie sage in my lewe begin het, en wat ‘n ontsaglike invloed op soveel fasette van my lewe oor die afgelope agt maande gehad het. Ek kan nou onthul dat ek die rubriekskrywer Heinrich B Zaayman is, of party mense ken my as Hein Zaayman. Ek het al vele artikels vir Praag geskryf tot en met 2011.

Maar ek wil nie hier my hele hartseer en verstommende reis deur Suid-Afrika se swak strafproseswette, regstelsel en politieke intimidasie vertel nie. Ek wil vertel van die verstommende ondersteuning wat ek, my vrou en my familie vanuit soveel oorde en onverwagte plekke gekry het, en om daarvoor dankie te sê. Ondersteuning wat mens staande gehou het, my laat besef het ek is nie alleen nie, en wat as engele deur my vrou beskryf is. Dit sal onmoontlik wees om almal by die naam te noem, maar hulle weet wie hulle is, en ek is dankbaar vir Dan Roodt om deur middel van Praag aan hulle ons dank oor te dra.

Behalwe vir die plaaslike mense in die sogenaamde “regse” politiek, was daar familie waarvan ons jare laas iets gehoor het, vriende wat nooit saamgestem het met my politieke standpunte nie, ou skoolvriende, oudstudentemaats, oudkollegas oor ‘n hele dertig jaar, kennisse uit verskeie fasette van ons lewens, huidige kollegas van beide my en my vrou, die maatskappy vir wie sy werk, en baie swart mense met wie ek deur die jare te doen gekry het as personeel, projeklede en kliënte. Daar was vele mense wat bidgroepe vir my en my medebeskuldigdes gestig het.

Vanuit Amerika is daar ook bidgroepe gestig, en almal wat ek daar leer ken het ná twee besoeke aan die VSA wou op eie koste na SA vlieg om vir my te kom getuig. Daar was die menseregtedrukgroep in Ierland wat die regering so op hol gejaag het, dat die gevangenis elke twee ure aan die minister oor ons verslag moes doen. Vanuit Kanada, Australië, Europa en Suid-Amerika het ek persoonlik soveel ondersteuning gekry, dat ek net verstom kon staan.

En dan seker die belangrikste was daar die Hemelse Vader, wat my onderskraag het, regop gehou het, en my eie waardigheid vir my opgepas het, terwyl daar ‘n korrupte stelsel en meewerkende pers was, wat my probeer afbreek en beskryf het as ‘n dom Boer wat ‘n bose terroris is. Vir dié wat nie aan God glo nie,voel ek jammer. Hy is waaragtig en almagtig, en kan namens jou, wat jouself op Sy altaar lê, alle onmoontlike hindernisse uit jou pad vee.

Ná al die ontberings en hartseer, wil ek vir almal wat ons ondersteun het dankie sê, en weet dat elkeen ‘n spesiale plek in ons harte het. Ons sal dit nooit vergeet nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Trippie Trip

    Welkom tuis Hein Zaayman !

    Baie dankie ook vir jou skrywe hier ! Julle was deurentyd in baie van ons mense se gebede !

    ALLE EER AAN GOD – PRYS SY NAAM !

  • Johan van Wyk

    Dankie vir jou ope brief aan Praag lesers.

    Ek merk op dat jy in die koerant geseg het dat jy nou na jou eie finansieele vooruitsig gaan kyk. Beteken dit dan die wat jou ondersteun het word nou agtergelaat, en jy kyk nou net na jouself, en jou ondervinding is verlore vir die Afrikanervolk in politiek en die vergryping van die regte van die Afrikaner.

    Of het jy halsoorkop getrek omdat die meeste Afrikaner jou nie ondersteun het toe jy verkeerdelik gevange geneem is nie.

    Wat kan ons verwag van Hein Boonzaaier die volgende paar maande – wegkruip, of terugveg namens die Afrikaner?

    • Riempies

      Ag genade tog Johan waar val jy nou uit – ek kan nie my oe glo toe ek jou kommentaar lees nie!

      • Johan van Wyk

        Ons het beide lense wat ons gebruik om die vertoonkas na buite dop te hou. Binne hierdie vertoonkas is daar ander kortsluitings en ander funksies wat hierdie vertoonkas genaamd oë te laat verhelder.

        Vir een persoon wat nie haar vertoonkas kan glo nie, moet daar een werklike fout bespeur kan word.

    • Johan, maar hy sê dan juis dat hy geweldige steun van hier en oorsee gekry het? Dis net Naspers en die linksliberale ondersteuners van dié korrupte orde wat hom nie ondersteun het nie. Maar dis tog te verwagte?

      • Johan van Wyk

        Hy het die ondersteuning ontvang – dit merk ek op in sy ope brief aan Praag lesers. Gaan hy die ondersteuning nou terugbetaal met sy ondervinding of nie – geen slegte vraag daarin nie.

        Wat is die pad voorentoe vir Hein Boonzaaier – wegkruip, of voortgaan met dit wat hy begin het. As hy wegkruip, dan het die ANC gewen, as hy hulle nou aanvat, dagvaar dan sal hulle weet om nie Afrikaners toe te sluit sonder genoeg bewyse nie – dit behoort dan te tel in die wen kategorie van onderdrukking van die Afrikaner – of sit ek die pot mis.

        Dagvaar is een ding – NASPERS, ANC en vele ander.

        Om nog steeds die pad te loop wat jy gekies het is iets anders. Het die ANC hom van gedagte laat verander – het hulle oor Hein Boonzaaier gewen?

        • Arnieann

          Kontak vir Hein en bied jou dienste as raadgewer aan.
          Bietjie voorbarig van jou om nou namens hom besluite te maak.

          • Johan van Wyk

            Kom ons beproef jou stelling vriend.

            In Hein se ope brief aan Praag lesers die volgende.

            Bidgroepe is oral in die land gestig om vir my en my familie en mede prisoniere te mag bid.

            Hein Boonzaaier het uit die tronk gestap as een vry man – met ander woorde hy sal nie weer vervolg word nie.

            God het dan na die gebede geluister en hom bevry – daar moet een rede wees hoekom God hom bevry het. Die ANC kon baie op hom geplant het as hulle wou – ons ken hulle manier van bewyse fabriseer.

            Nou wat gaan een Hein Boonzaaier nou doen teenoor die gebde wat God aanvaar het – gaan hy nou terug sit of gaan hy God se roeping aanvaar!

            Baie maklik – Gelofte en of Belofte – aanvaar en of verwerp.

          • Arnieann

            Dit is ‘n saak tussen hom en sy Skepper. Hy het niks om daaroor te raporteer aan enigiemand nie.
            Die man is pas vrygelaat, en het tyd nodig om weer op sy voete te kom.
            Vra eerder die vraag: Wat kan jy doen om hom te help met die take wat nog vir hom voorlê.
            Ek beiendig nou hierdie debat met jou rondom hierdie kwessie.

          • Riempies

            Arnie die feit dat hulle in die tronk moes sit vir 8 maande voor n hof datum glo ek was omdat die bewyse wat die intellegensie geplant het eers tekens van verweer moes toon?

    • sasmart

      Ek glo nie dat Hein slegs homself, of die volk, in gedagte kan hou in sy besluite oor die toekoms nie. Sy verpligting le eerste by die veiligheid van sy familie. Geen politieke beweging, hoe ydel ookal, is dit die moeite werd om jou vrou te sien met masjien gewere op haar gerig nie. Ek wens Hein en sy familie all e voorspoed, en ‘n rustige lewe vol liefde vorentoe.

      • Johan van Wyk

        Hy het geweet waarin hy homself toelaat.
        Hy het geweet dat as jy die slang se kop wil verbrysel, die slang jou een of ander tyd op die hakskene sal wil byt.
        Hy het die pad gekies om met die slang te baklei – een eerbare roete – het die ANC oor Hein Boonzaaier gewen – of is daar nog veg oor in Hein?

    • Dieannerou

      Johan begin jy al stories bou soos met die VF rondom hierdie gebeure ook? Ek kan nie wag nie dit behoort interresant te wees.

      • Seg Net

        Dieannerou ek wag ook in spanning. Begin al soos ‘n sepie. Word vervolg.

        • Johan van Wyk

          Nou kom ons begin – bewyse dat die ANC en die VF+ in alliansie is.

          Ek gaan pos en dan gaan jy die draad volg.

          Mulder ondersteun die veartssnykunde vir opleiding in swartes – hy sal hulleself pos in areas waar hulle opgelei sal word. Vraag – wat van Afrikaners wat nie meer kan studeer by Onderstepoort nie.

          Sou jy dit nou politiek korek wil noem – of die Afrikaner vergeet – en na versoening toe oorstap. Of beskerm hy maar net sy werk by die ANC kantore.

          Dr Mulder said that prior to 1994, the state had made provision for “Homeland allowances”, which were justifiable because living conditions in rural areas were poorer than in other parts of the country. He said that he would ensure that state veterinarians who worked in rural areas would be able to receive any additional allowances.

          http://www.pmg.org.za/report/20120731-briefing-department-agriculture-forestry-and-fisheries-veterinary-and

          • Johan van Wyk

            Pieter Mulder erken in die Parlement dat hy die rol van opisisie en verteenwoordiger van die ANC baie moeilik vind.

            Dit is soos om ‘n slang met twee koppe te dien!

            Dr Mulder responded by saying that because he was a Member of an opposition party, the mandate given to him by his party was to critique the work of government. However, he was playing a fine balancing act. He added that there was no rule that he must attend every Committee meeting.

            http://www.pmg.org.za/report/20120313-strategic-plan-201213-201617-department-agriculture-forestry-and-fish

          • Johan van Wyk

            Deputy President, we have a deal with the FF Plus – and Minister Naledi Pandor – that today I am going to tell South Africans a story that I know that demonstrates that all of us, as a country, are behind the 2010 Fifa Soccer World Cup success. When the director in the Office of the
            President, Frank Chikane, was in Cape Town, there was nobody to hand over a letter, which was a deciding letter, for the delegation of South Africa to go to Zürich. That letter of government was needed, and there was nobody in Cape Town. The only person who was there was a certain hon
            member called Pieter Mulder. This Pieter Mulder took the letter to O R Tambo Airport and said that it was a letter that he had been requested to give to the delegation so that when they arrived in Zürich with Madiba, the country would be making a submission in saying that as a country we were supportive, and that we should please be given a chance
            and the honour of hosting the 2010 World Cup. [Applause.]

            Pieter Mulder lewer briewe vir die ANC af vir verteenwoordigers by die 2010 sokker speletjies.

            http://www.pmg.org.za/node/26621

          • Johan van Wyk

            Vir ’n maand kry ons die uitsonderlike geleentheid om ons land in al sy
            glorie aan miljoene kykers regoor die wêreld ten toon te stel. Kom ons
            gebruik die geleentheid om ’n positiewe beeld van ons land uit te
            straal. Laat ons vir die wêreld wys, dat daar geen beter land as
            Suid—Afrika is nie, en dat dit winsgewend is om in Suid—Afrika te belê.

          • Johan van Wyk

            Bewys dat die VF+ net belangstel in die Noord Kaap – Orania.

            (a) Why has the (i) Northern Cape and (ii) North West not accessed their
            Infrastructure Sector Incentive for the 2010-11 financial year, (b)
            what steps has her department taken to deal with this situation and (c)
            when will the money be rolled over to each of these provinces? NW1083E

            http://www.pmg.org.za/node/29320

      • Johan van Wyk

        Jy sien – net Hein Boonzaaier kan vertel waardeer hy gegaan het – Net Hein kan vertel of die ander politieke partye agter sy arrestasie gesit het. Net Hein kan vertel of die staat hom wou stil maak.

        Sou die staat hom wou stil maak – dan moes hy op die regte pad geloop het. Verstaan – and those where the days of our lifes.

        • Kwapie Scheepers

          Johan van Wyk, wat is jy so knaend soner om die ding by die naam te noem? En terwyl ek nou besig is, gaan vra jou skoolgeld terug, want hulle het jou nie geleer spel nie. In die konteks wat jy dit gebruik, is die woord wat jy wou gebruik:
          ” waar deur” en nie “waardeer” nie. Ek sal jou die verkeerde spelling van die engelse woord oorsien… (“Lives” is die meervoud van “life” en were is die verlede tyd van “are” . “where” beteken “waar?” soos in watter plek in Afrikaans..)

          • Arnieann

            Mooi en baie diplomaties gestel.
            Een verkeerde spelfout kan ‘n hele ander betekenis aan iets gee.
            Sukkel self ook so dan en wan met die spelling.

    • Seg Net

      Johan ek weet nie so mooi nie maat, maar jy is lekker deurmekaar. Ek en ander forum lesers, het jou al by verskeie geleenthede gevra om jou bewerings of omstrede stellings met feite te staaf. Waar kom jy aan al hierdie onsin wat jy soms kwyt raak?

      • Johan van Wyk

        Laat Hein Boonzaaier van homself laat weet – gaan hy as held hier uittree – of gaan hy as een wat oorwin is hier uitstap.

        Het die VF+, ANC alliansie gewen – of gaan Hein Boonzaaier wen!

        Maklikke vraag?

        • 11petrus2

          Nou Virwie en Virwat moet die perd Van diepe waters op forum al sy feite met jou deel . Hy ken die Vrae en het ten minste n idee hoe die engelse se wit en swart pandoere lyk……Nooi hom Vir n Vleisie dan kan julle mekaar mos diep Verras…….. sonder Vrot Forum piesangs aan die tak of op die dak……en dan Vra jy hom prontuit of hy tot agent getransformeer het……so werk dinge dan Vir beide Vliee in een klap

    • Arnieann

      Wat sou jou prioriteite gewees het as jy vir agt maande opgesluit was?
      Hierdie man het baie dinge wat hy moet opvang. En nie net dit nie. die sielewroeging wat hy moet verwerk. Niemand kan hom daarmee help nie.
      En dan waag jy dit wragtig om hom met sulke ondeurdagte vraë te bestook.
      ‘n Verskoning aan hom sal dit ongedaan maak. Ek glo nie jy het sleg bedoel nie.

      • Johan van Wyk

        Wat is jou prioriteit – soos ek al vantevore gemeld het – daar is nog drie van ons volksmanne in die tronk. Twee van hulle was op eet stakings.

        Een by naam Johan Prinsloo se plaas is deursoek terwyl hy in die tronk is. Skielik sewe maande later vind hulle ammunisie op sy plaas weggesteek in lee koeldrank bottles. Begrawe, maar die bottels is so nuut soos direk uit die vervaardigings kompleks te kom.

        Hein se werk is nie voltooi nie.

        Afrikanervryheid – gaan hy dit voltooi of nie.

        • Arnieann

          Net die feit dat hy aan niks skuldig was nie maak dit reeds voltooid.
          Wil jy hê hy moet nou dinge gaan doen waaraan hy wel skuldig moet wees om jou punt te maak??
          Wat wil jy hê moet hy nou doen???
          Niemand hier verstaan wat jy probeer sê nie.

          • Johan van Wyk

            Lees weer jou eie stelling meneer.

            Gaan in gesprek in met my nadat jy behoorlik jou stelling gelees het. Ek dink jy skryf te vinnig en het meer tyd nodig om te dink – ek wil nie die vloer was met jou nie – dit is nie die rede hoekom ek hier begin skrywe het nie.

    • Marilda

      Johan……..ek dink nie jy moet enigsins praat oor sy finansiele vooruitsig nie, want jy het nie n idee wat daar aangaan nie…..! Gaan op jou kniee en se dankie dat jy nie in sy posisie is/was nie….!!

    • Hein Boonzaaier

      Johan alhoewel baie relevant, gaan ek nie antwoord op jou vrae en stellings nie, omdat ek bloot geen antwoorde aan jou verskuldig is nie. Maar ek gaan jou ‘n teenvraag vra:
      Wat sou Johan van Wyk gedoen het, as hy in my skoene was?

      • Johan van Wyk

        Ek sal jou met graagte beantwoord op jou vraag – Wat sou Johan van Wyk gedoen het, as hy in my skoene was?

        Ek het twee stellings gemaak aan jou wat soos jy dit noem relevant is – wegkruip, of terugveg namens die Afrikaner.

        Terugveg namens die Afrikaner.

        Jy kan duidelik sien op hierdie forum dat baie se dink werk dieselfde is. Maar as jy hulle een vraag sou vra – sal hulle opstaan in die publiek vir die Afrikaner se vryheid – dan my maat sou jy baie dapper persone hier vind. As dit moet oorgaan na werklikheid toe – my vriend dan soek die mense verskonings hoekom hulle nie op een vergadering en of een petisie aspek kan wees nie.

        Kom ons kyk net na vandag se rubrieke wat geskryf is – MK maak moles in Germiston – 2000 van hulle.

        Die kommando stelsel is afgeskaf – MK is nie afgeskaf nie.
        Die ANC het nog steeds hulle milletere vleuel. Kommando was geen millitere vleuel nie – hulle was gestig vir een rede, beskerming van die plase.

        Nog vele ander onregverdige onderdrukking kan gesien word op slegs vandag se kommentaar – moorde in hospitale.

        Nee my vriend – my antwoord sou beslissend terugveg namens die Afrikaner wees.

      • Pretorius

        Hein Boonzaaier jy is n held en wat jy moes deurgaan was seker baie erg maar jy is my,Danie Theron en Gideon Scheepers. Daar is min soos jy en ek is trots op jou en ek sal jou ondersteun. Hierdie bogenoemde helde het ook swaar gekry bittereindes. Ek het baie naforsing gedoen oor hulle en wat hulle vir ons gedoen het, die dapperste van die dapperes. Die Here onse hemelse Vader het hulle beskerm en behoed deur alles wat hulle moes deurmaak. Ek vra dat jy nie moet weggaan nie, nee bly hier en staan op vir ons. Ek is seker daar is baie wat soos ek voel en bereid is om jou te ondersteun. Ek is nie n ryk man nie maar sal ook donasies gee. Ek sal ander soek om donasies te gee ek is seker ek sal n paar kry. Sterkte Hein Boonzaaier en familie.

  • Riempies

    Almal hier op Praag was baie dankbaar toe jy vrygelaat is – ook ek. Ek hoop dat jy tegelegenertyd vir ons gaan toelig oor alles wat gebeur het tydens die 8 maande sonder verhoor in die gevangenis wanneer jy reg is daarvoor.

    • Johan van Wyk

      Nou hier is die regte vraag – waarnatoe nou vir Hein – wegkruip of terug veg.

  • Seg Net

    Ek moet ongelukkig hier seg of erken dat ons, of liewer ek nie altyd, ook nie in my gebede, altyd aan hierdie mense, wat die Afrikaner se belange op die hart dra en daarvoor in aanhouding is dink nie. Aanvaar net elke oggend, as ek opstaan dat daar weer ‘n nuwe dag aangebreek het en dink nie aan hulle wat nie die vryheid geniet nie en dit as gevolg van ‘n terroristiese, kommunistiese, liberalistiese regering.

    Ons moet vinnig tot ‘n besluit kom en plan sien. Het dit gister ook aangeraak.

  • KaspaasBreekwater

    Geluk Hein Boonzaaier – weereens kom die Godloenaars en hulle trawante 2de.

  • Willy

    Reg en geregtigheid het geskied. Dankie vir die ope brief wat u vir ons hier op Praag geskryf het. Waardeer dit baie dat u ons ingelig het die werklike stand van sake is. My bede aan u is om oor dit te probeer kom en dit nie saam met u te dra op u lewenspad nie. Dit gaan moeilik wees maar hou net moed. Dinge sal weer beter gaan. Sterkte vir u en u familie.

  • sasmart

    Hein, ek het vir geen oomblik in jou onskuld getwyfel nie, en ook nie in Adrian s’n nie. Ongelukkig ken ek nie die ander manne nie. Verskriklik geskok gewees dat so ‘n vreeslike ding julle kon oorval het. Beste vir die toekoms, my broer. Alle liefde aan jou en jou familie

  • Hans Onrust

    “Maar ek wil nie hier my hele hartseer en verstommende reis deur Suid-Afrika se swak strafproseswette, regstelsel en politieke intimidasie vertel nie”.

    Er zitten nog vele onschuldige anc partijpolitieke gevangenen vast èn als er geen structurele verbeteringen worden doorgevoerd, aan de hand ook van deze individuele zaak/proces, zullen nog velen volgen. En dat is niet te verenigen met democratie(vrijheid) noch het rechtsstaat principe wat dus als wassen neus is gepropageerd in het nuwe SA. Het zal toch van enige oppositiepartij, media e.v.a. verwacht mogen worden openlijk afstand te nemen van deze totalitaire anc praktijken.
    Zoals de vork nu in de steel zit kan iedereen op elk moment worden opgepakt op vage gronden en belanden in nog vagere partijpolitieke geleide juridische processen.

    Verder uiteraard veel sterkte aan Hein Boonzaaier en familie en vrienden bij de ‘verwerking’ van dit schandelijk drama.

  • Boerewitman1

    Dit staan in Jesaja 54: die wat jou wil laat val sal oor jou val. Dit is ‘n uitgemaakte feit, dat die Here Sy mense sal beskerm, ja daar sit ‘n paar manne in die tronk, feit. Maar ek weet in my hart, al gaan dit hoe sleg, God is altyd daar. Sterkte Hein. Hierdie kan jou getuienis wees, wat ander weer kan inspireer.

    • Johan van Wyk

      Hy kan net inspireer – as hy voortgaan met sy Afrikanervryheid.
      Om terug te staan – kan hy nie inspireer nie.

  • Andreas Meyer

    Ek hoop net julle dagvaar “die staat”!

  • Arnieann

    Welkom terug Hein.

  • Jochen Peiper

    Dagvaar die Hawks se bulletproofs van hulle gatte af….
    O en welkom terug Hein. Hierdie is ons hoop dat hierdie poging om een ons mense se intelligente stemme te onderdruk misluk het en dat hulle net die oppervlak geskraap het om staal te vind….

  • Gert van Schalkwyk

    Baie bly jy is uit Hein. Hoop dieselfde gebeur ook met ons ander mense wat deur hierdie anc gespuis opgesluit is.

  • Peter Vonk

    Hein,ons juig saam met jou.8 maande is n lang tyd,maar glo my,jy SAL n sterker mens wees na hierdie gru verhaal.Julle is in ons gebede.

  • jan

    Met die grootste respek en piëteit is daar iets in Johan van Wyk se argument wat my ook pla.

    Waarom het Hein sy wederegtelike vervolginguitsluitlik gekoppel aan sy skuilnaam publikasies aktiwiteite deur dit dadelik te ontmasker as uitgangspunt.

    Is sy onderbewussyn psige gekraak en herkondisioneer ? Is hy ongeskonde na die geweldige trouma?

    Was dit ‘n ooreenkoms met die NI MI SAP? Soos wat die NP destyds psigopate op kontrak vrygelaat het Hmm? Pleitooreenskomste is tog deel van die tirannie van die NP….?
    Dit gee aan ons die boodskap van media sensuur en intimidasie vir alle briefskrywers soos ek.”Pasop wat julle skryf want julle kan maklik so 8 maande gaan afkoel tussen sodomiste..”
    Maar ek glo van harte nie so nie en is oortuig dat waar die Honde ou Hein gebyt het baie mooi gesond sal word.

    • Hein Boonzaaier

      Jan, ek het nog nooit ‘n skuilnaam gebruik nie, wel ‘n skrywersnaam. Ek neem aan dat baie van die lesers nie my geskiedenis in die regse politiek ken nie, maar vele van my rubrieke en artikels is al internasionaal op webblaaie gepubliseer, afgesien van die wat ek vir Litnet en Praag geskryf het. Ek glo nie aan skuilname en die sogenaamde avatars nie.
      As jy wonder of ek ‘n ooreenkoms met die staat of enige organisasie aangegaan het, is dit maar net weens die feit dat jy my nie ken nie.
      Ek kan vir jou met gesag sê dat alles wat op enige regse webblad geskryf word, wel deur NIA gelees en ge-evalueer word. En die feit dat baie mense skuilname gebruik, is ‘n valse gerusstelling. Selfs ‘n swak rekenaar boffin kan jou IPN adres opspoor en weet presies wie jy is.

      • Hans Onrust

        Ja goede morgen Hein, hier kan toch even gereageerd worden met de volgende constatering: dezelfde NIA, die zo knap is met de IP adressen enzo, heeft uiteraard ook veel kennis rondom alle ins en outs aangaande plaasmoorde en de totale GENOCIDE, daar fabriceert de NIA het grote VERZWIJGEN, als onderdeel van de de anc partijpolitiek. Waar er 10 duizenden worden uitgemoord tegenover totale staatsgeorganiseerde fantasie. Dat geeft aan dat de apathische lamlendigheid in staatsorganen een voorwendsel is.

        Jammer dat de politieke oppositie in SA te zwak is om deze andere kant van de anc partijpolitiek aan de kaak te stellen en te verhinderen. Daarmee blijft men speelbal van het gewelddadige dictatoriale anc regiem.

        Een reactie uwerzijds op deze reactie is niet noodzakelijk.

  • Hein Boonzaaier

    Ek wil net die regte feite deurgee, aangesien dit blyk dat daar verwarring is. Ek was nie vir agt maande in die gevangenis nie. Op 23 Januarie 2013 is ek op borg vrygelaat van R 80 000, en moes ek elke dag by die SAPS aanmeld. verder mag ek nie die Pretoria landdrosdistrik verlaat het sonder die ondersoekbampte se toestemming nie. In junie vanjaar is my borgvoorwaardes verslap en moes ek nie meer by die SAPS aanmeld nie, en kon ek vrylik in Gauteng en Vrystaat rondbeweeg.

    • Arnieann

      Kan jy dalk vir ons meer inligting gee rondom hierdie hele sirkus. Ons manne moet ingelig wees om nie in ‘n sootgelyke ding te beland nie.
      Wat van die manne wat nog opgesluit is.???
      Wat het hulle nodig??
      Goeie raad kan slegs van mense kom wat eerste handse kennis en ondervinding het.
      Deel dit met ons asseblief, en by voorbaat dankie.

      • Hein Boonzaaier

        Arnieann, as ek al my kennis moet deel oor die sirkus van die NSA, en alles wat deur NIA en al sy seekatarms gedoen word, sal dit ‘n hele boek beslaan. Verder, omdat die saak nog moet begin, kan ek niks sê nie.
        Ek het twee van die manne wat nog daar is die eerste keer in my lewe ontmoet toe ons die eerste keer in die hof verskyn het, en ek en Johan Prinsloo is al vriende vir twee jaar. Ek en sy vrou is in gereelde kontak om te hoor hoe dit gaan.
        Wat hierdie manne nodig het is dat almal wat nog iets voel vir die Afrikaner of Boer of wat jy ons ookal noem vir hulle bid. Lees elke dag Psalm 31 asof dit ‘n gebed is.
        Miskien skryf ek ‘n boek, en dan sal julle almal kan lees wat gebeur het, wat aan die gang is en dies meer.

        • Arnieann

          Dankie vir die antwoord. Het nie besef dat daar nog onafgehandelde sake is nie.
          Dit sal sekerlik nie jou saak bederf as jy ons teen iets spesifieks waarsku nie.
          Sien uit na jou boek.
          Arnie.

  • Ek het yskoud geword toe ek hierdie berig lees, want vir ‘n oomblik het ek gedink dis my eie storie. 5 Jaar se aanlyn aktivisme met SA Sucks het op dieselfde wyse geeindig met 28 polisiemanne wat my deur kom afskop het vroeg een oggend in November 2009. Ook ‘n kolonel van die anti-terrorisme eenheid, met ‘n deursoek, konfiskering en arrestasie hofbevel, tesame met die NIA en etlike ander SAPS eenhede.

    Met goeie advokate en prokureurs kon ek na een helse nag in die selle darem uitkom, en twee maande later het ek en my gesin SA verlaat. Dis ‘n onbeskryflik traumatiese ervaring en my dogters moes sielkundige berading ontvang. Die vernedering en magteloosheid om te ervaar hoe jou vrou en kinders rondgeruk word en op geskree word terwyl hierdie pandoere soos ‘n trop bobbejane instorm, breek en omstamp so ver hulle gaan sal my altyd bybly.

    Ons is nou veilig buite hulle bereik, maar laat ek hulle verseker: die stryd begin maar nog net, al is dit in self-opgelegde ballingskap. Ons is nie die laastes van gister nie…ons is die eerstes van more.

    Bert Oosthuizen

    • Hans Onrust

      self opgelegd als dichtstbijzijnde oorzaak/causa ? Het is toch aannemelijk dat u de doorslaggevende oorzaak hierboven weergeeft. Namelijk een dictatoriaal regiem wat naar believen partijbelangen boven het staatsbelang stelt en tevens even de rechterlijke macht afperst om individuen, groepen, ja volken te intimideren en te onderdrukken en zelfs uit te moorden. Tenzij we praten over “l’etat, c’est moi’ van Zuma, Als zal Nkandia wel een Versailles uitstraling moeten krijgen, hèhè.

      Al het beste voor u en uw familie.

  • Hein Boonzaaier

    Johan van Wyk – ten laaste ‘n boodskap wat net ek en jy sal verstaan. Jou onderrok hang uit.