Sunette Bridges noem Roodt-uitspraak oor selfbeskikking ‘n ‘infame leuen’

Sunette Bridges
Sunette Bridges

Op haar Facebook-blad en in ‘n privaatepos, het die sangeres en Rooi-Oktober-aktivis Sunette Bridges ‘n uitspraak van dr. Dan Roodt – waarin hy noem dat redelike steun selfbeskikking vir Afrikaners moontlik sal maak – as ‘n “infame leuen” verwerp.

Bridges skryf:

Hierdie is jou stelling: Dan Roodt: “Melville, as die Front Nasionaal / Front National net ‘n paar 100 000 stemme kan kry, kan ons somme binne enkele maande ‘n volkstaat kry, met ‘n baie groot stuk grond en dele van die stedelike gebiede daarby!”

Ek volstaan daarby dat dit ‘n infame leuen is.

Voer julle debatte op FN se webblad, BKA en Praag. Ek is nie te vinde daarvoor nie.

Groete

Sunette

Dr. Dan Roodt, wat saam met verskeie ander groepe en aktiviste op die bestuur van die nuwe politieke party, Front Nasionaal dien, het hierop soos volg gereageer:

Beste Sunette,

Dis nogal ongelukkige woordgebruik om dit ‘n “infame leuen” te noem. Ek het ‘n mening uitgespreek, gegrond op my interpretasie van die grondwet en die volkereg.

Indien daar beduidende steun vir selfbeskikking is, beskik ons oor al die regte om dit uit te oefen! Die syfer wat blykbaar deur die VN aanvaar word vir “beduidende steun” is 35% van die bevolking. Gestel daar is 2 miljoen Afrikaners en ongeveer 1 miljoen stemgeregtigdes. Dan, indien 350 000 vir die FN stem, het ons ‘n saak uitgemaak om tot die volgende stap oor te gaan, naamlik onderhandeling oor grondgebied. Ons kan ook ander lande of internasionale organisasies vra om hierby te bemiddel.

Indien daar geen vordering is nie, is daar ander remedies ook. Uiteraard sal ons met omsigtigheid moet handel, maar ons kan selfs soos Kosowo oorgaan tot ‘n eensydige onafhanklikheidsverklaring. Dit sal ń aantal hofsake in SA en internasionaal ontketen waartydens ons kan bewys watter dele van die land ons reeds jare lank bewoon, waar ons monumente, dorpe, ens, geleë is, waarna die hof geen keuse sal hê as om ons gelyk te gee nie.

Die Kosowo-uitspraak van 2010 het die sogenaamde uti possidetis-reël gewysig en voortaan mag geen staat ‘n volk met identifiseerbare grondgebied in sy midde daarvan weerhou om onafhanklikheid te eis nie. Ook die SA Grondwet maak daarvoor voorsiening in artikel 235, maar die Grondwet is ondergeskik aan die volkereg in dié geval. En die volkereg steun ons saak nog baie sterker as die grondwet. Dis waarop my uitspraak gegrond is. Nou kan jy my vertel waarom ek verkeerd is.

214 thoughts on “Sunette Bridges noem Roodt-uitspraak oor selfbeskikking ‘n ‘infame leuen’”

  1. Dr Roodt, ek is seker dat u bewus daarvan is dat ek Sunette reeds vir lank steun op haar FB blad en haar stellings op Nuus24 baie lank verdedig het, dit kan sy self bevestig. Net soos ek u ondersteun die afgelope byna 7 maande. Hierdie is ‘n baie “ongemaklike” situasie vir my.
    Sonder om ‘n draadsitter te wees, en met alle respek aan Sunette ook, ek ondersteun steeds PRAAG, EN FRONT NASIONAAL en sal dit STEEDS in die toekoms doen.
    Ek hoop van harte dat die meningsverskil opgeklaar kan word / verskille bygelê kan word.

    1. Hallo Trippie, nee sekerlik, ek wou maar net my stelling bietjie beter begrond. Sunette neem nie aan die partypolitiek deel nie, hoewel sy blykbaar oorhel na die Vryheisfront Plus, dus is dié klein meningsverskilletjie sonder werklike gevolge vir enigiemand.

      Daar is egter tans so min debat oor die werklike kwessies dat ek gedink het dit kan dalk so ‘n debat stimuleer. Waarom die VF nie lankal sy stem hieroor begin dikmaak het nie, weet nugter.

      Ons grootste vyand is egter die DA, wat ons mense gehipnotiseer hou deur die idee dat die ANC by die stembus verslaan kan word. Selfs al gebeur die onmoontlike, sal dit vir ons op die lang duur niks beteken nie.

      1. Sunette het die vraag onlangs gevra aan lede op haar blad, en sy het wel gesê dat, indien sy ‘n keuse moes uitoefen, oftewel ‘n voorstel kon maak, dit dan VF+ sou wees en haar redes daarvoor verskaf. Ongelukkig kon ek nie daarmee saamstem nie, dit daar gelaat.

        1. Dit was seker voordat FN gestig was. Ek dink dat as sy van die stigting bewus was, sou sy dit dalk gesteun het.
          Sunette is de bliksem in oor iets wat niemand wil erken of oor praat nie.
          As sy nie geken was in hierdie stigting nie, kan ek haar woede begryp.

          1. Arnie – Sunette is n volksmoord aktivis en hoegenaamd nie n politikus nie – sy is baie goed in wat sy doen maar politiek is beslis nie haar forte nie, trouens sy sê dit ook self dat sy nie belangstel om n politikus te wees nie. Wat maak haar so uitsonderlik dat sy voortydig geken moes word in die saak om haar patriotisme aan te wakker?

            Wat Jaap betref is hy nie verbonde aan die FV+ party nie?
            Dan is dit mos logies dat hy nie op hierdie stadium saam met Dan hulle sal stap nie – en dan is daar nog die VVK ook – Hoor wat ek vir jou se hierdie voorlopermanne gaan êrens vorentoe besef dat hulle – hulle kwaliteite gaan moet saamgooi om ons vryheid te bewerkstellig. Die dag wat hierdie drie gaan
            saamstaan gaan hulle n ondeurdringbare muur wees.

          2. Ek besef hierdie argument baie deeglik Riempies.
            Ek vra ‘n eenvoudige vraag asseblief.
            Was Sunette en Jaap geken in die stigting van FN.
            Ja of nee????

  2. In my gespartel om uittevind hoe wat en waar ek inligting kan bekom oor FN beland ek toe “in” Volksraad, Andries Breyenbach ens se web. Sien toe die media verklaring van 6 Februarie 2014 – “Die Volksraad het opdrag verleen aan Mnr. Paul Kruger in sy
    hoedanigheid as prokureur, om ‘n Aansoek voor te berei teen die Regering
    van Suid-Afrika vir beregting in die Hoë Hof. Die loodsing van hierdie
    spesifieke Hof-aansoek is noodsaaklik in die lig van sekere vereistes
    wat gestel word in die Internasionale Reg aangaande die opsies en
    optrede van ‘n volk wat se reg op selfbeskikking geminag word…” My mening is dat daar al vele organisasies is wat verder gevorder is met die stryd om selfbeskking en dat die splintergroepe met mekaar moet praat en konsolideer. Ons, hier is Suidkaap het waarskynlik nie toegang tot FN nie? Tot gister (nog nie vandag gaan kyk nie) was FN nie as geregistreerde party op IEC gelys nie? Gister het ek ‘n groot vet padda in my drein sien spartel, eers gedink dit was ‘n slang. Hy wou in my dreinpyp inkruip, in plaas van vreeslikke gif, gooi mens net sout op hom. Wonder wie die beeldspraak gaan verstaan?

    1. Ons is wel tans by die OVK as FVP geregistreer, met ń naamsverandering wat ingedien is. Op die Nasionale lys sal mense dwarsdeur die land vir die FN kan stem!

      Ek stem saam dat ons onderling moet saamwerk. Die verkiesing en parlement is egter ń belangrike forum om te gebruik vir selfbeskikking. Nét hofsake gaan ons ook nie daarby uitbring nie, gegewe die ANC-regters waarmee die howe gepak is. Ons moet veral op diplomatieke gebied ook met ander lande en organisasies skakel.

      Sien dit ook so: Die verkiesing bied ń redelike goedkoop platform vir die selfbeskikkingsidee. Die VVK wou betaalde advertensies in die koerante plaas, toe weier Beeld byvoorbeeld om dit te plaas.

      1. Dr Dan, hoekom moet ek die inligting van die stuurman ontvang? Daar is gebrek aan inligting ivm FN. Die inligting ivm Federale Vryheidsparty FVP soos bo genoem was onbekend. Die rede waarom mense na FN gaan soek op OVK se ww is om te sien of daar ook plaaslike verteenwoordigers is in hul omgewing. Ek is met julle, al die pad, maar slegs omdat ek reeds in 92 op die nee kieserslys was. Ek is oortuig daarvan dat, indien ek nie weer stem nie, my stem gesteel gaan word. Was dit nie daarvoor nie, sou ek weggebly het. Ek hoop en bid dat julle nie onnodig energie mors met die rigting wat julle inslaan nie. In ‘n werklike demokrasie sou jul moontlik kon slaag? Ons weet egter waarmee ons te doen het en ons weet wat die 70 mil se grootste vrees is, dat die blanke weer regeer. Hulle is ook beslis daaroor dat Afrika slegs aan die swartman behoort. Ek hoop ek is verkeerd, maar ek sien geen ander pad as die van stryd nie. Dit klink ook asof die wereldmagte reeds agterkom het watse helse fout deur hulle gemaak was 20 jaar gelede. Dit gaan hul beslis inhaal, want sekere skepsels kan nie vertrou word nie. Die geskiedenis moes die pad volg, daar was geen ander manier om ons te onderdruk nie. FN kan die DA stemme kry van die wat nou kwaad vir Zille is! Al stem ons almal vir FN gaan die regering steeds voort om die grondwet te verander. Al is daar internasionale wette hieroor, steur AU hulle net aan hul eie wette. Dit is my 2 sent. Hoop die mense wat net soos ek gesoek het na FN op die OVK ww het nou hul aanknopings punt. Staan FN slegs nasionaal? Indien nie, kan ons munisipale lys kry erens?

        1. Ek steun jou volkome AntSan. Ek het reeds aan die begin ook gesê dat ons nie weer derms moet uitryg om nuus te kry nie.
          Tot dusvêr is daar nog niks anders as die oorspronklikke skrywe by FN geplaas nie.
          En so is dit ook op VVK. OU NUUS WAT EK UIT MY KOP KEN.
          En die ander plekke is ook eenvoudig stom.
          En dan word daar gevra vir “Saamstaan” ???????
          Met wat??????????

  3. Ek is bitter teleurgestel oor die manier hoe Sunette Bridges hiermee handel – ek het haar aangespreek oor die kinderagtige manier waarop sy te werk gaan. Dit het ongelukkig geen duit gemaak nie en gevolglik was ek my hande aan haar. Daar is maniere om geskille te besleg – die feit dat sy ‘n openbare forum verkies daarvoor spreek boekdele tot die volwassenheid van die persoon. Na ‘n gesprek met Willie Cloete – alhoewel hy niks gesê het nie – kon ek aflei dat dit oor ego gegaan, niks meer en niks minder

    1. Dis goeie media dekking en laat mense dink. Jy moet onthou dat baie min mense strategies kan dink. Selfs en spesifiek Afrikaners ook. Ons was gelukkig om ‘n handvol slim mense te he om ons saak te lei, net nie genoeg nie of politici het nie geluister nie. Ek sou voorstel ons kry soveel hiervan op die tafel.

    2. Sunette het vir weke lank aan die FN probeer verduidelik dat sy van die opinie is dat deelname aan die verkiesing niks gaan verander nie. DIe FN het al haar forums gekaap om hulle standpunt deur te forseer. Sy is letterlik honderde kere sleggesê en verdag gemaak – ek het die gesprekke tot-‘n-mate gevolg. Die FN is net so skuldig aan dit.

      1. DichterS die feit van die saak is dat die manier hoe sy die hele ding benader staan my nie aan nie. Ek self is van die opinie dat FN te laat in die resies ingekom het maar ek glo ook dat daar ‘n lang termyn strategie is. Wat nou effektief gebeur het is dat Sunette mense voor ‘n keuse stel – Sunette en die VF- vs BKA en die FN vs glad nie stem nie. Vir my persoonlik is daar dus geen keuse nie aangesien die VF- se beroeps politici my herinner aan al die hanskakies en jingoes in ons geskiedenis en glad nie stem nie is ook nie ‘n opsie nie, jy kan nie aan die wedstryd deelneem as jy op die kantlyn staan en skree nie. Ek sou bewus gewees het van die slegsê omdat ek op haar selfoon was onder titel “Bel in Noodgeval” soos met die CancerVive fiasko maar blykbaar is net Barend Pienaar daarvan ingelig

          1. Dichter die aand wat ek vir haar aangesê het om summier van my telefoon nommer ontslae te raak was juis die aand wat sy as rasieleier vir die VF- opgetree het

    3. Seker sy voel nie soos ek nie? Die regering steur hulle nie aan ons nie. Ons word uitgemoor en doen niks daaraan nie. Ek dink regtig nie dat ons deur onderhandeling iets gaan reg kry nie. Dit is my mening. Ek kan maar net hoop en bid dat hulle mekaar pak en dat daar handjievol van ons kinders oorbly om eendag vir die wereldse nageslagte te vertel : “Daar was eens ‘n blanke volk aan die Suidpunt van Afrika, wat God gevrees het en mekaar gehaat het”

  4. Ek ondersteun beide. Ek ondersteun Rooi Oktober en sal elke optog meemaak Ek Is op Sunette se FB blad en ek is hart en siel op Praag. Beide verskaf my uitstekende lees materiaal. So ook ondersteun ek FN ook met hart en siel soos my vorige kommentaar oor FN sê ek weer. Mag FN van krag tot krag gaan! Dr Roodt, ek is nie bekommerd wat Sunette gese het nie want ek dink dit sal geensins iets doen aan die gewildheid van FN op hierdie stadium nie. Al wat ek bekommerd sal raak, as dit gaan ontaard in ‘n bekgeveg in die media. Dit moet ten alle koste vermy word!
    Sterkte weereens dr Roodt, en die span, mag u wysheid en deursettingsvermoë onvang om die onsaglike taak met trots te kan verrig

    1. Nee Willy ek verskil hewig van jou – Dit is baie duidelik dat Sunette kant gekies het teen dr Roodt en die FN en sonder enige provokasie van Praag se kant af hierdie aanval geloods het. Dit was ongevraagd en onnodig en beslis nie met suiwer bedoelinge nie.

      Ek het n dislojaleit by haar gemerk wat vir my saakmaak in die sin dat dit uiteindelik nie in die Afrikanervolk se belang is dat ons mekaar moet aanval nie. As die belange van die Afrikanervolk by haar n prioriteit was sou sy haar by haar lees gehou het (waarmee sy baie goed is) en sou sy haar buite die politieke speelveld gehou het.

      1. Riempies, jy het die volste reg om van my te verskil. Ek staan by my kommentaar. Ek speel glad nie die een teen die ander een af want ek weet dat beide onsaglik baie doen vir die Afrikaner in hulle eie unieke manier. Dit is wat ek van hou.

          1. JAVR, op hede hoef daar nie kant gekies te word nie. Dit was een insident. Ek sien wat beide vir die Afrikaner beteken en as sy ‘n VF+ ondersteuner is laat sy dit wees want sy doen duised maal beter as die Mulders. As die VF+ gaan “flop” na die verkiesing is sy in die koue of aansluit by FN wat by verre die beter keuse is.As sy aangaan met slegsê dan sal ek my distansieer van haar.

          2. Daar hoef glad nie kant gekies te word nie want mens moet maar net agter die waarheid aangaan. Ek hou nie van mense wat hulle eie mense sleg sê in die openbaar nie! Daar is ek te reguit. Ek het altyd respek gegee maar heelaas is dit ‘n swart merkie op haar naam in my oë. Dis nie AS die VF gaan flop nie maar WANNEER.

          3. Ja niemand kan in die toekoms sien nie net spekuleer. Ek duld ook nie ‘n slegsê, leuens en karakteraanvalle nie. Wel dit is bekend dat ek nasty kan raak as dit gebeur. Ek sê weer, ek distansieer my van sulke mense en sy sal ook een wees. Op hierdie stadium staan ek nog neutraal.

        1. Jy weet Willy hier bewys jy presies wat hulle wou bereik het
          – onderlinge verskil tussen ons eie mense.
          Terloops wat het Sunette bereik vir ons Afrikaners waarna jy
          verwys die afgelope paar maande teenoor dr. Roodt se volgehou pogings wat oor jare strek en wat buitelandse reise op sy eie onkoste insluit?

          Dan as sy duidelik daarop dui uit oortuiging dat selfbeskikking nie gaan realiseer nie – wat se sy dan inderwaarheid – dat ons moet vrede maak en saamboer deur vir die VF+ te stem? Sy het nie eens n poging aangewend om dr.Roodt te antwoord op sy
          baie beleefde brief nie.

          Politiek is n baie vuil spel – dalk iets wat dr Roodt moet begin
          aanleer – Vuilspel.

          1. Ek volg haar op FB. Ek was by verlede jaar se Rooi Oktober. Ek dink jy wil woorde in my mond lê dat ek haar verhef bo dr Roodt, wat vir die Afrikaner beteken. Lees my kommentare aandagtig dan sal jy agterkom dit is geensins die geval nie.
            Verdeeldheid onder die Afrikaner kom al ‘n lang pad. Dit kom van die Voortrekkers se dae wat elkeen sy eie rigting in gespat het.

          2. Willy ek dink interpeteer my kommentaar moedswillig verkeerd – miskien moet jy maar net weer my kommentaar lees en jou kommentaar aan my en en dit dan daar laat vir die goeie orde 😉

          3. Ek lees jou kommentaar glad nie moedswillig verkeerd nie! Ek lees presies wat jy skryf en maak nie my eie gevolgtrekkings nie.
            Maar dit daar gelaat.

          4. Ons mense se psige is so afgebreek dat baie van hulle nie meer glo dat selfbeskikking moontlik is nie. DIT is ons grootste vyand.

      2. En dis wat ek nog altyd sê! Iemand MOET altyd slimmer voorkom as die ander by blankes want hulle wil in beheer wees en voel hulle het die hoër intelligensie! Mense ons sny ons eie kele af, die boys hoef dit nie eens te doen nie! Almal praat saam tot en met en dannnnnn.

      3. Nooit ooit weer sal ons net stem omdat dit van ons verwag word nie.

        Die
        Volk, is ontnugter en weet nou, dat hy nie sommer kan toelaat dat sy politieke leiers nie presteer nie. Ons kan nie bekostig om voete te sleep nie, mense se lewens, is in gedrang….

        Lojaliteit het sy plek maar sonder prestasie beteken dit ook niks.

        In elk geval is hierdie n baie goeie les vir die VF+… Vir te lank was hulle alleen op die Afrikaner politieke
        toneel – n bietjie nuwe bloed wat dinge kom omkrap is dalk net wat
        nodig is. Laat ons somer nou al,… mooi almal, uit hulle gemak zone
        uitruk en wakker skrik. Hierdie Volk het nog lank nie sy murg verloor
        nie.

        Hier is werk wat gedoen moet word en as die verkose span nie die taak
        kan behartig nie moet daar altyd planne e,f en g wees. Niemand het die alleen reg om namens ons Afrikaners te práát nie.

    2. “dit gaan ontaard in ‘n bekgeveg in die media. Dit moet ten alle koste vermy word!”
      **********************************
      Ek het dit elders ook gesê Willy.
      En ek hoop regtig dat teenspraak met groot verantwoordelikheid gepaard sal gaan.

          1. Jaloesie is ‘n blikskater, Arnie. Gelukkig lag ek in my mou vir die misrabele persoon.
            Ja, dit is baie maklik om uit te vind.

  5. Ek ondersteun Praag as ‘n baie gooeie nuuswebwerf en ek ondersteun vir Dan Roodt in sy rol as Afrikaner-aktivis. Ek moet egter met Sunette saamstem tov haar opinie oor ons self-beskikking en Front Nasionaal.

    Boere/Afrikaner self-beskikking is nie een van die opsiese wat beskikbaar is by die Azaniese stembus nie..

      1. Die proses wat die VVK geloop het, is in konsep meer haalbaar, maar daar was nie heeltemal genoeg belangstelling – miskien begin genoeg mense nou wakkerskrik. Die self-beskikking moet buite die huidige stelsel gebeur, anders sal dit nooit gebeur nie.

        Maar – die ongelukkige feite in hierdie soort situasie is dat amper geen grondgebied op die planeet al verkry is sonder geweldige inspanning en bloedvergieting nie (behalwe nou vir een spesifieke land wat weggegee is deur FW en die ja-stemmers). DIe huidige ‘eienaars’ gaan NIKS sommer net weggee nie. Nie ‘n stukkie land of ‘n enkele nuttige
        belastingbetaler nie..

        1. Dichter ek kan nie regtig met jou mening verskil nie behalwe
          in die sin dat as ons bekwame verteenwoordiging in die parlement het – het ons ook diplomatieke toegang tot die
          buiteland – en of ons dit nou wil erken of nie ons gaan dit nodig kry die dag as die “paw-paw” die waaier tref. Dan ook natuurlik hoe meer vingers ons in die pastei het – hoe beter. Daarom bv. steun ek in elkgeval n ieder en n elk van
          Afrikanergroepe want êrens gaan ons bymekaar moet kom om n kwaliteit front te skep. Ek dink ook verder dat ons Afrikanervolk nou n posisie bereik het wat ons meer betrokke gaan belangstel in vryheid van een of ander aard – selfs sommige apatiese mense begin nou grom geluide maak.

          1. Stem saam en met jou ook, Dichter…

            Ek dink alles hang nou af van hoe aktief FN gaan wees – die steun glo ek sal daar wees maar ek wil waag om te se… Hulle sal moet onbeskaamd, reguit en in die anc se gesig wees. Die tyd van doekies omdraai en om almal te probeer tevrede hou is nou verby. Ons wil sien waar hulle die harde kwessies aanpak en se wat gesê moet word al is dit nie polities korrek nie.

          2. Keelvol en die lekker gaan wees dat omdat hulle die reguit pad gaan loop gaan ons elke dag al die dinge hoor wat daar aangaan, – wanneer daar iets aangaan.

          3. Maar dit gebeur al lankal voordat FN ‘n gedagte was met dr Roodt, Praag se grofgeskud skrywers en Sunette wat ons daagliks inlig, Riempies.

          4. Ek bedoel die gesprekke en planne wat die ANC nie wegsteek in hulle toekamer konferensies nie – en die wandelgang gesprekke wat ons nooit van gehoor het nie. Dit is veral daar waar kwessies gewen of verloor word. Baie
            meer word buite die parlement as daar binne gepraat. Ek is mos maar soos my spesie altyd vrek van nuuskierigheid 😉

            Ek soveel hoop op die nuwe party geplaas – ons het nog nooit so n party van ons eie gehad in die NSA nie – net oorblyfsels van die Korrupte verraderlike Nasionale party – en toe die nog meer korrupte ANC en n klomp dom sateliet partye rondom die ANC.

            My man het netnou vir my gesê stadig kiewiet – ek weet nie
            wat is dit met al die manne in my lewe wat vir my sprinkaan riempies en kiewiet noem nie ek het sowaar nie spykerbeentjies nie.

          5. Ja soos baie van ons. Ek hoop so uit my hart en dat die wil beskik dat FN ‘n langtermyn politieke party vir ons, die Afrikaners mag wees.
            NS: Riempies, jy sê jy het nie spykerbeentjies nie. Omtrek meer as my bo-arms mmmmmm? Grap net! ;~)}
            Rustige nagrus vir julle.

          6. Ek wil net graag weet of Sunette en Jaap Kelder geken was in die stigting van FN.
            Indien nie, waarom nie.
            Indien wel, waarom het hulle verkies om buite te bly???

  6. Dis nou maar een ding van ons “boere”, ons kan om die dood toe nie saamstaan nie. Ook nie die son oor iemand anders se kop sien skyn nie. Daar sal ALTYD koppe gestamp word, maar hoekom so voor die verkiesing ?? Nee gits, julle ouens !!!

  7. Frik Groenewald – doen baie dinge maar moet die die gemiddelde kommentator van Praag onderskat nie – wat jy duidelik hier poog om te doen.

    Sunette het van haar openbare beeld misbruik gemaak om die FN party skade aan te doen. As sy eerbaar in haar oortuigings was en n persoonlike brief aan dr Roodt of
    die VN party in haar persoonlike hoedanigheid gerig het was daar niks verkeer met haar mening waartoe sy die reg het nie.

    Die feit van die saak is eerder wil dit vir my voorkom of die Vf+ party haar gebruik om hulle vrese te besweer. Sou sy haar beskikbaar stel om haar te laat gebruik moet sy ook die konsekwensies wat daarmee gepaard gaan verwag.

    Frik Groenewald presies wat jy wil bereik deur ons hier te kom dreig met n wegblystem? Dit meneer Groenewald is jou eie gewetensaak om te stem of nie te stem nie en vir wie jy wil stem.

    Jou opmerking “Ek is teleurgestel dat Praag hulle wend tot dieselfde lae vlakke (lees moddergooi) as Naspers en die se “joernaliste”” die opmerking net op myself geprojekteer as kommentator van Praag – nooi ek jou hartlik uit om dit te bewys uit enige van my onderskeie kommentare.

    Kom ons maak n lang storie kort – Die Vryheidsfront plus het twintig jaar gehad om niks vir ons Afrikaners te doen of te bereik hier of in die buiteland nie met al die geleenthede tot hulle beskikking. Julle het julle eie graf deur lamsakkigheid gegrawe – nie ons kommentators of Praag nie.

    ” Dit is my persoonlike mening oor die aangeleentheid” is daar n ander soort mening?

  8. Ons sal nie met 3 miljoen stemme selfbeskikking kry nie. Dit sal nie in die voordeel van die Amerikaners of die Engelse of die ander geldmagte wees nie. Ons is nie Kosovo nie, ons is ‘n struikelblok is die weg van die wêreldplanne van die geldmag en daarom kan ons dit vergeet. Ons sal net mag kry as ons dit vat en dan sal ons bereid moet wees om vir die behoud daarvan teen die wereldmagte te stry. Ons is nog glad te gemaksugtig hiervoor. Die land sal eers weer totaal vernietig moet word met die pensioen, 4×4, strandhuis, vakansie en huis daarmee heen voordat daar enigsins ‘n kans bestaan dat ons mense sal opstaan.

    Dr Roodt en die FN kan gerus probeer en wat hulle dink reg is en ek sal dit ondersteun, maar totdat dit nie vir die wêreldmagte nodig is dat ons “vry” is nie sien ek geen heil in die proses nie.

  9. Ek het Sunette persoonlik ontmoet. Een van my vraë aan haar was : Gaan “Red October” selfbeskikking ook steun. Haar woorde was: Natuurlik.
    Al wat ek nou weet, wat sekerlik gaan gebeur, is dat Sunette steun gaan verloor, want jy kan nie vir haar stem nie.
    Die VF+ het hom self uitgeskakel, en wat Sunette ookal doen om hulle te promofeer, gaan nie werk nie.
    Op die einde van die dag gaan sy met net ‘n handvol ondersteuners sit, en nog minder mense gaan haar volgende “Red October” steun.
    Nie almal wat haar steun, gaan noodwendig met haar saam stem nie.
    Ek dinksy het haarself tot ‘n mate in die voet geskiet. Dit is jammer.

  10. Solank as daar nie ‘n daaglikse alternatief vir die Naspers koerante bestaan nie, sal FN of enige Afrikanergesinde party iets regkry vir ons mense nie.
    Hoeveel lesers is daar wat nie rekenaars het nie en dus aan die denke van Naspers blootgestel is teenoor die wat wel ander gedagtes via die internet lees nie.
    FN het ‘n ideaal, ‘n visie om te verkoop–hoe gaan hulle dit by die 350000 kiesers uitkry ?
    Soveel soos ek daardie ideaal deel, dink ek hulle is net te optimisties om te praat van ‘n paar maande.
    Kom ons kry eers weer beheer oor die inligting na die volk met ‘n eie koerant, en kry die volks se ekonomiese hande los deur AA te vernietig, dan praat ons verder.
    Idealisme sonder realisme is die pad na mislukking.

    1. ‘n Eie koerant sal miljoene kos om te vestig en dan is daar geen waarborg dat dit sal werk nie dit is die realiteit. As almal hulle deel doen en entoesiasties is kan jy die boodskap binne weke by honderde duisende uitkry maar as almal negatief is en die plan afskiet nog voor dit behoorlik van die grond af gekom het sal minder daarvan hoor.

    2. David Ras dit het vir my – toe ek hierdie gewraakte opmerking gelees het – werklik voorgekom of dr. Roodt dit tong in die kies gesê het, ek is natuurlik uitgelewer aan n groot sin vir humor ek is veral vinnig met die humor raaksien wanneer die feite vir die rek van n kettie gebruik word, so op die manier van:

      Slaan jy jou vrou gereeld? – Antwoord ja of nee – maak nie
      saak wat jy antwoord nie – jy is gebrandmerk as n vroueslaner. 😉

      Hoe dit ookal sy – dit was n ongelukkige en onnodige voorval wat totaal buite verband geruk is. Ons sal maar nou moet sien of hierdie n perd gaan word wat blootsgery gaan word of was dit net n onbedoelde onskuldige kritiek – want politiek is maar n vuilspel – dit het ek geleer van baie klein af.

    3. David, ek stem saam oor die noodsaaklikheid van ‘n koerant. Ons moet nooit vergeet nie dat dit die “Nasionale” pers koerante was wat ons in die verknorsing gedompel het waarin ons vandag sit, met koerante soos die Beeld wat geskep is met die spesifieke doel om die Vrystaters en Transvalers “reg” te maak. Die media is magtige instrumente om politieke en ideologiese doelwitte te bereik. Van televisie kan ons maar vergeet, maar ‘n radiosender en veral koerant is sekerlik binne ons bereik. Die grootste struikelblok sal wees die einste” Nasionale” pers wat hom verbete daarteen sal verset. Glo my.

    1. Arnie FN is volgens my maar eintlik ‘n BKA inisiatief. As jy kyk na die ledetal op BKA se blad wat oor die tagtig duisend is dan sal jy sien dat daar belangstelling is in iets anders as die VF. Ek het natuurlik geen probleem met waar FN vandaan kom nie net solank hulle ‘n beter alternatief op die tafel kan sit.

  11. Sunette maak ‘n heerlike uitdaging aan die mans – as julle / ons nie uithaal en wys nie sal haar bewering korrek wees – maar soos die dinge mos werk – is dit ook ‘n uitdaging aan haarself –
    So die Kamerade Marathon is aan en laat ons sien wie almal deelneem en wie almal bewusteloos bly.

  12. Deon, om Dr Roodt te beskuldig van laag en onderduimse taktiek is om die minste te sê, laag en gemeen. Indien jy wel deur elke deelnemer hier se kommentaar gelees het, sou jy gemerk het, daar is teenargumente en elkeen is geplaas. Daar word NIE onderskeid getref nie, Dr Roodt hanteer enige kritiek op sy blad – SONDER die gebruik van kras taalgebruik. Indien daar waarheid in jou repliek gesteek het, sou jou repliek nie geplaas gewees het nie.

    Goeie genade, ek het nog skaars my kommentaar hier geplaas, toe val die afduim … ?

  13. Goeie genade…wat het nou in Sunette ingevaar? Sy is n pragtige, slim en sterk Boervrou wat altyd so fantasties help om ons lot te verbeter.

    Dus gaan dit my verstand te bowe dat sy nie besef dat selfbeskikking die ENIGSTE weg is om die Boer Volk te red nie!

    Gaan kyk maar net na die sukses van Israel. Sonder EIE grondgebied sal n mens ALTYD afhanklik wees van andere. En as Sunette dink die swartes of die Queen dra die belange van ons Volk op hul hart, dan sit sy die pot liederlik mis.

    Dus…my respekvolle advies aan Sunette; lees asseblief Robert Audrey se ‘Territorial Imperative. Hy was een van Eugene Marais se grootste bewonderaars. En lees dan ook my rubriek ‘Let Us Be’. http://praag.org/?p=10793

  14. Ek is vandag bitter spyt dat ek vroeër jare soveel geloof en vertroue in die Afrikaanse hoofstroom-koerante gehad het. Ons is almal subtiel belieg en bedrieg. Ons moet nou ten alle tye ongebonde en mobiel met ons selfoonfunksies kan rondbeweeg, want dit is waar dinge nou die vinnigste gebeur. Sorg net altyd vir n laaikoord in die motor in geval gevaarlike omstandighede jou na n veiliger omgewing dwing. Dit klink of hier groot probleme oppad is. Mag die Afrikaner n vinnige uitkoms kry van die krisis waarin ons onsself tans bevind. Sonder n eie kanton gaan ons nie nog n 5 jaar in hierdie droewige, barbaarse land oorleef nie. En ons móét Front Nasionaal hiermee vertrou. Dit is die enigste en laaste keuse wat ons nog het. Raak dus so aktief moontlik op BKA en FN se facebook blaaie.

  15. Van watter “teenargument” praat jy? Ek sien geen teenargument nie. Is om iemand wat ‘n standpunt oor iets het, reg of verkeerd, te beskuldig van ‘n infame leuen ‘n “teenargument”? Komaan. As dit die vlak van jou argumentasie is, bly dan maar liewer weg.

        1. EN asgevolg van hierdie redelose besluit van Afrikaners om nie meer vir vir die VF+ te stem nie – uit blote moeswilligheid (beslis nie omdat hy indiens van die ANC getree het – en die verantwoordelikheid aanvaar het om hulle beleid te volg nie) het hy nou maar terwille van oorlewing al sy beginsels oorboord gegooi en saamgesmelt met die ANC Lite en nog n paar swart medebroeders in verdrukking.

          Moet nie jou aanmatig om vir my te sê wat ek moet doen nie asseblief. Ek is n Afrikaner met integriteit en beginsels en
          verantwoordelikheidsin en suiwer patriotisme en ek hou my nie op met onderhouding van bedekte leuens en dubbelde standaarde nie. Voor ek met jou gaan SAAM staan moet ek eers vir myself uitgewerk het waar jy staan.

  16. Ek verstaan nou nog nie wat haar beswaar teen Front Nasionaal is nie? As sy dan ook selfbeskikking ondersteun, waarom probeer sy ons verdag maak?

    Ons voer ook kwalik ‘n oorlog teen die Vryheidsfront. Die Vryheidsfront is besig met self-genadedood omdat hy 20 jaar lank niks aan die mandaat van sy kiesers gedoen het nie. Ook het die VF+ terwyl ek nog daar was die woord “volk” uit sy grondwet gehaal en dit met “gemeenskap” vervang. Ek was die enigste uit omtrent 100 mense wat daarteen gestem het. Daarmee het die VF enige aanspraak wat die Afrikaner op onafhanklikheid of selbeskikking mag maak, ongedaan gemaak. Geen internasionale verdrag of konvensie erken die begrip “gemeenskap” nie, slegs “volk” (“people” in Engels).

    Ek het dit so aan hulle probeer verduidelik, maar hulle sien nie rede in nie. Al waaroor hulle begaan was, was dat hulle meer “modern” (en multikultureel?) vir die Naarpersmedia wou voorkom. Ek is bevrees vele regsterme en volkeregtelike begrippe is baie “outyds” – van hulle word selfs in Latyn geskryf – en om hulle te vervang met die soort spookasem wat Joe Slovo en Ronnie Kasrils in 1994 aan Afrikaners voorgehou het, help ons van die wal af in die sloot. Die woord “gemeenskap” stel die Afrikanervolk met sy geskiedenis van 360 jaar in dié land, sy grondbesit, monumente, taal, kultuur, ens., op dieselfde vlak as die “gay” gemeenskap of die Katolieke gemeenskap van Suid-Afrika. Dis ook reëlreg in ooreenstemming met Naarpers se propaganda en Afrikaner-ontkenning met hul non-woord “Afrikaanse”.

    Terloops, wat “Afrikaanse” betref, ek lees nou die dag André Huguenet se outobiografie “Applous!” oor die teater in die 1930s en in koerantberigte destyds word “Afrikaanse” as selfstandige naamwoord vir ‘n vroulike Afrikaner (soos ‘n aktrise) gebruik! Óf ons is almal reeds ontman met iets wat die ANC in die water gesit het – dit mag dalk die slaafagtige optrede van Afrikaners verklaar! – óf daar is nou soos op die DA se plakkate net vroue wat in die land oorbly.

    Dus, ons Afrikaners en Afrikaanses (ons pragtige, slim en moedige Afrikanervroue), het nie opgehou om te bestaan nie. Ons aanvaar nie meer dat ons burgerskap aangetas is omdat ons wit is nie en al wat vir ons oorbly, is om so gou moontlik onder hierdie bestel uit te skuif. Dis heeltemal moontlik, “mits elkeen sy plig doen,” soos wyle Jan Brand gesê het.

  17. Die wen-wen situasie hier gaan wees wanneer Dan en Sunette hande vat, na die debat en voorentoe kyk om die Libs te wys dat ons kan verskil van opinie, maar steeds saamstaan as Boere,
    Dan, sowel as Sunette, speel n belangrike rol om ons stryd aan die wereld bekend te maak en die stryd voort te sit. Die eie “EK” moet opsy staan, en hier wys ek nie vinger na enige een van die twee nie. Die wenner gaan die een wees wat die witvlag aanbied. Ek daag julle uit om die sotte, ore aan te sit.
    Daar is te veel vyande daar buite, ons moet die “binne gevegte” eerlik, opreg en beskaafd uitsort.
    Om te se dat ek nooit weer Praag gaan lees of Sunette ondersteun nie is n “selfie” van n .303 in die voet.
    Ons MAG verskil.

    Ek glo nog steeds dat ons selfbeskikking in die gesig staar, na n stryd wat deur hulle aangevoer word en dit nie by die stembus nie.
    Ons staar n uiters donker uur in die gesig, staam saam asb.

  18. So, Sunette is ook by die VVK. Watter vordering het die VVK die afgelope paar jaar tov selfbeskikking gemaak? Hulle kan vergeet van n opvolg-verkiesing. Die Afrikaner is keelvol en by breekpunt. Ek sien in elk geval geen lewendige, energieke en begeesterde debatte daar nie. Maar net nóg n dooielike Vryheidsfront. Ek vind dit uiters jammer dat Sunette die groter saak so miskyk en net haar eie beuel wil blaas.

    1. Eric, ek mag verkeerd wees, maar die indruk wat ek by baie Afrikaner- politieke groeperings kry, is dat hulle eintlik in die verlede leef. Hulle kamp hulle as’t ware af in ‘n hoekie waar hulle tussen die vier mure tekere gaan asof die NP nog regeer en ons kan hier tussen mekaar groot planne maak en mekaar “meneer die voorsitter” en “op ‘n punt van orde” dat dit ‘n naarheid is. Ek het al breinskade van al die ellelange vergaderings wat ek die afgelope tien jaar of meer bygewoon het en wat op niks, net mooi NIKS, uitgeloop het nie.

      As die internet nie gekom het nie, weet ek nie wat ons sou gedoen het nie!

      Die onderlinge bakleiery onder Afrikaners is ook ‘n oorblyfsel uit die verlede, want as jy aan die mag is, baklei almal onder mekaar vir posisies. Ons sien dit nou in die ANC: in Natal is daar al 50 sluipmoorde gepleeg tussen Zoeloes wat oor politieke posisies stry! Onder Afrikaners sal hulle baklei dat die bloed loop om voorsitter of ondervoorsitter van een of ander vereniging of organisasie sonder geld of invloed te word; dis amper ‘n refleks, want dis hoe dinge 30 of 40 jaar gelede gewerk het.

      Dis die wonderlike ding van nuwe organisasies. Daar is niks, geen posisies, geen geld, geen invloed of wat ook al om oor te baklei nie. Só is dit ook met Front Nasionaal. By die VF+ sit jou vyand langs jou en by vergaderings gluur hulle vir mekaar en word agteraf geskinder oor dié of daai wat sus of so gemaak het en wat ons daarvoor voor stok kan kry. En as hy geëlimineer is, dan word sy posisie dalk joune en, wie weet, eindig jy bo-aan die munisipale lys en gaan jy salaris trek.

      Of die ergste verskynsel in die politiek is wanneer dit soos op realiteitstelevisie werk: jy kyk rond na enige ander prominente deelnemer wat jóú mededinger kan wees, tans of vorentoe. Dan kry jy al die ander om hom af te stem en huis toe te stuur. Op die duur word die hele organisasie natuurlik gepak met middelmatige jabroers en word al hoe swakker, maar jy bly bó! Ek vermoed dis wat ook met die Nasionale Party in sy terminale fase gebeur het. Dis min of meer hoe De Klerk ook van PW ontslae geraak het.

      By PRAAG en Front Nasionaal sit die vyand egter oorkant jou. Ons wil met die vyand slaags raak. Ek sal eerder in ‘n argument met Helen Zille van die DA of Ben Turok van die ANC betrokke wil raak as met Sunette of Pieter Mulder.

      Eers het ons op die grens geveg. Nou veg ons in ons huise en in ons slaapkamers waar die huisrowers indring. Al ons mure het verkrummel, soos in daardie toneel in die film Lord of the Rings waar die Oerke deur die verskansings breek. Dan sê die leier van die “manne van die Weste”: “Kom ons ry hulle tegemoet!”

      Dis die punt waar ons is. Ons het niks meer om te verloor nie. Daar het niks van Afrikanerpolitiek of ‘n -magsbasis oorgebly nie en mense wat hulle verbeel daar is nog posisies of aansien of invloed om oor te stry, maak ‘n reusefout!

      Dis tyd om op jou perd te klim, uit te ry om jou vyand te ontmoet en hom in die oë te gaan kyk.

      1. Uitstekend gestel, Dan, dankie! Ek het ook na baie jare besluit die Afrikaner hou hom te besig met strukture, prosesse, prosedures en burokratiese snert. Die wêreld werk nie meer so nie. En daardeur probeer ek nie sê ons moet aggressief raak nie. Ons sal ons probleme anders moet benader as in die verlede. En dit help ook nie ons lag of bid dit net weg nie! Front Nasionaal skep nou n geleentheid vir n oop debat oor selfbeskikking, en enige regdenkende Afrikaner wat die vermoë het om verby sy/haar eie belange te kan kyk, behoort hierby betrokke te raak. Gaan registreer mense! Ons mense het ons nodig!

      2. Om verdere onsmaaklikhede uit te skakel, moet Sunette se naam nie weer gebruik word nie.
        Ignoreer haar op en aanmerkings soos ‘n stopstraat. Dit is ons vyande se resep om hierdie Afrikaner geveg en tweespalt te voed net waar hulle kan.
        Ons mag nie daarby aansluit of betrokke raak nie.
        Genoeg is nou gesê.

  19. Wanneer die stof so min of meer gaan lê hou ek altyd met myself nabetragting en hierdie kommentaar is die gevolgtrekking waartoe ek gekom het.

    Hoekom sou Sunette wat n Afrikanervolksmoord aktivis is skielik vir Dan – politieke aktivis en die FN n politieke party uit die bloute aanval? Wie kan voordeel uit
    so n botsing trek? Beslis nie een van die twee genoemde partye partye nie.

    Net die Vf+ party wat alreeds besig is om in koalisie met die DA ANC lite te gaan. EN hierdie twee mense Dr. Dan en Sunette is vir hierdie Vf+ party n probleem – groot probleem.

    Sunette Bridges wat wereld beken geword het deur haar insette en Dr. Dan wat vriendeskappe vir die Afrikanervolk dwars oor die wêreld opgebou het.

    Nou my vraag – Wat het die Vryheidsfront plus vir ons Afrikanervolk gedoen in daardie selfe tyd? Niks – nul – zero – zults

    Die Vf+ het Sunette misbruik – vir hulle eie bose doelstellings, en sommer in die proses twee vlieë met een klap bygekom. Sunette – Dan en natuurlik nuwe FN party, sonder dat daar n vinger na hulle gewys kan word.

    Verdeel en heers.

    Wat het die hopelose VF+ al vir ons gedoen in twintig jaar? Wat is die Mulderbroers
    en seuns meer as gelyk aan die ANC kader – wat nog nooit in hulle lewe n dag se
    harde arbeid verrig het vir die mense wat hulle daar geplaas het nie.

    Geleidelik het Pieter Mulder sy beleid so dubbelsinnig aangepas dat die mense wat op grondvlak vir die VF+ werk dit nooit agter gekom het nie – mense op grondvlak wat genadewerk uit hulle eie sakke gedoen het en doen om die Vf+ se beeld te poleer terwyl die VF+ broers en seuns op die vette van die party leef.

    Vf+ nalatenskap van die korrupte en verraderlike NP regering se oorblyfsels, tentoongestel op sy beste met hierdie insident. `

    Hoe kan n mens as adjunk minister van landbou vir die ANC werk – en n ander
    party Vf+ se beleid onderhou?

    Laat almal (en ek heel eerste) die duur les leer uit gister se gebeure en dalk volgende keer eers analities dink voor ons sommer impulsief reageer met n verkeerd ingestelde visier.

    1. Presies korrek gestel Riempies.
      As ek al die afduimpies moet tel, wat ek deur die jare gekry het vir my aanvalle op die VF+ laksheid, dan grens dit aan verraad.
      Mulder het die Afrikaner patriotisme misbruik vir eie gewin, en ook daarmee bewys dat hy nie ‘n Afrikaner se gai is nie. Wonder hoeveel geheime ontmoetings hy al gehad het met die “vyand” en wat hy daaruit verdien het.

  20. Die VF+ is pens en pootjies by die ANC, saam met die IVP in hulle nuwe koalisie want die IVP is ook soos die DA ‘n ANC party. Buthelezi was ‘n ANC lid. Buthelezi se oom, Pixley ka Seme was ‘n stigterslid van die ANC. Buthelezi het Inkatha in 1975 begin toe die ANC ten gunste van geweld teen wittes gestem het. Buthelezi wou nie met die wit regering onderhandel tensy Mandela vrygelaat word nie

    1. Gister of eergister het die PAC ook by dié koalisie aangesluit! In baie opsigte is die PAC ‘n nóg meer afskuwelike organisasie as die ANC, met sy doktrine van swartmag en “Afrika vir die swartman”.

      Hier is vinnig twee kwotasies vanaf Wikipedia:

      The Azanian People’s Liberation Army (APLA) was the military wing of the Pan Africanist Congress (PAC) in South Africa. It was originally called Poqo

      The organisation was founded in 1961 following the 1960 massacre by police of PAC-led protestors.[1] In the 1960s, APLA commander Potlako Leballo modeled the APLA on the Chinese People’s Liberation Army, with Templeton Ntantala as his deputy.

      APLA, then known as Poqo, targeted Paarl on 22 November 1962. A crowd
      of 250 men, armed with axes, pangas and other home-made weapons,
      marched from Mbekweni location to the town and attacked the police
      station, homes and shops.
      They also killed two Whites, Frans Richard (22) and Rencia Vermeulen
      (18). On 4 February 1963 a family camping at Bashee River in the
      Transkei were murdered. Norman and Elizabeth Grobbelaar, their teenage
      daughters Edna and Dawn, together with Mr. Derek Thompson, were hacked to death in their caravans.

      En:

      The Saint James Church massacre was a massacre perpetrated on St James Church in Kenilworth, Cape Town on 25 July 1993 by four cadres of the Azanian People’s Liberation Army (APLA). 11 members of the congregation were killed and 58 wounded. In
      1998 the attackers were granted amnesty for their participation by the Truth and Reconciliation Commission.

      The attack occurred during the Sunday evening service. Sichumiso
      Nonxuba, Bassie Mkhumbuzi, Gcinikhaya Makoma and Tobela Mlambisa
      approached the church in a vehicle stolen by Mlambisa and Makoma
      beforehand. Nonxuba, who commanded the unit, and Makoma entered the
      church armed with M26 hand grenades and R4 assault rifles.[1] They threw the grenades and then opened fire on the congregation, killing 11 and wounding 58.[2] One member of the congregation, Charl van Wyk, who wrote a book about the event (Shooting Back), returned fire with a .38 special revolver, wounding one of the attackers. At this point they fled the
      church. Mkhumbuzi had been ordered to throw four petrol bombs into the
      church following the shooting, but abandoned this intention as all four
      fled in the vehicle.[2]

      Members of the congregation killed were Guy Cooper Javens, Richard
      Oliver O’Kill, Gerhard Dennis Harker, Wesley Alfonso Harker, Denise
      Gordon, Mirtle Joan Smith, Marita Ackermann, Andrey Kayl, Karamjin Oleg,
      Varaksa Velentin and Pavel Valuet.[2]

      The last four on this list were Russian seamen attending the service as
      part of a church outreach programme. Another Russian seaman, Dmitri
      Makogon, lost both legs and an arm in the attack.

      Similar attacks

      APLA cadres were held responsible for several similar attacks. Among these were the attack on King William’s Town Golf Club on 28 November 1992 in which four people were killed, and the attack on the Heidelberg Tavern in Observatory, Cape Town on 31 December 1993, in which four people were killed. Ballistic tests showed that the same rifles were used in the St James and Heidelberg Tavern attacks.

  21. Geluk by die ongeluk. Dit moes gebeur het. Wanneer stil eenkant analitiese nabetragting gehou word, kom die antwoorde te voorskyn.
    Dan sekeres wat jou pad gekruis het, word nie meer toegelaat om dit te doen nie.

    Ek het anker uitgegooi in ‘n veilige politieke hawe. FN!
    Ek sal aanhou hoop uitspreek dat FN, bestuurslede en lede die mas sal opkom en elke politieke vuilspel wat geloods word suksesvol sal afweer.

  22. ExPat, die NWO is besig om sy gat te sien so ook die elites soos Rockefellar, Soros, ens. die wereld se oe is besig om oop te gaan…. Putin het hulle pakslae gegee, die Rockefaellas se “Green movement” het geflop
    …Teen die hele wereld VRY…..
    Die magtige BritEsch het ook so gese in die vorige eeu…

  23. Ek dink sy voel uitgelaat.
    Was dit nie FN se plig om haar te geken het in hulle stigting nie??
    Ek het Jaap Kelder gevra of hy by FN betrokke is.
    Sy anwoord was nee. Hy het nie verder uitgebrei nie. Jaap en sy span regskenners is juis ook besig om een of ander wet in plek te kry vir selfbeskikking.
    Ek sal graag jou antwoord hierop wil hê Dr. Dan Roodt. !!!

    1. Arnie my goeie vriend – moet nie krap waar dit nie jeuk nie –
      Hierdie manne wat werk aan ons volk se uitkoms hulle moet hardekwas wees – dit verg sterkmanne om te doen wat hulle doen – en vorentoe gaan hulle bymekaar uitkom en mekaar vind en hande vat. Dit kan nie anders nie want al hierdie manne sonder dat hulle dit besef – komplimenteer mekaar se vermoeëns en uiteindelik tot ons Afrikanervolk se voordeel.

      1. Ek het nie ‘n swaard om met hierdie argument te kruis nie Riempies.
        Dit jeuk wel daar waar ek krap Riempies.
        Ek vra ‘n eenvoudige vraag, wat blykbaar onbeantwoord moet bly. Ek dring aan op ‘n antwoord.
        Of word daar weer iets weggesteek??????

  24. Ek wonder of ek dit kan waag ? Ek wil ‘n stukkie uit vandag se Shanghai Daily hier inplak wat moontlik lig op Sunette se optrede kan werp. Dis ‘n senior Japanees se sienswyse.

    “In 1989, he told a men’s magazine that it would not be proper to have women at the highest level of government because their menstrual cycle makes them irrational. “You can’t possibly let them make critical decisions about the country …..”

    1. Jy kan dit maar waag hier op Praag!

      Onthou jy ons gesprek? http://praag.co.za/?p=21460 (indien nie, plak ek my antwoord aan jou weer hieronderaan)

      My beskeie opinie is dat Dan die Sunette Bruggies vroumens moet ignoreer. Laat sy sing watter deuntjie sy ook wil, en bruggies brand as sy dink dis gepas.

      Ek dink FN het in elk geval effens meer bekend geraak agv haar opmerkings. Ek sou dit aanbeveel dat Steve Hofmeyr ook ‘n eier of twee lê in die verband. Wat van ‘n Afrikaanse skoolhoof, besigheidsman, skrywer (Gustav?) en dalk ‘n akademikus (Leon Lemmer?). Ek sal ook hul siening wil hoor/sien…

      Dat estrogeen hul irrasioneel maak moet ek jou Japanese skrywer gelyk gee, maar meer as dit – hul ingebore beskermingsdrang laat hul omgee vir alles, klein hondjies en ongelukkig ook klein kaf… ek bedoel katjies.

      In verband met die Mulder-Nepotiste-Party of is die nou VF+ laat hul maar afsak in die riool water wat hulle getrap het in die laaste 20 jaar: die ware wakker Afrikaner is met hulle heeltemal klaar.

      Uit ons vorige gesprek:

      Ek wil nie al my vroulike-mede-praagers vyande/vies maak nie, maar ek het tot ‘n soortgelyke gevolgtrekking gekom deur net die Bybel te lees.

      1. Eva eet ons uit die paradys uit
      2. Job se vrou se raad is “vloek God en sterf”
      3. Abraham se vrou se plan is “slaap by ons ousie”
      4. Isak se vrou se plan is (saam seun Jakob) “kom ons verneuk pa met harige arms ens.”
      5. Jakob is met sy liefde vir ‘n vrou (Ragel) verneuk
      6. Simson se liefde vir vroue het sy einde beteken
      7. Saul se val … heks(vrou) van Endor
      8. Dawid se groot sonde was met/agv ‘n vrou
      9. Salomo … vrouens was sy val
      10. Isebel (met “make-up” 2Konings9:30) die val van die volk Israel
      11. Paulus is oortuig vroue moet eerder stilbly (1 Kor 14:34)
      12. Die een op die draak in Openbaring … is ‘n vrou!

      PS. Stem nie met jou saam dat Mohammed ‘n regte profeet was nie … daar wat ‘n Rooms-Katolieke vrou wat hom mislei het!
      PPS. Ek hou van vroue, my ma is een, maar manne moet BAIE versigtig wees om hul raad te volg!

  25. Kyk, op die einde van die dag moet mens jou op resultate toespits. Ons kan nie anders nie, anders is ons niks beter as menige Afrika kulture waar niks ooit verbeter nie.Na twintig jaar het die VF 90% van sy steun verloor. In die tyd was daar weinig vernuwing in sy bestuur en bestuurstyl, As die enigste Afrikaner party in die parlement, het die VF het hom in die tyd ook toegspits op nie-Afrikaner politieke foefies soos die reg vir buitelanders om te stem, die e-toll saga, nuttelose politieke alliansies ens. Ek het baie waardering vir mense soos Sunette (en Steve Hoffmeyer ) wat sonder enige persoonlike gewin opstaan vir Afrikaner belange. Tog voel ek dat die vertroue wat daar geplaas word op mense soos die Mulders totaal misplaas is.

    1. Ou gewoontes verander nie maklik nie.
      Die mense, en dit sluit my in, het nog altyd die verwagting gehad dat ‘n “Slim” man soos Mulder, ‘n haas uit die hoed sou trek.
      Ons het nou gesien dat hy nie eens ‘n hoed het nie, vergeet nog ‘n haas.

  26. Ek kom nou skielik op dié toespraak van Verwoerd af: baie profeties! Hy sien Suid-Afrika as deel van die blanke wêreld, maar met die gevaar van assimilasie en verswelging wat op die horison dreig.

    Wat vir my ook interessant is, is hoe hy selfs die broosheid van die hele Westerse/Europese beskawing reeds toe al besef het, nog voor die hele multikulturele revolusie Europa en die VSA getref het!

    Hier is dit op die Engelse praag se geskiedenisafdeling:

    http://praag.org/?p=12940

  27. Eintlik was Hendrik Potgieter reg oor die zoeloes en die Voortrekkers moes sy raad gevolg het. Dit was per slot van rekening Hendrik Potgieter wat Silkaats in sy maai in gestuur het. Hendrik Potgieter is seker een van die mees miskende Voortrekkerleiers ooit.

  28. Ons Boere-Afrikaners se grootste probleem is leierskap. Arnieann het eendag vir my gesê dat daar niemand is wat ons mense se verbeelding aangryp nie. En ek stem volkome saam. Die feit dat ons as volk nie aldag saam staan nie, is nie eie aan die Boere-Afrikaners nie, maar is ‘n verskynsel in enige volk. Maar wanneer volke oor die eeue heen met hulle rug teen die muur gestaan het, soos ons nou, kom daar iemand na vore en bind almal saam. Dit is leiers wat onthou word. Dit is leiers wat splintergorepe se verbeelding aangegryp het en hulle saamgebring het to ‘n eenheid wat saam kon werk na ‘n gemeenskaplike doel. Ons 1000 en 1 partye en organisasies dui daarop dat daar nog nie so iemand na vore getree het nie. Leiers val mekaar so maklik aan, dan die organisasies, en dan die lede van die organisasies. So hou ons mekaar besig terwyl daar al hoeveel mense net in Februarie vermoor, verkrag en besteel is. Elke leier, volkspersoonlikheid wat homself/haarself skuldig maak aan dit, verwyder outomaties hulle name as leiers wat die geskiedenis gaan onthou. Die probleem lê nie by die volk nie. Ons is as westerlinge gevorm hier in donker Afrika tot iets anders. Iets wat mense se verbeelding kan aangryp. Ons het nie nodig om mekaar te verander nie, ons moet net gebruik wat reeds daar is.

  29. Piet Retief was ‘n opperste skelm – hyt nooit enige skuld betaal nie. Hyt gelieg en gebullshit – ‘n towenaar met woorde.
    Selfs sy losie no 2 in PE en mede Broeder het hom gedagvaar vir skuld.
    Hyt almal ingeloop en almal het tweede gekom as jy sou waag met hom besigheid gedoen het. So het hy gevlug met gyselaars en onskuldige boere in ‘n dodelike slagting in gelei.[die grootste ooit]
    Dingaan is gewaarsku en toe die ou se skelm skedel gelyk gemaak het met sy ore.
    Natuurlik het Pretorius en Potgieter en Maritz tot Christelike redding gekom van die reusagtige ramp wat die Vrymesselaar veroorsaak het.
    Die Kaapse kerk het die lot onder sensuur tot vandag toe en tragies genoeg het die NGK tot dusvêr versuim om die Gelofte te erken waarmee die Vrymesselaars tot bekering gekom het.

    Vraag is of ons hieruit sal leer en weer nuut begin soos wat die Hugenote gemaak het.

    Hmm?

  30. Met die beste wil in die wêreld kan ek nie sien dat Sunette B as ‘n leier, medeleier, of ‘n potensiële leier van die Afrikaner beskou kan word nie.
    Sy doen goeie werk om sommige van die wreedhede en onregte wat deur die regime gepleeg word, aan die kaak te probeer stel.
    Waarom daar soveel waarde aan haar uitsprake verleen word, is onverstaanbaar. Om dit saggies te stel.
    Om onverantwoordelike en onsinnige aanvalle op ander Afrikaners soos Dan Roodt te loods, is gewoon haar probleem. Sulke optredes vertel in ieder geval meer van haar as wat dit van enige nut vir mens of dier is.
    Om op die onsinnighede op ‘n openbare platform te reageer verleen aan die vrou in ieder geval meer status as wat sy verdien. Mynsinsiens.

  31. “Politiek word finaal deur jou siels-integriteit en geloof bepaal… Nie andersom nie.”
    ********************************
    Dit is ‘n skrywe wat aan die predikante gerig moet word.
    Mense wat Christene is, weet instinktief dat die Kerk hulle gefaal het.
    Waarom anders is die Kerke leeg?????

    1. Arnie ek wil aansluit deur te sê dat deur die ewigdurende vrees wat op die mense geplaas word, dis hoekom die kerke leeg raak. Gelukkig leef ons in hierdie verligte eeu dat soveel literatuur beskikbaar is in die tegnologiese biblioteek en dat ons vir onsself begin dink en die geestelike self begin uitwerk.

      NS: Ek dink nou aan wat jy die anderdag gesê het is dat daar veertien kerke in Oranje is! Is dit nodig? Hoekom?

  32. Wat leiers betref het ons reeds in die jaar 2000 die volgende gemeld en die status quo bly basies vandag nog dieselfde!

    VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VVO)
    9 Maart 2000
    ——————————————————————————————————
    KOMMENTAAR: LEIERS WAT DIE VOLK VERLEI SAL NIE SONDER KASTYDING BLY!
    ————————————————————————————————–

    Die kwessie van leierskap en die gebrek daaraan onder die Afrikanervolk, kom in die laaste dekades maar veral die laaste aantal jare tydens gesprekke ens., baie na vore. Daarvolgens is niemand deesdae meer ‘n leier nie of voldoen aan die vereistes van leierskap om die volk uit die ellende en die verknorsing te lei waarin ons vasgevang sit nie.

    Sedert die moord op dr H F Verwoerd is dit asof daar ‘n doelbewuste aanslag en wantroue teen leiers en leierskap onder die Afrikanervolk na vore gekom het. Niemand was of is ‘n leier nie – nie John Vorster nie; nie P W Botha nie; nie Dr A P Treurnicht nie; nie F W de Klerk nie; nie Dr Ferdi Hartzenberg nie; nie Jaap Marais nie; nie Eugene Terreblanche nie; nie Genl Constand Viljoen nie; nie Cassie Aucamp nie; ja, nie geen niemand nie, is ‘n leier of voldoen aan die vereistes van ‘n leier of leierskap nie!

    Almal wag op daardie leier wat na vore sal kom en met ‘n towerslag of ‘n towerstaf soos ‘n Moses van ouds oor die volk sal waai of swaai, en siedaar, die leier is daar! Of miskien wag hulle op daardie leier waarvan Siener van Rensburg in een van sy visioene van praat wat ‘n waardige Boer sal wees met ‘n baard en ‘n bruin pak klere en wat uit die Wes-Transvaal te voorskyn sal kom en die volk na vryheid sal lei. Die enigste leier wat moontlik aan die Siener se visioen voldoen (het), was Eugene Terreblanche, maar hy het hom laat verlei voordat hy die volk uit sy lyding kon lei! Die mondstuk van die HNP, die “AFRIKANER” kom tot die gevolgtrekking dat die enigste leier wat werklik trou gebly het, mnr Jaap Marais is. Volgens Siener van Rensburg se visioen voldoen hy egter nie aan die vereistes nie want hy kom nie uit die Wes-Transvaal nie; hy het nie ‘n baard nie; hy dra nie ‘n bruin pak nie!

    In die tussentyd kla en kerm die volk oor daardie leier wat nie na vore wil kom nie, maar self doen hulle niks om hulle uit die ellende te red nie. Ds Mossie v d Berg van RADIO PRETORIA verwys in sy reeks praatjies in “Dit is Radio Pretoria” daarna en sê dat “……..ons vertoon die beeld van ‘n volk wat getref is deur ‘n dodelike verlamming…….en ons is besig om weg te sink in die eenheidstaat van die nuwe SA……” Al wat die volk volgens hom kan red is dat “………daar weer ‘n toekomsvisie vir die nageslag moet kom…… en dat daar dringend iets magtigs erns moet begin gebeur en dat die volk weer in beweging gebring moet word……”. “……Hoe langer ons wag, hoe dieper gaan ons insink in die ellendes van die nuwe SA……”, en, sê hy, “………dink net hoe heerlik sinvol alles anders sou gewees het as ons geslag die jaar 2000 laat verbygaan met niks anders as ‘n gekerm en gekla oor verdeeldheid en vermeende sg leierloosheid……..dis ons geslag wat in beweging moet kom……… as ons maar net uit hierdie toestand van verlamming kan kom……”

    By nadere besinning is die kwessie oor leierskap of gebrek daaraan in die omstandighede waarin ons volk vandag verkeer, nogal iets om oor na te dink en retrospeksie te hou. By beantwoording van die vraag oor wie die volk in hierdie toestand van dodelike verlamming laat beland het, kan enige objektiewe waarnemer van die gebeurde in en onder die Afrikanervolk die afgelope dekades, die toestand waarin ons verkeer, terugvoer na die leiers. Baie voorbeelde in hierdie verband kan genoem word waarvan die volgende maar net ‘n paar is:

    *Toe die volk vóór die 1994-verkiesing by die duisendtalle by die Afrikaner Volksfront ingeskakel was en gereed was en te wys dat hulle bereid was om die hoogste offers te bring sodat ons nie by die nuwe SA se eenheidstaat ingeskakel word nie, het die leiers strydig met hul beloftes en versekerings dat hulle/ons nie aan die 1994-verkiesing gaan deelneem nie, agteraf gaan konkel en wel daaraan gaan deelneem;

    *Toe Kmdt Willem Ratte Fort Schanskop as ‘n simboliese daad van verset teen die nuwe SA vóór die 1994-verkiesing beset het, en die volk vir dae lank en in die nagte by Monumentkoppie bymekaar gekom het om ons ondersteuning aan hom te gee, het die vier generaals wat by die Volksfront betrokke was ons daar op die terrein kom uitskel as “malmense” en versoek om huistoe te gaan!;

    *Toe die volk voor die 1994-verkiesing by hulle duisendtalle by Donkerhoek bymekaar gekom het om “ONS EIE RADIO PRETORIA” met loopgrawe en sandsakke teen F W de Klerk se regime te beskerm, en ons wys gemaak was dat dit die “Volk” se stasie is en ons in die koue nagte daar op die vlakte bymekaar gekom het om petisies op motorkarre se enjinkappe te teken, is die stasie teen die volk se wil gesluit met die oog daarop om by die nuwe vyandige kommunistiese regering te gaan aansoek doen om ‘n lisensie.

    Hierdie bogenoemde laaste daad was ook die grootste enkele rede vir die ineenstorting van alle verset wat daar tot op daardie tydstip onder die volk bestaan het. Want ironies genoeg het die omroeper wat daar toe in die ateljee by Donkerhoek aan Diens was “Ken Gij dat Volk vol Heldemoed” oor die eter gespeel toe hy die stasie gesluit het. En net daar is hierdie volk wat so dapper wou veg vir hul vryheid se “Heldemoed” gebreek tot vandag toe!

    Om nou die volk die skuld te gee en te wil beweer dat hulle ‘n beeld vertoon van ‘n volk wat deur ‘n dodelike verlamming getref is, grens aan ‘n valsheid. Inderdaad was die volk met valse voorwendsels onder die indruk gebring dat dit beter sou wees om by die ANC-Kommunistiese-regering te gaan kruip vir ‘n volkstaat en kamtige ander voordele wat daarmee gepaard sou gaan. En vandag………?

    In Hosea 4 word daar vermeld van die leiers wat deur hul slegte voorbeeld die oud-Israelvolk verlei het. Die profeet sê dat hierdie leiers verleiders geword het. In Jes 3:12 en 9:15 word daar onderskeidelik die volgende van leiers vermeld: “………o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moet wees, het hulle tot ‘n dwaalweg gemaak”……, “…….en die leiers van hierdie volk het verleiers geword, en dié van hulle wat gelei word is op ‘n dwaalweg gebring…..”. Die enigste manier hoe Israel en hul leiers tot inkeer kon kom was deurdat die HERE hulle hul sondes aan hul lyf laat voel het. Die Boere-profeet, Siener van Rensburg, het ook vir hierdie Afrikanervolk wat hulleself deur leiers laat verlei het in een van sy visioene geprofeteer dat hulle hul sondes aan hul lywe gaan voel nl dat dit vir hulle so donker gaan word dat hulle bykans nie hul hand voor hul oë sal kan sien nie. Dit wil voorkom asof daardie tyd nou vir die volk op hande is!

    Dit wil verder voorkom asof die leiers wat die volkswil versaak het nou met ‘n groot probleem sit deurdat hulle op feitlik alle terreine teen hierdie volksvyandige owerheid wat hulle vertrou het, terug moet veg. Die Engelse het nogal ‘n mooi insiggewende uitdrukking of spreekwoord in hierdie verband, wat lui: “He who fight and runs away, shall live to fight another day”.

    Gert Kruger
    VOORSITTER
    (Leiers)

    1. Dis waar Gert .. [daai toespraak van Verwoerd 4 maande voor sy moord is absoluut skitterend[ op Ingels Praag]

      Maar intussen het ons darem ‘n wettige Gebiedsowerheid ,met munisipale outonomie in Orania gekry. 9000 hektar en 5000 uitwoner en inwoner kiesers ONBEPERKTE potensiele groei in die hande van die Volk. = Streeksontwikkeling en outonome selfbeskikking vir ons Volk.

      Die VF+ is die projek goedgesind en gee binne parlementêre verteenwoordiging. [vir wat dit ookal wêrd is]

      Ons het ook ‘n Volksowerheid VVK / AO verwerf as grootste buiteparlementêre aksie. met 35000 kiesers alles 100 % wettig

      Dit alles teen ‘n helse agtergrond kakkafoniese lawaai.

      Al wat oom Gert en die Volk moet doen is om betrokke te raak.
      Op te staan en die bul by die horings te pak en skouer aan die wiel te sit en die lippe teen die klippe die spoor te vat. Sag te maak voor en te slaan met die agterlyn…… Of in dier voege. Hmm.

      Ag julle kry mos die boodskap

    2. Pragtig gestel Gert.
      Hierdie skrywe moes eerder ‘n Praag onderwerp gewees het.
      Daar kan so baie kommentare hierop gelewer word, wat as barrometer gebruik kon word om te bepaal wat ons mense nou voel.
      Die vuur brand nie hoog nie, maar dat hy smeul, is ‘n gegewe.
      Een laaste ding wat jy nalaat is:
      Wie is daardie mense wat ons so verraai het?????
      Skryf hulle name hier. Ons het daardie reg om dit te weet, want hulle mag nooit weer deel van ons wees nie,.

      1. Dankie Arnieann. Ek sien nêrens dat ek na verraaiers verwys het nie maar wel na misleiers. Maar as jy wil weet wie die verraaiers is moet ons ons gedagtes laat teruggaan na wat vóór 1994 gebeur het. Dan sal ons sien dat dit Effie de Klerk en sy NP en almal wat op daardie tydstip binne dié party in die parlement gesit het.asook die spul wat agter die skerms met die ANC in die buiteland gaan onderhandel het. ‘n Te lang lys om hier te vermeld. Hierby kan ook nog die name van akademici, kultuurleiers asook die media met al sy verskillende vertakkings genoem word. Die aanslag was te groot om te keer maar daar was tog ‘n beduidende getal Boere-Afrikaners wat bereid was om teen Effie de Klerk en sy spul renegate te verset. Maar toe kom die eintlike verraad van binne met die groot generaal en sy klein kommandtjies aan die spits. Maar soos ek reeds voorheen gemeld is kan jy teen jou sigbare vyand veg maar wanneer die verraad van binne kom waar jy daardie vyand nie altyd kan sien nie, is dit heeltemal ‘n ander saak.

        1. Ek merk dat jy graag ook na Oom Siener verwys.
          Hy het gesê dat ons deur die smeltkroes sal gaan. Ek dink dat daardie deel van sy voorspelling amper afgehandel is.
          Van nou af sal dit ons plig wees om te sorg dat ons “skoon” bly.

          Ons het genoeg geleer in hierdie afgelope twintig jaar om nie meer die ou goedgelowige “Ja-Baas” Volkie te wees nie.

        2. Gert, dis iets wat ek juis hierdie naweek bepeins het. Die swartes staan saam, hulle sal eerder hulle lewe aflê voor hulle iemand verraai, ons wittes daarenteen is iets heel anders. Ek vertrou nie my wit medemens nie, want hulle kan belowe word hulle en hul nageslag word gespaar as hulle ons verraai en siedaar jy’s vrek! Hulle ook, maar jy sal dit nie sien nie! Swartes vertrou mekaar, ons kan nie dieselfde sê nie!

          1. Daar is geen ander Volk vir wie ek so bang is as die Afrikaner Volk nie.
            Twee redes wat 180 grade van mekaar is.

  33. Boerseun, ek stel voor die HNP en VVK raak by Front Nasionaal betrokke. Julle groei nie, gryp nie die verbeelding aan nie, en kon tot dusver nie veel vermag om ons belange te beskerm nie. Alle egotjies moet nou begrawe word ter wille van die groter saak. Die tyd is reg, en die wil en entoesiasme is daar. Klim op, kom saam!

  34. As jy dit of dat doen gaan jy oop oë hel toe. Besigheids wêreld dieselfde. As jy nie hierdie polis uitneem nie gaan jy nie op jou pensioen alleen kan oorleef nie. As jy nie hierdie fabrikaat koop sal jy so waar as wragtig langs die pad gaan staan. En so gaan die vrees wat predikante besigheids mense ens. verkondig aan.

    My oorlede pa het gesê. Daar is drie beroepe wat altyd sal kla.

    Dit is ‘n :

    1) Predikant. Dreig met die hel.

    2) ‘n Boer. Dit reën te veel of te min.

    3) ‘n Onderwyser. Jy sal dit nie maak nie. ‘n K.. gaan jou werk vat. Min het ons geweet al het jy ‘n graad of twee en hy het niks het dit gebeur.

    Ek het jare gelede die vrees afgegooi. Moet sê die lewe kan ‘n lied word, dit is moontlik.

  35. Wens ek het jou vermoë gehad om dit so meesterlik uit te stippel.
    As jy my beter ken, en al my kommentare op Praag gaan lees dan sal jy jou self daarin sien.
    Ek het meer gekry as wat ek op kon hoop. Dankie, en ek hoop die res neem ook notisie van jou skrywe.

  36. “Ek het nog nooit eer hier met iemand in ‘n vieslike woordestryd betrokke geraak nie.”
    *

    Dalk is dit die fout Dolk. Hehe !!!
    *

    Ek het gesien dat “Disqus” een of ander wysigings aanbring. Of jy dalk daardeur geraak word kan ‘n moontlikheid wees.
    Hierdie blikbreine het soms hulle nukke.

      1. Nader aan n presies voorbeeld van geestelike ineengedoke weerloosheid van die gemiddelde Afrikaner wat na 20 jaar nogsteeds vir die Vf+ en die DA stem kan n mens kwalik kry as jy.

        Gaan dit my baat om jou te vra hoekom jy vir die Vf+/DA
        stem? Ek betwyfel dit ten sterkste – want sodra n mens jou in n hoek dryf met feite glo jy dit sal weggaan as jy dit ignoreer. Wat kan n mens verwag van n verslane gees – maar dalk net dalk kan jy genoeg moed bymekaarskraap en my tog antwoord.

        Net om dit vir jou te vergemaklik herhaal ek die vraag –
        Hoekom stem jy vir die VF+?

        1. Tannie Riempies, ek gaan jou stap vir stap antwoord en my situasie verduidelik. Ek wil net eers vir Andeas om verskoning vra dat ek gesê het hy gaan VF stem. Ek wou net vir Riempies aan die lyn kry en sy het pragtig gebyt, hoek – lyn – en sinker. Kyk net wat sê sy vir my hierbo – pragtige woordeskat !

          1. En ek het VF gestem omdat daar nie ‘n ander alternatief was nie. Ek stem nie vir die persoon nie, ek stem vir die saak !

          2. My hoek lyn en sinker gevang – om wat mee te maak? 😉

            Nog n vraag – wat is die Vryheidsfron plus – se saak
            waarvoor jy stem of gestem het? Want probeer om te verstaan – so hard ek ookal wou -was ek nie slim genoeg om by die
            beleid uit te kom nie – so oop vir alle soorte van interpetasies dat ek maar liewer in my deurmekaargeit eenkant in n hoekie saam met die duiwel op n miershoop sit en ween het oor my onnoselgeit om te verstaan wat die slim manne van die Vf+ rêrig
            van praat. – want die doen het ook altyd verskil van die sê.

          3. Jis, jy’s ‘n bakleierige ou antie ! Jammer, ek moes dit seker nie sê nie. Ek het genoeg van baklei gehad in my lewe. Ek gee toe, daar het blykbaar dinge gebeur wat ek nie van kennis geneem het nie omdat ek in die buiteland is. Maar – en dis my persoonlike sienswyse – om agv ander se misstappe nie te gaan stem nie is die verkeerde oplossing. Die wegblystem het nog nooit, en sal nooit, iets vermag nie. Ek is bly jy het besluit om te gaan stem – ek gaan ook.

          4. Nee wat dit help nie om met jou te probeer praat nie jy
            verstaan nie n blou woord nie – natuurlik die rede hoekom jy so aanhou VF+ stem.
            Jy moet maar nou regtig vir jou n ander gesels maatjie soek wat ook glo hy bly op die maan soos jy.

  37. Andreas Meyer, jy kan mos lees ek sê “as”. Dit hang af van die graad van openbare steun daarvoor. Bekwame leierskap kan sodanige steun met gemak in grondgebied omskakel. Dit het Paul Kruger presies drie jaar geneem ná die anneksasie van die Transvaal in 1877 om weer onafhanklik te word! En hulle moes destyds briewe per perd en per skip oorsee vervoer, dus kan dit nou seker baie vinniger gebeur.

    Ek wil dit ook vir mense duidelik maak dat ons ‘n duidelike doelwit moet hê, anders as Pieter Mulder wat aanmekaar sê: “Ons ondersteun selfbeskikking, maar dis nie vir nóú nie.” Vir wanneer is dit dan?

    Dit gaan oor ARGUMENTE. Ons moet plaaslik en internasionaal vir ons ‘n eie staat losargumenteer. Of lossing, soos wat die Baltiese state gemaak het. As mense egter nie begeesterd raak nie, help dit nie ‘n paar van ons werk ons arms stompies nie, want dan is ons net ‘n paar individue wat namens ‘n apatiese, rugby-kykende, massa probeer praat!

    Dink jy Paul Kruger het hom gesteur aan mense wat sê: “Nee, onafhanklikheid is nie vir nóú nie?”

    1. Dêmmit, Dr. Dan, nou raak ek begeesterd as jy jou stem ‘n bietjie dik maak.
      Vat hierdie doemprofete vas. Die goed het eenvoudig nie die “guts” om iets te wil doen nie, en dink dat almal soos hulle moet wees.
      Laat hulle die ander dom donners gaan volg as hulle nie hier wil wees nie. Niemand draai hulle arms om dit te steun nie.
      Die beste is om sulke kommentare sommer voor die voet te verwyder.
      Ons kan nie ad infinitum die selfde argumente oor en oor en oor her behandel nie.
      Dit was die afgelope 14 jaar deeglik uitgepluis gewees.
      Nou moet ons aandag gee aan Selfbeskikking.

  38. Jode KAN OOK Afrikaans praat, en ‘n paar miljoen swartes kan dit dalk beter as jy doen.
    Ek gebruik nie ‘n vals naam nie. Die wat nie hulle eie name gebruik nie, gebruik ‘n “Skuilnaam” Dit is algemene gebruik reg deur die wêreld.
    Ek wonder nounet iets anders:
    Jy is niks anders as ‘n NIA snuffelaar, en liberale terroris nie.
    As Praag jou NIE geval nie, kry vir jou ‘n paspoort en gaan bly in Siberië.

  39. Soos talle ander siele is ek nie daarvan oortuig dat FN al die antwoorde verskaf vir die vraagstukke wat Afrikaners in die gesig staar nie. Verskille oor uiteindelike doelwit(te), strategieë, taktieke ens is ‘n gegewe wanneer enige belangegroep of politieke party die politieke proses betree.

    Om gedagtes met die betrokkenes te wissel – in hierdie geval FN – oor die haalbaarheid van hul planne, kan baie positiewe gevolge hê. Sunette Bridges se ego en gebrekkige insig verhoed klaarblyklik dat daar enige hoop op positiewe gevolge kan wees, na die ‘infame leuen’ klap wat sy in Dan Roodt se rigting gegooi het.

    Ek kwoteer uit u skryfsel: “…Onthou, sy het tot dusver slegs in ‘n PRIVATE groep met 1400 “vriende” hieroor gepraat…”

    Hoe ‘privaat’ kan 1400 siele se ge-kekkelry regtig wees?
    :-))

    1. Sjert vir my is dit uiters vreemd dat daar so n premie op
      Sunette se mening geplaas word. Dit ontwyk my jammerlik wat haar kwalifiseer as meningsformer of gewer of politieke annalis oor enige politieke party trouens oor politiek in die algemeen.

      Ander as jy Sjert – word die manne se menings bepaal deur
      hulle oë en nie hulle verstand, logika en kennis nie.

  40. Die een verdoemenis lei tot die volgende.
    As iemand griep het, dan soen jy hom nie.
    As ek sien hulle gebruik die woord “volhoubaar” , dan weet ek hulle wil net “slim” klink.
    Hulle begryp in die eerste plek nie die betekenis van daardie woord “volhoubaar” nie. In sy geval kon dit nie meer misplaas gewees het nie.

  41. Jou avatar foto is ook nie “baie aantreklik nie”!

    “A single state is the only solution! Follow South Africa and integrate all the races.” – jou opmerking op Jerusalem Post webblad bewys presies wat ek sê!

    Misogenie is die “haat” van vroue … ek haat vroue nie! Dis jul oordeelsvermoë / raad wat ek wantrou, en daarom verwerp!

    My beweegrede was nog nooit aantreklikheid nie … maar waarheid praat, dus – as jy nie hou van wat ek sê nie … moet dit nie lees nie!

Maak 'n opvolg-bydrae