Verkiesing aangekondig vir 7 Mei

Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK
Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK

Die president, Jacob Zuma, het aangekondig dat die nasionale verkiesing op 7 Mei 2014 sal plaasvind.

“Hierdie is ‘n historiese verkiesing aangesien dit plaasvind op die 20ste herdenking van ons vryheid van apartheidsvedrukking,” het Zuma gesê.”Nadat ons die OVK geraadpleeg het, stel ek die mense van Suid-Afrika in kennis dat die vyfde algemene verkiesing in die Republiek van Suid-Afrika op 7 Mei 2014 dwarsdeur die land gehou sal word.”

Volgens Zuma het hy die OVK en die premiers van provinsies Donderdag ontmoet en hy was tevrede dat voorbereidings op ‘n gevorderde stadium verkeer.

Kiesers kan nog oor die naweek op 8 en 9 Februarie registreer.

Die regering se termyn sal op 22 April eindig.

17 thoughts on “Verkiesing aangekondig vir 7 Mei”

    1. Net vir interessantheid – Dr Roodt, ek merk op die foto hierbo met onderskrif, “Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK`” – verstaan ek reg, word Afrikaans weer misken hier ? Ek meen, Afrikaans is mos 1 van die amptelike landstale, of maak ek die verkeerde afleiding ?

      1. Trippie dit is weer een van daardie roederlose organisasies wat veronderstel is om vry en onafhanklik te wees van regerings invloed maar gepak is met ANC kaders net soos die MRK en die Regsbank. Laat hulle hom maar net in Engels ‘n naam gee want in Afrikaans sou ek (weereens) my kop in skaamte moes sak om te dink dat ons taal word misbruik vir die kaders se gewin

  1. Twintig jaar sedert “vryheid van apartheidsverdrukking”. Sedertdien is dit ons vryheid wat verlore is en ons mense wat verdruk word. Onder “Apartheid” kon hulle nie stem nie, onder die NSA kan ons sogenaamd stem, maar dit maak geen duit verskil nie so ons kan maar netsowel geen stemreg hê nie. Soos hulle dit sien het wittes onder “Apartheid” voorkeur gekry wat betref studie- en arbeidsgeleenthede. Nou is dit net andersom en is dit hulle wat die voorkeur kry. Dit, terwyl ons veronderstel is om dan nou in ‘n raslose, kleurblinde samelewing te wees. My stert.

    1. Willy, jy moet by jou stempunt geregistreer wees om te kan stem. Gaan dié naweek na jou naaste stempunt toe, met jou groen ID-boekie. Dis vinnig en maklik.

      Op 7 Mei stem jy daar met dieselfde ID. Daar sal twee partylyste wees, een nasionaal en een provinsiaal. Dan maak jy jou kruisie by die party van jou keuse, hopelik die Front Nasionaal en gooi elke stembrief in ‘n aparte stembus.

Maak 'n opvolg-bydrae