‘Derde Mag’ glo agter diensleweringsoproer

sebokengDie Times berig dat ‘n “Derde Mag” vermoedelik agter die dodelike betogings oor dienslewering in Gauteng sit, en ‘n hoë-vlak van ondersoek daarna is reeds geloods.

Bewerings het vore gekom dat politieke partye en ander groepe geïnfiltreer is deur mense wat geweldgeteisterde gemeenskappe verder destabiliseer.

Woensdag het mense met ANC T-hemde op betogers in Sebokeng, in die Vaaldriehoek, geskiet.

Dit het tot die dood van Lerata Rabolila, 26, gelei en ‘n 34-jarige man is beseer. Die oproeriges van die Boiketlong-plakkerkamp het die strate ingevaar oor ‘n gebrek aan behuising en grond.

Gauteng Gemeenskapsveiligheid LUR Faith Mazibuko het Donderdag beveel dat die polisie die “onsigbare hand” van ‘n vermeende “Derde Mag” ondersoek.

Mazibuko se woordvoerder, Thapelo Moila, het gesê: “Hierdie protes, veral in Sebokeng, het ‘n element van mense wat die gemeenskap aanhits.”

Boiketlong was Donderdag vir ‘n tweede dag afgesper, met inwoners wat ‘n spoorlyn oorgeneem het, brandende versperrings opgerig het en skole laat sluit het.

Hulle soek glo geregtigheid vir die dood van die jongste slagoffer van die oproer.

“Die ANC sit hieragter. Hul lede, geklee in ANC T-hemde, probeer om ons protes te stop. Toe hulle nie kon nie, het hulle op ons geskiet,” sê ‘n leier van die gemeenskap Elvis Motaung.

Ander glo weer dit is ‘n “ander mag” wat sit agter die geweld.

Sebokeng se onrus volg na dae van geweld in Bronkhorstspruit se lokasie by Ekangala, Zithobeni en Rethabiseng, naby Pretoria.

Tshwane se burgemeester Kgosientso Ramokgopa het Donderdag gesê die protes word deur mense wat nie van plan is om te betaal vir dienste nie, gedryf.

“[Die gebrek aan] dienslewering is wanneer daar geen elektrisiteit, paaie, sport- en gesondheidsfasiliteite bestaan nie. Dit is nie die geval hier nie,” het Ramokgopa gesê.

Vaaldriehoek brand

Die Vaaldriehoek, suid van Johannesburg, is in oproer. By Boipatong, Boiketlong, Sebokeng, Thembelihle in Lenasia en Sharpeville word paaie uit die woongebiede met klippe en brandende buitebande versper.

Die polisie moes op verskeie plekke met rubberkoeëls losbrand om die orde te probeer handhaaf. Duisende mense het aan diér wydverspreide betogings deelgeneem.

’n Polisiebeampte is in Boiketlong in die bobeen geskiet is en daarna na die Sebokeng-hospitaal geneem. ’n Goederetreinwa by die Houtheuwel-treinstasie langs dié plakkerskamp is ook aan die brand gesteek in dié voorval.

Volgens Beeld is treine van Metrorail vertraag omdat rommel eers van die treinspoor verwyder moes word.

Seisostraat in Sharpeville is met brandende buitebande en klippe versper.

In Boipatong is twee polisielede beseer toe oproeriges hul voertuig met klippe bestook het. Winkels van buitelandse eienaars is in die straatgeweld geplunder.

 

средство для полоскания рта при воспалении десенЛобановский