
Die omstrede Nathan Kirsh, die man agter Agang en die DA se Glynnis Breytenbach, is die grootste aandeelhouer van Magal Security Systems en ‘n direkteur van die maatskappy.
Magal Security Systems ontwikkel en lewer beheerstelsels en betredingsalarms. Dié maatskappy is die belangrikste verskaffer van elektroniese heinings vir die omstrede veiligheidsheiningprojek in die Wes-Oewer.
Die Israeliese Ministerie van Verdediging het 80% van die bod vir die installering van betredingsalarmstelsels langs die veiligheidsheining aan Magal toegeken.
Die veiligheidsheining is in Julie 2004 onwettig verklaar deur die Internasionale Hof van Justisie.
Daarbenewens het die twee Deense finansiële instellings, die Deense Bank ( Danske Bank ) en die pensioenaris Bank ( PKA ) al hul beleggings van Magal Security Systems onttrek aan die begin van 2010 vir hul rol in die die bou van die heining.
Vier dae nadat die orkaan Sandy New York getref het, was die tagtigjarige miljardêr persoonlik in sy pakhuis in Queens waar hy toegekyk het hoe kosvoorraad verkoop word.
Na die orkaan verwoesting gesaai het, en hy fabelagtige winste uit die verskaffing van noodvoorrade kon maak, het Kirsh aan Bloomberg gesê: “Chaos. Dit is fantasties!”
Kirsh het sy eerste fortuin in Afrika gemaak in 1958, toe hy ‘n graanmeul- en moutbedryf in Swaziland gevestig het. ‘n Saketransaksie met Sanlam wat uitgerafel het, het hom in 1986 permanent na Swaziland gedryf.
Twaalf jaar later het hy het ‘n Suid-Afrikaanse groothandelvoedselverspreidingbesigheid begin waar hy net aan winkels in die besit van swart winkeliers verskaf het.
Hy beheer ook Primedia, wat Radio 702 besit.
Behalwe vir Agang, gee Kirsh ook geld vir die DA se nuwe kandidaat Glynnis Breytenbach, wat deesdae beweer sy word bedreig.
Volgens Beeld ry Glynnis “na verskeie aanslae op haar lewe in ’n gepantserde BMW wat aan die miljardêr-eiendomsmagnaat Natie Kirsh behoort”.
FW de Klerk, ook ‘n ontvanger van Kirsh se geld, maak eweneens gebruik van ‘n gepantserde voertuig.
Kirsh het glo die pantserwa tot Breytenbach se beskikking gestel ná vyf voorvalle waarin daar na haar motor geskiet is, iemand haar van die pad gedwing het, haar agtervolg het en by ’n roltrap van die Gautrein-stasie in Sandton afgestamp het.
Nadat Breytenbach die BMW gekry het, is drie dooie katte glo teen die hek voor haar huis opgehang, maar Breytenbach het vreemd genoeg nog geen klagte by die polisie oor die beweerde voorvalle ingedien nie.
Dit het glo gebeur nadat Breytenbach besluit het om lt.genl. Richard Mduli, misdaadintelligensiehoof, weens bedrog en korrupsie te vervolg.
Kirsh het ook, volgens Beeld, skenkings aan die FW de Klerk-stigting gegee, onder meer die betaling van Breytenbach se regskoste, wat meer as R2 miljoen beloop.
Die NVG ondersoek tans Breytenbach se hegte verhouding met Kirsh en het aanbeveel dat sy weens bedrog en korrupsie aangekla behoort te word.
Adv. Mxolisi Nxasana, hoof van die NVG, het intussen Breytenbach se bedanking as aanklaer aanvaar nadat die partye ‘n skikking bereik het.
Breytenbach staan as ’n parlementêre kandidaat vir die DA.
Die Sunday Independent het Sondag berig dat Kirsh die buitlandse skenker is wat Mamphela Ramphele, Agang-leier, wou sien saamsmelt met die DA.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.