Polisie bevestig jongste plaasaanval by Coligny

Polisie in Noordwes het bevestig dat ‘n plaasaanval Woensdag plaasgevind het by Coligny. Polisiewoordvoerder, Paul Ramaloko, sê meer besonderhede sal volg.   OFM News het inligting ontvang dat die verdagtes in hegtenis geneem is tussen Klerksdorp en Potchefstroom. Ramaloko kon egter nie bevestig dat die arrestasie plaasgevind het nie.

Lees verder: Polisie bevestig jongste plaasaanval by Coligny

Tweede verdagte van Vrede-plaasaanval vas

‘n Tweede verdagte sal binnekort in die hof verskyn nadat hy gister in hegtenis geneem is in verband met die aanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas by Vrede, Sondag. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Sam Makhele, sê ‘n 30-jarige man het homself gister op Vrede oorgegee nadat die polisie warm op sy spoor was. Die polisie

Lees verder: Tweede verdagte van Vrede-plaasaanval vas

Oproer in Steelpoort by myne

Die Tubatse plaaslike munisipaliteit sê hy het berigte ontvang dat gewelddadige betogings in die gebied werksaamhede by myne in die Steelpoort-gebied ontwrig, het RSG berig. ‘n Munisipale woordvoerder, Thabiso Mokoena sê die mynwerkers kan nie werk toe gaan nie omdat paaie in die gebied deur betogers versper word. Hy sê busse en taxi’s word nie

Lees verder: Oproer in Steelpoort by myne

IMF kritiseer Eurosone-hulppakket aan Grieke

Die Internasionale Monetêre Fonds het die voorwaardes van die finansiële reddingspakket deur die Eurosone aan Griekeland skerp gekritiseer omdat hulle meen die land se skuld sal waarskynlik binne die volgende twee jaar twee keer soveel as die nasionale inkomste styg. Die IMF sê ook dat die Eurosone nou veel verder sal moet gaan om Griekeland

Lees verder: IMF kritiseer Eurosone-hulppakket aan Grieke

Magsbalans in Midde-Ooste verander na Iran-ooreenkoms

Die kernooreenkoms wat dié week in Wene deur Iran en ses groot moondhede bereik is, sal waarskynlik die magsbalans in die Midde-Ooste verander. Ná ‘n dekade van onderhandelinge wat met tye aan die gang was, maar telkens op ‘n dooie punt uitgeloop het, kon onderhandelaars van die Internasionale Atoomenergie-agentskap ‘n strategiese plan onderteken om lig

Lees verder: Magsbalans in Midde-Ooste verander na Iran-ooreenkoms

Rosatom ontken dat kerntender toegeken is

Die Russiese staatsenergiekorporasie Rosatom het ontken dat ‘n Suid-Afrikaanse tender in die geheim reeds aan hom toegeken is. Rosatom se streeksvisepresident, Victor Polikarpof sê dit is net gerugte dat die kernkragtender aan Rusland gegee is. Polikarpof neem aan ‘n energieberaad in Kaapstad deel. Die departement van Energie het Dinsdag aangekondig dat die tenderproses vir agt

Lees verder: Rosatom ontken dat kerntender toegeken is

Regering appèlleer teen al-Bashir-beslissing

Die regering het hofstukke ingedien om te appèlleer teen die Hooggeregshof in Pretoria se beslissing dat die Soedannese president, Omar al-Bashir nie die land mag verlaat nie. Die hof het verlede maand aanbeveel dat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings dit oorweeg om strafregtelike aanklagte oor die verontagsaming van die hofbevel in te stel. Die

Lees verder: Regering appèlleer teen al-Bashir-beslissing

Duitsland erken Namibiese volksmoord

Of daar ’n formele Duitse verskoning sal wees of nie, is onbekend, maar die federale regering in dié land het uitdruklik erken dat die gruweldade teen die Nama en die Ovaherero wel volksmoord was. Volgens internasionale media het die Duitse Bundestag president, mnr. Norbert Lammert, Woensdag reeds van volksmoord gepraat, het die Republikein berig. Hy

Lees verder: Duitsland erken Namibiese volksmoord

Jesus se doopplek in Jordanië

Vir jare stap Christen-pelgrims van beide oewers die Jordaanrivier in om ‘n verbintenis met een van die hoekstene van geloof, die dood van Jesus Christus, te vorm. Die parallelle tradisie het sowel Israel as Jordanië uit toerismedollars voordeel laat trek, het AP berig. UNESCO het nou egter ingeklim in die meedinging en Jordanië se doopplek

Lees verder: Jesus se doopplek in Jordanië

Aanvallers in Parys nog op vrye voet

Gewapende mans wat Maandagoggend probeer het om ‘n winkel in ‘n sentrum in Villeneuve-la-Garenne, net noord van Parys, te beset, was nog op vrye voet. “Omstreeks 06:30 het drie gewapende misdadigers die Primark-winkel binnegegaan. Ons vermoed dit het begin as ‘n gewapende roof,” het ‘n polisiewoordvoerder gesê. ‘n Werknemer van die winkel het haar kêrel

Lees verder: Aanvallers in Parys nog op vrye voet