Oproer in Steelpoort by myne

Die Tubatse plaaslike munisipaliteit sê hy het berigte ontvang dat gewelddadige betogings in die gebied werksaamhede by myne in die Steelpoort-gebied ontwrig, het RSG berig.

‘n Munisipale woordvoerder, Thabiso Mokoena sê die mynwerkers kan nie werk toe gaan nie omdat paaie in die gebied deur betogers versper word.

Hy sê busse en taxi’s word nie toegelaat in die dorpe waar die inwoners betoog nie.

Intussen sê die polisie in Limpopo die 19 betogers wat op Steelpoort in hegtenis geneem is, sal vandag in die Landdroshowe in Burgersfort en Sekhukhune verskyn.

Hulle word aangekla van openbare geweld, brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging.

Betogende inwoners van Mampuru en Phasha in Steelpoort het sedert Sondagaand vyf voertuie aan die brand gesteek.

2 thoughts on “Oproer in Steelpoort by myne”

    1. Jip Rooikop, tog moet ons oplet waar en wanneer die dinge gebeur. Die afsperring van paaie gebeur deesdae op ‘n daaglikse basis en die hoofdoel is om ontsnap roetes te versper. Lyk my hulle het ‘n teenvoeter ontwikkel vir die klomp wat wil berge toe hardloop.

Maak 'n opvolg-bydrae