Rosatom ontken dat kerntender toegeken is

Die Russiese staatsenergiekorporasie Rosatom het ontken dat ‘n Suid-Afrikaanse tender in die geheim reeds aan hom toegeken is.

Rosatom se streeksvisepresident, Victor Polikarpof sê dit is net gerugte dat die kernkragtender aan Rusland gegee is.

Polikarpof neem aan ‘n energieberaad in Kaapstad deel.

Die departement van Energie het Dinsdag aangekondig dat die tenderproses vir agt kernreaktors teen die einde van die jaar afgehandel sal wees.

Vyf lande, Rusland, Frankryk, Sjina, die VSA en Suid-Korea ding mee om die kontrak.

Daar is hardnekkige gerugte dat president Jacob Zuma se noue bande met die Russiese president Wladimir Poetin reeds daartoe gelei het dat die transaksie ten gunste van Rosatom beklink is.

5 thoughts on “Rosatom ontken dat kerntender toegeken is”

  1. Die een wat die meeste in my sak sit sal dit kry, aan die anderkant. Hoekom belê die ouens nie eerder in wind turbines nie? A dit is goedkoper, B. makliker om te onderhou, C. jy het nie water of steenkool nodig nie en laastens sou ek sê dit is by verre die skoonste krag wat jy kan kry en jy kry die wind verniet.!!

    1. en de zon is ook niet zo ‘bad’moon 🙂
      In Duitsland wat overschakelt op deze energiebronnen, zijn nogal wat problemen opgedoken met de opslag van radioactief afval. Wat doorgaans in rottende vaten in o.a. Asse II en Morsleben wordt overgegeven aan toekomstige generaties. Net zo als andere gemaakte schulden in de pensioen branche die ook weer hoofdzakelijk mag en moet worden leeg gezogen door ‘migranten’ die nooit betaalden.

  2. Ek het geen twyfel dat Rusland hierdie kontrakte sal kry nie. Meeste van die buitelandse kontrakte wat oor die laaste 20 jaar aan buitelandse maatskappye/lande toegeken is, lyk soos ‘n dankiesê vir hulp tydens die stryd teen apartheid. Die enigste land wat nog nie bedank is nie is Rusland so dit maak net sin dat hulle ook ‘n beurt sal kry.

    1. Heeft Rusland indirect niet allang flinke winsten kunnen boeken met bv. de chaos onder het anc sakp schrikbewind Rooikop. Zo’n concurrent in o.m. de platinamarkt is toch een zeer welkome als het om prijsopdrijving gaat terwijl zelf wel geproduceerd wordt.
      Bovendien is de gewetenloze anc sakp schooier, anders dan stank voor dank, niet bekend met het fenomeen dankbaarheid.

Maak 'n opvolg-bydrae