Rosatom ontken dat kerntender toegeken is

Die Russiese staatsenergiekorporasie Rosatom het ontken dat ‘n Suid-Afrikaanse tender in die geheim reeds aan hom toegeken is.

Rosatom se streeksvisepresident, Victor Polikarpof sê dit is net gerugte dat die kernkragtender aan Rusland gegee is.

Polikarpof neem aan ‘n energieberaad in Kaapstad deel.

Die departement van Energie het Dinsdag aangekondig dat die tenderproses vir agt kernreaktors teen die einde van die jaar afgehandel sal wees.

Vyf lande, Rusland, Frankryk, Sjina, die VSA en Suid-Korea ding mee om die kontrak.

Daar is hardnekkige gerugte dat president Jacob Zuma se noue bande met die Russiese president Wladimir Poetin reeds daartoe gelei het dat die transaksie ten gunste van Rosatom beklink is.