Die kernooreenkoms wat dié week in Wene deur Iran en ses groot moondhede bereik is, sal waarskynlik die magsbalans in die Midde-Ooste verander.
Ná ‘n dekade van onderhandelinge wat met tye aan die gang was, maar telkens op ‘n dooie punt uitgeloop het, kon onderhandelaars van die Internasionale Atoomenergie-agentskap ‘n strategiese plan onderteken om lig op huidige en toekomstige uitstaande kwessies te werp.
Ingevolge die ooreenkoms sal sanksies opgeskort wat deur Amerika, die Europese Unie en die Verenigde Nasies teen Iran ingestel is. Dit is in ruil vir Irak se instemming tot langtermynbeperkinge op sy kernprogram.
Die ooreenkoms is ‘n groot politieke oorwinning vir sowel pres. Barack Obama van Amerika en Iran se pres. Hassan Rouhani, ‘n pragmatis wat twee jaar gelede verkies is met die belofte om Irak se diplomatieke isolasie te beëindig.
Albei presidente het te staan gekom voor skeptisisme tuis ná dekades van vyandigheid tussen die lande. Die lande het onder meer na mekaar as “die groot Satan” en “’n lid van die spil van boosheid” verwys.
Die finale ooreenkoms in Wene volg ná drie weke van intensiewe onderhandelinge tussen Amerika se minister van buitelandse sake, John Kerry, en Irak se minister van buitelandse sake, Mohammad Javad Zarif.
Westerse diplomate sê ingevolge die finale ooreenkoms het Iran ‘n “terugspring”-meganisme aanvaar waarvolgens sanksies binne 65 dae weer ingestel kan word indien Iran nie die ooreenkoms nakom nie.
‘n Wapen-embargo van die VN sal vir vyf jaar duur en die verbod op die aankoop van missieltegnologie sal vir agt jaar van krag wees.
Teenkanting teen die ooreenkoms van Washington se grootste bondgenoot in die Midde-Ooste, naamlik Israel, was uit die staanspoor te wagte.
“Hierdie ooreenkoms is ‘n geskiedkundige oorgawe deur die Weste aan die ‘spil van boosheid’ onder leiding van Iran,” het Israel se adjunkminister van buitelandse sake, Tzipi Hotovely, in ‘n boodskap op Twitter gesê. “Israel sal alles in sy vermoë doen om te verhoed dat die ooreenkoms bekragtig word.”
Die dramatiese verklaring deur Israel se premier Benjamin Netanyahu voor wêreldleiers in 2012 by die VN se Algemene Vergadering dat Iran binne ‘n jaar ‘n kernbom sal vervaardig, is egter weerspreek deur sy eie geheimediens.

“The contrived nuclear issue serves as a cloak for Washington’s intention to overthrow the independence of Iran; yet the Iranian government and Iranian media have followed the lead of Washington and its presstitutes in accepting this contrived issue as the real issue. If Iran survives, it will be a miracle.” Paul Craig Roberts
Israel maybe stopping this plan…with grave consequenses
Hulle wil teen wil en dank ‘n Rothschild bank daar he.
https://www.youtube.com/watch?v=qBIOAKpgT0c
begging for WW3, maybe thinking Putin was a passenger??? Sick Oligarchs
Die grap is dat Pakistan se kernwapens alreeds in Iran gestoor word en wie weet ook Noord Korea syne… Ek kan goed die berig onthou met die begin van die Afgaanse oorlog….
Miskien is Israel so bietjie paranoïes.. of weet iets wat hulle nie mag bekend maak nie..
Baie interessant….
Bly ingeskakel…
Van die 5 Suid-Afrikaners wat in Sjina gearresteer is …
“Three of the South Africans held in China are relatives of Shameel Joosub, chief executive of Vodacom.”
PS. ‘Gift of the Givers’ ruik verdag!
Die Amerikaanse houtkapper is besig met ‘n bose plan – Rusland en Iran is hand om die blaas. Lyk my die VSA will konflik aanblaas – tyd sal leer
Ek wonder wat van die Persiese Sha van Iran se familie geword het. Die Outatollas het hulle mos uitgeskop / staatsgreep soos wat met Tsar Nikolaas gebeur het deur die Bolchiviste. – laasbenoemde se greep op Rusland het nou geheel verslap…… gebeur dieselfde ook nou met Iran?
Die moerse Ironie van sanksies is dat dit volkome teen produkrtief is – dat dit ‘n bose regime versterk en stabiliseer pleks van bedreig. Die Outatollas se mag was afhanklik van sanksies!!! soos Mugabe en die NP en Noord Korea..ens Nou is hul einde in sig.
En die Sha se mense is mos nie Moslems nie? of hoe? Kan nie dink dat daai beeldskone Persiese vroutjie van Ryk Neethling ‘n Moslem kan wees nie.!!! Sy is sweerlik van die Sha se mense..