praag.co.za

Jesus se doopplek in Jordanië

Written by

in

,

Vir jare stap Christen-pelgrims van beide oewers die Jordaanrivier in om ‘n verbintenis met een van die hoekstene van geloof, die dood van Jesus Christus, te vorm.

Die parallelle tradisie het sowel Israel as Jordanië uit toerismedollars voordeel laat trek, het AP berig.

UNESCO het nou egter ingeklim in die meedinging en Jordanië se doopplek op die oostelike oewer van die rivier as wêrelderfenisterrein verklaar omdat geglo word dit is die plek waar Jesus gedoop is.

Jordanië, waar die aantal toeriste skerp afgeneem het sedert die Arabiese lente en die opkoms van die Islamitiese Staat (IS), is verheug oor die aankondiging.

Israel swyg, maar ‘n Palestynse amptenaar sê die doopplek op die westelike oewer moes ook erken gewees het. Die plek is in die Israel-besette gebied wat Palestyne beoog om in ‘n Palestynse staat in te sluit.

Jordanië se minister van toerisme, Nayef al-Fayez, het UNESCO meegedeel dat Jordanië ‘n boodskap van verdraagsaamheid stuur.

Die koninkryk se Hasjemitiese regeerders “wat die regstreekse afstammelinge van die profeet Mohammed is, is dieselfde wat beskerming aan een van die heiligste plekke vir die Christendom verleen”, het hy gesê.

Comments

4 responses to “Jesus se doopplek in Jordanië”

  1. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Ikone!

  2. jan Avatar
    jan

    Die kiekie van die man in die water is beslis NIE die Jordaan nie – tensy die Jordaan in vloed afgekom het sedert ek verlede jaar daar was. Onmoontlik want die See van Gallilea was meters onder sy vloedlyn.
    Die berig het omtrent niks betrekking op ons Volk se lot nie behalwe toerisme na die Heilige lande waarvan Turkye die grootste is en Jordanie skynbaar nou wil toetree want dis ‘n baie goeie mark.

  3. henkst Avatar
    henkst

    Dit is ‘n geldmaak bedrogspul.
    Dooprituele in ‘n heilige riviere het voorgekom by die Indiërs in die Ganges, by die Egiptenare in die Nyl, by die Perse in die Eufraat, by die Jode en Christene in Jordaan en by die Romeine in die Po.
    Die Christendom is in elk geval Saulus van Tarsus se Joodse variasie van die Mithraïsme wat uit Persië na die Romeinse ryk oorgewaai het.

    1. jan Avatar
      jan

      …….En by julle Baalkultus……. ” wading through the Apies River ” saam met Chrurchill.

Leave a Reply