Suid-Afrika het die invoer van pluimveeprodukte vanaf lande waar voëlgriep voorkom, verbied, het RSG berig. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Pluimvee Vereniging, Charlotte Nkuna sê die Departement van Landbou het die verbod uitgereik. Die departement sal vandag vrae beantwoord oor die verbod. Kanada en talle lande in Europa, insluitende Brittanje, Duitsland en Nederland het duisende
CIA-marteling ontbloot
Die “skinkbord”, nagebootste teregstellings en slaapversteuring: Dít is van die “meedoënlose, maar ondoeltreffende” marteltegnieke wat die Amerikaanse Intelligensiediens, die CIA, sedert 9/11 op tot 100 terreurverdagtes toegepas het. Getuienis oor dié martelings is vervat in ’n 500 bladsy lange opsomming van ’n verslag van die senaat se intelligensiekomitee wat Dinsdag uitgereik is. Die verslag verwys na voorvalle
Kraaifontein-lyke dalk dwelmverwante teregstelling
Die ses lyke wat by Kraaifontein, noord van Kaapstad naby die Joostenberg Vlakte gevind is, is nog nie uitgeken nie. Inwoners van die plaas waar die moorde gepleeg is, sê hulle het al voorheen lyke op dieselfde plek gesien. Die polisie sê die mans se hande en voete was vasgebind, en dit lyk of hulle met
Lees verder: Kraaifontein-lyke dalk dwelmverwante teregstelling
Raspolitiek maak van Namibië eenpartystaat
Politieke ontleders kla dat Namibië ’n eenpartystaat is omdat die opposisie te verdeeld is. Vorige pogings om ‘n koalisie tussen opposisiepartye te vorm, het ook skipbreuk gelei weens Swapo se onbeskaamde rassebeleid. Alhoewel die Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA) goed in die onlangse verkiesing gevaar het, is daar nie gemeenskaplike gronde vir samewerking met ander partye nie, meen
Swapo spoeg vuur oor grond
Die amptelike bekendstelling van Namibië se geskiedkundige Nasionale Aksieplan vir Menseregte 2015 – 2019 is Dinsdag oorskadu deur die pres. Pohamba se woede-uitbarsting teen koloniale grondbesitters en diegene wat oor grondbelasting kla. President Hifikepunye Pohamba het vir ’n tyd van sy amptelike toespraak afgewyk en sy aanval begin deur uit te vaar teen die “Duitsers”
Wrede moord en verkragting op bekende vroueveearts
Terwyl Helen Zille en die polities korrekte media veldtogte teen “blanke rassisme” voer, word al hoe meer blankes en Afrikaners uitgemoor. Die jongste slagoffer op Witrivier is dr. Rensia de Wet, 46, ‘n briljante veearts en perdekenner wat in 2002 die Theilermedalje as topstudent by Onderstepoort ontvang het. De Wet is vermoedelik verkrag alvorens sy
Lees verder: Wrede moord en verkragting op bekende vroueveearts
Mr. Price reageer oor Afrikaans-klagte deur PRAAG
Nadate dr. Dan Roodt van PRAAG op Twitter navraag gedoen het oor ‘n klant wat deur ‘n Mr. Price-werknemer vertel is dat hulle verbied word om Afrikaans te praat, het die winkelgroep binne enkele ure soos volg gereageer: U mag onlangs gehoor het dat ons nie ons winkel lede toelaat om met kliënte te praat
Lees verder: Mr. Price reageer oor Afrikaans-klagte deur PRAAG
Kees gryp vierjarige
‘n Vierjarige dogtertjie is verlede Woensdag vir etlike meter aan die arm gesleep toe sy deur ‘n bobbejaan by ‘n bekende piekniek-plek in die Nasionale Kruger-wildtuin (NKW) gegryp is, het die Lowvelder berig. ‘n Oog-getuie, mnr. Theuns Koen, het aan Laevelder vertel hoe ‘n groot bobbejaan, waarskynlik die brandwag, die kind by die Nkuhlu-piekniekplek gegryp
Gauteng-inwoners waarsku teen aanvallers
Die Lytteltonse Gemeenskapspolisieforum in Centurion, het inwoners gewaarsku om op die uitkyk te wees vir twee “mans” wat hulle as polisiebeamptes voordoen. Dié twee in uniform is daarop uit om inwoners aan te val en te beroof. Die forum se woordvoerder, Clive Niepieer sê dit is ‘n ernstige misdaadprobleem, het RSG berig. Hy sê die regte
AgriSA bekommerd oor minimumloon
Agri SA het Dinsdag gesê dat ‘n nasionale minimumloon tot werksverliese sal lei. “Dit sal uiters kortsigtig wees, selfs onmenslik, om nie die desperate toestand te erken waarin baie Suid-Afrikaners hulself bevind nie,” het Johannes Möller, president van Agri SA, gesê. “Ons kan as individue en as ‘n land beslis nie onsself blind hou vir die absolute
