Nadate dr. Dan Roodt van PRAAG op Twitter navraag gedoen het oor ‘n klant wat deur ‘n Mr. Price-werknemer vertel is dat hulle verbied word om Afrikaans te praat, het die winkelgroep binne enkele ure soos volg gereageer:
U mag onlangs gehoor het dat ons nie ons winkel lede toelaat om met kliënte te praat in Afrikaans nie, en ons kan verstaan dat u dalk geskok en teleurgestêl was toe u dit hoor.
Ongelukkig was daar onlangs ‘n voorval waar een van ons winkel lede vir ‘n kliënt gesê het dat hy nie toegelaat is om met hom in Afrikaans te praat nie.
Ons wil u verseker dat hierdie nog nooit MRP se beleid was nie, en ons bly gekant teen enige diskriminasie van enige tipe.
Ons waardeer ons kliënte en praat met hulle waarokal moontlik in hulle eie taal.
Daar is meer as twee-duisend Afrikaanse lede in die MRP familie, en baie van hierdie lede praat Afrikaans in ons winkels.
Ons is hartseer oor hierdie voorval en baie jammer dat dit ons kliënte en Afrikaanse gemeenskapslede tenagekom het.
Ons is tans besig om die voorval te ondersoek om vas te stêl presies wat gebeur het, en ons sal met al ons winkel lede praat om seker te maak dat dit nooit weer gebeur nie.
Weereens vra ons om verskoning aan al ons kliënte. Almal is welkom by MRP en ons sal alles in ons vermoë doen om u winkel belewenis so genotvol te maak as moontlik.
Dankie vir u geduld en ondersteuning.
As u ‘n vraag of onderneming het, kontak ons asseblief op help@mrp.com, en ons sal bly wees om u vrae te beantwoord.
Hier is die selfoonvideo wat die klag tot gevolg gehad het.

Dis uitstekend dat dr Roodt hulle op die verdediging gesit het. As meer van ons dit maar wil doen, sal ons die vrugte begin sien. Persoonlik dink ek nog steeds ons moet Afrikanerondernemings begin steun. Nietemin, ons het nou hulle verskoning gehoor, maar wat van baie groter belang sal wees, is hulle optrede vorentoe. Gaan hulle inderdaad meer reg aan Afrikaans laat geskied? As dit gebeur kan ons weer na hulle verskoning kyk. So nie is dit maar net PR.
Dis met groot verbasing dat die kommunikasie van Mr Price in Afrikaans plaasgevind het. Ek merk wel ‘n hele aantal spelfoute.
Solank as wat my taal misken word, hou ek vol om te boikot. Mr Price het in elkgeval nie kwaliteit klere nie. Die paar keer wat ek in een van hierdie winkels was, was ek gouer uit as in. Daar is ‘n reuk in die winkels wat ek net nie kan hanteer nie, so ook die swartes wat blaas in mens se nek.
Ek koop in elk geval nie daar nie. Hulle klere pas net vir klein mensies – ek is ‘n doodgewone boerseun en die goed wat hulle daar aanhou pas nooit of die snit is ongemaklik en dan hou dit boonop nie lank nie.
Dit is egter goed dat hulle nou hierdie teenkanting kry en dat hulle daarop reageer.
Wonderlik dat Praag opgetree het om ons taal te beskerm.
Dit is ook baie verblydend om te sien dat Mr Price so vinnig en so positief gereageer het. Duidelik dat hulle agting vir Praag en Dan Roodt het, vandaar die snelle reaksie.
Hulle verskaf oa goedkoop sporttoerusting aan talle pelle van my se snelgroeiende kjeenirs, sonder dat een van hulle sover probleme met Afrikaner vyandigheid ervaar het.
Soos Rooikop noem is MRP saaizes te klein, daarom koop ek ook nie by hulle nie. Vermoedelik word hul produkte van die Veteroë af verkry, wat waarskynlik die rede vir die klein tekkies, laer pryse en swakker kwaliteit is.
Verre sy dit van Afrikaners om ten spyte van MRP se verskoning, voort te gaan om die besigheid sleg te sê oor ‘n voorval waarvoor hulle duidelik verskoning aanteken en onderneem het om soortgelyke aanvalle teen Afrikaans te verhoed.
Daar is oorgenoeg vyande wat aandag verdien. Waarom de vlok sal mens tog nou wil aanhou kerm oor ‘n misstap waarvoor die siele – slegte spelling de lot – bliksemsvinnig verskoning aangebied het!!!
Medi Clinic van Rupert is nou ook net eentalig – Engels.vir alle korrespondensie en vergaderings.en kursusse.
Die pasiente en personeel is >90% afrikaanssprekend,
Mi is dit oneties en gevaarlik om politiek te bedryf met hulpbehoewende en ontoereikende pasiente. Die waarde van ‘n tolk is onskatbaar om totale chaos te voorkom.
Nogtans is die dienste hier by ons geheel goed so deur die Here se genade en oulike personeel.
Om te dink Johan is die groot kokkedoor by US – Geen wonder nie dat afrikaans gerook word soos ‘n zol.
Dr Dan kan gerus ook die saak met Mediclinic uitklaar asseblief.
Jan – hierdie engelse storie is om onbekwame mense te akkommodeer met tweede klas opleiding ek neem waar dat daar alhoemeer privaat hospitale opgaan waar hierdie onbekwames net nie in diens geneem gaan word in enige verantwoordelike pos nie.
Die regering en sy mense gaan uiteindelik ook alhoemeer aan hierdie onbekwames blootgestel word – dit is hulle saak – hulle maak daarna en gaan saam met hulle mense die gevolge dra oor die langtermyn. Ons Afrikaners het al lankal ander planne gemaak vir eerstewereld mediese sorg.
Ek stem saam Jan
Rupert en sy Kaapse Afrikaansgeit staan my ook gladnie aan nie.
Spul blinkstefaanse wat mens nie verder as snotklap-afstand kan vertrou nie.
Ek sal Mr. Price ondersteun. Die paar spelfoute is nie die einde van die wereld nie, dit is die gesindheid wat saakmaak.
Weeg dit op teen Woolworths se arrogante ontkenning van Afrikaners se taal en hulle koopkrag.
Ratel ek stem saam met jou – entlik haal ek my hoed af vir Mr. Price wat nie meegesleur word deur die onsinnige haatveldtog nie.
Woolies jare laaste besoek en nog langer terug daar gekoop.
Ratel, dit gaan nie vir my oor n paar spelfoute nie. Dit gaan daaroor dat ons nie weet of Mrp dit WEL van hul werkers verwag, en ons nou met die verklaring probeer paai nie. Het die man die waarheid gepraat, of het hy gelieg? As hy gelieg het, wil ek sien dat hy af gedank word. En die persone wat die video gemaak het , en Dr Dan of wie ookal , moet druk op hul toepas om die reultaat daarvan bekend te maak.
Die spelfoute en feit dat die verklaring vertaal is deur iemand wat nie Afr PRAAT nie, duie vir my daarop dat Afrikaans NIE vir Mrp n prioriteit is nie.
Beste Riaan, baie dankie vir jou boodskap hier. Dit is immers Afrikaans wat hier ter sprake is, vandaar my reaksie.
Sekere van ons kommentators, sowel as Praag se rubriekskrywers, soos jy tereg melding van maak, se Afrikaans is uitstekend, daaraan is geen twyfel. Voeg gerus Rifrug ook hierby.
Wat ek wel nagelaat het tot my skande, was om Dr Roodt te bedank dat hy nogmaals vir ons pragtige taal in die bresse getree het deur sy skrywe aan Mr Price. Dit wil gedoen word, dankbaar.
Kaylee, skaam maak jy my nou. Ek het self nagelaat om dit te doen. DANKIE Dr Roodt. Ek salueer u.