Die ses lyke wat by Kraaifontein, noord van Kaapstad naby die Joostenberg Vlakte gevind is, is nog nie uitgeken nie.
Inwoners van die plaas waar die moorde gepleeg is, sê hulle het al voorheen lyke op dieselfde plek gesien.
Die polisie sê die mans se hande en voete was vasgebind, en dit lyk of hulle met klippe doodgegooi is, maar die oorsaak van hulle dood moet nog vasgestel word.
Die polisie bied ook ‘n beloning van R250,000 aan vir enige inligting wat sal lei tot arrestasies.
Die gebied is glo bekend as ‘n gewelddadige misdaadnes en talle spekuleer die moorde met dwelmhandel verband hou.
“Gewelddadige misdaad is ‘n groot probleem in die breër Kraaifontein area Daar is bende probleme en ook probleme van dwelmverslawing..”
‘n Gemeenskapsleier, Henry Stuart sê dit is die eerste keer wat só iets in die gebied gebeur.
Die polisie raam dat hulle tussen 18- en 30-jaar oud was.
Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan SAfm gesê die polisie kon nog nie enige van die liggame identifiseer nie.
“Ons is steeds besig met die ondersoek. Daar is nog nie nuwe verwikkelinge nie. Ons versoek die gemeenskap om betrokke te raak sodat die skuldiges vasgetrek kan word,” het Van Wyk gesê.
Hy het gesê die polisie het alle leidrade wat sover ingesamel is, opgevolg, maar nog nie ʼn deurbraak gemaak nie.
“Hierdie is die eerste saak in sy soort,” het hy bygevoeg.
ʼn Verbyganger het Woensdagmiddag op die liggame afgekom in ʼn veld in Joostenbergvlakte.
Die oorledenes het op hul mae gelê, met hul hande was agter hul rûe vasgevind.
Die polisie ondersoek ses sake van moord.

Hande agter die rug? Lyk asof die polisie self betrokke is
Soveel moorde word daagliks gepleeg dat die staat dalk sal moet oorweeg om aflaaipunte te bou vir
lyke. So ‘n aflaaiplek moet verkoeling hê en die bloed op ‘n higiëniese manier van kan ontslae raak. Moordenaars sal anoniem die lyke daar kan aflaai.