Staatsveiligheid wil amptenare wat vir CIA werk uitsnuffel

Die departement van Staatsveiligheid sê bewerings wat op sosiale media gemaak word dat sekere openbare ampsdraers vir die Amerikaanse spioenasiediens, die CIA, werk, sal ondersoek word. Daar word beweer dat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela en sekere opposisieleiers by spioenasie betrokke is. ‘n Woordvoerder van die departement, Brian Dube sê die bewerings is op ‘n

Lees verder: Staatsveiligheid wil amptenare wat vir CIA werk uitsnuffel

Vyf bejaardes sterf, drie kritiek na bussie verongeluk

Drie inwoners van die Bult Aftree-oord in Bultfontein in die Vrystaat is in ‘n kritieke toestand in die Mediclinic Bloemfontein. Dit kom ná ‘n ongeluk Donderdag, waarin ‘n bussie waarin die groep gereis het, omgeslaan het ongeveer 6 km buite Bulftontein.   Die inwoners was op pad terug van ‘n uitstappie na Florisbad naby Bloemfontein.

Lees verder: Vyf bejaardes sterf, drie kritiek na bussie verongeluk

Minister dreig om huursoldate te laat arresteer

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula het gewaarsku dat voormalige SAW-soldate wat as huursoldate in Nigerië optree, in hegtenis geneem moet word wanneer hulle terugkeer huis toe. “Die polisie het ‘n verantwoordelikheid om te verseker dat, as hulle terugkom, die mense in hegtenis geneem word en die [Nasionale Vervolgingsgesag] het ‘n verantwoordelikheid om hulle te

Lees verder: Minister dreig om huursoldate te laat arresteer

Skadugroep teiken oud-rektor van Potch

Die skadudrukgroep, Higher Education Transformation Network, het aanklagte van bedrog teen die voormalige rektor van die Universiteit van Noordwes, Theuns Elof ingedien. RSG berig dat Eloff en twee ander amptenare daarvan beskuldig word dat hulle die oordrag van tien miljoen rand na die Noordwes Hoër Onderwys-trustfonds onwettig goedgekeur het. Die drukgroep voer aan dat daar

Lees verder: Skadugroep teiken oud-rektor van Potch

Landbouminister sê wit boere wil graag transformeer

Die minister van Landbou Senzeni Zokwana sê hy is baie tevrede met die houding van wit boere jeens rassetransformasie. Dit kom na sy toespraak en deelname aan ‘n paneelbespreking by die jaarlikse Graan SA Kongres wat tans in Bothaville in die Vrystaat gehou word.   Hy sê die boodskap wat hy kry is dat boere

Lees verder: Landbouminister sê wit boere wil graag transformeer

Kovsies eis oor vals rasse-beskuldigings

Die Universiteit van die Vrystaat is bewus daarvan dat twee voormalige Kovsie-studente wat geskors is weens hul betrokkenheid by ‘n beweerde rassekwessie nou ‘n skadevergoedingseis teen die UV en sy rektor Jonathan Jansen gaan instel. Die UV se Lacea Loader het aan OFM-nuus gesê die UV dra kennis daarvan. Cobus Muller en Charl Blom se

Lees verder: Kovsies eis oor vals rasse-beskuldigings

Israelse premier maak geskiedenis in VSA

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het ‘n ­gesamentlike sessie van die Amerikaanse kongres Dinsdag in Washington, DC toegespreek om die VSA teen Iran se kernprogram te waarsku. Die Huis van Verteenwoordigers se speaker, John Boehner, het ­Netanyahu genooi sonder om die Withuis daarvan te verwittig. President Obama het nie die sitting bygewoon nie. Netanyahu

Lees verder: Israelse premier maak geskiedenis in VSA

Meer as 2000 brandslaners swoeg teen Kaapse brande

Meer as 2 000 brandslaners is ingespan om ‘n brand wat oor die naweek in Muizenberg ontstaan het, onder beheer te bring en ongeveer 2 miljoen liter water van 2 000 waterbomme is gebruik om vure te probeer blus. Nog ‘n brand het Woensdag in die Kaappunt-natuurreservaat uitgebreek. Ten minste 13 eiendomme is deur die

Lees verder: Meer as 2000 brandslaners swoeg teen Kaapse brande

Drie swart moordenaars se vonnisoplegging uitgestel

Die drie swart moordenaars van Chris Jooste en sy vrou, Katrien, se vonnisoplegging is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel tot 11 Maart. ‘n Vierde swart beskuldigde, word steeds deur die polisie gesoek nadat hy verlede jaar uit die Ga-Rankuwa-landdroshof ontsnap het. Victor Mbuyseni Simango, Solomon Solly Selekane en Collen Peter Molapo is in

Lees verder: Drie swart moordenaars se vonnisoplegging uitgestel

Beloning vir inligting oor Kamdeboo-stropers

Die Wilderness Foundation en die Forever Wild Rhino Protection Initiative bied ‘n R150 000 beloning aan vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van stropers wat betrokke is by die slagting van twee renosters by die Kamdeboo-berg Privaatwildreservaat. Woensdag is ‘n ma en haar kalfie van twee-en-‘n-half-jaar geslag. Die dragtige moeder

Lees verder: Beloning vir inligting oor Kamdeboo-stropers