Skadugroep teiken oud-rektor van Potch

Die skadudrukgroep, Higher Education Transformation Network, het aanklagte van bedrog teen die voormalige rektor van die Universiteit van Noordwes, Theuns Elof ingedien.

RSG berig dat Eloff en twee ander amptenare daarvan beskuldig word dat hulle die oordrag van tien miljoen rand na die Noordwes Hoër Onderwys-trustfonds onwettig goedgekeur het.

Die drukgroep voer aan dat daar botsende belange is aangesien Eloff nou die nie-uitvoerende direkteur van die trustfonds is.

Die drukgroep sê hulle het `n saak by Pretoria se Sentrale Polisiestasie ingedien.

Hulle hou vol dat staatsgeld misbruik is.

Na bewering is ene dr Ingrid Nonjongo Tufvesson, die transformasiebeampte en uitvoerende adviseur vir die bestuur en beheer oor transformasie, die brein agter HETN.

Sy het aan die Malmö Universiteit in Swede studeer en maak graag die valse bewering dat sy in 1999 nie toegang tot hoër onderwys in Suid-Afrika gehad het nie omdat sy bruin is.

Op die HETN-webblad valse bewerings oor studiegeleenthede vir bruines
Op die HETN-webblad valse bewerings oor studiegeleenthede vir bruines

2 thoughts on “Skadugroep teiken oud-rektor van Potch”

  1. Die heraanstelling van Herman van Schalkwyk as die rektor van die Potchefstroom-kampus is nog nie afgehandel nie. Hy was die ander kandidaat vir die rektorspos van die Noordwes-Universiteit, waarin Dan Kgwadi aangestel is. Volgens ‘n berig in Die Burger (3 deser, p 4) is daar teenstrydige menings oor of die NWU-raad Van Schalkwyk kan heraanstel. Dit lyk vir my asof die problem is dat Kgwadi die aanstellingsgesag vir senior bestuurswerknemers is (Praag 24 Januarie).

    1. Is Dan Kwadi nie die visie-Rektor nie?

      ‘verstaan hoeka nie die Potchefspruit gedoente vandat Broeder Ellof die pad gevat het met skynbaar R10 miljoen se buit nie.

      Ek sien Adriaan Basson reken Ds Solly se afsterwe laat hom koud.

      Dit verklaar nogal alles – soooo voorspelbaar.

Maak 'n opvolg-bydrae